Saturday 26 April 2014

Emosionele genesing en huweliksprobleme seminaar

Volgende seminaar inligting: Emosionele Genesing

Dorp :- Makwassie (net buite Bloemhof)
Plek:-  Pepperboom Lodge.
Datum 10&11 Mei 2014
Tyd 8:00 - 17:00

Persoonlike konsultasies kan gereel word vir  Sondag tussen 8:00 en 13:00

Ingang is gratis.
Middagete kan by Lodge gekoop word of kan eie middagete saambring.
Tee, koffie en koekies sal gratis aangebied word tydens koffie breke.
Daar is oorslaap fasiliteite maar moet voor die tyd bespreek word asb.

Kontak my per epos belindapaar@gmail,com of op whatsapp 078-833-8915

As jy van iemand weet wat in daai omgewing is stuur dit asb aan vir hulle.

Baie dankie en groete
Jesus Seen
Belinda

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com

Sunday 13 April 2014

Hoekom verstaan ons nie die Bybel nie?


Sommige mense se hulle verstaan nie die Bybel nie, dat dit vir hulle soms net geen sin maak nie.

Om die Bybel te verstaan moet mens eerstens die Skrywer van die Bybel ken. Sommige mense is net geestelik blind om te sien wat die Woord se, om ‘n geestelike boek te kan verstaan moet mens geestelik “oop” wees om dit te verstaan, as jy nie is nie gaan jy die geestelike boodskap wat God vir jou wil gee mis.

Joh 4:24 (Jesus se) “God is Gees en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid”.

Joh 4:10 Jesus antwoord en se vir haar “As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou se: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het

Sommige mense is net te lui om die Bybel te lees en te leer, en soms het mense net nie genoeg agtergrond op die hoofstuk wat jy lees om te verstaan wat die geestelike boodskap daarin is nie.

2 Tim 2:15 Le jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die Woord van die waarheid reg sny.

Wanneer ons iets in die Bybel nie verstaan nie, is dit ons plig om meer daaroor uit te vind.

Matt 22:29 Toe antwoord Jesus en se vir hulle “Julle dwaal omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie”

Petrus se self dat die Bybel soms moeilik is om te verstaan, en dat mense dan die gedeelte aanpas en verdraai, en dat dit tot jou eie verderf lei, maar as ons die Bybel gereeld lees en leer sal God homself aan ons openbaar in Sy Woord.

2 Pet 3:16 Hy spreek daarin oor hierdie dinge, waarvan sommige swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvaste mense verdraai, net soos die ander Skrifte, tot hulle eie verderf.

God verander nie,(Open 4:8 Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, wat was, wat is en wat kom!) daarom verander Sy Woord ook nie, so die Bybel is vandag nog van toepassing in ons lewens, ons moet nogsteeds by die riglyne van Sy Woord hou, en mag dit nie verdraai of aanpas soos ons wil of dit “sag” op die ore maak net sodat mense dit moet glo nie.

God se Woord is waarheid, en het mens geword en tussen ons geleef. Open 19:13 En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en Sy Naam is: Die Woord van God.

Wanneer ons die Woord verdraai, word ons valse profete, (iemand wat mense verlei) en die Woord waarsku ons oor waar valse profete gaan eindig! Open 19:20 (verkort) En die dier (satan) is gevange geneem en saam met hom, die valse profeetlewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swael brand.

Sommige mense lees die Bybel met ‘n kritiese houding, of ‘n “romantiese houding” waar hulle net woorde soek om hulle nog liewer te maak vir God, en sommiges glo dat die woord nie waarheid is nie, dat dit vol foute is, dat die Woord Homself weerspreek en misleidend is. Hierdie laaste groep het nog nie ‘n geestelike ontmoeting met die Skrywer van die Bybel gehad nie.

Sommige mense word verkeerd geleer omdat hulle mense volg wat nie by die Woord hou nie en wat die Woord verdraai. As ons nie seker is wat die Woord se nie moet ons dit ons plig maak om uit te vind wat dit presies beteken want om mense net te volg is verkeerd in God se oe.

Mat 15:9 Maar tervergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is (vers8) Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af.

Mat 7:15 Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.

Vers 21 Nie elkeen wat vir My se Here Here sal ingaan in die koningkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van My Vader wat in die hemel is.)

Baie kinders word grootgemaak in ‘n sekere geloof, en dink dat hulle nooit mag verander nie want hulle is so grootgemaak of in so kerk grootgemaak. Dit is tradiesie in die familie dat hulle by ‘n sekere kerk moet wees, maar weereens waarsku Jesus ons en se:

Mat 15:3&6 Waarom oortree julle ook die gebod van God ter will van julle oorlewering? (tradisie) Vers 6 So het julle dan die gebod van God kragteloos gemaak ter will van julle oorlewering (tradisie)

Wat is die antwoord dan? Hoe weet ek wanneer verstaan ek die Bybel reg. Die antwoord is weereens in die Bybel. Die Heilige Gees is aan ons gegee om ons te leer.

Joh 16: 13 -15 Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei, want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig (vers 14) Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig.(vers 15) Alles wat die Vader het, is Myne, daarom het Ek gese dat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort en aan julle verkondig.

Hoe weet ek verseker dat dit van die Heilige Gees is? Want dit sal die vrug van die Gees inhou, liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid. Wat praat met ons in vrede en liefde.

1 Kor 14:33 Want God is nie ‘n God van wanorde nie (Engelse Bybel se “Confussion”) maar van vrede, soos in al die gemeentes van die heiliges.

Lees ook Spreuke 4 – Verkry wysheid en vermy die goddelose. In hierdie gedeelte sal jy sien dat die wysheid van die Woord jou sal verhoog, jy sal respek het vir God, dit sal jou geloof versterk in die kennis van die Bybel ens.

Ten slotte Hand 17: 11 en 12 (verkort) Hulle het die Woord met alle welwillendheid ontvang, en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was (12) Baie van hulle het dan ook gelowig geword.

GEBED:

Vader, in Jesus Naam vra ek dat U Gees die Woord sal openbaar aan elkeen wat U Woord ondersoek, in Jesus Naam Amen

Jesus Seen
Belinda
Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...