Wednesday 13 July 2011

Hoe sien God jou?




My liefste kind,

Toe Ek op jou besluit het, was daar soveel vrede, kalmte en liefde in My hart.
Ek het geweet hoe jy gaan lyk, hoe jou stem gaan klink en hoe jou glimlag ander mense se harte gaan verander, selfs toe jy nog net ‘n gedagte was.
Ek het jou begin vorm in jou ma se skoot, jou vingerafdrukke lyntjie vir lyntjie getrek en geweet hierdie patroontjie op vingertjies sal ek nooit weer herhaal nie.
Jy is nie ‘n fout nie, want Ek maak nie foute nie.
Ek maak net mense na My beeld.
Toe die tyd reg was het ek jou volmaakte lyfie in jou moede se arms neergele,
Ek het in jou ogies gekyk, gestaan en geweet Ek het ‘n besonderse mensie gemaak.
Nog nooit het Ek daarna my oe van jou afgehaal nie.
Ek het jou sien opgroei.
In die dag bewonder Ek jou, en in die aande sit Ek langs jou bed en kyk hoe jy aan die slaap raak.
Soms het daar trane oor jou wange gerol oor gebroke verhoudings, verkeerde besluite en soms sommer net omdat jy soos ‘n mislukking gevoel het.
Daar was dae wat jy seergekry het, dae wat mense jou nie verstaan het nie, dae wat jy moedeloos was, dae wat pyn jou wou vernietig het!
Ek het saam met jou gehuil, My hande gehou en jou kosbare trane opgevang.
Ek ken seer, Ek ken pyn,
Daar was self ‘n tyd wat mense My nie verstaan het nie, My verneder het, My verwerp het en aan die kruis vasgespyker het, daarom weet Ek hoe jy voel.
Daar was dae wat jy deurmekaar gevoel het en gewonder het wat, waar en hoekom.
Ek wil net vandag vir jou se, nie een van die foute wat jy gemaak het, het My onkant gevang nie.
Ek was nie verbaas nie. Ek weet alles, Ek verstaan alles, Ek sien alles, ek kyk nie na jou met oe wat oordeel nie.
Ek kyk na jou met oe van liefde en Ek luister na jou met My hart, omdat ek ‘n God is wat uit liefde bestaan.
Soms het mense al ‘n verkeerde prentjie van my vir jou geskilder.
Ek wil jou nie straf nie. Ek is nie ver van jou af nie. Ek ken jou beter as enige iemand anders. Ek weet wie jy werklik is.
Ek het jou gemaak en Ek maak nie foute nie!


No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...