Monday 25 September 2017

Eer jou vader en jou moeder


Image result for Parents and children


“En julle moet niemand op die aarde julle vader noem nie, want een is julle Vader, Hy wat in die hemele is.” (Mattheus 23:9)

Ek doen heelwat beradings, en kry gereeld met mense te doen wat baie seergekry het in hulle kinderjare, onder andere as gevolg van molestasie selfs ook deur hulle eie vaders of moeders. En gereeld vra hulle vir my die vraag: “Hoe kan ek my vader of moeder eer, as hulle so iets aan my gedoen het?” Want die Bybel leer ons immers:
“Eer jou vader en jou moeder - dit is die eerste gebod met ‘n belofte…” (Efesiërs 6:2)

Na hoevele soortgelyke gesprekke en vrae wat aan my gerig was hieroor, het ek een dag tydens my stiltetyd vir die Here die vraag gevra: “Vader, waarom moet ons ons vaders en moeders eer? Veral as vaders en moeders so lelik teenoor hulle kinders optree?” Die antwoord wat ek terugontvang het, het my nogal onkant gevang. Die Here het vir my gesê: “Tiaan, jy eer jou vader en jou moeder vir die eenvoudige rede dat EK hulle twee waardig geag het om JOU hier op aarde te kry. Want as dit nie was vir hulle nie, was jy nie hier nie.”

En daarom eer ons ons ouers. Dit beteken nie jy gaan noodwendig altyd met hulle saamstem of langs dieselfde vuur sit nie, of dat jy nodig het om jou deur hulle te laat vertrap nie. Maar die punt is, as jy hulle eer is daar vir JOU ‘n belofte, naamlik: “…sodat dit met JOU goed mag gaan en JY lank mag lewe op die aarde.” (Efesiërs 6:3)

Die betrokke ouers daarenteen sal self voor die Troon van God moet antwoord vir dit wat hulle gedoen het wat nie in lyn was met Sy Woord nie. Maak jy net seker dat jy hulle vergewe en hulle eer as jou ouers. NIE om daardeur te probeer voorgee dat dit wat hulle gedoen het aanvaarbaar of reg was nie, maar sodat dit met JOU goed mag gaan en JY lank mag lewe op die aarde.

En tydens my gesprek met die Vader het ek toe ook gevra, in die lig van die teksverse waarmee ek begin het, WAAROM moet ons niemand op aarde ons vader noem nie? En die antwoord wat ek daar ontvang het, het my ook ‘n nuwe siening gegee oor God se grootheid en genade. Hy het saggies in my gees vir my gesê: “Want Ek het nie kleinkinders nie. As jy en jou twee kinders eendag voor My Troon kom staan gaan jy nie sê: ‘Vader hier is ek, ek is U kind, en hier is my twee kinders, hulle is nou U kleinkinders’ nie”. Want my persoonlike seun en dogter is óók kinders van die Here, so Hy is MY Vader, maar Hy is ook HULLE Vader.

So, as ons die dag aldrie voor die Troon eindig, gaan ons daar staan as broers en susters in Christus met een en dieselfde Vader. En skielik tref dit my – my pa en ma was in effek eintlik ‘ouboet en ousus’ wat hulle ‘kleinboet’ Tiaan moes leer van sy Vader in die hemel. Maar nou is Tiaan die ‘ouboet’ wat sy ‘kleinboet en kleinsus’ (my seun en dogter) moet leer van HULLE Vader in die hemel. Vandat die Here vir my hierdie openbaring gegee het, het ek ‘n nuwe liefde vir my ma gekry, en kon ek met ‘n geruste hart my eie twee kinders “release” in die hande van hulle WARE Vader, God in die hemel.

Gebed:


“Vader, baie dankie dat ons by U die mag kry om diegene wat ons seergemaak het, in U krag te kan vergewe. Leer my asseblief ook om my ouers in U krag te vergewe en te eer, ongeag wat hulle in die verlede gedoen het, sodat dit met my goed mag gaan en ek lank mag lewe op die aarde. En dankie dat ek ook mag weet dat as ek en my aardse ouers en my kinders U almal dien en aanbid, dat ons eendag saam as broers en susters voor U Troon sal staan en U saam kan aanbid. Dankie Here vir U genade. Amen.”

 (tiaan gildenhuys - tg@oicb.co.za)
Geplaas met toestemming van Tiaan Gildenhuys

  

Friday 15 September 2017

*The Holy Alphabet... This is Beautiful...*

Image result for gospel quotes

THE MESSAGE LIGHTENS UP MY FAITH!


Whoever came up with this one must have been filled with the Holy Spirit!

*A* lthough things are not perfect,
*B* ecause of trial or pain,
*C* ontinue in thanksgiving
*D* on't even think of whom to blame .

*E* ven when the times are hard,
*F* ierce winds are bound to blow,
*G* od is forever able
*H* old on to Jesus .

*I* magine life without His love,
*J* oy would cease to be,
*K* eep thanking Him for all the things
*L* ove imparts you to see.

*M* ove out of Complaining,
*N* o weapon that is known
*O* n earth can yield the power
*P* raise can do alone.

*Q* uit worrying about the future,
*R* edeem the time at hand,
*S* tart every day with prayer
*T* o 'thank' is God's command.

*U* ntil we see Him coming,
*V* ictorious in the sky,
*W* e'll run the race with gratitude,
*X* alting the Most High God.
*Y* es, there'll be good times and yes some will be bad, but...
*Z* ion awaits in glory...where no one is ever sad!

The one who kneels to the Lord can stand up to anything..

Love and peace be with you forever, Amen!!!
Shalom!!!

Tabernakel Bedieninge rapporteer genesing

Alle eer aan Jesus deur Wie se wonde ons genees is!

Hier is maar 'n paar van die genesings wat Jesus die laaste maand gedoen het vir mense deur gebed, ons dank Jesus vir hierdie genesings.

Wonderwerk 1
Gehard se probleem was veroorsaak deur ‘n bloedklont en swak bloedsomloop. Hy het 'n kous vir spatare onder sy kous gedra, as hy dit nie aangehad het nie het sy been geswel weens waterretensie. Sy gensing het in gebed per telefoon plaasgevind.
Vandag dra hy glad nie meer die spesiale kouse nie en swel sy been glad nie meer nie.
            Hy was gisteroggend by Tabernakel Bedieninge en het sy been vir ons gewys. Dit lyk asof hy sproete op sy been het, maar die dr sê dit sal met tyd weggaan... dit is nog ou kolletjies droë bloed onder sy vel.
            Daar was ‘n moontlikheid dat ook hy sy been sou verloor het weens gangreen. Die foto’s toon die duidelike wonderwerk nog voor die spesiale kous verwyder is.
 cid:image003.jpg@01D32A7B.33E201F0


cid:image004.jpg@01D32A7B.33E201F0

Wonderwerk 2       
Francois was op 24 Jan 2015 by ‘n motorfietsongeluk betrokke. Sy een been was vergruis en dr wou amputeer. Sy ma Rhea wat ‘n diep Gelowige is, het volstrek geweier. Francois was vier weke lank aan ‘n asemhalingstoestel en voedingspype gekoppel.
            In Nov 2015 het hy 'n knie gekry wat verwyder was in Aug 2016 omdat sy liggaam dit verwerp het. Hy het 'n 2de knievervanging in Julie vanjaar gehad. Die Dr het van sy bladvleis op die knie oorgeplant en die knie moes genees. Hy kon glad nie loop sonder krukke nie. Vanaf sy ongeluk 24 Jan 2015 had hy 42 operasies op sy knie a.g.v. prosteses wat verwyder was gevolg deur infeksies.
            Gebed was per telefoon gedoen op Saterdag 2 September 2017 en genesing het die volgende dag Sondag 3 September 2017 plaasgevind. Hy het opgestaan en loop  sedertdien sonder hulp.



cid:image001.jpg@01D32A75.05D287E0

cid:image002.jpg@01D32A77.CE88E830

cid:image005.jpg@01D32A7B.33E201F0

Wonderwerk 3

Dyna het op 6 Sept ‘n uitslag gekry wat aanvanklik soos masels wou lyk. Sy had koors, hoofpyn, seer gewrigte en seer nek asook hande wat opgeswel het en blou geword het op haar kneukels. Dit was beslis ‘n virus infeksie.
            Twaalf drs het na haar gekyk om te sien of hulle die virus al voorheen gesien het, nie een van die 12 kon dit uitken nie. Bloedtoetse is gedoen om te probeer vasstel watter een van 44 000 bekende virusse dit kon wees. Omdat hulle nie die virus geken het nie kon hulle haar nie op medikasie plaas nie omdat sekere medikasies  die virus kan aanhelp. Sy het dus net pyn en koors medikasie ontvang.
            Saterdag 9 September om 10:50 is vir haar oor die foon gebid vir genesing, die middag om 16:50 was al haar simptome weg behalwe die geswelde hande wat op 10 September genees is.

cid:image006.jpg@01D32A7C.20D9EAE0

            Luister mooi: Of genesing plaasvind weens gebed, sjirurgie, medikasie, fisioterapie, dit is en bly Jesus wat genees, het wyle Prof JC van der Spuy altyd gesê. Hy was ‘n torakschirurg en hoof van die hartafdeling by HF Verwoerd Hospitaal.

            As jy ook gebed vir siekte en krankheid verlang, skakel Belinda Paar by die Tabernakel:
  078 8338 915


Sunday 10 September 2017

Bid sonder ophou


Image result for Person praying



“Bid sonder ophou.” (1 Thessalonicense 5:17)

Baie Christene neem nie kennis van hierdie baie duidelike woorde in die Bybel nie. En daarom word hulle baie kere mismoedig omdat hulle dink: “die Here hoor nie my gebede nie!”. Of hulle dink: “ek moenie die Here pla nie, Hy het my mos gehoor toe ek twee jaar terug vir Hom gebid het, ek hoef nie verder oor die saak te bid nie.”
Tog is dit nie wat ek in hierdie vers lees nie. Ek lees ons moet bid SONDER ophou, maak nie saak wat die betrokke ding is waarvoor ek bid nie. Ek moet bid TOTDAT die deurbraak kom, en dan moet ek steeds aanhou bid om dankie te sê vir God vir daardie deurbraak. Dit is tog nie verniet dat ons ook verder in die Bybel lees:
“Volhard in die gebed en waak daarin met danksegging…” (Kolossense 4:2)
My gebed is dus nie net ‘n lys van dinge vra nie, maar bevat ook woorde van danksegging vir dit wat die Here reeds vir my gedoen het, en ook nog gaan doen uit Sy groot genade. En steeds bly die opdrag – doen dit sonder ophou. Die ou mense het altyd gepraat dat ons die saak moet “deurbid”.
In die gejaagde tye waarin ons ons vandag bevind, weet Christene nie meer hoe om ‘n saak “deur te bid” nie, hoe om aan te hou bid, totdat die deurbraak kom nie. Ons is geneig om so een of twee keer daaroor te bid, en as die antwoord of die deurbraak nie dan daar is nie, hou ons op bid. Daarom kry Christene in so baie gevalle nie hulle deurbrake nie.
Bid jy dalk vir ‘n huwelik wat in moeilike waters is? Bid sonder ophou. Bid jy dalk vir ‘n kind wat verslaaf is, of in ‘n verkeerde vriendskapsverhouding is? Bid sonder ophou. Bid jy vir deurbrake in julle finansies? Bid sonder ophou. Bid jy vir ‘n familielid om gered te word? Bid sonder ophou. Bid jy vir iemand na aan jou om gesond te word van een of ander siekte? Bid sonder ophou.
Iemand het vir my ‘n whatsapp boodskap gestuur waar die woordjie: “Pray” as volg mooi uiteengesit is:
P – PRAISE for who He is and for what He has done
R – REPENT of sins I have committed and of commands I have neglected
A – ASK for the needs of others and for my needs
Y – YIELD my will to God’s will and to God’s agenda for me.
Doen dit sonder ophou, en kyk hoe die Here op Sy tyd en volgens Sy wil jou lewe begin verander.
Iemand het dit een keer baie mooi gestel deur te sê: “I don’t spend hours per day praying, but I don’t let an hour pass by without praying.” Dit beteken daar gaan nie ‘n uur in jou dag verby waar jy nie op een of ander stadium besig is om met God te praat in gebed nie. Vandat ek persoonlik hierdie dinge begin leer het, was dit al hoe makliker om dit reg te kry om te “bid sonder ophou”.
Ene Edward Payson het gesê:
"Prayer is the first thing, the second thing, and the third thing necessary for a minister, especially if he have revivals. Pray, then, my dear brother, pray, pray, pray."

Gebed:

“Vader ek kom na U in die Naam van Jesus Christus U Seun. Ek kom bely vandag dat ek nie gehoorsaam was aan U opdrag om te bid sonder ophou nie. Ek bely dat ek oorhaastig raak met my gebede Vader en ek vra dat U my sal vergewe. Lei my deur U Heilige Gees en leer my van vandag af om te alle tye te bid sonder ophou. In Jesus Naam vra ek dit. Amen.”

(tiaan gildenhuys - tg@oicb.co.za)
Geplaas met toestemming van Tiaan Gildenhuys

Monday 4 September 2017

Reg bid, of verkeerd bid?


Image result for Person praying


Mense is baie keer geneig om te bang te wees om te bid tot die Here, want: “Sê nou net ek bid verkeerd, dan gaan my gebed nie verhoor word nie!” Dit is wel so dat die Bybel ons leer dat ons verkeerd kan bid en dan nie sal ontvang waarvoor ons vra nie.
“Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring.” (Jakobus 4:3)

Wat sien ons hier, wat is die rede waarom die Bybel sê ons “verkeerd bid”? Omdat ons bid vir die bevrediging van ons eie wellustige begeertes en nie noodwendig volgens God se wil vir ons lewens nie. Dit help nie om te bid vir ‘n rooi sportmotor met silwer wiele en groot uitlaatpype sodat ek my vriende daarmee kan beïndruk, maar my kinders het nie kos om te eet nie. Daardie gebed sal nie beantwoord word nie.

Gou is die reaksie egter: “Maar Jesus het dan gesê alles wat ek die Vader in Sy Naam vra, sal die Vader vir my gee!” Ja, mits dit in lyn is met God se Woord. Bid eerder vir die Vader se voorsiening vir jou familie want dit is in lyn met Sy Woord. Die Vader sal nie vir jou iets gee as dit net gebid is sodat jy jou eie vleeslike begeertes daardeur kan bevredig nie.

Sjoe, nou hoe kan ek dan sekermaak dat ek reg bid as ek wonder oor wat ek moet bid? Eintlik is dit baie maklik, vra vir die Heilige Gees. Vra Hom WAT om te bid en ook HOE om te bid. En as ek steeds nie seker is nie, dan vra ek die Heilige Gees om NAMENS my te bid – en ek bly in daardie oomblikke tjoepstil. Kyk hoe mooi stel Romeine 8:26,27 dit:

“En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.”

Wow! Nou kan ek weet dat my gebed REG sal uitkom, want die Heilige Gees bid dan namens my VOLGENS DIE WIL VAN GOD! Daar is geen sprake dat daardie gebed “verkeerd” sal wees nie.

Gebed:

 “Vader, dankie dat U Heilige Gees vir my sal intree as ek nie weet wat om te bid in enige gegewe situasie nie. Leer my asseblief om altyd deur U Heilige Gees gelei te word, in my persoonlike lewe en ook in my gebedslewe, sodat ek daardeur al hoe nader aan U kan kom. Amen.”

(tiaan gildenhuys - tg@oicb.co.za)




Probeer jy 'n uitweg vind?


Image result for Mattheus 1:20



“Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees.” Matthéus 1:20

Die Bybel sê dat Josef, die Nasarener skrynwerker verloof aan Maria, ‘n edele man was. Ontnugter deur die skokkende ontdekking dat Maria swanger was, wou hy die situasie in ‘n diskrete manier hanteer om te verhoed dat skande oor Maria en haar familie kom. Terwyl hy besig was om ‘n uitweg te probeer vind, het hy ‘n droom gehad.

Hierdie droom het die wêreld verander!

Nieteenstaande die feit dat die uitdagings waarmee jy, in hierdie deurmekaar dae gekonfronteer word, miskien nie op dieselfde historiese vlak is as die van Josef nie, praat God steeds met mense deur drome – wys Hy hulle wat om te doen.

In Job lees ons; “Want God spreek op een, ja, op twee maniere; maar die mens let daar nie op nie. In die droom, in ‘n naggesig, as diepe slaap op die mense val, tydens sluimeringe op die bed, dan open Hy die oor van die mense, en Hy druk die seël op die waarskuwing aan hulle; om die mens terug te hou van sy onderneming en trotsheid vir die man te verberg;  sodat Hy sy siel kan red uit die kuil; en sy lewe, dat dit nie omkom deur die spies nie.” Job 33:14-18

Vra Vader om ook met jou deur drome te praat. Soms is dit die enigste manier waarop Hy deur al ons warrelende gedagtes en emosies tot ons kan deurdring. Verby ons natuurlike ingesteldheid om Sy leiding te bevraagteken gedurende ons bewuste daaglikse lewens.

Voordat jy vanaand jou oë toemaak om te slaap, bid asseblief die woorde van Salemo uit Hooglied 5:2 “Ek het geslaap, maar my hart het gewaak. Hoor, my beminde klop …” Jy mag dalk in die middel van die nag, in ‘n nuwe dag wakker word.

“Hemelse Vader, ek kom voor U in die Naam van Jesus Christus, U Seun en my Redder. Ek bring al my vrae, onsekerhede en bekommernisse voor U. Gee asseblief aan my U rigting en praat ook met my deur drome. Ek maak myself oop vir die leiding van U Heilige Gees. Ek vra dit in die Naam van Jesus. Amen.”

 (cobus van heerden - cvh@oicb.co.za)
Geplaas met toestemming van Tiaan Gildenhuys



Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...