Sunday 24 June 2012

Hoekom slaan mans vrouens en wat se die Bybel daarvan? Deel 2


Image result for angry husband
Deel 2

Kol 3:19 Manne, julle moet jul vroue liefhe en nie teen hulle verbitter word nie.

1Pet 3:7 Net so moet julle manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike gesag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede efgename van die genade van die lewe is, sodat julle gebede nie verhinder mag word nie.

Efes 4:29-32 Laat daar geen vuil woord uit julle monde uitgaan nie, maar net ‘n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor, en bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseel is tot die dag van verlossing. Alle bitterheid en woorde en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid.

Mat 15:18&20 Maar die dinge wat uit die mond uitgaan, kom uit die hart, en dit is die wat mens onrein maak, want uit die hart kom daar slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis, lastertaal. Dit is hierdie dinge wat mens onrein maak, maar om met ongewaste hande te eet maak mens nie onrein nie.

Ons almal ken die Bybel vers wat se die vrou moet onderdanig wees aan haar man, want hy is die hoof van die gesin, soos Jesus die hoof is van die kerk. Vir die man se God, wees lief vir jou vrou soos vir jouself! Jy sal tog nie jouself seer maak nie, hoekom dan die vrou wat jy moet liefhe soos jouself, en as jy vergelyk word met Jesus wat hoof is van die kerk, hoeveel eer is nie daarin nie? En hoe sal Jesus die huis se hoof gewees het? Sou hy sy vrou (en kinders) fisies en emosioneel afbreek en aanrand? Kyk wat se die Woord verder vir die man!

1Tim 3:1-5 Dit is ‘n betroubare woord: as iemand na ‘n opsienersamp verlang, begeer hy ‘n voortreflike werk. ‘n Opsiener dan moet onberispelik wees, die man van een vrou, nugter, ingetoe, fatsoenlik, gasvry, bekwaam om te onderrig, geen drinker, geen vegter, geen vuilgewindsoeker nie, maar vriendelik, geen strydlustige, geen geldgierige nie, een wat sy eie huis goed regeer en sy kinders met alle waardigheid in onderdanigheid hou.

Mag ‘n vrou ‘n man skei wat haar slaan?

Die Woord se wanneer iemand eg gebreek het mag hulle skei en ook as die man onbekwaam is om getroud te wees. Mat 19 praat Jesus oor skei in vers 8 se Hy “Omdat Moses weens die hardheid van julle harte julle toegelaat het om van julle vroue te skei,” Lees asb die hele gedeelte self, in vers 12 se Jesus, want daar is persone wat onbekwaam is om te trou, wat van die moedeskoot af so gebore is, en daar is persone wat deur die mense onbekwaam gemaak is, en daar is persone wat hulleself onbekwaam gemaak het ter wille van die koningkryk van die hemele.

Let asb mooi daarna op dat hierdie my opinie is en dat ek seker is dat sekere kerkgenootskappe nie met my sal saam stem nie, ek kan nie sien dat God sal toelaat dat iemand in ‘n huwelik sit waar hulle afgebreek en geslaan word nie. God se ons moet oorvloedig lewe, met blydskap, vrede, geluksalig ens, hoe moet iemand in so huwelik leef met wat die Woord se? Daarom voel ek in my hart dat God sal verstaan as iemand uit so huwelik wil skei. Daar is NIE, so ver my kennis strek ‘n Bybelvers wat se jy mag skei as jy mishandel word nie, en ek sal geen mens aanraai om te skei nie, maar eder probeer om die man te help om te verander, maar ek voel nogsteeds dat as mens se lewe ingevaar is, sal God se toelaatbare wil so vrou se skeisaak insien en verstaan.

Watter hulp is daar vir so man volgens die Bybel?

Jak 3:13-18
   13. Wie is wys en verstandig onder julle? Laat hom uit sy goeie lewenswandel sy werke in               sagmoedige wysheid toon.
14. Maar as julle bittere afguns en selfsug in julle hart het, moenie roem en lieg teen   die waarheid nie,
15. Dit is nie die wysheid wat van bo kom nie, maar is aards, natuurlik, duiwels,
16. Want waar afguns en selfsug is, daar is wanorde en allerhande gemene dade,
17. maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik, geselig,   vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveinsd.
18. En die vrug van die geregtigheid word gesaai in vrede vir die wat vrede maak.

Vers 15 is die vers waarop ek wil klem le, dit is duiwels! So die dryfkrag agter die persoon se minderwaardigheid, humeur, aggresie, afbrekerigheid en wil om te beheer is niks anders as demonies nie. Kyk na vorige “blogs” waar ek verduidelik wat demone is en hoe hulle mens kan beheer as jy nog nie het nie. Vir elke negatiewe emosie is daar ‘n demoon, so in hierdie spesifieke geval is dit dan die demoon/gees van minderwaardigheid, gees van humeur, gees van aggressie ens. wat die persoon beheer en die probleem kan baie vinnig uitgesorteer word deur ‘n Pastoor wat weet hoe om bevryding te doen.

Let weereens daarna op dat ek se “ ‘n Pastoor wat weet hoe om bevrydings te doen!” Hierdie is ‘n ernstige saak en moet reg gedoen word, nie elke 2de man in die kerk kan bevrydings doen nie, soek iemand wat daarin spesialiseer en wat geleerd is op die gebied. Ek noem dit omdat ek weet van mense (nie pastore nie) wat se dit is ‘n gawe wat hulle ontvang het om dit te kan doen, en eintlik rig hulle meer skade aan as wat hulle goed doen want die demone verlaat nie die persoon nie, en die persoon is onder ‘n wan-indruk en wanneer die probleem terug kom draai hulle of teen die kerk, of dink dat dit hulleself is wat die skade aanrig, en nog meer emosionele probleme begin kop uitsteek.

Jesus Groete
Belinda

As enige iemand berading, geestelike hulp of gebed nodig het, kontak Belinda by belindapaar@g.mail.com


Enhanced by Zemanta

Hoekom slaan mans vrouens en wat se die Bybel daarvan? Deel 1


Image result for angry husband
Hierdie is ‘n onderwerp waaroor baie gese kan word maar ek gaan probeer om dit kort te hou, as jy die persoon is wat in so huwelik is stel ek voor dat jy hulp kry by jou kerk of plaaslike maatskaplike werkers, hierdie is net ‘n inligting blad.

Alhoewel dit meer voorkom by mans wat vrouens en kinders mishandel is dit nie ongewoon dat vrouens ook mans mishandel nie, vir hierdie doel gaan ek dit noem mans wat vrouens mishandel.

Onder mishandeling is nie net fisiese mishandeling waar die vrou geslaan word nie, jy kry ook emosionele mishandeling. Die redes vir fisiese en emosionele behandeling is dieselfde.

Mans wat vroue mishandel kom nie uit ‘n spesifieke groep uit nie, dit gebeur nie net in sekere buurte of net in sekere ouderdomsgroepe, rasse of nasionaliteite nie, dit het dus net met die persoon te doen.

Nie alle mans wat vroue mishandel, kom uit huise waar mishandeling plaas gevind het nie, alhoewel dit wel kan oordra van een geslag na ‘n ander.

Drank misbruik, en stres word gebruik as die verskoning vir hoekom dit gebeur, hierdie stelling is ook nie waar nie, alhoewel sekere drank tog tot aggresiwiteit kan aanleiding gee, is dit nie die oorsaak van mishandeling nie, meer net ‘n verskoning.

Die rede vir mishandeling is kontrole! Ek gaan kortliks ‘n paar hoof redes noem.

Hy voel minderwaardig, onbevoegd en kragteloos/magteloos.
Hy het geen self-respek nie, alhoewel hy op die oog af baie suksesvol kan voorkom.
Hy kan sy humeur gewoonlik baie goed beheer, en die feit dat mense se hy het sy humeur verloor is nie waar nie, voor ander mense kan hy voorkom as die perfekte man, totaal in beheer van alles en wanneer julle alleen is breek hy uit in ‘n woede-bui, dus kan hy dit beheer.
Hy is gewoonlik baie jaloers, besitlik, perfeksionisties en in meedere gevalle die een wat die finansies beheer.
Hy blameer altyd die vrou vir sy optrede, of sy stress, of drank, of ‘n slegte kinderlewe of een of ander dramatiese ding wat met hom gebeur het toe hy jonger was, dit is NOOIT sy skuld nie!

Deur fisiese of emosionele mishandeling beheer en kontoleer hy die vrou en of sy gesin. Hy breek die vrou / familie af sodat hulle moet voel hulle is nie goed genoeg vir iemand anders nie, hulle moet eintlik dankbaar wees dat hy hulle nog wil he. Hy beheer die finansies om hulle afhanklik te maak van hom, hy maak al die reels sodat hulle kan weet hy is die een met mag en gesag.

Meeste van hulle sal nie onverskoning vra na die gebeurtenis nie, en as hulle dit wel doen sal hy iets se soos “ek is jammer maar jy het…..gedoen” Dit is altyd jou skuld, nie sy eie nie.. Hy sal se dat dit nie weer sal gebeur nie, maar hy weet dat hy lieg, as hy ophou, verloor hy sy mag.

Ek gaan nie meer uitwei oor die sielkundige aspek van dit nie, ek wil graag dat ons kyk wat se die Bybel oor dit, en wat is dan die raad vir iemand in so geval.

Deel 2 (vervolg)

Jesus seën

Belinda


As jy enige geestelike hulp, gebed of berading verlang skryf aan Belinda Paar (belindapaar@gmail.com)

Sunday 17 June 2012

Hoekom verskil Christene en Christelike kerke van mekaar?-Deel 2

Jesus-Christus-Kirche in Meinerzhagen
Jesus-Christus-Kirche in Meinerzhagen (Photo credit: Wikipedia)

 
 
Jesus wil nie he ons moet verskil oor die Woord nie!
 
In Jesus se gebed (Joh 17:20&21) vra Hy vir God “dat almal een sal wees net soos U, Vader, in My en Ek in U, dat hulle ook in Ons een sal wees, sodat die wereld kan glo dat U My gestuur het, en Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is”.
 Hoeveel duideliker wil ons he moet Jesus vir ons se dat ons een in geloof moet wees, en dat die kerk een kerk moet wees en nie soveel verskillende kerke en leeringe moet he nie?
 Jesus en God, verskil nie oor die Woord nie, Jesus se nie vir God dat die Woord homself weerspreek nie, Hy volg wat God in die Woord gese het en is gehoorsaam aan alles wat daarin geskrywe is. Jesus is nie verdeeld nie, daarom kan Sy volgers nie verdeeld wees nie, daar kan nie meer as een Christelike kerk wees nie, almal moet dieselfde instelling en leeringe he want daar is net EEN Woord en ons moet by die Een Woord hou!
 Efes 4:3-6 en ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede EEN Here, EEN Liggaam en EEN Gees, soos julle ook geroep is in EEN hoop van julle roeping, EEN Here, EEN geloof, EEN doop, EEN GOD en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in julle almal is.
 Efes 1:19-22  Wie en wat is die kerk? ‘’n gebou op die fundament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is in wie die hele gebou goed saamgevoeg, verrys tot ‘n heilige tempel in die Here.
 Mense is geneig om te se solank die kerk Jesus erken en vir God bid is die kerk reg! Verkeerd!! Baie kerke erken Jesus en bid tot God, maar wyk af van die Woord. Die Rooms Katolieke kerk erken Jesus en bid tot God, maar maak dit hulle die regte kerk? Beslis nie! Hulle bid ook tot Moeder Maria, en die apostels vir sekere dinge, hulle noem die Priester Vader om net 2 dinge te noem. Nerens in die Woord lees ons dat ons vir Moeder Maria moet bid nie, sy word slegs 2 keer in die Woord genoem, met die geboorte en met die kruisinging, en die Woord leer ons, jy mag niemand op die aarde “Vader” noem nie! En net Jesus kan jou sondes vergewe, nie ‘n priester wat in ‘n hout-kas sit nie.
 Daar is soveel verskillende kerkgenootskappe, NG Kerk, Pinkster, Rooms Katoliek, Jehowa getuienes ens, wie is dan reg, watter kerk moet ons dan bywoon? Die kerk wat by die Woord van God hou, wat alles doen volgens wat die Woord se, waar Jesus die hoeksteen van die kerk is, en waar die Woord gevolg word oor wie en wat die kerk is! Ek sal later ‘n volledige blog opsit oor watter kerk die regte kerk is volgens die Woord.
 Nou waar le die probleem dan as ons verskil in kerke?
 By die mens! By die gebrek aan kennis oor die Woord. Hos 4:6 My volk gaan ten gronde weens gebrek aan kennis, en omdat jy die kennis verwerp, sal Ek jou ook verwerp!
 Ons het nou gesien dat God se ons moet Sy Woord dag en nag bestudeer, dat Hy ons kennis sal gee deur Sy Woord, dat Sy Gees ons sal leer in alles wat Jesus vir ons kom se het, dat ons nie ‘n kerk moet volg net omdat hulle “sag op die oor is nie”
 As jy nie saam stem oor wat jou kerk doen nie, gaan kyk wat se die Woord, sien self of hulle reg of verkeerd is, en maak seker dat jy goed genoeg kennis het oor die Woord voor jy kerke oordeel of verlaat. Satan wil verdeeldheid in die kerk he, en hoe doen hy dit? Deur mense! Pastore en Dominees ingesluit, luister na die Heilige Gees as jy in ‘n kerk sit waar jy nie gelukkig is nie, maak oop vir God se Gees om jou in waarheid te ly
1 Joh 2:27 En die salwing wat julle van Hom ontvang het bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie, maar soos die salwing julle van alles leer, so is dit ook waar en geen leuen nie, en soos die julle geleer het, so moet julle in Hom bly.
 Gal 4:6 En omdat ons Sy kinders is, het God die Gees van Sy Seun in ons harte gestuur, en in ons roep Hy uit “Abba” (Vader).
Ons is dus toegerus met Die Woord en met die Heilige Gees om uit te kan vind of ons in die regte kerk sit of nie
.Matt 22:29 Toe antwoord Jesus en se vir hulle “ Julle dwaal omdat julle nie die Skrifte ken nie en ook nie die krag van God nie”
 In Rom 10:2 se Paulus want ek getuig van hulle dat hulle ‘n ywer vir God het, maar sonder kennis.
 Ten slotte, toe Jesus versoek was deur satan om die klippe in brood te verander het Jesus hom as volg geantw: Mat 4:4 Maar Hy antwoord en se: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.
 In hierdie versie kan ons ook sien dat die Woord van God nie net sekere vese het wat van toepassing is op ons lewens nie, die Bybel bestaan uit 30 000 verse en elkeen van hulle is in die Bybel vir ‘n rede! Tot wanneer dit by die stamme kom!  Hoekom was dit belangrik om te se die een was die seun van daai een, en daai een die seun van die ander een? Hoe is dit van toepassing op my lewe? Omdat dit na die familie bloedlyn van Jesus opbou. My punt is, dat niks in die Bybel staan sonder ‘n rede nie, God het nie die Bybel laat opstel sodat ons verwar kan raak, of kan stry, of kan verskil nie, maar juis sodat ons dit kan bestudeer en dit kan leer en leef!
 Die Woord is ons GPS, ons handboek, ons riglyn waarby ons moet hou.
Jesus seën

Belinda


As jy enige geestelike hulp, gebed of berading verlang skryf aan Belinda Paar (belindapaar@gmail.com)
 

Enhanced by Zemanta

Hoekom verskil Christene en Christelike kerke van mekaar?-Deel 1

Cover of "Churches"
Cover of Churches


 
Verskil mense se mening oor die Bybel omdat Jesus nie wil he ons moet saamstaan en saamstem oor die Woord nie, Weerspreek die Woord homself? Is dit reg dat mense sekere verse verskillend verstaan as ander? Is dit reg om oor die Woord te stry en verskillende opinies daaroor te he? Sommige mense se God het nog nie alles aan ons bekend gemaak nie, en gebruik soms tot die Woord om die stelling te staaf deur ‘n Bybel vers te gebruik wat se, “ vandag verstaan jy ten dele, maar eendag sal jy ten vole verstaan”, ander se dat die Woord sy vertaling verloor het oor die jare.
 Kom ons kyk wat se die Woord:
 Die Woord is waarheid:
1Kor 14:37 As iemand meen dat hy ‘n profeer of ‘n geestelike mens is, moet hy erken dat wat ek aan julle skrywe, bevele van die Here is!
 Die Woord verander nie met tyd nie:
1 Pet 23-25 want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike deur die lewende Woord van God wat tot in ewigheid bly ….(25) maar die Woord van die Here bly tot in ewigheid wat aan julle verkondig is.
 Mense sal die Woord probeer aanpas vir hulle eie gewin:
 2Tim 4:3-5, want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikheid, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fables. Maar wees jy in alles nugter, ly verdrukking, doen die werk van ‘n evangelis, en vervul jou bediening!
 Die Woord is nie onvoltooid nie!
2 Tim 3:15-17 en dat jy van klein af die Heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Jesus Christus. Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysinging, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees vir die goeie werk volkome toegerus!
Die Woord weerspreek homself nie!
Ons lees in Mark 3:24-26 En as ‘n koningkryk teen homself verdeeld is, kan hiedie koningkryk nie bly staan nie, en as ‘n huis teen homself verdeeld is kan daardie huis nie bestaan nie, en as die satan teen homself opstaan en verdeeld is, kan hy nie bly staan nie, maar hy kom tot ‘n einde.
 As die Woord homself weerspreek het, was daar verdeeldheid in die Woord en kan die Koningkryk van God nie bestaan nie! As satan homself nie weespreek nie, en nie opstaan teen homself nie, hoekom doen kinders van God dit dan so maklik? Dit beantwoord dan my vraag oor mag ons stry oor die Woord?
In Jesus se gebed bid Hy vir God (Joh 17:17) Heilig hulle in U waarheid, U Woord is die waarheid! Hierdie is ‘n gebed tussen Jesus en God! Jesus se U Woord is Waarheid, wie gee ons as mens dan die reg om dit te wil aanpas en verander en daaroor te wil stry?
 Die Woord is nie te moeilik om te verstaan nie!
 2Tim 3:15-17 en dat jy van klein af die Heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Jesus Christus.
 Jesus se in Mark 7:14 En Hy het die hele skare na Hom geroep en vir hulle gese “Luister almal na My en verstaan.
Hand 17:11 & 12 …hulle het die Woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was en baie van hulle het dan ook gelowig geword.
 God het vir ons Sy Gees gegee om ons te leer, 2Joh 14&17&26 Maar die Trooster (Heilige Gees) wat die Vader in My Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer  wat ek vir julle gese het.
Deel 2 vervolg.
Jesus seën

Belinda


As jy enige geestelike hulp, gebed of berading verlang skryf aan Belinda Paar (belindapaar@gmail.com)


Enhanced by Zemanta

Sunday 10 June 2012

Christen se pligte teenoor ander mense en as toonbeeld

Cover of "The Bible ... In the Beginning&...
Cover of The Bible ... In the Beginning


 

Ons hoor so baie “en jy noem jouself ‘n Christen!!” Wat se die Woord van ons optrede?

Optrede teenoor familie:

Lees Kol 3:18-25 Die huislike pligte. Hierdie is die riglyne van ‘n goeie funksionerende gesin, dit is die opdragte wat die Woord gee aan die vrou, man en as ouers.

Ef 5:22 Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here. Dit beteken nie wees sy slaaf nie, maar behandel hom met respek en eerbied, al is dit in ‘n argument. Respek het meer krag as skree en skel en is baie vrouliker!

Ef 6:2 Eer jou vader en jou moeder, dit is die eerste gebod met ‘n belofte, sodat dit met jou goed kan gaan.

Tit 2:1-10 Lees dit asb self, gaan oor kwaadspeek, goeie werke, vroue wat kuis en ingetoe moet wees, hoe ons ons dogters en seuns moet leer, hoe die man die toonbeeld moet wees ens, ‘n baie goeie riglyn uit die Woord van God!

Optrede teenoor armes en mense in nood:

Hand 20:35 Ek het julle in alles getoon dat ons deur so te arbei die swakkes moet help en die woorde van die Here Jesus moet onthou, dat Hy gese het: Dit is saliger om te gee as om te ontvang”

Mat 25:34-40 Hier verduidelik Jesus om aan die wat honger is kos te gee, wat dors is water te gee, wat naak is klere te gee, vreemdes te help ens en eindig dit met vers 40 “ Voorwaar Ek se vir julle. Sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van die broeders van My, het julle dit aan My gedoen!”

Lees ook verder tot by vers 46, die waarskuwing oor wat sal gebeur as ons dit nie doen nie le in vers 41 “ Dan sal Hy ook aan Sy linkerkant se “ Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele, want Ek het honger gehad en julle het nie gegee nie….ens

Lees ook Luk 10:25-37  Gelykenis van die barmhartige Samaritaan – in vers 36 & 37 se Jesus wie jou naaste is. Jesus antw en se “Hy wat barmhartigheid aan jou bewys het, is jou naaste’!!

Mense verstaan naaste liefde verkeerd….ons hoef nie vir elke persoon te gee nie, maar luister wanneer die Here of Heilige Gees met jou praat en dit op jou hart le om vir iemand te gee. Wanneer jy wel vir die persoon gee….word jy daai persoon se naaste…..want jy het barmhartigheid aan hom/haar bewys! Hierdie is kras woorde en ek bedoel dit nie ongevoelig nie, maar God haat lui mense. Hierdie is iets wat ek persoonlik doen by die robort wanneer daar iemand is wat geld bedel. Ek vra vir God om my te se of ek moet gee vir die persoon, en as ek voel God se ek moet, doen ek dit. Hoe antw God mens? Deur liefde, vrede, saligheid, dankbaarheid en bereidheid in jou hart te sit, of deur ‘n Bybelvers in jou gedagtes te sit. As ek enige van hierdie gevoelens skielik teenoor die persoon ontwikkel, gee ek met liefde, want dan weet ek God het my opdrag gegee om so te doen, en weet ek hierdie persoon het dit regtig nodig.

Optrede in besigheid / by jou werk:

Ef 6:5-9 Lees weereens self, dit gaan oor hoe ons, ons werk moet verrig, met bereidwilligheid, opregtheid, goedwilligheid en asof ons vir God werk.

Tit 2:9&10 Diensknegte moet onderdanig wees, en nie tee praat nie, hulle moet niks ontvreemd nie, maar alle goeie trou betoon, sodat hulle die leer van God ons Verlosser in alles kan versier.

Teenoor ons staat

Rom 13:1-5: Hier word ons gese om ons landswette te onderhou, in Suid Afrika is ons nie so gelukkig om te kan se dat ons staat, Godvresende mense is nie, maar ons lees ook in die Woord dat ons vir ons staat moet bid dat hulle sal doen wat reg is in die oe van die Here! Laat ons aanhou bid soos Pualus se “Sonder ophou en totdat jou vreugde groot is” Onthou God is Almagtig en die gebed van ‘n regverdige het groot krag (Jak 9:1)

Ten slote, volgens die Bybel moet ons belasting betaal, dit is ‘n landswet asook ‘n wet van God, weereens moet ek se, al is dit ook iets wat swaar op my hart le, omdat ons so ooglopend uitgemergel word deur die staat, ons moet by die riglyne van God hou en om belasting te ontduik steel ons en dit is sonde!

Jesus seën

Belinda


As jy enige geestelike hulp, gebed of berading verlang skryf aan Belinda Paar (belindapaar@gmail.com)

Enhanced by Zemanta

Wat verwag God van jou nadat jy ‘n Christen geword het?

English: Jesus entering Jerusalem on a donkey
English: Jesus entering Jerusalem on a donkey (Photo credit: Wikipedia)

 


Hoe moet ons leef nadat ons ons lewe vir Jesus gegee het en gedoop is? Baie Pastore preek “once saved, always saved” dit is nie waar nie, ons moet werk aan ons verhouding met die Here, ons moet elke dag daarna strewe om God gelukkig en trots te hou op ons. Kom ons kyk wat se die Woord.


Lees die Bybel elke dag! Ps 1:2  maar sy behae is in die wet van die Here, en hy oordink die wet dag en nag.

Wees bereid om vir God te werk! iiTim 2:15 Le jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.

Bid gereeld en vurig, dit is hoe ons God dank, ons hartbegeertes met Hom deel en Hom vra om ons te help. Pet 5:7  Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle! 1 Tes 5:17 se Paulus: Bid sonder ophou. Joh 15:7 Jesus se: Alles wat ons in Sy Naam vra, sal ons ontvang. En as ons vir ander mense bid, seen God ons!

Gaan gereeld kerk toe sodat julle opgebou kan word en in vrede en troos kan lewe: Hand 9:31 En die gemeentes…het vrede gehad en terwyl hulle opgebou is en gewandel het in die vrees van die Here, en die vertroosting van die Heilige Gees, het hulle vermeerder.

Gee vrylik aan die kerk en betaal jou tiendes. Baie mense redekabel oor die tiendes. God se wat jy saai, sal jy maai…as jy geld saai, sal jy geld maai. Mal 3:8-10 Mag ‘n mens God beroof? Want julle beroof My en julle se “ Waarom het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe. (9) Maar die vloek is julle belaai en tog beroof julle My, julle die hele nasie! (10) Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in My huis kan wees, en beproef My tog hierin, se die Here van die leerskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemele sal oopmaar en op julle ‘n oorvloedige seen sal uitsort nie.

Baie mense kla oor wat die kerk met die geld doen wat hulle invorder. Streng gesproke het dit niks met jou te doen nie, jy gee vir God, wat die kerk daarmee doen is ‘n saak tussen hulle en God. God sal jou seen vir wat jy gegee het en met hulle diensooreenkomstig werk as dit nodig is.

Ondersteun mekaar in geloof sodat niemand verlore gaan nie Heb 3: 12&13 (verkort) Sorg dat daar nie miskien in een van julle ‘n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende  God afvallig word nie, maar vermaan mekaar elke dag!

Laastens, maak seker dat jy ‘n voorbeeld is van Jesus, behandel mense reg en met respek, laat jy die spieelbeeld wees waarin mense Jesus sien, die advertensie van Jesus! Baie mense noem hulleself Christene en tree glad nie so op nie, en dit veroorsaak dat Christene ‘n slegte naam kry, tree op sodat mense wil he wat jy het! Jesus in jou!!

Jesus seën

Belinda


As jy enige geestelike hulp, gebed of berading verlang skryf aan Belinda Paar (belindapaar@gmail.com)

 

 


Enhanced by Zemanta

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...