Sunday 14 February 2016

God is Alwetend!

Image result for god knows everything

Rom 11:33 O, Diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is Sy oordeel en onnaspeurlik sy weë.

Ps 139:1-7
Here, U deurgrond en ken my 
(2) U ken my sit en my opstaan, U verstaan van ver my gedagtes 
(3) U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend 
(4) Want daar is nog geen woord op my tong nie – of U Here, U ken dit geheel en al
(5) U sluit my in van agter en van voor, en U lê U hande op my 
(6) Om dit te begryp, is te wonderbaar vir my, te hoog, ek kan daar nie by nie. 
(7) Waar sou ek heengaan van U Gees en waarheen vlug van U aangesig?

Ons kan ons sondes en oortedinge nie van God wegsteek nie, Hy ken ons geheel en al en sien ons oral waar ons is, wat ons doen wat ons dink wat ons gaan doen of sê. Ons kan NIKS van God wegsteek nie.

Gebed:

Dankie Vader dat U al my weë ken en dat ek niks vir U kan wegsteek nie, dankie dat U my swakhede ken, help my om my gemoed te verander sodat ek U volmaakte wil in my lewe kan sien.
In Jesus Naam
Amen

 Indien jy geestelike hulp of gebed benodig, kontak my belindapaar@gmail.com














God is Alomteenwoordig.

Image result for god is almagtig

God is oral op een slag, God is nie gebonde aan area nie. Satan is nie alomteenwoordig nie, hy kan nie oral wees op dieselfde tyd en plek soos God nie.

Jer 32: 19 Groot van raad en magtig van daad, wie se oë oop is oor al die weë van die mensekinders om aan alkeen te gee volgens sy weë en die vrug van sy handelinge.

Jes 6.3 En die een het die ander toegeroep en gesê Heilig, Heilig,Heilig is die Here van die leërskare. Die hele aarde is van Sy heerlikheid vol.

Jer 23: 24 Sou iemand hom in skuilplekke kan wegsteek dat Ek hom nie sien nie? Spreek die Here. Vervul Ek nie die hemel en die aarde nie? Spreek die Here.

Gebed:

Dankie God, ons Vader, dat U alomteenwoordig is, en dat U ook by my is, laat U Gees my oprig en leer om altyd rein voor U te kan staan en dat ek nooit vir U ‘n aanstoot sal wees nie.
In Jesus Naam
Amen

Indien jy geestelike hulp of gebed benodig, kontak my belindapaar@gmail.com











God is Almagtig!

Image result for god is almagtig
Daar is twee dinge wat God nie kan doen nie. God kan nie sondig nie, Hy verstaan nie sonde nie!

God kan ook nie teen jou vryewil gaan nie. God sal aanhou om jou te roep omdat Hy jou liefhet met ‘n Ewige Liefde, ‘n liefde wat ons nie kan verstaan nie, want God se Liefde is nie vir mense verstaanbaar nie, dit is te groot, te heilig, te ewig, ons begryp net ‘n gedeelte van God se liefde, dit gaan nogsteed jou keuse wees of jy God gaan dien of vasgevang gaan wees in die vyand se leuens en kamp.

Gen 17:1 Toe Abram nege-en negenig was jaar oud was, het die Here aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is God, die Almagtige, wandel voor My aangesig, dan sal jy opreg wees.

Job 42:2 Ek weet dat U alles kan doen en geen plan vir U onuitvoerbaar is nie.

Open 15:3 En hulle (die engele) het die lied gesing van Moses, die dienskneg van God, en die lied van die Lam en gesê  “Groot en wonderlik is U werke, Here God, Almagtige, regverdig en waaragtig is U wëe, O Koning van die heiliges!”

Ons sien uit die verse, dat God self sê dat Hy die Almagtige God is, en dat ook die engele sê dat God die Almagtige God is, Regverdige en Waaragtige Koning!

Gebed:

Dankie Vader, God dat U ons Almagtige God is wat oor alles heers en in beheer van alles is wanneer ons U kinders is, help ons in gereghigheid met U te kan lewe.

In Jesus Naam
Amen

Indien jy geestelike hulp of gebed benodig, kontak my belindapaar@gmail.com







God is Heilig!

Image result for god is heilig
Heilig is te goot om te verduidelik of om te verstaan.

Heilig beteken geen boosheid, geen sonde, verstaan nie sonde, verdra nie sonde, volmaak, Allerheiligste, aan ‘n godheid gewy, hoog verhewe, wat eerbied afdwing, wat aan die hoogste eise beantwoord, onbreekbaar, onskendbaar, vereer, vroom, rein, opreg, ernstig, getrou!

As ons na die bogenoemde beskrywende woorde van die woord “Heilig” kyk…kan ons nie anders om God te sien nie! God is Heilige!!

God se heiligheid kan ons menslike intelek nie verstaan nie, daarom kan ons God ook nie sien nie, want Hy is te heilig! Al die kere wat God aan mense verskyn het in die Woord het Hy aan hulle verskyn in die vorm van iets anders soos die brandende bos, waar Hy aan Moses verskyn het, en selfs met die bos kon Moses nie vir die bos kyk nie want dit was te heilig!

As God Heilig is, is dit verkeerd om na Hom te verwys as "jy" en "jou"! God is U...In die Woord verwys Jesus na God as U en God na Jesus as U, sowel as die Engele en die dissipels van Jesus. Wie gee ons as mens dan die reg om na God te verwys as "jy" en "jou?

Hierdie is my persoonlike opinie! 

Vir my is God nie Pappie, Pappa of Daddy nie! Hy is God die Vader, of God my Vader, of God Almagtige Vader, of God onse Vader. En nooit in my lewe kan ek verstaan dat mense na God verwys as "die man daar bo" of "iemand daar bo" of die "groot baas" nie, dit is onsettend hard op my ore wanneer mense so na God verwys.

God is Heilig, Almagtige God! Alhoewel God, God van Liefde is, kan Hy net so kwaad ook raak, ek dink die bogenoemde benamings van God is onrespekvol teenoor God, ek sien dit as "jy beledig God" om so van Hom te praat.

Om Godsvresend te wees beteken om Hom met absolute respek te handteer. Ons kan nie Ons Heilige God na ons vlak bring nie, ek dink dit is 'n klap in Sy gesig....dit is net hoe ek dit sien. As mens God as Heilig wil sien en eerbied, moet ons Hom eerbieding benader.

Jes 6.3 En die een het die ander toegeroep en gesê Heilig, Heilig,Heilig is die Here van die leërskare. Die hele aarde is van Sy heerlikheid vol.

Ps 89:36 Een maal het Ek gesweer, by My Heiligheid: Waarlik, Ek sal vir Dawid nie lieg nie!

1Pet 1:15 & 16 Want soos Hy wat julle geroep het, Heilig is, moet julle ook in julle lewenswandel heilig word (16) omdat daar geskrywe is” Wees heilig, want Ek is Heilig”!

Lev 11: 44 Want Ek is die Here, julle God: Toon dan dat julle heilig is en wees heilig, want Ek is Heilig, daarom verontreinig julle self nie deur enige ongedierte war op die aarde kruip nie.

Gebed:

Heilige God van Hemel en aarde, help my om na heiligmaking te strewe, die Heilige Gees is welkom in my lewe om my te rig en te leer hoe om heilig te wees.

Dankie dat ek as sondaar kon sterwe deur my wedergeboorte en dankie dat ek U Gees ontvang het om my te herinner aan onheilighede en onbelyde sonde.

In Jesus Naam
Amen

Indien jy geestelike hulp of gebed benodig, kontak my belindapaar@gmail.com




God is Liefde


Image result for god is liefde
God kan nie liefde gee nie, want God is Liefde….as ons bid en vra “God gee my U liefde”, vra ons eintlik “God gee Uself vir my”. Hoe mooi is dit nie om dit van God te vra nie? Om Homself vir ons te gee, sodat ons soos Hy kan liefhê!

Daar is baie verse in die Woord wat vir ons vertel dat God liefde is, maar die mooiste en bekendste gedeelte in die Woord wat ons vertel hoe God ‘n God van Liefde is, is in 1 Kor 13.

Kom ons lees saam en sien God se Liefde!



1 KOR 13:1  Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek 'n klinkende metaal of 'n luidende simbaal geword.

1 KOR 13:2  En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie.

1 KOR 13:3  En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie.

1 KOR 13:4  Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie,

1 KOR 13:5  handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie,

1 KOR 13:6  is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid.

1 KOR 13:7  Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.

1 KOR 13:8  Die liefde vergaan nimmermeer; maar profesieë--hulle sal tot niet gaan; of tale--hulle sal ophou; of kennis--dit sal tot niet gaan.

1 KOR 13:9  Want ons ken ten dele en ons profeteer ten dele.

1 KOR 13:10  Maar as die volmaakte gekom het, dan sal wat ten dele is, tot niet gaan.

1 KOR 13:11  Toe ek 'n kind was, het ek gepraat soos 'n kind, gedink soos 'n kind, geredeneer soos 'n kind; maar nou dat ek 'n man is, het ek die dinge van 'n kind afgelê.

1 KOR 13:12  Want nou sien ons deur 'n spieël in 'n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.

1 KOR 13:13  En nou bly geloof, hoop, liefde--hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.

Gebed:

Dankie Vader, dat U God van Liefde is, leer my om soos U lieftehê, vul my met U sodat ek ook liefde kan verstaan soos U Liefde is!
In Jesus Naam
Amen

Indien jy geestelike hulp of gebed benodig, kontak my belindapaar@gmail.com

God is Onveranderbaar!



Image result for God is altyd dieselfde

Baie mense se dat die Bybel geskryf is vir die mense in die tyd van die Bybel. 

Dit is onwaar die Woord van het nog nooit verander nie, en sal ook nooit verander nie. God se gedagtes aangaande ons is en bly dieselfde as wat dit was in die Bybel se tyd.

Heb 1:10 -12 En U o Heer het in die begin die aarde gegrondves en die hemele is werke van u hande. (11) Hulle sal vergaan, maar U bly, en hulle sal almal soos n kleet versyt, (12) en soos ‘n mantel sal U hulle toerol, en hulle sal verander word, maar U is dieselfde, en U jare het geen einde nie.


Ps 102: 28 Maar U bly dieselfde, en U jare het geen einde nie.

Ps 33:11 Die raad van die Here bestaan vir ewig, die gedagtes van Sy hart van geslag tot geslag.

Ps 89:35 Ek sal My verbond nie ontheilig nie, en wat oor My lippe gegaan het, sal Ek nie verander nie!


Lees ook Mal 3.6 Num 23.19 Jes 46:9-11

Ons is nogsteeds Sy kinders deur bekering en wedergeboorte, ons moet nogsteeds by Sy Woord en riglyne hou.

God het nie tyd nie, word nie oud nie, verander nie, breek nie Sy Woord nie, God is Perfek!

Gebed:

Dankie Vader dat U nooit verander het nie, en dat ek vandag nog aan U beloftes van U Woord kan vashou. Help my om weg te draai van sonde en rein voor U te kan staan.
In Jesus Naam
Amen

Indien jy geestelike hulp of gebed benodig, kontak my belindapaar@gmail.com












Tuesday 9 February 2016

God is selfonderhoudend


Image result for All the animals together like in the garden of eden


God het niks nodig nie omdat Hy die Skepper en Eienaar van alles is.

 Ps 50: 9-12 Ek hoef uit jou huis geen stier te neem of bokke uit jou kraal nie, want al die wilde diere van die bos is Myne, die vee op die berge by die duisende. Ek ken al die voëls van die berge, en wat roer op die veld, is van My. As Ek honger het, sal Ek jou dit nie sê nie, want die wêreld is Myne en sy volheid.

Hand 17:25 Ook word Hy nie deur mensehande gedien, asof Hy aan iets behoefte het nie, Omdat Hy self aan almal lewe en asem en alles gee.

Gen 1:1 In die begin het God die hemel en die aarde geskape.

Lees ook Ps 139 en sien dat God alles gemaak het en dat alles aan Hom behoort, tot die mens!

God het niks van ons nodig nie, behalwe dat ons Hom moet erken as God, dat ons Sy Seun Jesus moet aanneem as ons Verlosser en Saligmaker, en dat ons moet glo dat die Heilige Gees, Sy Gees is wat Hy vir ons gestuur het.

Al wat God van ons vra is dat ons Sy Skrif op ons harte moet skryf en gehoorsaam moet wees aan Sy Woord en om 'n verhouding met Hom te hê. Net soos 'n aardse vader met sy kind, soveel meer wil God 'n Vader-figuur vir jou wees.

Baie mense sê dit is nie so maklik nie, maar dit is verkeerd, as jy Jesus aangeneem het as jou Verlosser en Saligmaker en jy is Wedergebore is jy 'n nuwe skepsel en sal jy nie wil sondig nie want God se Gees wat binne jou woon gaan jou daaraan herinner dat sonde, sonde is.

Dit gaan nog jou keuse wees of jy gaan wil sondig of nie, maar met Wedergeboorte word jy een met Jesus en skei mens van jou sondige vlees en begin in gees lewe, en hoe meer jy geestelik groei hoe minder wil jy sondig, hoe meer wil jy God behaag en weg beweeg van sonde, hoe meer wil jy streef na heiligmaking. Dan begin jy om 'n verhouding met God te ontwikkel.

Niemand van ons sal ooit sondevry wees nie, en God weet dit, daarom het Hy Jesus gestuur om vir ons 'n Middelaar te word tussen ons en God en wanneer ons opreg vergifnis vra vir ons sonde sal God dit van jou wegneem asof dit nog nooit gebeur het nie.

Gebed:

Dankie Vader dat U my so liefhet dat U, U Enigegebore Seun Jesus vir my laat sterf het, sodat ek vandag kan lewe in oorvloed. Laat U Gees my leer wat reg en verkeerd is.

In Jesus Naam
Amen

Indien iemand geestelike berading of gebed benodig, kontak my op belindapaar@g.mail.com
Jesus sëen




Wie is God en waar kom Hy vandaan?

Image result for god


God is ewig, Hy was, is en sal altyd daar wees. God Drie Eenheid was daar voor die aardlegging. God was nog altyd net daar! Hy is nie gebore nie, hy is nie geskep nie, Hy was en is en sal altyd wees! God is nie ‘n mens nie, maar kan die vorm van ‘n mens aanneem.

God is ‘n Gees-wese. Daarom kan God oral wees op dieselfde tyd. Hy is Alomteenwoordig, Hy is nie gebonde aan area of tyd nie.
God is selfonderhoudend! God het niks nodig nie want alles behoort aan God. God is die Eienaar van alles en die Skepper van alles.
God is onveranderbaar, Hy word nie oud nie, is nie in tyd vasgevang nie. God is Perfek.
God is Alwetend, Hy sien alles, weet alles, ons kan niks vir God wegsteek nie.
God is Almagtig! Daar is NIKS wat God nie kan doen nie, Hy het mag oor alles.
God is Heilig, God kan nie sondig nie. God het geen sleg in Hom nie.
God is Liefde. God kan nie liefde gee nie want God IS Liefde.
God is die Skepper. God het alles gemaak.
God is Die Vader, ons Vader!

Ek gaan elkeen van die bogenoemde uitwys op sy eie inskrywing, maar vir hierdie een kyk ons na die Woord om te sien of God Ewig is.

God is ewig!
1Tim 1:17 Aan die Koning van die eeue, die onverderflike, onsienlike, alleenwyse God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid!

Ps 90: 2 Voordat die berge gebore was en U die aarde en die wêreld voortgebring het, ja van ewigheid tot ewigheid is U God!

Jes 43:10-12 Julle is My getuie, spreek die Here, en My kneg wat Ek uitverkies het, sodat julle kan weet en My kan glo en insien dat dit Ek is – voor My is geen God geformeer nie, en na My sal daar geeneen wees nie.
(11) Ek, Ek is die Here, en daar is geen Heiland buiten My nie.
(12)Ek verkondig en verlos en dit laat hoor, en daar was geen ander god onder julle nie, en julle is My getuies, spreek die Here, en Ek is God.

Gen 21:33 En hy het ‘n tamarisk in Berseba geplant, en daar die Naam van die Here, die ewige God aangeroep.

Ex 3:14-15 En God sê vir Moses "Ek is wat Ek is". Ook sê Hy " So moet jy die kinders van Israel antwoord: " EK IS het my my na julle gestuur". 
(15) (verkort) ... "Dit is My Naam vir Ewig, en dit is My Gedenknaam van geslag tot geslag".

Hoe weet ons dat God daar is behalwe dat die Bybel so sê?

God openbaar Homself aan ons, deur met ons te praat, ons ervaar God deur geloof, deur Sy Woord asook deur Jesus wat God aan ons kom openbaar het, en deur die Heilige Gees.
As ons die konsep van God kan verstaan, gaan dit bepaal hoe jy God gaan sien, gaan jou geloof sterker wees en gaan jy begin om God werklik in jou lewe te ervaar.

Gebed:

God, Vader, maak  my hart oop om U te ontvang en te weet dat daar net Een God is en dat dit U is. Johavah – Ek is!
In Jesus Naam
Amen

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my op belindapaar@gmail.com
Jesus sëen

Tuesday 2 February 2016

Net Goedheid en Guns sal my volg!


Image result for goedheid en guns sal jou volg


“Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae.” Ps 23:6
            Dawid was bekend as ‘n man na God se hart. Hy was so gelukkig en tevrede dat hy geskryf het: “Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae.” Ps 23:6
    
            Kan ek en jy dit ook sê?
            Dawid het in afwagting geleef. Hy het gesê God se guns volg hom oral en dat hy weet iets goeds gaan met hom gebeur. So volg God se goedheid en guns ons ook, maar ons is soms nie bewus daarvan nie want ons wandel nie deurentyd in die Gees nie.

            In sommige gevalle word ons gevolg deur ‘n gewete, deur skuld, deur mislukking, maar dit hoort nie so nie. Maak jou saak met die HERE reg sodat net goedheid en guns, God se goedheid en guns, jou kan volg.

            Dit word van ons verwag om in die Gees te lewe: ”Maar daar kom 'n uur (wanneer?), en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.” Joh 4:23
  
            Die einde is naby. Ons gaan groot seëninge belewe, guns, bonatuurlike geleenthede, restourasie, Goddelike verbintenisse, Hemelse gesigte en vele meer.
            Dit is God se Wil dat Sy goedheid en guns ons volg, elke dag!

            Verwag goeie dinge uit die hand van die HERE, ook ‘n magtige Herlewing. – Sjibbolet

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...