Tuesday 5 July 2011

Wat is 'n demoon?

Job-BlakeImage via Wikipedia
Demone is engele wat saam met satan afvallig geraak het en wat ook uit die hemel gegooi was saam met hom. Hulle is satan se helpers. Hulle doen die werk van die duiwel. Hulle is vyande van God, en alles wat goed is, hulle is ons vyandig gesind en los ons nie uit nie. Hulle is vervloek deur God. Die Bybel se hulle is onrein geeste!




Maar dit is nie die engele self wat die demone is nie, nadat die engele geval het, het hulle gemeenskap gehad met vrouens op die aarde en hulle het kinders gehad, nadat Sodom en Gamora uitgewis is, het hierdie kinders se geeste demone geword, die gevalle engele is tans in die verderf (Doderyk) toegesluit totdat Jesus satan verslaan, daarna gaan hulle saam satan in die hel toegesluit word vir 1000 jaar. Hulle is tans in gevangenis (Tataros- Griekse woord vir Doderyk) wat soos die voorportaal van die hel is. Die hel self (Gehenna - Giekse woord vir hel) is waar satan toegesluit gaan word saam met die vervalle engele en valse profete.

Matt 25:41 Dan sal die Koning vir die aan sy linkerkant se " Gaan weg van my af julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is.

Matt 5:2 En toe Hy uit die skuit gaan, kom daar dadelik 'n man uit die grafte Hom tegemoet met 'n onreine gees!

Efes 6:12  Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie (mense nie) maar teen elke mag en gesag, teen elke bose gees wat heers oor hierdie sondige wereld, teen elke bose gees in die lug!

Hoeveel demone is daar?

Daar is baie maar hulle is nie oneindiglik nie.Open 12:4 "Sy sterk het 'n derde van die sterre van die hemel saam gesleep en op die aarde neergegooi"

Maar onthou dat dit nie hulle is wat demone is nie, maar hulle kinders!

Watter tipe demone kry jy? 


Vir elke negatiewe emosie wat daar is, is daar 'n demoon wat druk uitoefen op hierdie emosie en die emosie binne jou versterk. Vir alles wat teen God is, is daar 'n demoon. Demoon van vrees, selfhaat, depressie, skinder, humeur, siekte, woede, armoede, haat, selfmoord, jaloesie, rebellie, opstandigheid, wraaklus, wellus ens.Om rebels te wees kom 100% van satan af...hy was die eerste een wat die sonde gepleeg het toe hy rebels geraak het teenoor God!

Volgende blog: Wat se magte het demone?

Jesus Groete
Belinda

As jy enige geestelike hulp, gebed of berading verlang skryf aan Belinda Paar (belindapaar@gmail.com)
Enhanced by Zemanta

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...