Monday 30 January 2012

Hoekom kry onskuldige mense swaar?

English: Resurrection of ChristImage via Wikipedia









Eerstens, niemand is heeltemal onskuldig nie. Ons is gebore in sonde (Ps 52:5) en het ‘n sondige natuur (Gen 3:1-21), behalwe vir dit, leef ons in ‘n sondige wereld en kan ons maklik verlei en mislei word!

Verder, leef ons in satan se tyd, op hierdie stadium oorheers hy die wereld, mense sukkel met emosionele probleme, siektes, werkloosheid ens en God is nie verantwoordelik vir dit nie, satan is. Hoekom doen satan dit? Juis omdat hy wil he ons moet God blameer en wegdraai van Hom af.

Satan besmeer ons wereld met vuilheid soos losbandigheid, seks, dobbel ens en omdat almal dit doen, doen ons dit ook, ten spyte van die feit dat God se  (In Rom 12:12 En word nie aan hierdie wereld gelykvormig nie.

Ons hoor daagliks van mense wat wreed aangeval en vermoor word, en mense vra baie keer, hoekom het God dit gedoen? God het dit nie gedoen nie! Satan se “volgers” het dit gedoen! Die sondaars van die aarde het dit gedoen! Die Woord se net sonde staan tussen mens en God! En die persoon of persone wat die geweldaad gedoen het, ken nie vir God nie, anders sou hulle nie so wreed kon wees nie!

Hoekom kom siektes oor ons? Weereens, sonde veroorsaak dat ons siek word, onthou Jesus het klaar ons siektes op Hom geneem op die kruis, so wanneer ons vandag siek word, tree God se toelaatbare wil in, en gebruik Hy soms die siektes en versugtinge om ons nader na Hom te trek, want wanneer ons ‘n probleem ondervind, leer ons om te bid en met God te praat.

Mag die vrede van God met U wees, en mag ons nooit ophou bid nie.


Enhanced by Zemanta

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...