Friday 15 July 2011

Die Huwelik - Deel 3 - Wat van 'n 3de persoon in die huwelik?

La vierge aux raisinsImage via Wikipedia


Wat as daar 'n 3de persoon in die huwelik is?

Die eerste stap van mislukking in ‘n mens se lewe is ‘n ander persoon se bed.
Die persoon voel onbevoeg by die huis, daarom gaan soek hy aanvaarding in ‘n ander persoon se bed, want die persoon ken jou nie en kan jou nie as onbevoegd verklaar nie! 'n "Affair" begin nie deur seks nie....dit begin deur emosie! Jy is nie gelukkig by die huis nie en gaan soek vals liefde in iemand anders se bed!!

As dit die rede is hoekom julle skei, kan ek vir die een, wat die 3de persoon in die huwelik inbring, net dit se: Dink jy, as die persoon jou so lief het, en eendag met jou wil trou en wil he dat die huwelik tussen julle ‘n sukses moet wees, ‘n instelling van God moet wees, dat daardie persoon, ‘n persoon is wat by die riglyne van God hou? As dit ‘n waardige mens is, sal hy/sy jou huwelik respekteer, en uit dit bly. Maak nie saak hoe seer dit is nie, jy is NIE die persoon wat God vir hierdie persoon gekies het NIE! Jou man of jou vrou is jou persoon wat God vir jou gegee het! En wat jy doen, word nie deur God goedgekeur nie!

Die Woord van God se: “Wat God bymekaar gesit het, mag geen mens skei nieDink jy God het die 3de persoon in jou lewe gesit? Miskien het Hy, maar nie vir die rede wat jy dink nie. Beslis nie omdat dit ‘n beter maat vir jou is nie, want jy het reeds die beste een gekry, die een met wie jy getroud is!

Ja, die persoon verstaan jou deesdae beter as jou eie maat, en laat jou goed voel oor jouself, en sien jou vir wie jy is, en aanvaar jou soos jy is! Maar wag, in die begin van jou huwelik het jy ook so gevoel oor jou maat en kyk waar is julle nou, en julle is in ‘n huwelik wat God goedgekeur het en geseen het! Dink bietjie waar gaan julle eindig sonder Sy goedkeuring? Dit gaan beslis nie so lank hou as wat jou huwelik alreeds gehou het nie, want eerstens is dit teenstrydig met God se Woord, en tweedens, is jy en die 3de persoon nie opreg met mekaar oor wie julle is nie, want julle is “agteraf” en verlief op die stadium julle sit die beste-voetjie-voor, julle beindruk mekaar nog!. Julle ware kleure het nog nie uitgekom nie, dink hoe gaan die persoon jou handteer wanneer jy met hom/haar maak wat jy nou met jou huweliksmaat maak. Dink jy daar sal ooit enige vertroue tussen julle wees? As jou huwelik nou geen waarde vir die persoon inhou nie, dink jy jou huwelik met die persoon sal van waarde wees? En wat van jou? As jy ‘n buite-egtelike verhouding nou kan he, dink jy die persoon sal ooit glo dat jy trou is aan hom/haar?

Nie ‘n baie goeie fondasie om die verhouding op te begin nie, is dit?

Spr 3:3-8
Laat liefde en trou jou nie verlaat nie, bind dit om jou hals, skryf dit op die tafel van jou hart, dan sal jy genade vind en’n goeie insig in die oe van God en die mens.

Die gras lyk altyd groener aan die anderkant, die rede ...... omdat daar meer (kuns) mis daar is.

Die Woord van God se:

Vir die vrou: Spr 2:10-19 (vekort)

Want wysheid sal in jou hart kom, en kennis sal vir jou siel lieflik wees: vers 16 om jou te red van die vreemde vrou, van die ontugtige wat met haar woorde vlei, wat die vriend van haar jeug verlaat, en die verbond van haar God vergeet, want haar huis sal weg sink na die dood en haar paaie na die skimme.

Vir die Man : Spr 5:18-22  

Mag jou fontiene geseend wees, en verheug jou oor die vrou van jou jeug – die lieflike wildsbokkie en aanvallige steenbokkie, laat haar boesem jou altyd vermaak, mag jy in haar liefde gedurigdeur bedwelmd wees!
Maar waarom sou jy, my seun, by ‘n vreemde bedelmd raak en die boesem van ‘n ontugte omhels?
Want al die wee van ‘n mens is voor die oe van Die Here, en Hy weeg al sy gange, sy eie ongeregtigheid vang hom, die goddelose, en in die vangstrikke van sy sonde word hy vasgehou.

Vir julle albei:

Spr3:33 Die vloek van die Here is in die huis van die goddelose, maar Hy seen die huis van die regverdige.

Spr 4:23 Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.

Lees ook 1 Kor 7 – oor gemeenskap.

Indien u geestelike berading of gebed benodig kontak my by belindapaar@gmail.com

Enhanced by Zemanta

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...