Friday 8 July 2011

Die Doop Deel 1 - Afwassing van die sonde

Christus Pantocrator in the apsis of the cathe...Image via Wikipedia


Hand 10:48
En Hy het beveel dat hulle gedoop moet word in die Naam van die Here


Paulus se:
1 Kor 1:17&18
Want Christus het my nie gestuur om te doop nie, maar om die evangelie te verkondig, nie met wysheid van woorde nie,
sodat die kruis van Christus nie verydel mag word nie.
Want die Woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan,
Maar vir ons wat gered word is dit
die krag van God!

Paulus verduidelik dat hy die evangelie moet vekondig, sodat die kruis van Jesus nie verydel word nie, dan se hy die die kruis is dwaasheid vir die wat verlore gaan maar nie vir die wat gered word nie. In Romeine 6 lees ons hoe die doop en die kruisiging gelykvormig is aanmekaar.

Afwassing van die sonde deur die Doop

Rom 6:
Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is,
in sy dood gedoop is nie?
Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop, in die dood, sodat net soos Christus
opgewek is deur die heerlikheid van die Vader,
ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel.
Want as ons met hom saamgegroei het
deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons tog ook wees deur die gelykvormigheid aan Sy opstanding,
aangesien ons dit weet, dat ons oue mens saam gekruisig is,
sodat die ligaam van sonde tot niet gemaak so word,
en ons nie meer sonde sal dien nie.
Want hy wat gesterwe het is geregverdig van die sonde.
As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons saam met Hom sal lewe,
Omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode,nie meer sterf nie.
Die dood heers oor Hom nie meer nie
Want
Die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde
eens en vir altyd gesterwe,
Maar die lewe wat Hy leef,
Leef Hy vir God!

Sien ook deel 2 Die Heiligmaking, asook deel 3 Wie moet gedoop word.




Enhanced by Zemanta

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...