Saturday 16 July 2011

Die Huwelik – Deel 6 - Drank is ‘n probeem in ons huis:

MIGDAL, ISRAEL - SEPTEMBER 13:  A large elabor...Image by Getty Images via @daylife

Wine
Die grootste verslawing in die wereld is nie drugs, soos LSD, Majijuana ens nie, maar alkohol!

Drank het meer skade in die lewe aangebring as enige ander verslawing in die wereld. Dit veroorsaak liggaamlike, sielkundige en verstandelike skade en verwoes mense se lewens.

Wanneer mense van verslawing praat, praat hulle gewoonlik van drank, rook en dwelms. Daar is baie meer waaraan mens verslaaf kan wees soos, seks, pornografie, dobbel, slegte eetgewoontes ens. Op hierdie stadium wil ek net konsentreer op drank omdat dit baie huwelike verwoes.

Kan iemand met die probleem genees? Ja beslis! Ons praat  nie van Jesus wat iemand genees het van drank probleem nie, maar van Jesus wat iemand vrygemaak het van drank probleem of verslawing.

Hoekom gebruik ons die woord vrygemaak? Omdat dit ‘n houvas op iemand is wat die persoon oorheers, en dit is ‘n demoniese mag wat agter die persoon sit en die persoon afhanklik maak van drank of ander verslawing. Hulle afhanklikheid word genees deur Woord gebede, gemeenskap met Christene wat die persoon ondersteun in sy/haar afhanklikheid asook hospitale en institute wat help met die “uitdroog” proses, maar Jesus kan direk genees sonder enige hospitalisasie en Jesus se genesing is gewoonlik die vinnigste en meer doeltreffende genesing.  Die persoon kan terug val op ou afhanklikheid nadat Jesus genees het maar dit is of uit eie keuse of demoniese magte wat weer beheer oorvat.

Baie mense probeer drank goed praat deur te se dat Jesus in Kana,Galilea water in wyn verander het, dat Hy by die Laaste Maal saam met die dissipels wyn gedrink het en dat Hy ‘n wyn drinker was toe hy saam met die drinkers gedrink en geeet het. (Mat 11:19) 
Eerstens van alles was Jesus sondevry en die Bybel vertel ons dat drank en dronk word sonde is, so Jesus het nooit drank wat alkohol bevat het nie gedrink nie!

As ons na die engesle vertaling van die Woord kyk in King James Bybel, sal jy sien dat die Woord praat van “the fruit of the vine”…met ander woorde van druiwesap, en nie alkohol nie! By die troue het Jesus die water in druiwesap verander om ‘n wonderwerk te toon, en die wonderwerk het die mense almal met blydskap vervul, nie die gebruik van drank nie. (Joh 2:10-11) Hierdie eerste een van Sy tekens het Jesus te Kana in Galilea gedoen, en HY het sy heerlikheid geopenbaar, en Sy dissipels het in Hom geglo.

God en Jesus weerspreek hulself NOOIT in die Bybel nie, en as Hulle waarsku teen drank hoekom sal Hy dan drank self gebruik het.

Spr 20:1 Die wyn is ‘n spotter, en sterk drank ‘n lawaaimaker, en elkeen wat daardeur bedwelmd raak, is nie wys nie.

Spr 23:29 – 36
By wie is getwis, by wie is geklaag, by wie is wonde sonder oorsaak, by wie is dofheid van die oe? By die wat laat opbly by die wyn, by die wat ingaan om gemengde drank te proe …op die end byt dit soos ‘n slang en spuug gif uit soos ‘n basilisk.

Behalwe vir die feit dat die Woord vir ons se dat dit verkeerd is om te drink is daar ‘n vloek op drank, Mense wat drink sal arm word.
Spr 23:20 &21 Wees nie onder die wynsuipers nie, want ‘n drinker en ‘n vraat sal arm word.

Hoekom mag ons dan nie drink nie?

1.                   Bybel se moenie liggaam met drank vul nie maar eder met die Heilige Gees. 
              So dit verhinder die Heilige Gees om in die liggaam te wees (Ef 5:18)
2.                   Deut 32:33 Waarsku God ons teen drank as iets wat gevaarlik is.
3.                   Spr 23:31-32 vergelyk Bybel drank met die gif van die kobra.
4.                   Rom 13:13 word ons gewaarsku as Christene om weg te bly van drank.
5.                   1 Kor 6:19 Beskadiging van die liggaam, drank beskadig die liggaam en is dus sonde.
6.                   1 Pet 2:21 Se ons moet Jesus se voorbeeld volg as Christene, Jesus het nie drank gedrink nie, 
              dus moet ons ook nie. Bybel se vir ons Hy het nooit sonde gepleeg nie (2kor 5:21, 1 Pet 2:22 en 
              Heb 4:15)
7.                   Drank lei ons na ander sonde, ons verloor selfbeheersing en self dissipline en laat jou goed doen
             wat jy normaalweg nie sal doen as jy nugter is nie.

Verslawing aan drank kom van emosionele probleme af en moet afsonderlik behandel word.  Drank is teenstrydig met God se Woord en is dus van die vyand. Ek wil nie hieroor uitwy op die stadium nie, as dit die probleem in die huwelik is, stel ek voor dat jy ‘n afspraak maak met julle Pastoor, Dominee of Christelike berader vir dit.

Indien u geestelike berading of gebed benodig kontak my by belindapaar@gmail.com
Enhanced by Zemanta

1 comment:

  1. Ek is besig om te skei van 'n alkoholis. Hy het my al meer as 40 keer soos 'n hond weggejaag. My aangerand en as ek myself verdedig was hy die slagoffer want hy het net een been! Hoe belaglik. Hy is so sterk soos 'n bees en ek 'n vrou... Elke keer is dit volgens hom my skuld. Nou smeek hy my weer om terug te kom net soos tebore, maar ek het besluit om my lewe terug te neem en weer te wees wie ek eens op 'n tyd lank terug was.

    ReplyDelete

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...