Sunday 2 December 2012

Hoekom genees mense nie van siektes nie? Blokkasies

 
Die heel eerste en grootste blokkasie in ons lewens is vergifnis.

Mat 6:14&15 Jesus leer ons “Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe…..maar kyk na die volgende vers…..MAAR as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie vergewe nie!

Kan hierdie die blokkasie in jou lewe wees hoekom jy nie geneesing ontvang nie?

Jesus se in Mat 22:37-40 En Jesus antwoord hom: “Jy moet die Here jou God liefhe met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En tweede wat hiermee gelyk staan: Jy moet jou naaste liefhe soos jouself. Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete”

Joh 14:15 “As julle My liefhet, bewaar My gebooie”, Joh 14:23 “As iemand My liefhet, sal hy My Woord bewaar”, 1Joh 5:3 Want dit is die liefde tot God, dat ons Sy gebooie bewaar, en Sy gebooie is nie swaar nie.

Die mens bestaan uit 3 dele. Jou gees-,siel-en liggaamdimensie en wanneer jou sielsdimensie ongelukkig is val dit jou liggaam aan en blok jou geesdimensie.

Onvergifnis le in jou siel (emosionele) dimensie, jy dra ‘n wrok, jy is permanent kwaad vir iemand, jy haat, jy verwens, jy vervloek, jy is bitter, raak beskuldigend, voel angstig, jaloers, afgunsitig en ongelukkig. Dit veroorsaak ‘n blokkasie in jou gees dimensie, (jou verhouding met God is nie reg nie!) en dit val jou liggaam aan (jy begin siek word)

Siektes wat kan uitspruit uit die boonste emosionele gevoelens is goed soos hoe bloeddruk, angs-aanvalle, asma, spier spasme, sweet, hartkloppings, bloedsuiker en kanker.

85% van alle siektes kom van emosionele probleme af. Ons almal ken die versie wat se “hernuwe jou gemoed (gedagtes) sodat jy die volmaakte wil van God in jou lewe kan sien, maar kyk ook na die volgende versie.
Heb 9:14 Hoeveel te meer sal die bloed van Jesus ons gewete bevry van die las van dade wat tot die dood lei, sodat ons die lewende God kan dien.

Uit hierdie versie kan ons sien dat ons deur die Bloed van Jesus instaat is om te vergewe, maak nie saak hoe groot die oortreding was wat teen ons gedoen is nie. Wanneer ons hierdie seer na Jesus neem en vergifnis vra vir ons haat gevoelens, sal Hy ons help om van dit ontslae te raak en nog meer sal Hy jou help om te kan vergewe.

Ten slotte, neem asb kennis dat ek nie se dat sodra jy klaar gebid het, moet jy al jou medikasie gaan weggooi nie, om te vergewe en te genees is ‘n proses.

Maak dit ‘n saak van gebed, en monitor jou siekte met jou medikasie. As voorbeeld, hoe bloeddruk, doen die gebed, werk aan jou vergifnis, en nadat jy voel jy het volkome vergewe, gaan en laat die apteker jou bloeddruk neem, as dit aansienlik laer is weet jy mos jy is genees en kan jy jou pille los, maar gaan toets dit weer na ‘n rukkie om net seker te maak dat jy dit permanent kan los….Jesus genees onmiddelik, maar die vyand kan ons ook potjie deur jou te laat voel jy het vergewe, maar diep binne jou sit jy nog met stukkies wrok ens. Jy moet ten volle genees wees van vergifnis se takke, sodat jy ten volle genees kan word van die siekte.

As jy nogsteeds nie genees het nie, vra die Heilige Gees om jou te wys of daar iemand is wat jy dalk van vergeet het om te vergewe, miskien iets wat gebeur het toe jy ‘n kind was en miskien dink jy dit is al lankal vergewe maar jy kon dit in jou onderbewuste net onder druk het.

Doen die volgende gebed vir vergifnis:

Vader, ek kom voor U in die Naam van Jesus en vra vergifnis vir my sonde, vergewe my omdat ek ander nie vergewe het nie.

Ek vergewe nou vir … (byvoorbeeld: Sannie en spreek haar vry, ek vergewe nou vir Pietie en spreek hom vry, ek vergewe nou my ma en spreek haar vry ens…)

Vader ek vat verantwoordelikheid vir enige sonde wat deel geword het van my van my voorgeslagte. Ek bely dit as sonde en vra vergifnis daarvoor, en vra dat U die opening wat satan op hierdie manier in my lewe gekry het sal seel.

Ek vergewe ook myself vir dinge wat ek gedoen het teenoor ander en myself. Breek asb die mag wat satan op my het om my te herinner aan oortredinge wat ek aan myself en ander gedoen het, en wat ander aan my gedoen het.

In Jesus Naam
Amen.

Dit is baie belangrik om jouself ook te vergewe want Jesus se jy moet jou naaste liefhe soos jouself….jy kan nie ander mense liefhe as jy jouself haat nie, en as beeld van God moet en mag jy jouself nie haat nie….maar ek sal op ‘n volgende blog praat oor selfhaat en selfverwyt.

Eseg 36:26&27 En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in jul binneste gee, en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee. En Ek sal My Gees in julle binneste gee en Ek sal maak dat julle in My insettinge wandel en My verordeninge onderhou en doen”

SIEN OOK JESUS MAAK NIE DOOD NIE

Jesus Groete
Belinda

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my op belindpaar@gmail.com



Hoekom genees mense nie van siektes nie? Deel 1




In vandag se tyd, gaan mense vir gebede na kerke, het hulle al die geloof in die lewe en ten spyte van dit genees hulle nogsteeds nie. Dan hoor jy dit is die Wil van God dat hulle siek geword het, maar ten spyte van die Wil van God wat hulle aanvaar het vir hulle lewens gaan hulle nogsteeds dokter toe en drink pille en kry behandeling vir hulle siektes.

As dit die Wil van God is dat jy hierdie siekte moes kry en doodgaan, of ‘n lewe moes ly waarin jy sukkel en rondloop met pyn, hoekom probeer jy alles in jou vermoe om dan as te ware teen God se Wil te gaan deur elke moontlike pil op die mark te drink om te voorkom dat jy doodgaan of seer het?

Dit maak mos nie sin nie. Jy kan nie aanvaar dat God vir jou siekte oor jou pad gebring het, en dan omdraai en alles probeer om van dit ontslae te raak deur medikasie nie. As gelowiges, moet ons mos dan aanvaar wat God vir jou gegee het en daarmee saam leef tot die einde toe? Maak dit vir jou sin?

Maar dan se die Woord van God, Ek is die God wat jou gesond maak Ex 15:26, en deur die wonde van Jesus is jy genees,1Pet 2:24 en Jesus het al ons siektes op hom geneem sodat ons vandag gesond kan wees, Mat 8:17 en Jesus het jou losgekoop van die vloek van siekte Gal 3:13-14, Geen onheil kan my tref nie en geen plaag mag naby my liggaam kom nie  Ps91:1-10, Jesus se, Die dief kom om te roof, te steel en te slag, maar Ek het gekom sodat jy lewe mag he en dit oorvloedig mag he….en dan gaan Hy verder en se, alles wat julle die Vader vra in My Naam sal vir julle gegee word.

So hoe verstaan mens dit nou? Die Woord se vir jou JY SAL genees, maar tog genees mense nie meer vandag nie.

Kom ons kyk wat se die Woord verder, en ek glo hierdie is die sleutel tot vandag se genees-probleem.

Deut 30:19&20 Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuienis teen julle, die lewe en die dood, die seen en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, en jy kan lewe, jy en jou nageslag,
(20)deur die Here jou God lief te he, na Sy stem te luister en Hom aan te hang, want dit is jou lewe en die lengte van jou dae, sodat jy kan woon in die land wat die Here aan jou vaders Abraham, Isak en Jakob met ‘n eed beloof het om dit aan hulle te gee.

Kom ons kyk eerstens “na Sy stem te luister”

Mense verstaan die Bybel verkeerd in die opsig dat ons klein woordjies nie raak sien nie. Daar is baie verse wat vir ons goed se wat ‘n “dan”, “maar”, en “as” in het, maar ons kyk verby dit.

Deut 28:1&2 As  jy dan goed luister na die stem van die Here jou God om sorvuldig te hou al Sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal die Here jou God jou hoogtes stel bo al die nasies van die hemel en aarde (2) En al hierdie seeninge sal oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die stem van die Here jou God.

Lees die res van vers 3-13 oor al die seeninge wat God jou belowe as jy luister na Sy stem.

Dan gaan die gedeelte verder en se AS JY NIE LUISTER NIE…..sal die volgende vloeke oor jou kom vers 15
Maar as jy nie luister na die stem van die Here jou God nie, om sorvuldig te hou al Sy gebooie en Sy instetting wat ek jou vandag beveel nie, dan sal al hierdie vloeke oor jou kom en jou inhaal

Die Woord van God bestaan uit 30 000 verse, en nie net die 10 gebooies nie. Die Woord vertel jou ook hoe jou vehoudings moet wees teenoor jou familie, jou gesin, jou mede mense en jou naaste asook teenoor jouself. Al hierdie verse is die insettinge van God en ons moet by hulle almal hou!

Is dit moeilik? Ja beslis! Is dit onmoontlik? Nee beslis nie! Want God se Hy het ons geskape in Sy Beeld, (Gen1:27) dit beteken ons is in Gees Sy beeld, want beteken ons is tot volmaaktheid instaat, want ons is reeds in volmaaktheid geskape, (Jes 46: 3&4) dan se Hy verder dat ons deur Jesus tot alles in staat is wat ons krag gee, en nog meer dat Sy Heilige Gees ons sal ly in waarheid, (Joh 16:13) m.a.w ons het al die “tools” (as ek dit so mag noem) om tot volmaaktheid te kan lewe.

Beteken dit dat ons in staat is om 100% sondevry te lewe? Nee, want ons is ook van vlees gemaak en vlees laat ons sondig, maar God weet dit alreeds, en daarom het Hy ons deur genade gered deur ons die geskenk van die Lewe te gee, vir Jesus wat ons vrygekoop het van die sonde. (Heb 9:11-22)

Kyk hoe genadig is God, en dit laat my net weereens besef  dat God die Volmaakte God van Liefde en genade is!

Rom 5:20&21 Maar die wet het daar bygekom, sodat die misdaad meer sou word, en waar die sonde meer geword het, het die genade nog meer oorvloedig geword, (21) sodat, soos die sonde geheers het in die dood, so ook die genade kan heers deur die geregtigheid tot die ewige lewe deur Jesus Christus, onse Here.

Ek wil net hierso ook noem, dat ons as gelowiges en kinders van God NIE ‘n volmaakte lewe moet lei op die aarde sodat ons eendag in die hemel kan kom nie, maar dat ons ‘n volmaakte lewe moet he sodat ons vandag nog op aarde ‘n volkome gelukkige en oorvloedige lewe kan he, en as volmaakte bonus eendag in die hemel gaan leef by ons Vader. Jesus het gekom sodat ons ‘n oorvloedige lewe op AARDE kan he, en na ons afsterwe gaan ons hemel toe.

As ons alreeds al die “tools” het om volmaak te kan lewe, en die Woord se ons sal genees en geen pes sal naby ons liggame kom nie, en as ons in geloof staan om te genees en ons genees nogsteeds nie, wat is dan die probleem?

Iewers in ons lewe moet daar dan ‘n blokkasie wees wat ons verhinder om die geneesing te ontvang wat ons in die Bybel belowe word deur Jesus wat ons siektes op Hom geneem het op die kruis.

Ek gaan ‘n paar blokkasies noem en wil graag as dit die Wil van die Here is die volgende paar inskrywings op die blog doen oor blokkasies wat ons weerhou om die absolute genade van God in ons lewens te he en te kan genees van elke siekte wat na ons kan toe kom.

Deel 2- Blokkasies vervolg.

Thursday 15 November 2012

Hoekom is vas belangrik?


Baie mense het die verkeerde induk van hoekom ons was. Baie mense dink ook dat terwyl hulle was, kan hulle sommer ook gewig verloor, en dan is daar baie mense wat rondloop met ‘n suur gesig sodat mense kan sien hulle kry swaar want hulle vas.

Vas is ‘n baie belangrike saak tussen jou en God en moet nie ligterlik opgeneem word nie. Om te vas is nie om God se arm te draai nie, maar om God se aangesig soek. Dit is ‘n eerbiedige saak tussen jou en God en gaan gepaard met gebed.

Hand 13:2&3 En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas….

Hand 14:23 ….na gebed en vas, opgedra aan die Here in wie hulle geglo het.

Ons sien dus dat gebed en vas saam gaan, en na gebed en vas, het hulle die saak aan die Here opgedra.


Hoekom moet ons vas?

2Sam 12:16 Dawid het die aangesig van God gesoek en gevas….

Jes 58:6  :dat julle losmaak die bande van goddeloosheid, dat julle afhaal die stroppe van die juk en vry laat weggaan die verdruktes en elke juk stukkend breek”.

Vers 8 As julle vas : Dan sal jou lig deurbreek soos die dageraad en jou genesing skielik uitspruit, en jou geregtigheid van die Here jou agterhoede wees, (9) dan sal jy roep, en die Here sal antwoord, jy sal skreeu om hulp en Hy sal se “ Hier is Ek!
.
Om iemand te bevry van demoniese magte. Jesus se Mat 17:15-21 vers 21 “Maar hierdie geslag gaan nie uit nie, behalwe deur gebed en vas nie”

Mat 9:15 Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van julle weggeneem sal word, en dan sal hulle vas.

2 Sam 16:22 Toe die kind nog in die lewe was het ek gevas en geween, want ek het gedink, wie weet, die Here kan my genadig wees, sodat die kind in die lewe kan bly.

Ons vas dus vir die volgende dinge/redes:

  • Iemand wat duiwelbesete is
  • Wanneer ons treur
  • Wanneer ons die Here dien en hande ople
  • Wanneer ons die Heilige Gees vra vir antwoorde
  • Wanneer ons onregverdig gevange gehou word deur satan
  • Wanneer ons verdruk word
  • Wanneer ons ‘n probleem opgelos wil he.
  • Wanneer ons vir siek/sterwende mense bid (soos Sameul)

Hoe moet ons vas?

Mat 6:17&18 Maar jy, as jy vas, salf jou hoof en was jou gesig, sodat mense nie sien jy vas nie, maar God jou Vader dit sien en Hy sal jou in die openbaar vergelde!

Sag 8:19 vas moet ‘n vreugde en blydskap wees

Mat 6:16 En wanneer julle vas, moenie lang gesigte trek soos die geveinsdes nie, want hulle mismaak hulle gesigte sodat dit deur die mens gesien kan word dat hulle vas. Voorwaar Ek se vir julle hulle het hulle loon weg.

Hoe lank moet ons was?

Daar is verskillende maniere van vas.

Jy kan ‘n droe vas doen waar jy niks oor jou lippe laat gaan nie, nie kos of water nie soos Ester vir 3dae lank.

Jy kan vas sonder om te eet, maar jy mag iets drink (nie sop nie, dit is kos) Jy kan dit doen vir solank jy voel jy moet dit doen.

Jy kan vir 40dae vas soos Jesus gedoen het.

As jy op kroniese medikasie is kan jy van 6h00 tot 18h00 bedags vas sodat jy kan eet om medikasie te neem.

Alhoewel die Woord vir ons baie verskillende maniere van vas gee, voel ek dat omdat vas ‘n persoonlike aangeleentheid is tussen jou en God, jy self kan besluit hoe jy gaan vas, party mense gee iets op vir God oor ‘n lang tydperk, soos byvoorbeeld om nie brood te eet vir 21 dae nie, ek persoonlik verkies dat wanneer mens vas, jy glad nie moet eet nie, maar wel vloeistowwe kan inneem soos water en tee.

Sunday 4 November 2012

Wat is ‘n engel en wat is hulle doel?


‘n Engel is ‘n lewende gees met ‘n persoonlikheid, hulle is intelligent, het emosies en ‘n eie wil. Hulle het nie fisiese liggame nie maar hulle kan manifesteer in ‘n vorm van ‘n liggaam. (Dan 10:16,18)  
Hulle het baie mag maar is nie almagtig nie. Hulle is baie maar nie eindeloos baie nie, en hulle hoof doel is om vir God te werk.

Heb 1:14 Is hulle (engele) nie almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ten wille van die wat die saligheid sal beerwe nie?

Engele is aangestel in die hemel net hoer as die mens. Heb 2:7 U het hom (mens) weinig minder as die engele gemaak, met heerlikheid en eer het U hom bekroon en hom oor die werke van U hande aangestel.

Alle engele het name maar net 3 word in die Bybel genoem, Lusifer wat beteken “draer van lig” Migael wat beteken “wat soos God is” en Gabriel “man van God”.
Verder word hulle genoem, seuns van God (Job38:7) hemelinge (Ps29:1) ‘n bode (van God), (Dan 4:13), vernaamste vors (Dan10:13) heiliges (Matt 25:31) more ster (Job 38:7) lewende wesens (Open 4:7&8) uitverkore engele (1Tim5:21), en kragdadige helde.

Engele is almal mans, kragtige vorste, nie vrouens en kinders nie. Hulle is baie intelligent, maar hulle weet nie alles nie, Jesus se (Matt 24:36) nie eens die engele weet als nie, net My Vader weet alles en Petrus se (1 Pet 1:12) die engele leer by die Heilige Gees.

Wat is die doel van engele in ons lewens?

1. Hulle word opdrag gegee deur God om ons te bewaar en te help.

Ps 91:11&12 want Hy sal Sy engele aangaande jou beveel om jou te bewaar op al jou wee. Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip sal stamp nie.

2. Ons sien in die Bybel dat engele jou na jou dood na die hemel vat. Luk 16:22  En toe die bedelaar (Lasarus) sterf, is hy deur die engele weggedra na die boesem van Abraham. Ons sien in hierdie verhaal dat die rykman na die hel gegaan het, vir Abraham en die bedelaar gesien het, maar ons lees nie dat engele hom hel toe gevat het nie. Vers 23 En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. En toe hy in die doderyk sy oe ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem.

3. Ons lees die storie van Petrus in Handelinge 12 waar die engel hom gehelp het om uit die tronk te ontsnap. Deur hierdie verhaal sien ons dus ook dat die engel in mens-vorm aan hom verskyn het, vers 11 Toe kom Petrus tot homself en se: “Nou weet ek waarlik dat die Here sy engel gestuur het en my gered het uit die hand van Herodes en uit al die verwagtinge van die Joodse volk”.

4. Ons sien dat hulle vir ons boodskappe van God bring. Luk 1:26&27 En in die 6de maand in die engel Gabriel deur God gestuur na ‘n stad Galelia met die naam van Nasaret, ‘n maagd wat verloof was aan ‘n man met die naam van Josef, uit die huis van Dawid, en die naam van die maagd was Maria (28) en die engel het by haar binnegekom en gese “Wees gegroet, genadigde! Die Here is met jou, geseend is jy onder die vroue”.

Kan ons vir engele bid en mag ons hulle aanbid?

Nee, in 1Tim 2:5 lees ons daar is net een middellaar tussen ons en God en dit is Jesus! In Openbaring 22:8&9 Sien ons dat Johannes ‘n engel gesien het en neergeval het en die engel het hom opdrag gegee om dit nie te doen nie vers 9 Toe se hy vir my:”Moenie! Want ek is ‘n mededienskneg van jou en van jou broeders, die profete en van hule wat die woorde van hierdie boek bewaar. Aanbid God!”

Ons mag bid en vir God vra om Sy engele opdrag te gee om vir ons iets te doen, maar ons mag nie direk vir engele bid, soos sekere gelowe doen nie.

Het ons almal bewaar-engele? (Guardian angels)?

Die Woord se dat alle kinders engele het. Matt 18:10 Jesus se: “Pasop dat julle nie een van hierdie kleintjies verag nie, want Ek se vir julle dat hulle engele in die hemele altyd die aangesig sien van My Vader wat in die hemele is”.

Maar verder se die Bybel nie dat elkeen ‘n engel het nie, maar wel dat gelowiges en mense wat gered is engele het. Ps 34:8 Die engel van die Here trek ‘n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit.

Kyk na die bogenoemde verhale en sien dat by elke verhaal word genoem dat die persoon ‘n geredde persoon was, of geseende van God, of gelowige.

Lasarus die bedelaar was ‘n gelowige, Maria was ‘n geseende en Johannes was die doper. Maar ons sien ook dat nie almal in diens was van die Here nie, Lasarus was ‘n bedelaar, Maria was ‘n vrou wat geglo het, maar sy het nie evangelie verkondig of werk vir die Here gedoen nie, sy en Lasarus was net gelowiges, Petrus en Johannes was wel in diens van die Here.
Alhoewel mense glo dat ons almal ‘n engel het wat ons bewaar, kon ek nie in die Woord ‘n vers vind wat voorstel dat elke persoon ‘n bewaar-engel het nie. As iemand van so vers weet, sal ek dit waardeur as jy dit aan my kan uitwys. Ek het wel verse gekry wat voorstel dat net gelowiges en gereddes engele het.

Heb 1:14 Is hulle nie almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beerwe nie?

Ps 34:8 Die engel van die Here trek ‘n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit.

Open 22: 9 Moenie! Want ek is ‘n mededienskneg van jou en van jou broeders, die profete en van hule wat die woorde van hierdie boek bewaar. Aanbid God!

Kan ons vandag nog engele sien en het engele vlerke?.

As ons kyk wat se die Woord het net die dienende engele in die hemel vlerke. Die engele wat aan mense in die Woord verskyn het, het soos mense gelyk en het dus nie vlerke gehad nie.

Kan ons vandag engele sien. Die Woord se Heb 13:2 Vergeet die gasvryheid nie, want daardeur het sommige, sonder om dit te weet, engele as gaste geherberg. Dus kon of kan ons vandag engele sien sonder dat ons daarvan bewus is.

Jesus Groete
Belinda

Indien jy geestelike berading of gebed benodig kontak my belindapaar@gmail.com

Enhanced by Zemanta

Sunday 28 October 2012

Hoekom antwoord God soms nie ons gebede nie?



Ek word baie keer die vraag gevra oor hoekom God mense nie antwoord wanneer hulle bid nie, bid ons verkeerd? En as ons verkeerd bid, wat is dan die regte manier van bid? Ons beste Leermeerste oor gebed in die Woord is Jesus kom ons kyk wat se Hy.


Ons lees in die Bybel dat Jesus se julle ontvang nie, omdat julle nie genoeg geloof het nie (Matt 17.20).

Verder se Hy (Matt 21:21-22) Voorwaar Ek se vir julle, as julle geloof het en nie twyfel nie…..(22) En alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo.

In Mark Lees ons ook dat Jesus se vra, glo jy het ontvang en jy sal ontvang. Maar is geloof al wat ons nodig het om ons gebede verhoor te kry? Nee, ons kyk na ‘n paar verse in die Woord wat ons leer hoe om reg te bid.

Jesus se in Joh 16:23-34 Voorwaar, voorwaar Ek se vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in My Naam sal Hy julle gee. Tot nou toe het julle niks in My Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.

Joh 14:6 Niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

In Mark 11:23-26 Leer Jesus ons dat ons dat ons sal ontvang as ons geen twyfel in ons hart het nie, maar gaan dan verder in vers 25 en se En wanneer julle staan en bid, vergewe as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle oortredinge kan vergewe, en dan kom die waarskuwing in vers 26 Maar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die hemele is, ook julle oortreding nie vergewe nie.

1 Thess 5:17 se Paulus “Bid sonder ophou” in Fil 4:6 Bid met “smeking en danksegging”.

Hand 13:2&3 En terwyl hulle besig was om die Here te dien, en te vas het die Heilige Gees….vers 3 En toe hulle gevas en gebid het

Ek sal later ‘n blog doen oor vas, maar vir nou wil ek net noem hoekom ons moet vas en bid. Nie elke gebed het vas nodig nie, en ons vas nie om God se arm te draai nie, maar om ernstige gebede verhoor te kry en om die juk te breek, maar ek sal terug kom oor hoekom ons moet vas.

Jes 58:6 Sodat die wat onregverdig gevange gehou word kan bevry word, om die juk wat op mense geduk word, af te haal, om verdruktes vry te maak, en elke juk te breek.

Ons sien dus dat die belangrikste punte vir gebed is dat ons moet:
  • Glo en bid in geloof, sonder twyfel,
  • Dat ons in Jesus Naam moet vra,
  • Dat ons ander moet vergewe, sodat ons ook vergewe kan word voor ons bid,
  • Dat ons met danksegging moet bid,
  • Asook sonder ophou.
  • In sommige gevalle moet ons vas om ons gebed verhoor te kry.

Maar ten spyte van al die bogenoemde punte, het God jou gebed nogsteeds nie verhoor nie, doen ek iets verkeerd? Nee soms antwoord God ons nie vir ander redes, kom ons kyk wat se die Woord.

Ons moet bid sonder ophou, Paulus se ook bid totdat jou vreugde groot is, Jesus se bid sodat jou blydskap volkome kan wees, bid en jy sal ontvang, soek en jy sal vind, klop en vir jou sal oopgemaak word (Luk 11:10) dus sien ons dat ons moet aanhou bid, moet soek, moet aanhou klop (aan hemel se deure), deur hierdie verse sien ons dat God nie altyd onmiddelik vir jou gee wat jy vra nie, maar ons lees ook in die Bybel dat God dadelik jou gebed verhoor wanneer jy bid, so weerspreek die Woord homself? Nee beslis nie! God het Sy eie tyd waarop hy ons help en antwoord. God antwoord dalk nie dadelik nie, want Hy wil sien dat jy volhard in jou geloof.

Verder sal God jou nie antwoord as jy teen Sy Wil bid nie. As die Woord ons leer ons mag nie dobbel nie, kan jy nie bid om die lotto te wen nie, dit is teenstrydig met Sy Woord en God sal NOOIT teen Sy eie Woord draai nie. So bid in God se Wil en Woord.

Soms gee God nie vir ons wat ons vra nie, omdat die tyd nie reg is nie, en soms kry ons nie wat ons vra nie, omdat God verheerlik wil word in dit wat gebeur, en soms omdat dit God se Wil is vir God se rede. Byvoorbeeld, Jesus het gebid, gevra en nie ontvang nie.

Matt 26:39 “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verby gaan, nogsteeds nie soos Ek wil nie, maar soos U wil” en ‘n paar uur later was Jesus aan die kruis vas gespyker.
God sien die grooter prentjie, Hy weet beter, Hy het ‘n doel en ‘n plan! Jesus is Sy eie seun en Hy het sy gebed nie verhoor nie, omdat Hy miljoene mense gered het deur NIE Jesus se gebed te verhoor nie.

Soms wil God he jy moet iets leer uit jou situasie uit, en eers wanneer jy die les geleer het, sal Hy jou gebed verhoor, so wannneer jy voel jy bid en niks gebeur nie, vra Hom of daar iets is wat jy moet leer, en wees geduldig, moenie moed opgee nie, hou vas aan jou geloof, vertrou dat God beter weet as jy, en dat Sy wil besig is om te geskied en nie joune nie. Is dit moeilik? Ja beslis in sommige gevalle raak ons kwaad en verstaan nie hoekom Hy ons nie antwoord of help nie, maar hoeveel keer het jy terug gekyk en gesien dat die tydsberekening perfek was, dat jy eder dankbaar is dat jou gebed verhoor is toe dit was, want as dit op ‘n ander tyd was, was dit ongelee. Ek het dit beslis al baie in my eie lewe gesien. Onthou dat God jou beste belange op die hart dra, dat Hy beter weet as jy, die grooter prentjie sien, en nogsteeds liewer vir jou is as wat jou verstand kan verstaan, so Hy wil en sal ‘n oplossing bring, of sake verander, of antwoorde gee wanneer Hy Sy wil laat geskied.

Sterkte en Jesus seen.

Indien jy geestelike berading of gebed nodig het, kontak my by belindapaar@gmail.com

Thursday 11 October 2012

Huweliksprobleme? Wat se die Bybel? Deel 2


 

Baie mense in ‘n huwelik besluit om ‘n “breek” te vat van mekaar, en een van die partye trek uit vir ‘n rukkie of gaan alleen weg met vakansie om net weer te “re-focus”. Hierdie is die geleendheid waarvoor satan wag! Die huwelik is ‘n ooreenkoms wat julle aangegaan het voor God om deur siekte en gesondheid, deur goeie en moeilike tye saam te staan, hoe kan mens saam staan as die twee partye nie bymekaar is nie?

 

Volgens die Bybel mag man en vrou net van mekaar geskei word wanneer hulle geestelike alleen tyd nodig het. God se dat man en vrou mekaar seksueel moet aanvul en mekaar moet geniet. Dit is in hierdie tyd van “breek vat” wat satan dan al sy  trawante uitstuur en een van die twee partye aanval om sonde te pleeg. Ek se nie dat elke persoon wat alleen weggaan die ander persoon gaan verneek nie, maar wat ek wel se is dat die geestes-realm dan begin rondspring om ‘n permanente “breek” in die huwelik te sit. Hoekom? Want God het gese jy mag net vir geestelike redes van mekaar weggaan en wanneer julle terug kom moet julle mekaar weer seksueel vervul. So die stres wat satan op een van die twee partye gaan sit is seksuele stress. Onthou satan doen die teenoorgestelde van alles wat God se, Hy is God se vyand en so ook joune!

 

 Lees 1 Kor 7:1-40 dit gaan oor die huwelik, ek konsentreer hier op die volgende 2 verse. 1Kor 7:4&5 Die vrou het nie mag oor haar eie liggaam nie, maar die man, en net so ook het die man nie mag oor sy eie liggaam nie, maar die vrou. (5) Ontrek julle nie aan mekaar nie, behalwe met wedersydse ooreenstemming vir ‘n tyd lank om julle aan vas en gebed te kan wy, en kom weer bymekaar, sodat die satan julle nie in versoeking bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie

 

Mens is so geneig om net op die negatiewe van mens se lewe te sit en kla, tog se die Bybel dat ons altyd dankbaar moet wees vir wat ons het, want alles wat ons ontvang is nie uit verdienste nie, maar uit genade van God.

 

Fil 4:6 Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.

 

Begin om na die redes te kyk hoekom julle verlief geraak het, kyk na die goeie einskappe van jou huweliksmaat in pleks van die slegte, want glo my as jy so ver gegaan het om te skei gaan jy net die goeie onthou en nie die slegte nie, hoekom moet mens eers skei voordat jy dit kan raak sien? In Gen 2:18 lees ons dat dit nie goed is vir ‘n man om alleen te wees nie, daarom het God vir hom ‘n maat gemaak. Dus was ‘n vrou gemaak vir God se rede….om goed te wees vir die man!

In Spr 18:22 Lees ons dat wanneer ‘n man ‘n vrou vind, hy iets goed gevind het, en ‘n welgevalle (guns) van die Here.

Spr 12:4 ‘n Deugsame vrou is die kroon van haar man.

Spr 31:28-31 Die man prys sy vrou in 1 Pet 3:7 Die man moet sy vrou eer.

 

Ons leer oral in die Bybel hoe die man en vrou met mekaar moet wees, en tog is ons vinnig om mekaar sleg te se, tog het God man en vrou vir mekaar geskape, gese wees lief, respekteer, se dankie, prys, waardeer mekaar, daarom moet ons meer gee as om te wil ontvang, terug sit en positiewe dinge in mekaar soek, eder as mekaar te kritiseer en sleg se.

 

As ons ‘n God geseende huwelik wil he moet ons gaan leer by die Leermeester. God het vir ons al die riglyne vir die huwelik in die Bybel gesit. Ons lees en leer dat jy nie kwaad vir kwaad moet vergeld nie, dat ons mens moet vergewe, respekteer, die ander wang moet draai, as jou vyand kwaad teen jou doen, doen iets goed terug, moenie wraak neem nie, word versoen met jou vyand, moenie oordeel nie ens, hoeveel te meer moet ons dit nie in ons huwelik doen nie?

 

Jak 1:19 So dan, my geliefde broeders, elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat en stadig om troonig (kwaad) te word, maak hierdie die tema van jou huwelik. Dit is so belangrik in die huwelik om te kommunikeer, moenie sake wat jou ongelukkig maak los nie, bespreek dit sonder om aan te val, sonder om kwaad te wees, wees kalm. Ek se altyd Hitler het met geweld en kwaad regeer, en sy leer bestaan nie meer vandag nie, Jesus het met liefde regeer en Hy bestaan vandag nog, laat ons uit dit leer, die Woord leer ons tog 1Kor 13 die liefde verdra alles, is nie opgeblase nie, soek nie sy eie belange nie ens.

 

As jy probleme het in jou huwelik, van die Handboek van die Lewe en maak reg wat verkeerd is. Jou huwelik dra die seen van God, as dit nie reg is nie, is dit nie God wat blameer moet word nie. Soek die wortel probleem en raak ontslae daarvan en gaan aan met jou God geseende huwelik.

 

Ten slotte. Satanistiese kerke bid in September maand vir huwelike om op te breek. Sny elke dag van jou lewe vloek af wat oor jou huwelik uitgespreek word. Ek het dit ‘n gewoonte gemaak om elke oggend te bid en te se “Ek sny af elke vloek wat oor my en my familie uitgespreek mag gewees het, op aarde en in die geestes realm, en vra dat U dit sal omdraai in ‘n seen, so sny ek ook af elke vloek wat ek kon uitgespreek het oor ander en vra dat U dit ook sal omdraai in ‘n seen, in die Heilige Naam van Jesus. Hoekom het ek dit aangeleer, omdat ons daagliks vloeke oor mekaar en onsself uitspreek. Hoeveel keer het jy al gehoor mense se, my huwelik gaan nie werk nie, ek is gebore om swaar te kry, my kinders is die stoutste kinders op aarde ens….weereens se die Woord, wat jy uitspreek sal waar word want die tong is skerper as ‘n twee-lem swaard. Leer aan om goedgunstigheid uit te spreek oor jou huwelik, kinders en lewe. Wanneer iets verkeerd gaan in my lewe, se ek sommer hardop “net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe (Ps23) en alhoewel iets verkeerd gegaan het, het ek dit klaar weer omgedraai in ‘n goedgunstige situasie. Ons Pastoor se weer elke keer as iets verkeerd gaan “Prys die Here”, hoekom doen hy dit? Want onmiddelik sit Hy die Here in beheer van die slegte situasie, en weet hy dat iets goed daarvan sal kom.

 

Onthou satan is hier om ons te pootjie en teen God te draai, wanneer ons in slegte situasies, God of Jesus in beheer sit daarvan, moet satan maar die aftog blaas. Aan die einde van die dag is ons kinders van God, en wil Hy ons beskerm meer as jou aardse vader, maar dan moet ons Hom beheer gee van ons lewens, moet ons Hom die eer gee dat ons vertrou dat Hy die grooter prentjie kan sien, en dat Hy sal doen wat goed is vir ons, en onthou wanneer God jou nie onmiddelik help nie, beteken dit nie dat Hy jou nie WIL help nie, Hy wag net vir die regte tyd om jou te help, en sy tyd is altyd beter as ons tyd. Wees geduldig en wag op die Here.

 

My gebed is dat elke huwelik weer op nuut geseen sal word deur ons Hemelse Vader, in Jesus Naam

Amen

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...