Monday 29 August 2011

Gebed vir Finansies

Jesus is considered by scholars such as Weber ...Image via Wikipedia










7 REELS:

  1. Betaal jou 10des aan die kerk sodat God die vensters van die hemel kan oopmaak en dit kan reen op jou oes.
  2. Wees vrygewig in jou offers vir die kerk – jou offer trek die wet van gee en ontvang oor jou lewe.
  3. God wil he ons moet sy kerk bou so as jy weet van ‘n bou plan vir ‘n kerk – help hulle.
  4. Bid en seen kerke waar God werk – As jy na die werke van God kyk, sal Hyself na jou kyk.
  5. Breek die vloeke en verbonde van armoede.
  6. Saai en jy sal maai – as jy geld saai sal jy geld maai.
  7. Bid rykdom in jou lewe:

    • Ek staan op uit die stof van armoede deur die krag in die bloed van Jesus.
    • Laat elke geestelike magnetiese krag wat rykdom aantrek en vashou geinstalleer word in my finansies in die naam van Jesus.
    • Ek bevry en onthef al my finansies, van enige invloed, kontrole en houvas in die huis van die goddelose in die Naam van Jesus.
    • O Here laat elke satanistiese gees wat seeninge van my steel verlam word in die Naam van Jesus.
ONTHOU:

Loof God voor jy begin bid en bedank Hom nadat jy die punte gebid het in Jesus Naam. Verklaar God se Woord elke dag oor jou lewe! ”Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe!” God voorsien ‘n” mandjie wat ingeduk ingestop en oorlopens toe vol is” in my lewe!

Indien u geestelike berading of gebed benodig kontak my by belindapaar@gmail.com
Enhanced by Zemanta

Friday 12 August 2011

Deur die wonde van Jesus is jy genees!

c. 1632Image via Wikipedia

GOD SE BELOFTES VIR JOU GENEESING
JES 55:11
MY WOORD SAL NIE LEEG NA MY TOE TERUG KOM NIE, MAAR
DOEN WAT MY BEHAAG EN VOORSPOEDIG WEES IN ALLES WAARTOE
EK DIT STUUR!

Dit was vir my ‘n voorreg om saam met jou te kan bid vir jou geneesing, sodat ons nou saam op God kan vertrou dat jou geneesing plaasgevind het. Jak 1:9 se die gebed van ‘n regverdige het baie krag, en Jesus se waar twee of meer mense in My Naam vergader, daar sal Ek teenwoordig wees. Paulus se, gee aan die duiwel geen ingang nie. Moenie twyfel nie, in tye van swakheid, versterk jouself met jou swaard (God se Woord) en lees en onthou die volgende beloftes in die Bybel! Kontak my gerus as jy hulp nodig het, en stuur asseblief getuienis oor jou vordering en geneesing.

Ex 15:26
Ek is die Here wat jou gesond maak!

1 Pet 2:24
Deur die wonde van Jesus is ek genees!

Mat 8:17
Jesus het jou krankhede op Hom geneem en jou gesond gemaak!

Gal 3:13-14
Jesus het jou losgekoop van die vloek van siekte!

Ps 91:1-10
Geen onheil kan my tref nie en geen plaag mag naby my liggaam kom nie!

Ps 34:8
Ek is veilig en beskut, want die Engele van die Here trek ‘n laer om my!

1 Pet 2:24
Hy wat self ons sondes in sy liggaam op die houtkruis gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe, deur wie se wonde julle genees is.

Ps 107:20
Hy het Sy Woord (Jesus) uitgestuur, dat Hy hulle kon gesond maak en hulle uit hul kuile red.

Ps 103:3
Wat al jou ongeregtighede vergewe, wat al jou krankhede genees!

DANKIE GOD, ALLE EER KOM U TOE
Belinda
Christelike Berader
078-833-8915
Enhanced by Zemanta

Wednesday 3 August 2011

Gebed om jou wense, gebede versoeke en verlange vinnig na jou toe te trek





Deut 28:1-13


As God vir ons se dat Sy Woord ons swaard is, dan weet ons dat as ons Woord bid, ons gebed gevul is met krag, daarom is hierdie gebed opgestel om terug te vat wat die vyand van ons gesteel het…Lees eers bogenoemde gedeelte in die Woord en bid dan die gebed wat hieronder volg…doen dit so lank as wat jy dink dit is nodig, of totdat jy voel jou lewe het begin verander….onthou die Eer kom God toe, so bedank Hom vir Sy liefde en genade

God sĂȘ in Ps 2:8 Eis van My! En Ek gee aan jou!

O Here, laat U salwing van uitstekendheid vry oor my lewe in die Naam van Jesus.
Dit is geskryf: Die Here sal my die kop maak en nie die sterk nie, ek sal bo alles wees en nie onder nie, in die Naam van Jesus.
Jou gees van die stert, verloor jou vashou in my lewe in die naam van Jesus.
Ek weier om te sink in die see van lewe in Jesus se Naam.
Ek verlam elke agent van skande en verwyte in die Naam van Jesus.
Enige stem wat my roep na die stert posisie word stom in die bloed van Jesus.
Elke mag wat sit op my stoel van grootheid en edelheid word verwyder deur die vuur in Jesus se Naam.
Soos ek my voete op die grond stamp so sal my landstreek vergroot in die Naam van Jesus.
Ek verlam elke satanisties kompetiese om… (noem posisie/ wens byv. ryk te wees, gelowig te wees, goeie verkoopsman te wees ens) met die vuur in die Naam van Jesus.
Laat my seisoen van glorie aanbreek in die Naam van Jesus.
Elke Goliat en Faro wat teen my God opstaan, word gebind en word in die vuur gegooi in Jesus se Naam.
Elke satanistiese verwagting teen my toekoms word teleurgestel in die Naam van Jesus.
Laat die Here se wespe-nes vrygelaat word oor my voltydse vyande in die Naam van Jesus.
Ek vat terug alles wat die vyand van my gesteel het in die droom in Jesus se Naam.
Elke satanistiese ketting wat my hande bind vir voorspoed, brand tot as in die Naam van Jesus.
Elke satanistiese ketting wat om my nek is en my terug trek, brand tot as in die Naam van Jesus.
Elke satanistiese ketting wat om my heupe gebind is en my af trek, brand tot as in die Naam van Jesus.
Elke satanistiese ketting wat my voete verhinder om voorentoe te beweeg, breek en brand tot as in die Naam van Jesus.
Ek spring uit elke sirkel van mislukking, neerslag en vernietiging deur die krag van die bloed van Jesus.
Elke saad van mislukking in my lewe veras is die vuur van God, in Jesus se Naam.
Elke boom van nie-presteer wat geplant is in my familie bloedlyn word ontwortel deur die vuur in Jesus se Naam.
Satanistiese anker om my hande en voete word verbrand in Jesus se Naam
Ek beweeg van waar ek is, na waar God my wil he, deur die krag van die bloed in Jesus se naam.
Ek breek en maak myself los van elke vloek van mislukking in Jesus se Naam.
Elke satanistiese ontgroening in die droom, wees gekanselleer en ontgehef in die Naam van Jesus.
Ek verwerp elke uitnodiging van mislukking en agteruitgang in die Naam van Jesus.
Ek sal sing oor die goedheid en genade van die Here vir ewig in Jesus se Naam.


Here, dankie dat U hierdie gebed verhoor het.
In Jesus Naam
Amen.

Indien u geestelike berading of gebed benodig kontak my by belindapaar@gmail.comEnhanced by Zemanta

Die Huwelik – Deel 10 - Wat se God van egskeidings?

Anillos de Matrimonio, Aros de MatrimonioImage via Wikipedia


So sal hulle dan tot een liggaam verenig word. Hulle is dus nie meer twee nie, maar een liggaam. Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens uitmekaar skeur nie.

Ek gaan nie al die verse uit die Woord aanhaal nie, gaan kyk dit maar self op Mrk 10:1-12,  Luk 16:18 en Heb 13:4.

Ek wil graag net Mal 2:14-16 noem, lees die hele gedeelte self, maar ek wil noem dat God se wanneer Hy nie meer jou offer wat jy vir Hom bring aanvaar nie, is dit omdat jy jou belofte om getroud te bly verbreek het. Lees dit asseblief self in die Skrif.

Die huwelik is ‘n instelling van God:

Die man is ‘n logiese-wese en die vrou is ‘n emosionele-wese. Net so het God die man geskape om die “aksie” en die vrou die “reaksie” in die huwelik te wees. Die man is die Koning van die huis, die regeerder, die aksie, die vrou is die volger, die reaksie.

Om ‘n suksesvolle koningkryk te he, moet jy regeer! Hoe regeer ‘n man sy koningkryk? Met liefde!! Kyk na koningkryke wat regeer was deur geweld, vrees, krag! Kyk na Adolf Hitler. Mense het hom gevolg uit vrees! Kyk na Jesus, Hy regeer met liefde. Jesus se koningkryk bestaan vandag nog! Waar is Adolf Hitler se koningkryk? Regeer jou huis as koning met liefde. Laat Jesus vir jou ‘n voorbeeld wees.

Vrouens kan Christenskap makliker volg omdat hulle emosioneel daarna kyk en emosioneel daaroor raak, mans kyk logies daarna en dis hoekom hulle sukkel met Christenskap. Een ding wat ek vir jou as man kan se. Jesus lieg nie. Sy Woord is waar. Die Bybel is waar, moenie dit logies probeer uitle nie, ken Jesus- dis die logiese ding om te doen.

Wanneer Jesus die voorbeeld is wat ons volg in ons lewens sal ons huwelik gevul wees met Jesus-wysheid, Jesus-geduld, Jesus- vrede en meer as als Jesus-liefde.

My Gebed vir julle!

Mag God met julle wees in alle aspekte van julle lewe, mag ons God van Liefde julle red, en Sy Gees julle lei in waarheid en vrede, en julle alle probleme oorbrug in die Kosbare Naam van onse Jesus Christus wat klaar die prys betaal het op Golgota sodat julle vandag gelukkig kan wees in julle huwelik.

Amen!

Indien u geestelike berading of gebed benodig kontak my by belindapaar@gmail.comEnhanced by Zemanta

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...