Friday 22 July 2011

Die Huwelik – Deel 8 – Wat is die behoeftes van die man.

BMW S1000RR on the trackImage via Wikipedia


Net soos die vrou behoeftes het in die huwelik so het die man ook, ons vrouens is so geneig om te dink die man is sonder behoeftes en as hy een het, is dit net om seksueel bevredig te word, kom ons kyk wat het opnames deur mans getoon as belangrike behoeftes vir hulle in die huwelik.



Behoefte om aanvaar te word:
‘n Man wil nie aanvaar word nie, hy het ‘n behoefte daaraan om aanvaar te word, ‘n man wil wees wie hy is, nie wie die vrou wil he hy moet wees nie. As ‘n vrou vir ‘n man begin voorskryf wie hy moet wees verloor hy sy identiteit en manlikheid. Louis Malherbe het dit so mooi gestel hy se “om ‘n man te aanvaar beteken nie verander nie, aanvaarding bring verandering!” Moenie jou man probeer verander nie, hy sal verander as jy hom aanvaar soos hy is.

Waardering:
‘n Man wil waardeer word! Waardeer wat hy vir jou doen, wys hom dat dit wat hy vir jou as vrou doen, dra jou goedkeuring weg, en se gereeld vir hom dankie vir al sy harde werk, vir die kos op die tafel, vir die voorsiening van hy verskaf vir die gesin.’n Man wat waardeer word, doen baie meer as ‘n man wat voel hy word nie waardeer nie, en dit bou sy selfbeeld in die buite wereld as man. Mans is kompeterend met ander mans, en ‘n vrou en kinders wat hom waardeer is ‘n baie mooier en grooter status-trots as ‘n BMW in die motorhuis!

Respek: 
Respek vir jou man is uiters belangrik. Nerens in die Bybel se God dat die vrou die man moet lief he nie, Hy se net vrou, respekteer jou man. As God dit as opdrag vir die vrou gegee het, moet dit baie belangrik wees vir die man! ‘n Man het ‘n grooter behoefte aan respek as liefde. Wanneer jy jou man respekteer, kom die Heilige Liefde van God in julle huwelik. Deel van respek vir jou man is, om nie agter sy rug van hom te skinder nie, respekteer jou man genoeg om julle privaat lewe, privaat te hou!

Aanmoediging:
Net soos wat ons as vrou aangemoedig wil word met woorde soos “ek is trots op jou” so wil jou man dit ook hoor, wanneer ‘n vrou ‘n man aanmoedig gee dit hom nuwe krag om aan te gaan en meer suksesvol te wees. Wanneer jy jou man afbreek....breek jy sy drome af! En 'n man sonder drome is 'n dooie siel. Wil jy met so man getroud wees? 'n Man wat opgehou het om te droom oor 'n gelukkige en suksesvolle lewe?

Kommunikasie en vriendskap:
Wees jou man se beste vriendin. Mans praat nie maklik oor hulle gevoelens nie, en as jy nie die persoon is met wie hy kan praat nie, met wie moet hy dan gesels om van sy laste, bekommernisse, en probleme?. Wees sy vriendin, luister en gee raad sonder om afbrekend te wees, dit is onsettend belangrik dat mans ook uitpraat.

Aantreklikheid en trots:
Mans wil ook hoor hulle lyk goed, net soos vrouens, ons almal het ‘n selfbeeld waaraan ons werk. Se vir jou man as hy goed lyk, hy sal dit baie waardeer! Dieselfde gaan vir die vrou, gee jou man rede om trots te wees op jou, een van sy sukses-statusse is “kyk hoe lyk die vrou aan my arm”, maak seker jy gee hom daai trots in sy lewe.

Godsdiens: 
‘n Man se bediening begin by die huis! As jy wil he jou man moet God dien, laat hom toe om jou te bedien by die huis met Godsdiens! Ondersteun hom met liefde, nie met oorheersing nie, en moet nooit vir jou man se “God gaan jou straf oor iets nie”, vra hom eder wat sal God daarvan se as Hy nou hier gestaan het? Gee hom iets om aan te dink eder as hom skuldig te laat voel.

Seks:
Vrouens reageer op gevoel, aanraking en liefde, mans reageer op wat hulle sien! So maak seker jy lyk aantreklik in die slaapkamer, gooi maar die oor-groot slaapklere weg en kry iets wat aantreklik is vir jou man, jy sal verbaas wees hoe ‘n man reageer op wat hy sien eder as wat hy voel.Lyk begeerlik vir jou man, reageer op hom, en hou jou sekslewe opwindend. Seks in die huwelik is ‘n instelling van God, dit is nie ‘n sonde nie, God se in sy Woord geniet gemeenskap.

Spr 5:18-20  (Nuwe vertaling) Laat jou eie fonteine vir jou ‘n seen wees, Geniet jou eie vrou, Laat haar borste vir jou vreugde gee, Laat haar liefkosing jou die hele tyd oorweldig, My seun waarom sal jy liefde by ‘n ander vrou gaan soek?

Indien u geestelike berading of gebed benodig kontak my by belindapaar@gmail.com
Enhanced by Zemanta

2 comments:

  1. Ek het onlangs die boek van The secrets of fasinating womanwood gelees. Dit het my oe oopgemaak in wat 'n man in 'n vrou soek en dat jy eers jou saak met God moet regmaak voor eninge iets anders. God lei ons op die pad wat hy wil he ons moet loop maar soms wonder ons nog steed oor dinge.
    My man het onlang met 'n nuwe werk begin en is nie meer homself nie. Ek het met die ding in my begin van daar is 'n 3de persoon betrokke. Ek bedien hom by die huis en ek glo nie ek kan meer simpatie gee as wat ek reeds doen nie, maar tog voel ek verwerp en voel dit vir my of hy my wegstoot. Hoe sal ek 'n andwoord kry om te weet of daar 'n ander vrou betrokke is. Ek bid elke dag vir God vir 'n anderwoord.
    Sal eninge raad wardeer.
    My persoonlike e-mail adress: yolene1@mobileemail.vodafonesa.co.za

    ReplyDelete
  2. Hi Yolene,

    Dankie vir jou briefie, ek gaan jou hier antw sodat vrouens met dieselfde probleem dit ook kan lees maar sal jou ook persoonlik kontak en saam met jou gebed doen.

    Nie een van ons vrouens kan ons mans heeldag oppas om te sien dat hulle nie iets verkeerd doen nie, maar Jesus kan!

    Ek bid elke oggend wanneer ek my geestes tyd met God het en vra dat Jesus saam met my man en kinders sal wees die deur die dag, hulle ore sal toemaak as hulle nie moet hoor nie, hulle oe moet blind maak as hulle nie moet sien nie,en hulle monde toe moet hou as hulle nie moet praat nie, en dan pleit ek die Bloed van Jesus oor ons almal vir beskerming. Ek bid dit omdat die Woord se ons vrouens moet onderdanig wees aan ons mans, onderdanig direk vertaal van Hebreeurs beteken "warrior", Shield, protector at home, dit beteken ons moet hulle beskerm deur gebed, hulle "shield" teen teenspoed, en hulle krygsvegters wees teen aanslae van die duisternis....ek bid dit ook omdat die Woord se beskerm jou poorte want dit beinvloed jou lewe, ons poorte is ons oe, ore en mond....my antwoord is dus dat as jy bid dat hy "blind" moet wees vir wat hy nie moet sien nie, sal hy nie 'n ander vrou raak sien nie, al flik-flooi sy haarself flou voor hom, want die Huwelik is 'n instelling van God en Hy SAL dit beskerm as jy Hom vra, hoop dit antwoord jou vraag maar ek sal jou persoonlik ook kontak.

    Jesus groete
    Belinda

    ReplyDelete

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...