Monday 4 July 2011

Waar kom satan vandaan/wie en wat is hy?

Satan / Lusifer was 'n engel, die Woord van God se as hy sy vlerke oopgespan het, het die mooiste musiek gespeel. God het hom mag gegee asook 'n eie wil, en satan wou soos God word. Hoogmoed (Jes 14:12) het veroorsaak dat satan geval het as 'n engel.

Jes 14:12 Jy wat die helder morester was, het uit die hemel geval. Jy wat oorwinnaar van nasies was, is in die grond verpletter.

God het hom uit die hemel gegooi omdat hy afvallig geraak het.

Luk 10:18 (Jesus se) Ek het satan soos 'n bliksem uit die hemel sien val. Kyk, ek gee julle mag om op slange en skerpioene te trap en die duiwels uit te dryf.

Joh 10:10 die dief wat kom om te roof, steel en vernietig! Hy haat alles wat goed is...hy is God se vyand en ook joune!!!

Kyk uit vir volgende blad "Wat is satan se plan?: Ek gaan hele reeks doen oor satan en wie en wat hy is en wat sy doel is!

Jesus Groete
Belinda


As jy enige geestelike hulp, gebed of berading verlang skryf aan Belinda Paar (belindapaar@gmail.com)




No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...