Sunday 17 December 2017

Wanneer alles platval - Kyk op!


Image result for Psalm 5:3


In Psalm 5:3 is geskrywe: “In die môre, HERE, sal U my stem hoor; in die môre sal ek dit aan U voorlê en afwag.” Die King James bybel stel dit egter so: “My voice shalt thou hear in the morning, O LORD; in the morning will I direct my prayer unto thee, and will look up.”

Jy ken die ritueel – dit gebeur elke oggend. Eerstens, word wakker. Volgende, staan op. Waarom voltooi ons nie die proses nie en KYK OP. Die is die beste manier waarop jy ‘n dag kan begin. Veral wanneer dinge rondom ons in ‘n afwaartse spiraal is. Jy kán opkyk wanneer dinge afgaan. Jy MOET!

Maar wat doen soveel van ons egter? Eerstens, word wakker. Dan voordat jy opstaan, gryp jou “smart” foon – kyk wat jy gemis het deur die nag op “facebook” en ander sosiale media platforms, kyk na die nuus en ekonomiese blaaie, word ontsteld oor wat gebeur het, staan op en pak die dag aan!

Dit is ‘n bewysde feit dat mense die rigting inslaan waarin hulle kyk. Dit is sowel letterlik as figuurlik waar. Stop en bedink vir ‘n oomblik; wat is dit waaraan ek die meeste tyd spandeer om na te kyk? Jou oë sien dit, jou gedagtes bedink dit, jou verbeelding speel daarmee, jou siel begeer dit – en uiteindelik doen jy dit.

Waarom gee ons nie hierdie patroon die kans om op die manier te werk waar die die meeste saak maak nie?

Kyk op na Jesus in die oggend, terwyl jou gedagtes vars en gefokus is en jou energie vlakke hoog is. Hoor wat Hy vir jou sê en sien jouself dan doen wat Hy gesê het. Indien jy hierdie eenvoudige gewoonte aanleer, hierdie geestelike dissipline, sal jy vind dat jy doen wat Jesus van jou verwag.

Aan die ander kant, indien jy afkyk en jouself oorwonne en depressief sien, sal jy sekerlik die dag in ‘n gat van wanhoop deurbring. Kyk af en jy gaan af – Kyk OP en jy gaan OP!

Die Bybel sê in Psalm 34:5: “Hulle het Hom aangesien en gestraal van vreugde, en hulle aangesig hoef nie rooi van skaamte te word nie.” Jesaja stel dit as volg in Jesaja 60:4 & 5: “Slaan jou oë rondom op en kyk—hulle almal kom bymekaar, hulle kom na jou toe; jou seuns kom van ver, en jou dogters word op die heup gedra. Dan sal jy dit sien en straal van vreugde, en jou hart sal ontroer en verruim word; want die rykdom van die see gaan na jou toe oor, die skatte van die nasies kom na jou toe aan.” Jou hart sal swel van vreugde.

Een van die mooiste liedere oor tyd vat dit so mooi saam: “Turn your eyes upon Jesus, look full in His wonderful face. And the things of earth will grow strangely dim in the light of His glory and grace.” (Helen H. Lemmel, 1922)

My liewe vriend / vriendin, kyk op. Wanneer alles om jou uitmekaar en inmekaar val – kyk op. Wanneer jy opkyk, sal Jesus jou oplig. So KYK OP!

Ek sien jou bô!

Gebed: “Here Jesus, ek kies vandag om op  te kyk, na U te kyk. Al is dinge hoe donker om my, by U is uitkoms en lig. Help my deur die Heilige Gees om elke oggend reg te begin deur na U te kyk en U stem te hoor. Ek kyk met ‘n verwagting uit na hoe U my lewe gaan verander en gee volle toestemming aan U om dit te doen. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.”

(cobus van heerden - cvh@oicb.co.za)
Geplaas met toestemming van Tiaan Gildenhuys




Monday 4 December 2017

Waar vertoef jy?


Image result for Jer 17:10


In hierdie onseker tye waarin ons leef, is die mense van ons land besig om na sóveel strooihalmpies te gryp en besig om die een aksie en optog na die ander te reêl, om te kyk of ons nie God se hand in beweging kan bring oor ons land nie. In baie gevalle is hierdie dinge waarmee mense besig is, maar baie onstabiele gronde waarop gebou word, want die hart van die mense is bedrieglik. Hoe hou 'n mens 'n gebedsbyeenkoms met braaivleisvure en drank?

 Ek glo dat die bedoeling van die mense werklik is om God se aangesig te soek en hulle te verootmoedig voor Hom, maar as ek luister na baie van die video's en stemnotas wat rondgaan, dan kan ek nie agterkom dat daar werklik 'n bedoeling by mense is om weg te draai van die sondige weë nie. Ek hoor baie mense wat sê: “die Here ken ons hart”...en tog hoor ek nogsteeds die hoeveelheid haat en rassisme wat daar onder selfs kinders van die Here is.

Jer 17:9  Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?
Jer 17:10  Ek, die HERE, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë, volgens die vrug van sy handelinge.

Ek hoor in hierdie video's en stemnotas dat mense aangeraai word om ou weermaglede te kry om hulle plase en persele op te pas en toe kom hierdie vraag by my op: “waar vertoef ek en U as ons dan beweer dat ons wedergebore kinders van Jesus Christus is?”

Kom ons kyk wat het die mense van die Bybel gedoen en dan vra ons onsself weer hierdie vraag.

Hand 1:12  Daarop draai hulle om na Jerusalem van die berg af wat genoem word Olyfberg, wat naby Jerusalem is, ‘n sabbatsreis ver.
Hand 1:13  En toe hulle daar kom, gaan hulle na die bo-vertrek waar hulle gewoond was om te vertoef, naamlik: Petrus en Jakobus en Johannes en Andréas, Filippus en Thomas, Bartholoméüs en Matthéüs, Jakobus, die seun van Alféüs, en Simon, die Yweraar, en Judas, die seun van Jakobus.
Hand 1:14  Hulle almal het eendragtig volhard in gebed en smeking, saam met ‘n aantal vroue en Maria, die moeder van Jesus, en met sy broers.

Ons lees hier dat die dissipels  en 'n aantal vroue onmiddelik teruggegaan het na die plek waar hulle gewoond was om te vertoef, nadat Jesus van hul weggeneem was en Hy nie meer fisies by hulle teenwoordig was nie. Hulle het vasgehou aan Sy beloftes en hul besig gehou deur voortdurend, eendragtig, besig te wees met smeking en gebed. Daar was nie verdeeldheid en onenigheid tussen hulle nie. Hulle het vasgehou aan dit wat hulle geweet het sal werk!

Luk 10:38  En op hulle reis het Hy in ‘n sekere dorp gekom, en ‘n vrou met die naam van Martha het Hom in haar huis ontvang.
Luk 10:39  En sy het ‘n suster gehad met die naam van Maria; dié het aan die voete van Jesus gesit en na sy woord geluister.
Luk 10:40  Maar Martha was baie besig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: Here, gee U nie om dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê dan vir haar dat sy my moet help.
Luk 10:41  Maar Jesus antwoord en sê vir haar: Martha, Martha, jy is besorg en verontrus oor baie dinge;
Luk 10:42  maar een ding is nodig; en Maria het die goeie deel uitgekies wat van haar nie weggeneem sal word nie.

In hierdie deel lees ons weer die verhaal van Jesus se goeie vriendinne. Martha was die een wie haar besig gehou het met die alledaagse dinge en voorbereidings om sekerlik tog te probeer om te sorg dat alles reg moet wees vir hierdie belangrike Gas wie hulle in hul huis ontvang het. Maria het egter by Jesus se voete vertoef om die “brrod van die lewe” by Hom te kry, want sy het besef dat dit baie belangriker is as die liggaamlike behoeftes.

Joh 13:23  En een van sy dissipels, hy vir wie Jesus liefgehad het, het aan tafel teen die bors van Jesus gelê.
Joh 13:24  Simon Petrus knik toe vir hom dat hy moet vra wie dit kon wees van wie Hy spreek.
Joh 13:25  En hy val op die bors van Jesus en sê vir Hom: Here, wie is dit?

Toe Jesus by die laaste maaltyd saam met Sy dissipels, bekend maak dat een van Sy binnekring vriende Hom sou verraai, het Petrus vir Johannes geknik om vir Jesus te vra wié hierdie verraaier is. Ons sien duidelik uit hierdie deel dat Johannes se liefde vir Jesus baie intens was en dat hy gereeld soos 'n klein seuntjie teen sy Pappa se bors gelê het. Hy wou altyd naby Jesus vertoef en het gesmag na daai liefde van Sy Here om tasbaar deur hom te vloei.

Psa 23:6  Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae.

Psa 27:2  As kwaaddoeners teen my nader kom om my vlees te eet—my teëstanders en my vyande, ja, myne—struikel hulle self en val.
Psa 27:3  Al word ‘n laer teen my opgeslaan, my hart sal nie vrees nie; al staan ‘n oorlog teen my op, nogtans vertrou ek.
Psa 27:4  Een ding het ek van die HERE begeer, dit sal ek soek: dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die HERE, om die lieflikheid van die HERE te aanskou en te ondersoek in sy tempel.
Psa 27:5  Want Hy steek my weg in sy hut in die dag van onheil; Hy verberg my in die skuilplek van sy tent; Hy verhef my op ‘n rots.

Dawid word deur God bestempel as 'n ware man na Sy hart en as ons net na hierdie twee Psalms kyk, dan kan ons sien dat Dawid se begeerte altyd was om naby die Here te vertoef. Hy was sekerlik die een figuur in die Bybel, wie die meeste moes vlug voor sy aanvallers en vervolgers. En tog het hy geweet dat die belangrikste deel van die lewe, is om by die voete van die Here te vertoef. In Ps 51 lees ons ook dat Hy die Here smeek om asseblief nie Sy Gees van hom te weerhou, oor sy sondige dade nie.

Luk 22:39  En Hy het vertrek en volgens gewoonte na die Olyfberg gegaan. En ook sy dissipels het Hom gevolg.

Mar 1:35  En vroeg in die môre, nog diep in die nag, het Hy opgestaan en uitgegaan en na ‘n eensame plek vertrek en daar gebid.

Jesus het ook die gewoonte gehad om stil te gaan word by Sy Vader se voete en tydens Sy bediening rondom die see van Galilea, lees ons gereeld dat Hy die mense weggestuur het en na 'n eensame plek gegaan het om te bid. Omdat Hy volledig mens was soos ons en geweet het waarvandaan Hy kom en weer teruggaan, het Hy geweet hoé belangrik dit is om by Vader te vertoef, sodat ons kan staande bly in hierdie stryd op aarde teen die bose magte en ook om duidelik te kan hoor wat Vader se wil vir ons is.

Hand 2:46  En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet,
Hand 2:47  terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is.

Nadat die dissipels met die Heilige Gees vervul is, het hulle daagliks gemeenskap met mekaar gehad en volhard in aanbidding en lering in die tempel. Dit was nie 'n eenkeer- per-week ding vir 'n uur of twee nie, maar hulle het regtig bemoeienis met mekaar gemaak. Ons het egter só vasgevang geraak in hierdie gejaagde lewe, dat ons nie meer tyd oor het vir ons broers en susters nie, wat nog te sê die bure om ons.  Baie keer ken ons nie eers die bure langs ons nie.

Miskien moet ons net weer 'n bietjie tyd maak om te besin oor die dinge waarmee ons onself besig hou en die dinge waaroor ons besorg is. Want ons is baie keer meer besorg oor ons besittings en wêreldse goed en oor ons land, as oor ons buurman wie se siel oppad hel toe is. Baie word gegee vir die bewaring van renosters en walvisse, maar karig word dit gesaai in die koninkryk van God ter wille van siele wat gered moet word en broeders en susters wat verkwik moet word .

Maak tyd vandag en vra jouself die vraag: “waar vertoef ek in hierdie tye?”

Gebed: Hemelse Vader, ons het werklik U hulp nodig in hierdie land en erken vandag dat ons nie sonder U kan lewe nie. Ons bely ons sonde van afvalligheid vandag en dat ons baie kere op verkeerde pekke vertoef het. Wees ons genadig en wys ons weer die pad terug na U boesem en U hart en gebruik ons ook om ander op te help wie geval het en om in vrede met ons medemens,U skepsels, saam te leef. Vergewe ook ons vrese en bekommernis en help ons om weer onder U vleuels te skuil...amen!
(ernest phillipson - ecp@oicb.co.za)
Geplaas met toestemming van Tiaan Gildenhuys


Getuienisse


Image result for Jesus genees

In Maart vanjaar moes ‘n Krugersdorpse vrou vir ‘n operasie gaan om katerakke van haar oë te laat verwyder. Sy het dit gekanselleer weens geldelike probleme.
          Sy en haar dogter het gevra dat Jesus Christus dit moet genees sonder enige operasie. Intussen het haar oë baie verswak, en sy het begin kla dat sy ‘n nuwe bril moet kry want sy sien beter sonder die bril as met die bril! Haar dogter vertel:

          Op 1 Desember is sy oogarts toe vir oogtoetse en om ‘n nuwe bril te bestel. Toe die oogarts na haar oë kyk sê hy vir haar die Dr wat haar katerakke verwyder het het 'n wonderbaarlike operasie gedoen, wie het dit gedoen? My ma het begin lag en gevra wil hy regtig weet, waarop hy geantwoord het: Ja asseblief, hy sal sy pasiënte soontoe verwys, my ma het vertel dat Jesus dit verwyder het!
            Die oogarts het haar oë verder ondersoek en gesê dit lyk asof sy geopereer is, maar dit is die mees perfekste operasie wat hy ooit gesien het.

            Toe getuig die oogarts dat hy sy hand vergruis het, hy moes staal penne in sy hand kry. Die hand het hom onsettend probleme gegee nadat dit genees het, en hy het die dr gaan sien, hulle het X-trale geneem en hom verwys na die Dr wat sou opereer, intussen het hy gebid vir genesing, toe hy by die snydokter  kom het die gedink hy het X-trale van die verkeerde hand geneem, hy getuig Jesus het sy hand ook 100% genees.

          Hoor wat sê hy van my ma se bril!! Hy sê sy sien beter sonder haar bril as met haar bril omdat die bril te sterk is vir haar oë... sy het 'n swakker bril nodig! Hy het ook vir my ma gevra of sy jok oor haar ouderdom want haar oë is byna soos 'n jongmens sin. Hoe wonderlik is Jesus nie vir ons nie! My ma loof en prys Hom al die heeldag en vertel vir almal daarvan! Glorie aan Jesus ons Geneesheer!

          Ek het ook vir 'n meisie gebid wat baie baie siek is, 16 jr oud, nadat ek vir haar gebid het, het ek ouers gevra of ek haar alleen kan sien nadat sy genees is, Heilige Gees het vir my gewys dat dit demonies. Ek het ook haar seunsmaat gesien, blonde hare en swart klere aan.
          Die kind het gevormeer terwyl ek vir haar bid wat ek gedink het is goeie ding maar het niks vir die ouers genoem nie,
Die meisie was erger nadat ek vir haar gebid het en is toe hospitaal toe, die Drs wou weet of sy serebraal gestremd is want sy trek afteroor, oë rol om, sy kan nie praat nie, kan nie iets vashou nie…
Drie hospitale later kom al haar toetse negatief terug! Intussen bid ek teen die bose magte, die kind is fyn en klein, in die ambulans toe hulle haar wil skuif na ander hospitaal toe breek sy los uit die bed en spring uit die ambulans, ses mans kon haar nie vashou nie! Toe die stiefpa my laat weet vertel ek hom dit is demonies! Hy stem toe saam, die dogter is 5dae later uit die hospitaal ontslaan heeltemal gesond.
AL die lof en eer aan ons Koning Jesus Wie se Naam Bo alle name is en wat soveel krag dra!

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...