Thursday 21 July 2011

Die Huwelik – Deel 7 -Wat is die behoeftes van ‘n vrou?

The celeste-al cabinetImage via Wikipedia


Sekuriteit:

Geld! Dit kan ‘n vrou vreeslik laat reageer as ‘n man aan hulle geld raak, Nie die sekuriteit van pensioen nie, maar die sekuriteit van elke dag se geld.

Hoekom reageer ‘n vrou so erg daarop wanneer ‘n man ‘n nuwe kar koop? Omdat hy skuld maak en aan haar elke dag se sekuriteit raak!  Bespreek geld met jou vrou, moenie spandeer sonder haar toestemming nie, dieselfde geld vir die vrou, jou man werk nie sodat jy kan leef vir “shopping” nie. God voorsien finansieel vir julle deur julle salraris tjeks. Bespreek finansies, dit is uiters belangrik!

Liefde:
‘n Vrou soek nie liefde nie, sy het ‘n BEHOEFTE aan liefde. Se vir haar jyt haar lief en bedoel dit elke keer as jy die se. Liefde is nie jou adres of haar Mercedes of diamante nie, sy wil dit hoor, sy wil dit weet, en sy wil dit glo. Dit is nie‘n roetine ding nie, se dit as jy dit bedoel!

Emosies:
‘n Vrou is geskape as ‘n emosionele wese. Sy moet uitdrukking gee aan haar emosies, so laat haar toe om dit te doen. Luister as sy kla, troos haar as sy huil en se jy verstaan. Moenie vir haar se sy moet “groot word” of “oor dit kom” nie, laat haar toe om emosioneel te wees sodat sy weer gebalanseerd kan word. Wanneer sy nie van haar emosies ontslae raak nie, word sy ‘n landmyn, wat net wag dat jy daarop moet trap sodat sy kan “afgaan”

In Spreuke 21& 22 lees ons dat die man ook moet huil. So vergeet van die slagspreek wat se “cowboys don’t cry”. Mans moet ook van hulle emosies ontslae raak anders gaan hulle op 40 dood aan ‘n hartaanval en stres. Vrou moenie dink jou man is ‘n sussie omdat hy huil nie, ondersteun hom om van sy emosies ontslae te raak, want dan is hy rustiger en voel vol vrede en sal jy die vrugte pluk daarvan, en moet NOOIT jou man terg omdat hy gehuil het nie, dit sal sy ego breek en jy sal hom nooit weer emosioneel kry nie. ‘n Emosionele man wys dat hy sagtheid in hom het, en ons vrouens soek ‘n man wat ‘n sagte kant het, want ons het nodig dat hulle sag moet wees teenoor ons.

Kommunikasie en romanse:
Kommunikeer met jou vrou. Maak tyd om te luister na wat sy wil se. Kommunikasie is baie belangrik. Ook vir die man. Luister na mekaar se gesprekke. Mense wat uitgepraat is, is vreedsaam en ontspanne, en jy sal verbaas wees hoe dit jou in die “mood” kan sit as jy lekker uitgepraat is.

Geestelike behoeftes:
‘n Vrou respekteer en volg ‘n man wat God ken! Vra jou vrou self of ek reg is. ‘n Godvresende man het ‘n sterkte in hom wat vrouens aantrek. ‘n Vrou weet dat as haar man God volg, volg haar huwelik ‘n veilige pad. Sy weet dat as iets verkeerd gaan in julle lewe, sal haar man as Priester, Profeet en Koning van die huis, met God kan praat en die probleem uitsorteer. Dit is ‘n onveilbare plan om te volg. Die amp van Priester, Profeer en Koning is reeds aan die man gegee deur God, jy hoef nie aansoek te doen vir dit nie, jy het dit reeds verniet gekry by God, jy moet dit net opneem en volg.

Aantreklikheid en seks:
‘n Vrou wil he haar man moet dink sys is pragtig vir hom en ‘n man wil trots voel op sy vrou. Se vir jou vrou as jy dink sy lyk mooi, maar se dit net as jy dit bedoel. Sy sal gou agter kom as jy lieg. En vrou, gee jou man rede om trots te wees op jou. Versorg jouself net vir hom.

‘n Vrou het ‘n behoefte aan seks. Nie altyd omdat haar hormone so se nie, maar omdat sy wil voel dat haar man haar as vrou nodig het. Maak seks interesant. Bly weg van roetine. Dit raak afgesaag. Doen dit op verskillende tye, verskillende maniere en as moontlik, los die kinders by ouma en gaan weg vir ‘n “dirty weekend” en geniet mekaar. God wil he julle moet seks geniet. Dit is ‘n instelling van God. God is die SKEPPER van seks. Kyk Gen 1, Gen 2, Spr 5:18 – 20. Satan is die skepper van pornografie!!! Hou dit uit jou huis en huwelik!!!

Vrou, onthou jou liggaam is die tempel van God. Jou vroue dele is vir God heilig, want deur dit word voorplantig gedoen deur God. God skep nasies uit ‘n vrou se vroue dele. Net so is die res van jou liggaam heilig in God se oe. Moenie aantrek sodat jy ander mans verlei nie, hou deurskynende, lae hals en “skimpie-klein” klere vir jou slaapkamer en vir jou man se oe alleenlik! Tit 2:5  Vroue moet ingetoe  wees, kuis, huislik, goed, aan hulle eie mans onderdanig, sodat die Woord van God nie belaster raak nie. Verder se die Woord as jy net aan die daad in jou gedagte gedink het, is die sonde klaar gepleeg! Moenie aantrek sodat jy ander mans verlei nie, want dan is jy ‘n ontugte vrou in die oe van God, en wil jy die oorsaak wees van ‘n ander man se sonde? Dink jy dit is wat God van jou verwag? 
Mat 5:28 Maar ek se vir julle elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het.

Enhanced by Zemanta

2 comments:

  1. Elke liewe man behoort die te lees .... !!!

    Dankie Belinda .... !!!

    ReplyDelete
  2. Ek stem saam met jou Jaco dan sal daar minder skeisake wees en minder mense wat rondloop om aandag op ander plekke te kry, die gedeelte behoeftes van 'n man is net so goed uiteengesit. Dankie Belinda

    ReplyDelete

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...