Tuesday 12 July 2011

Hoe weet ek wanneer God my antwoord?

Wedding 2Image by junibears via Flickr


Wanneer ons bid en God iets vra, is die eerste gedagte wat ons kry van God, die 2de gedagte van twyfel is of van onsself of van satan.

Wanneer God met ons praat word ons gevul met vrede, saligheid, tevredenheid, blydskap ens. God antwoord ons met die vrug van die Gees. Satan kan nie die vrede van God na maak nie, so wanneer jy innerlike vrede kry oor iets in gebed kom dit van God af.

Gevoelens van bangheid, rusteloosheid, frustrasie, senuweeagtigheid ens is van satan.

Ps 85:9-11  Ek wil hoor wat die Here spreek. Ja, Hy spreek vrede vir Sy volk ….(vers10) heerlikheid, (vers 11) goedentierenheid en trou ontmoet mekaar, geregtigheid en vrede kus mekaar.

Jak 3:17 Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins.

1Kor 14:33 Want God is nie ‘n God van wanorde nie, maar van vrede, soos in die gemeente van die Heiliges.
Die engelse Bybel beskryf dit so mooi….God is not the author of confusion, but of peace!

Nog punte en verse om te weet antwoord kom van God af!

Job 28:28 Jy voel respek of bangheid van God.

Spr 4:7  Die antwoord versterk jou geloof in jou kennis van die Bybel.

Kol 1:11&12  en met alle krag bekragtig word, volgens Sy heerlikheid tot alle lydsaamheid en lankmoedigheid met blydskap (vers12) Jy ondervind dankbaarheid teenoor ons Vader.

God praat vinnig so ons moet leer om te luister wanneer Hy onder gebed vir ons iets se, leer om te erken wanneer dit Hy is en moenie toegee aan satan wat in luister na gebede nie.

As jy nog twyfel of God jou geantwoord het vra Hom om dit in Skrif vir jou te bevestig, bid dat die Heilige Gees jou sal lei in die Woord sodat jy bevesting kan kry.

Verder sal God mense gebruik om dit te bevestig, ewe skielik uit die bloute preek jou pastoor of dominee oor dit wat jy gebid het, of vriend en selfs vreemdeling kan skielik “uit die bloute” oor die selfde ding met jou gesels…..ons aanbid ‘n wonderlike God, ons moet net leer om te hoor wanneer Hy met ons praat.

Jesus Groete

Belinda


As jy enige geestelike hulp, gebed of berading verlang skryf aan Belinda Paar (belindapaar@gmail.com)

Enhanced by Zemanta

2 comments:

  1. Baie dankie vir die teaching Belinda, Seen vir jou.

    ReplyDelete
  2. ℓιєƒ hoe jy dit uiteen sit regtig ....

    Baie dankie вєℓιη∂α

    ßĿЄ$$ĪИǤ$!!!! ♡♡♡

    ReplyDelete

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...