Wednesday 27 July 2011

Die Huwelik – Deel 9 -Pornografie:

depiction of nudityImage by dunikowski via Flickr


Moet asseblief nie dink dat pornografie julle huwelik aan die “lewe” hou nie. Dit is teenstydig met die woord van God! Pornografie vernieig huwelike en bind jou met satan. Satan sit ‘n vloek op jou huwelik en die vloek is verdeeldheid in die huwelik en piversiteit. Die demone wat saam met pornografie kom is, demoon van wellus, en demoon van hoerery, en jy bring hulle in jou huwelik deur pornografie in jou huis te bring.

As jy pornografie kyk, pleeg jy egbreek Mat 5:27,28 en dan sê Jesus as jou oog jou laat sondig haal dit uit want dit is beter om blind in die hemel te wees as om met jou hele liggaam in die hel te eindig (Matt 5:29)

Pornogrfie is van satan ! Dink so daaraan sal jy pornografie kerk toe vat en daar gaan kyk ? Nee jy sal nie want jy weet dit is verkeerd.

'n Man se brein is fotografies geskape....hy reageer op wat hy sien! En as julle na pornografie kyk gaan hy kort voor lank dit wat hy in die pornografie gesien het, van jou verwag, of erger wannneer hy met jou gemeenskap gaan he, gaan hy aan die vrou in die pornografiese materiaal dink!

In Daniel 8 vanaf vers 24-26 lees ons hoe slinks satan is :
Maar aan die einde van hulle heerskappy, as die goddelose die maat volbring het, sal ‘n koning optree, hard van aangesig en wat listige streke verstaan, en sy krag sal sterk word, en hy sal buitengewoon baie kwaad aanrig en dit voorspoedig uitvoer, en hy sal magtiges vernietig en ook die volk van die heiliges.
En op grond van sy slimheid sal hy met geluk bedrog pleeg, en hy sal groot dinge onderneem in sy hart en baie mense onverwags vernietig, ja, optree teen die Vors van vorste (God) En vers (26) dit is waarheid!

Verwyder dit, deur dit te breek en weg te gooi, en die vloek daarvan aftehaal. Bid en vra vergifnis vir jou swak kennis om so iets oor jou eie huwelik te gebring het, en verjaag satan in die Naam van Jesus en breek sy mag oor julle. God se in Sy Woord dat onreinhede verbrand moet word, maar blykbaar as mens DVD’s brand gee dit ‘n chemikalie af wat jou kan laat slaap, so ek glo dat as mens bid oor dit, sal God verstaan dat mens dit nie kan verbrand nie en sal aanvaar as mens dit net breek en weggooi.

Spr 4:23 Nuwe Vertaling
Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan ,want dit bepaal jou hele lewe!
Die Ou vertaling bewoord die teks:  BEWAAR jou hart meer as wat bewaak moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe!

1 Joh 2:15
Moenie die wereld liefhe, of die dinge in die wereld nie. As iemand die wereld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie

Vra vir God om jou sonde te vergewe, jou mislikheid teenoor jou maat, jou geirreteerdheid, jou swak en slegte gedagtes en vra om weer jou huwelik te seen met vrede, liefde, lankmoedigheid, verdraagsaamheid ens. Kyk na 1Kor 13 wat se die Woord van liefde en bid dit oor jou huwelik.
Spreuke se:-
Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken hom in al jou wee, dan sal Hy jou paaie gelykmaak. En,
Wees nie wys in jou eie oe nie, vrees die Here, en wyk af van die kwaad, dit sal genesing wees vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente.

Spr 6: 31 Die dief (satan) moet sewevoudig vergoeding gee vir wat hy gesteel het.

Bid vir God, en vra dat die dief sewevoudig moet teruggee wat hy gesteel het, julle gaan sewe keer gelukkiger wees in jou huwelik want God het jou huwelik geseen!

Moenie dat seks videos en TV programme, tydskrifte ens ‘n einde aan jou huwelik bring nie. Glo my dit gaan, want dit is geskep deur satan! En satan vernietig enige iets want God Heilig gemaak het!

Waar het jy van seks geleer? Op die bogenoemde publikasies? Wil jy he jou kinders moet ook daar leer? Hou seks heilig. Leer jou kinders dat dit ‘n heilige instelling is van God sodat hulle nie vasgevang word in die kloue van satan nie.

Jak 4:7
Onderwerp julle dan aan  God.Staan die duiwel tee en hy sal van julle af  wegvlug. Nader tot God en Hy sal  tot julle nader!

Jesus Groete

Indien u geestelike berading of gebed benodig kontak my by belindapaar@gmail.comEnhanced by Zemanta

1 comment:

  1. Sjoe, dit is kragtig! Almal moet dit lees! Baie dankie vir dit.
    Groete
    Mev Swanepoel

    ReplyDelete

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...