Monday 4 July 2011

Val demone gelowiges ook aan en as ek hulle uitlos sal hulle my ook uitlos?

Satan het vir Jesus, wat sonde vry was probeer velei, hoeveel meer sal hy nie ons as gelowige aanval nie? Sodra hulle 'n "opening" in jou lewe kry, val hulle aan!!

Luk 22:3 (Jesus se) Simon, Simon, Kyk die satan het 'n vurige begeerte om julle soos koring te sif.


Mat 15:22
“Ontferm u oor my, Here, Seun van Dawid! My dogter is in die mag van ‘n duiwel en dit gaan sleg”

Mat 17:14 & 18
(14)“Here, ontferm U tog oor my seun, want hy is geestelik verstreurd en hy ly verskriklik. En (18) Jesus het die duiwel skerp aangespreek, en die duiwel het van die seun af weggegaan. Van daardie oomblik af het die seun gesond geword.

1Sam 16:23
Telkens wanneer die boosaardige gees in Saul was, het Dawid die lier gevat en daarop gespeel. Dan het Saul bedaar en die boosaardige gees het van hom af padgegee.

 Kyk wat se die bogenoemde verse:

Jesus antwoord die vrou as volg (vers 28) “O vrou, groot is jou geloof, laat dit vir jou wees soos jy wil he”, en haar dogter het gesond geword van daardie oomblik af! – Jesus het die dogter nie aangeraak nie, Hy het ook nie die demoon aangespreek nie, ook nie die dogter, die teksverse se ook nie of die dogter teenwoordig was tydens die genesing nie. Jesus antwoord haar net “Groot is jou geloof” en haar dogter word genees en word bevry van die gevangenis van die duiwel. Sy is dus deur die geloof van die moeder genees.

By die seun het Jesus die duiwel sterk aangespreek en die duiwel het van die seun af weggegaan, die vers se nie “uitgegaan”, maar weggegaan wat beteken die seun was nie beset nie, maar geinfesteer. (demoon het om hom gedrom, nie in hom nie)

Met Saul se die vers, “telkens wanneer die boosaardige gees IN Saul was” m.a.w. beset! Dan het Dawid musiek gespeel en Saul het bedaar en die gees het padgegee. Die demoon het dus wees teruggekom want die vers se “telkens” en nie eendag, of op ‘n dag nie, maar “telkens” meer as een keer!

Dit is my mening dat die boosagtige gees van Saul af padgegee het omdat Dawid ‘n gelowige man was. Die Woord van God se, Dawid was ‘n man na die hart van God. Dawid het nie die demoon aangespreek, of weggejaag nie, hy was net teenwoordig by Saul, dit was beslis ook nie die musiek wat die gees weggejaag het nie. Dit was die teenwoordigheid van ‘n regverdige, Godvreesende man!

Let ook daarna op dat Saul was ‘n uitverkorende van God, hy moes die volgende koning word, God het dit so aan Dawid uitgewys, daarom het Dawid hom gaan haal. M.a.w. ook mense wat deur God gekies word as uitverkorendes kan deur Satan aangeval word, en almal wat Jesus aanneem is Uitverkore Kinders van God.

Jesus seën

Belinda


As jy enige geestelike hulp, gebed of berading verlang skryf aan Belinda Paar (belindapaar@gmail.com)

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...