Tuesday 24 April 2012

Hoe weet ek of daar ‘n vloek op my kan wees?

Curses Against the PhariseesCurses Against the Pharisees (Photo credit: Wikipedia)


(Aangehaal uit Past Louis De Kock – Pastorale Sielkundige -Eagle Ministries se boek oor Emosionele Geneesing)






Liggaamlike Simptone:

Voordurende hoofpyn, swaar drukkende gevoel op die skouers, lamheid in die bene, abnormale probleme in die vrouedele, epileptiese aanvalle, knaende moegheid, sere wat aan die voete en bene ontstaan, swak eetlus of rillings deur die liggaam. Swak slaap patroon en gereelde "ongelukke" of soos mense se "bad-luck".

Emosionele simptone:

Onbeheerste woedebuie, abnormale sterk seksdrange en dwingende gedagtes rondom seks, selfmoordneigings, abnormale vrese, depressie, kompulsiewe gedrag (persoonlikheidsveranderings), vloek en vuilpraat.Geestelike blokasie. Sielkundige probleme is slegs ‘n voorsetting van emosionele probleme. Skitsofrenie, anoreksie, bulomie, obesiteit.

Ander simptone:

 Angsdrome, die tokkelossie, gedurige verskyning van dooies in jou drome, astrale opjeksie (waar jy jou liggaam verlaat), stemme wat praat, probleme om Bybel te lees en kerk te besoek, nare voorgevoelens en voorbodes, gedaantes wat rondbeweeg in jou huis, liggaamlike letsels wat op ‘n onverklaarbare manier aan jou liggaam voorkom.Probleme met konsentrasie, leer probleme, lelike gedagtes, serebrale siektes of gestremdheid ens

Wat is 'n vloek?

Dit is iets wat oor jou uitgespreek is, of wat jy oor jouself uitgespreek het. God kan ook vloeke oor mense uitspreek en natuurlik is dit satan se sterk punt. Wanneer 'n vloek jou "tref" sit die vloek in jou siel totdat dit gebreek of vewyder word.'n Vloek is 'n siekte, finansiele probleem, huweliksprobleem, ens en kan nie sommer net gebeur sonder 'n rede nie.

Hoe raak ek van dit ontslae?


Woord van God se:-
(1) Bely julle sonde (Jak 5:16)
(2) Vergewe mekaar (Mat 6:14)
(3) Bid vurige gebede (Jak 5:16)
(4) Bedek jouself onder die Bloed van Jesus.

Indien u geestelike berading of gebed benodig kontak my by belindapaar@gmail.com




Enhanced by Zemanta

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...