Sunday 3 July 2011

Wat is die Bybel?

Die Bybel word ook genoem die Woord van God, of die Skrif. Die Bybel bestaan uit 66 boeke, 39 is die Ou Testament ook genoem die Ou Verbond en 27 boeke in die Nuwe Testament, ook genoem die Nuwe Verbond.

Daar is 30 000 verse in die Bybel en ALMAL is van toepassing op ons.

Die Bybel is geskryf deur mense wat gelei was deur die Heilige Gees (Gees van God) so dit is foutloos geskryf en waarheid.

Die Bybel is vir Christelike geloof, 'n riglyn vir praktiese toepassing in ons daaglikse lewe, en bestaan uit die waarheid oor God en Jesus Christus ons Verlosser en Redder deur Sy kruisiging, dood en opstanding uit die dood.

Die Woord is Waarheid.....Die Woord is 'n riglyn.......Die Woord is God se Woord!

Indien u geestelike berading of gebed benodig kontak my by belindapaar@gmail.com

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...