Monday 25 July 2016

Die sleutel tot ons gedagtes


Image result for person thinking



Ek het grootgeword met die siening dat ons gedagtes van een van DRIE plekke af kom, naamlik uit myself uit, van God af, of van satan af. Maar tog is dit nie wat ek in die volgende teksvers lees nie:

2 Kor. 3:5: “Nie dat ons uit onsself bekwaam is om iets as uit onsself te bedink nie, maar ons bekwaamheid is uit God,…”

Lees gerus mooi wat daar staan, woord vir woord. Daar staan dat ons NIKS AS UIT ONSSELF kan bedink nie. Dit beteken niks anders as dat my gedagtes van NET TWEE plekke af kom, en dit is van God af, of van die satan af. Al wat ek en jy het, is ‘n vrye wilskeuse om die volgende te doen:

2 Kor. 10:5: “…terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en ELKE GEDAGTE GEVANGE NEEM tot die gehoorsaamheid aan Christus,…”

Die oomblik wat ek en jy hierdie waarheid besef, dan sal ons onmiddellik weet wie is in my gedagtes met my besig, die Here of die duiwel? Maar die probleem is, ons het hierdie nooit geweet nie, want Jesus sê in Matt.22:29 dat ons dwaal omdat ons die Skrifte nie ken nie.

En al wat satan doen, is om gedagtes in jou kop te plaas in die EERSTE persoon, bv. “Ek is ‘n mislukking”, of “Ek is nie goed genoeg nie” ens., dan dink jy dit is jou eie gedagtes, en dan begin jy jouself daarvoor verkwalik of baie skuldig te voel... Maar ons eerste teksvers het duidelik gesê dat ons NIKS as uit onsself kan bedink nie. So daardie is NIE my eie gedagtes nie.

Hulle is ook nie van God af nie, want daardie eerste teksvers het ook gesê Hy is die een wat my “bekwaam” maak, so my “bekwame” gedagtes is uit God uit. ‘n “Bekwame” gedagte is bv. “Ek moet opstaan en gaan werk, want my kinders het kos en klere nodig”, of “Ek moet lief wees vir my man en kinders…” ens.

Dan kan dit net een ander persoon wees wat daardie negatiewe gedagtes vir my gegee het, en dit is die duiwel. En wat moet ek met hom doen? Wel eerstens moet ek daardie gedagte/s gevange neem tot gehoorsaamheid aan Christus, en tweedens moet ek:

Jak. 4:7: “Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.”

Hoe doen ek dit? Jesus het nooit die duiwel of enige demoon in Sy gedagtes weggestuur nie, Hy het hulle ALMAL met Sy MOND weggestuur. En dit is presies wat ek en jy ook moet doen. Ons kan nie met die duiwel in ons gedagtes baklei nie. So, wanneer ek so ‘n negatiewe gedagte oor myself kry, moet ek hardop sê: “Here Jesus, ek onderwerp nou my gedagtes aan U, want ek weet dit is nie U wat hierdie gedagtes vir my gegee het nie, en ek weet ook nou dat dit nie ek self is nie. Satan, nou weerstaan ek jou, en hierdie gedagte wat jy in my kop geplaas het, in Jesus Naam, en ek werp dit uit my kop uit!”

En jy hou aan om dit te doen, ELKE KEER wat so ‘n gedagte in jou kop wil posvat, en jy gaan sien hoe jy in oorwinning begin kom oor al daardie verkeerde gedagtes wat na jou toe kom.

(tiaan gildenhuys - tg@oicb.co.za)
Geplaas met toestemming van Tiaan Gildenhuys


Monday 18 July 2016

Wanneer word begeerte sonde?


Image result for begeertes van jou hart


Die Woord leer ons dat ons nie mag begeer nie, so waar lê die streep, deur iets te begeer en baie graag iets te wil hê?

EXODUS 20:17  Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.

‘n Begeerte is onversadigbare honder en dors wat nooit genoeg kry nie. Uit die boonste skrif sien ons maar ‘n paar dinge wat ons nie mag begeer nie, maar daar is baie ander dinge ook wat ons nie mag begeer nie, soos byvoorbeeld om iemand anders te  wil wees, iemand se persoonlikheid te wil hê, sy/haar posisie, of prestasies ens.

As jy by jou werk iemand ander se pos begeer, en dit jou doel maak om daardie pos te kry, ten koste van die ander persoon wat die pos beklee, is dit sonde….nie ambusie nie….sonde! Want die Woord leer ons ook dat ons nie mag steel nie, en dat ons, ons naaste moet liefhê. As jy iemand uit sy pos gaan kry, net omdat jy die pos wil beklee, steel jy, en het jy geen naaste liefde in jou nie, ook nie God se liefde nie. Hieroor waarsku die Woord ook.

1 JOH 2:15  Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie. 
1 JOH 2:16  Want alles wat in die wêreld is, die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe, is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld. 
1 JOH 2:17  En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.

Enige iets wat ons begeer wat teen God se Woord is, is sonde, soos om lotto te wen, om ‘n aand uit te kan gaan en moedeloos besope te raak, om iemand anders se vrou /man te begeer, om rykdom na te jaag. Rykdom is nie die sonde nie, geldgierigheid is sonde, God wil hê dat ons almal finansieël geseend moet wees, maar ons moenie geldgierig wees nie.

God se vermaning oor begeerte is ‘n sterk veroordeling, kom ons kyk wat se die Woord.

1 THIM 6:8  Maar as ons voedsel en klere het, moet ons daarmee vergenoeg wees. 
1 THIM 6:9  Maar die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang. 
1 THIM 6:10  Want die geldgierigheid is 'n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor. 
1 THIM 6:11  Maar jy, man van God, vlug van hierdie dinge weg, en jaag ná die geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid.

Ek sien nou die dag die vraag op face book. “If money is the root to all evil, why does the church ask for money?” Kyk wat sê die Woord….nie geld nie….maar geldgierigheid. Wanneer mens geldgierig is gaan jy nie vir die kerk geld wil gee nie, want jy wil alles vir jouself hou.
Om geldgierig te wees is sekerlik een van die lelikste dinge wat mens kan wees, want God is in elk geval die een wat vir jou finansieël voorsien. Alles wat ons het, het ons by God gekry.

JAKOBUS 1:14  Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. 
JAKOBUS 1:15  Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.

Hierdie is nie net fisiese dood nie maar ook emosionele dood, dit kan ook vriendskappe, familiebande en besigheidsverhoudings dood maak.

LUKAS 12:20  Maar God het aan hom gesê: Jou dwaas, in hierdie nag sal hulle jou siel van jou afeis; en wat jy gereedgemaak het, wie s'n sal dit wees? 
LUKAS 12:21  So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is in God nie.

 Miskien is dit tyd dat ons na ons lewens kyk en sien is ons begeertes verkeerd? Ons mag graag goed wil hê om ons lewens gerieflik te maak, en God wil dit vir jou gee, bid daaroor, glo en jy sal ontvang, maar maak seker dat dit wat jy WIL hê is in lyn met God se Woord.

PSALMS 37:4  en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart. 

Indien enige een gebed of geestelike berading benodig, kontak my gerus belindapaar@gmail.com

My volk gaan ten gronde


Image result for volk gaan ten gronde


Jes42:18 – 23:  “Hoor, julle dowes, en kyk, julle blindes, om te kan sien.  Wie is blind buiten my kneg en doof soos my boodskapper wat Ek stuur? Wie is blind soos die vertroude vriend, en blind soos die kneg van die HERE?  Jy het wel baie dinge gesien, maar daar geen ag op gegee nie; die ore oop gehad, maar jy hoor nie. Dit het die HERE behaag ter wille van sy geregtigheid om die onderwysing groot en heerlik te maak. En tog is dit ‘n beroofde en geplunderde volk; hulle is almal gebonde in kerkers, verborge in gevangenisse; hulle het ‘n buit geword sonder dat iemand red, ‘n plundering sonder dat iemand sê: Gee terug! Wie onder julle luister na hierdie dinge? Wie merk op, hoor dit ook vir die toekoms?”

Die Here praat al sedert die begin van hierdie jaar met my oor die feit dat Sy kinders nie die volheid besef van wat Jesus (Yeshua) vir ons aan die kruis gedoen het nie, en ook nie besef wat die krag is wat tot ons beskikking is deur die Bloed van die Lam en die Naam van Jesus (Yeshua) nie.

Vader lê dit hierdie week op my hart om vir die mense, uit bogenoemde teks gedeelte, te gaan vertel dat dit tyd is om wakker te word en te besef wie ons is in HOM en wie Hy IN ons is deur Sy Gees! Wat Vader duidelik uitgelig het, is dat Hy soveel kennis vir ons vermeerder het in hierdie tyd waarin ons leef, maar dat Sy kinders só in Godsdiens vasgevang is, dat hulle konstant die kennis verwerp en bloot maar net tevrede is om as gemiddelde Christene onder die aanslae van die Satan te lewe!

Vers 21 van Jesaja 42 stel dit baie duidelik dat dit God behaag om vir ons die onderwysing groot te maak, maar dat nie almal bereid is om dit aan te neem nie. Onmiddelik by die bedink van hierdie deel, kom die Skrif uit Hosea 4: 6 na vore:

“My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.”

Die skrikwekkende deel hier is dat God bereid is om ons kinders te vergeet, omdat ons ons harte verhard!

Die Here het ook baie uitdruklik daarop gewys dat die meerderheid van Sy kinders heeltyd net in “defense mode” opereer, omdat hulle nie weet watter outoriteit hulle het om te kan aanval en Satan te kan teenstaan nie en vir hom te kan sê: “gee terug” nie. Voordat ek hierdie week uitgegaan het om hierdie boodskap te gaan bedien, gee die Here my 'n droom waarin Hy die boodskap bevestig en dit ook prakties voorstel.

Ek droom dat ons êrens in oop veld is by 'n kampeerplek saam met 'n klomp mense en terwyl ek en 'n vriend so aanstap, roep 'n ander man ons en vra dat ons hom moet help om die bus vol mense wat in die grondpad afkom, voor te keer. Terwyl ons nader stap, trek hy solank wit handskoene aan met die lemmetjie groen kleur in die binnekant, soos wat die verkeersmense altyd dra. Hy was ook in gewone klere aangetrek soos die res van ons, maar toe hy sy regterhand in die lig steek om vir die bus te wys hy moet stop, het die bestuurder onmiddelik reageer en gestop!

Toe ek wakker word en die droom bepeins, ervaar ek dat Vader verduidelik dat hierdie persoon 'n gewone mens was soos ek en my vriend, maar dat toe hy die tekens van die gesag (handskoene) aan sy hande sit en sy hand oplig, toe stop die bus....ongeag of hy 'n verkeersman was of nie.

Net só het ons as kinders van God, ook al die gesag van die Koning van die heelal agter ons en moet ons bloot ons gesag opneem en bereid wees om tot aksie oor te gaan!

2 Korinthiërs 10:4,5: “… want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp,  terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,”

Mag die Heilige Gees aan jou openbaar waar jy nog deur die godsdiensgees verhinder word om in die volheid van Christus te opereer!

 (ernest phillipson - ecp@oicb.co.za)

Saturday 16 July 2016

Waarom is vas en gebed belangrik?


Image result for vas en gebed 


Vas is nie verpligtend nie, dit is ‘n spontane aksie wat ons doen om nader aan God te wees, ons skakel drank en kos uit vir geestelike doel wat bereik wil word. Vas is ‘n hartsaak nie ‘n daad taak nie. God kyk na jou hart wanneer jy vas. Jy kan nie vas en gebed skei nie. Wanneer jy vas moet jy konstant in gebed wees met God, om jou antwoord te kry, vas is om God se aangesig te soek en is ‘n geloofsaak! Baie belangrik…dit is nie om gewig te verloor nie, as jy dink vas en gewigsverlies gaan saam moet dan eder glad nie vas nie.

Waarom vas?

Om ‘n dieper gehouding met God te hê,
Om God se aangesig te soek,
Om ons geestelik te versterk,
Om antwoord te kry op iets wat ons wil doen of hê,
Om ons nederig te maak,
Om God se doel te bereik vir ons lewe,
Vas gee ons wysheid en krag,
Om God te wys ons is ernstig oor die saak en dat ons Sy Wil en antwoord wil hê oor die saak,
Om die juk te breek en om demoniese magte te kan uitdryf deur ons fokus op Jesus en die Kruis te sit wat ons outoriteit gegee het in Sy Naam en deur Sy Bloed,
Vas en gebed dryf nie duiwel uit nie, ons geloof en Jesus se Naam doen,
Vas kan jou los maak van emosies soos bitterheid, vrees, onvergewingsgesindheid ens,
Vas en gebed kan ‘n land draai, by God is niks onmoontlik nie.
Om ‘n ongeredde familielid te red….in te tree by God om die persoon te red.
Wanneer jy deur ‘n beproewing gaan,
Wanneer jy voel jou geestelike lewe is nie reg nie,
Vir siektes
Intersessie,
Berou oor sonde,

Lys verskeie maniere (metodes )van vas.

Ons vas onder leiding van die Heilige Gees en soos Hy voorskryf, nie tradisie of plig nie.

Normale vas – Geen kos net water
Algehele vas – Geen kos en water
Gedeeltelike vas – los sekere kos bv vleis
John Wesley vas – Net brood en water
Bo natuurlike vas – Moses en Jesus vas 40 dae – gelei deur Heilige Gees
Private vas – Niemand weet jy vas nie
Gemeenskaplike vas – byv kerk of groep mense
Yom Kippur vas – (Joodse vas) 1 dag van sonsopkoms tot son onder.
Daniel vas – 21 dae – net groente
Ester vas – 3 dae – nul tot mond

Mag ek ophou wanneer ek my antwoord of deurbraak gekry het?

Ja as jy besluit het om vir 21 dae te vas en na die 3de dag kry jy jou antwoord kan jy ophou vas. Volg die stem van die Heilige Gees in vas. Vas en gebed maak deure oop. Dit laat die Heilige Gees toe om met jou te kan werk, gee Hom kans om met jou te kan werk. Luister na Sy stem, nie jou eie wil nie. Wees opreg in vas.

Tekverse oor vas:

Dan 6:18 Dan 10:3-13 1 Sam 7:6 2 Sam 1:12 2 Sam 3:35 Ester 4:16 Hand 9:9 Hand 13:12 Hand 17:19 Matt 4:2 Matt 6:16 Matt 17:14

As iemand gebed of geestelike berading benodig kontak my belindapaar@gmail.com

Tuesday 12 July 2016

Hebsug! Nooit tevrede nie!


Image result for christelike prentjies
"Gee! Gee! Gee!"
In Spreuke 27:20 is geskrywe: Die doderyk en die plek van vertering word nie versadig nie; so word die oë van ‘n mens nie versadig nie.

Een van die Engelse Bybels stel dit as volg: “Death and the grave are never satisfied, and neither are we.” Daar is ook iets in ons wat soos die dood  en die graf is, nie tevrede met dit wat ons het nie en wil altyd meer of beter hê. Wat ‘n ontnugterende gedagte!!

Die Bybel brei verder op hierdie tema uit in Spreuke 30:15-16: Die bloedsuier het twee dogters: Gee, gee! Drie is dit wat nie versadig word nie; vier sê nooit: Genoeg nie! — die doderyk en die toegesluite moederskoot, die aarde wat nie genoeg water kry en die vuur wat nooit sê: Genoeg nie!”

Begeerte of hebsug in ‘n mens se hart is soos een van hierdie dinge - dood, 'n toegesluite moederskoot, ‘n dorre aarde, ‘n verterende vuur, ‘n emmer vol bloedsuiers. Nooit tevrede nie! Wil altyd meer en meer hê en nooit in staat om te kan sê “GENOEG!” nie.

Dit word vertel van ‘n boer wat deur sy begeerte gedryf is om meer en meer grond te hê. Hy het gehoor van grond wat hy goedkoop kon bekom in ‘n sekere gebied. Hy verkoop toe al sy besittings en gronde, onderneem ‘n lang reis na die gebied waar die grond beskikbaar is, onderhandel met die eienaars en bereik ‘n ooreenkoms met hulle. Vir ‘n vasgestelde bedrag geld kon hy al die grond bekom wat hy in een dag om kon loop. 

Hy het die oggend vroeg begin en vêr geloop in ‘n rigting, links gedraai en in die ander rigting geloop. Hy het ook verskeie kere van sy koers afgedraai om goeie stukke grond in te sluit. Teen die tyd dat hy die laaste draai gemaak het, terug na sy beginpunt, het hy besef dat hy te vêr geloop het. Hy het begin hardloop om voor sononder terug by die beginpunt te kon wees. Vinniger en vinniger moes hy hardloop en het struikelend en vallend by die beginpunt aangekom, nét toe die son sak. Daar het hy inmekaar gesak en gesterf. Hy is daar in ‘n gat begrawe – op die groot stuk grond wat hy so begeer het!

Soveel keer, as ons iets só begeer dat ons amper nie daarsonder kan nie, en ons kry dit, besef ons dat dit nie eintlik was wat ek regtig wou hê nie – dit word dan ‘n binding in pleks van ‘n seën.

Bewaak jou hart daarteen om meer en meer te begeer – jy kan miskien net verteer word deur dit wat jy begeer.

Paulus skrywe in Fillipense 4:11 “Nie dat ek dit uit gebrek sê nie, want ek het geleer om vergenoeg te wees met die omstandighede waarin ek is.” Kom ons kyk na ons Verlosser, Jesus Christus. Hy het nooit geklae oor Sy omstandighede, hoe Hy behandel is of Sy behoeftes nie. Dit is geskrywe in 1 Timótheüs 6:6 “Maar die godsaligheid saam met vergenoegdheid is ‘n groot wins.” 

My liewe vriend en vriendin, kom ons vra die Heilige Gees om ons vergenoeg te maak met dit wat Jesus aan ons gee en om ons in staat te stel om heiligmaking na te jaag in ons lewens en behoeftes.

Cobus van Heerden

Thursday 7 July 2016

Die Onse Vader – wat bid jy?

Image result for die onse vader gebed

MATTHEUS 6:9- 13  Só moet julle dan bid:

Onse Vader wat in die hemele is,….hierdie woorde verheerlik God, dit identifiseer vir Wie jy bid!

 laat u Naam geheilig word;….ons aanbid, prys en loof Hom as Heilige God!

 laat u koninkryk kom;….. laat die Outoriteit van God oor ons kom!

 laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; …Laat dit wees op die aarde net soos in die hemel m.a.w. laat ons ook heilig wees,

 gee ons vandag ons daaglikse brood; ….ons bid vir ons behoeftes,

 en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe; ….vra vergifnis vir jou sonde en spreek ook ander  vry wat teen jou gesondig het, sodat God jou ook kan vergewe!

 en lei ons nie in versoeking nie, ….God kan ons nie in versoeking lei nie….ons vra hier om ons te help dat ons nie inversoeking gelei word nie!

maar verlos ons van die bose…verlos ons van ons sonde, verslawing, geweld, regering ens,

Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid….want U is God tot in Ewigheid!


Amen.

Hindernisse van gebed



Sonde – Onbelyde sonde verhinder gebede, vra altyd vergifnis en vergewe ander.

PSALMS 66:18  As ek ongeregtigheid bedoel het in my hart, sou die Here nie gehoor het nie.

SPREUKE 15:29  Die HERE is ver van die goddelose, maar die gebed van die regverdiges hoor Hy

Ongeloof- Gebed sonder geloof is kragteloos

HEBREËRS 11:6  En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en 'n beloner is van die wat Hom soek.

JAKOBUS 1:6  Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos 'n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.

MARKUS 11:24  Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry

Bitterheid en onvergewensgesingheid- Ons moet vergewe soos God vergewe, anders word ons ook nie vergewe nie. Gaan maak reg as jy droog gemaak het moet iemand en vra vergifnis.

MARKUS 11:25  En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe.
MARKUS 11:26  Maar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die hemele is, ook julle oortredinge nie vergewe nie.

1 JOH 1:8  As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie.
1 JOH 1:9  As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
1 JOH 1:10  As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot 'n leuenaar en is sy woord nie in ons nie.

JOB 36:18  Want pas op dat woede u nie verlok by die bestraffing en die grootheid van die losprys u nie verlei nie.

Gebede met verkeerde motiewe – Byvoorbeeld:- God gaan jou nie toelaat om ‘n ander huwelik op te breek nie, so as jy buite-egtelike verhouding het moenie vir dit bid nie, of om die lotto te wen nie, dobbel is sonde en dit is teen God se Woord en Wil.

MATTHEUS 6:10  laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;

DEUTER 23:18  Jy mag geen hoereloon (lotto /dobbel is ook hoereloon) of hondeprys in die huis van die HERE jou God as enige gelofte offer bring nie; want dié altwee is vir die HERE jou God 'n gruwel.

Geldgierigheid en suinigheid – wat jy saai sal jy maai…(nie net finansiëel nie). God kan nie ‘n toe hand seen nie. God seen jou, sodat jy ander kan seen, gee asof jy vir die Here gee, God het ‘n vrygewige gewer lief!

MALEAGI 3:8  Mag 'n mens God beroof? Want julle beroof My, en julle sê: Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe.
MALEAGI 3:9  Met die vloek is julle belaai, en tog beroof julle My, julle, die hele nasie!
MALEAGI 3:10  Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle 'n oorvloedige seën sal uitstort nie.

1 JOH 3:17  Maar wie die goed van die wêreld het en sy broeder sien gebrek ly en sy hart vir hom toesluit, hoe bly die liefde van God in hom?

2 KOR 9:7  Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het 'n blymoedige gewer lief.

Trots en hoogmoed – Hoogmoed is afkomstig van satan, ons is niks sonder die genade van Jesus nie, God weestaan die hoogmoediges (Jak 4:6) Ons werke behaag God nie, net ons geloof. Wees nederig voor God sodat Hy jou kan verhoog, nie jyself nie.

ESEGIËL 28:17  Hoogmoedig het jou hart geword oor jou skoonheid; jy het jou wysheid verderwe weens jou glans. Ek het jou op die grond gewerp, Ek het jou oorgegee voor die aangesig van konings, dat hulle op jou neer kan sien.
ESEGIËL 28:18  Weens die menigte van jou ongeregtighede, deur die onreg van jou koophandel, het jy jou heiligdomme ontheilig; daarom het Ek 'n vuur uit jou binneste laat uitgaan; dit het jou verteer, en Ek het jou tot as gemaak op die aarde voor die oë van almal wat jou gesien het.

Swak verhouding met Jesus-  Wees gehoorsaam aan Jesus, bly in Hom sodat Hy in jou kan bly. God beantwoord nie gebede as ons nie gehoorsaam is nie.

JOHANNES 15:16  Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.

1 JOH 3:22  en wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom.

Wees nederig-  Streef na heiligmaking en respekteer God. Verneder jouself voor God sodat Hy jou kan verhoog, as jy jouself gaan verhoog, gaan God jou verneder. Hierdie verse is dieselfde as by moenie hoogmoedig wees nie.

Geestelike luiheid- Moenie God ken net wanneer dit sleg gaan nie… ons moet ‘n passie he vir God en Sy Woord, sy gemeente, en om ‘n verhouding met Hom te he, bid gereeld en ons moet Sy Woord op ons harte skryf. Ons moet kokend wees vir God!

OPENB 3:16  Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug.

Afgode en okkultiese bedrywighede en liefde vir wêreldse dinge – wat ons in ons huise het (Afrika kuns, oorsterse beelde ens). Asook sterrevoorspelling, die flieks wat ons kyk, “games” wat ons speel, drank, rook, vuilpraat, geldgierigheid, hoerery ens. Baie mense stem nie hiermee saam nie, maar demone assosieer die flieks en “games” wat jy kyk en speel met satan en gee hulle ‘n wettige ingang in jou huis en lewe. Dit is amper soos die slagspreuk wat sê Die deler is net so goed soos die steler. Alles wat ons bo God stel word ‘n afgod, as jy rugby kyk eder as kerk toe gaan maar jy van rugby jou afgod.

Twis met jou huweliksmaat – Woord se moenie kwaad gaan slaap nie. Twis in huwelik breek die eenheid, onvergewensgesindheid verhinder gebede. God is die insteller van die huwelik, die huwelik is heilig en God het julle een gemaak in gees en vlees, hoe moet die eenheid God aanbid as julle nie in gees een kan wees nie?

1 PETRUS 3:6  soos Sara gehoorsaam was aan Abraham en hom heer genoem het; wie se kinders julle geword het as julle goed doen en geen enkele verskrikking vrees nie.
1 PETRUS 3:7  Net so moet julle, manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe is--sodat julle gebede nie verhinder mag word nie.
1 PETRUS 3:8  En eindelik, wees almal eensgesind, medelydend, vol broederliefde en ontferming, vriendelik.

Kritiese gesindheid (gees) – afbrekende taal, skerp tong, oordeel, geskinder ens.

JAKOBUS 3:5  Net so is die tong ook 'n klein lid en beroem hom op groot dinge--kyk hoe 'n groot hoop hout steek 'n klein vuurtjie aan die brand.
JAKOBUS 3:6  Die tong is ook 'n vuur, die wêreld van ongeregtigheid. Net so 'n plek neem die tong onder ons lede in; dit besmet die hele liggaam en steek die hele lewensloop aan die brand en word uit die hel aangesteek.
JAKOBUS 3:18  En die vrug van die geregtigheid word gesaai in vrede vir die wat vrede maak.

1 PETRUS 3:8  En eindelik, wees almal eensgesind, medelydend, vol broederliefde en ontferming, vriendelik.

MATTHEUS 7:1  Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie.

Ek wil sommer net hierby ook noem dat daar ‘n verskil is tussen oordeel en vermaan… Net Jesus kan oordeel….ons moet vermaan…as jy sien iemand doen verkeer mag jy vir hulle se dat hulle verkeerd is…dit is ‘n opdrag in die Bybel!  HEBREËRS 10:25  en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.

Ondankbaarheid – Wees in alles dankbaar, hou op kla oor wat jy nie het nie, en wees dankbaar vir dit wat jy wel het, want alles wat ons het, het ons van God ontvang. God teken jou salaris tjek!

1 THES 5:18  Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.

Doen restetusie- Maak reg wat jy verkeerd gedoen het. Hou beloftes wat jy nie nagekom het nie. Maak vrede met jou broer, vriend ens, al was jy nie verkeerd nie. Bewaar die vrede! Bly in geregtigheid!

Bid in ‘n ander naam – Daar is net EEN Naam bo alle Name!! Jesus Christus Seun van God en alles wat ons die Vader vra in Sy Naam sal vir ons gegee word (mits dit binne God se riglyne is)

JOHANNES 14:6  Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
JOHANNES 14:7  As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het, en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien.

Gebed buite God se wil – As dit teenstrydig is met God se Woord, Wil en Karakter, sal God die gebed nie verhoor nie!

1 JOH 5:14  En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil.

As iemand gebed of geestelike raad benodig kontak my belindapaar@gmail.com



Waar moet ons bid, vir hoe lank en tot wie?


Image result for person praying

WAAR MOET ONS BID?  

 Woord sê bid enige plek, in publieke plekke, in spesiale vergaderings, voor etes, op die berg (afgesonder), in die tuin, in jou binne-kamer.

Jesus gee goeie voorbeelde van hoe en waar ons moet bid:

MATTHEUS 14:23  En nadat Hy die skare weggestuur het, klim Hy op die berg om in die eensaamheid te bid. En toe dit aand geword het, was Hy daar alleen.
MARKUS 6:46  En nadat Hy van hulle afskeid geneem het, het Hy na die berg gegaan om te bid.
MARKUS 1:35  En vroeg in die môre, nog diep in die nag, het Hy opgestaan en uitgegaan en na 'n eensame plek vertrek en daar gebid.
LUKAS 5:16  Maar Hy het Hom in verlate plekke teruggetrek en gebid.
MATTHEUS 6:6  Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde

HOE MOET ONS BID? 

Ons gebed moet uit ons hart kom, nie herhaling van ydel woorde nie. Maar met opregtheid en met ywer en toewyding , met  geloof, respek, liefde,  dankbaarheid  .  Hard of sag (ek verkies hard want dan word jy jou eie stem gewoond en maak dit makliker om vir ander te bid)
Biddeloosheid is ‘n groot opening vir satan om plek te kry in jou lewe. Biddelose mense maak staat op hulle eie krag en nie die krag van God nie!!

Sonde verwyder ons van God, moenie dat skaamte jou verhinder om te bid en terug te keer na God nie, dit los opening vir satan, gaan maak dadelik reg wanneer jy gesondig het sodat jy rein voor God kan staan. Onbybelse sonde laat jou teen ‘n plafon vasbid!

JES 59:2  maar julle ongeregtighede het 'n skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie.
JES 59:3  Want julle hande is met bloed bevlek en julle vingers met ongeregtigheid; julle lippe spreek leuen, julle tong fluister onreg.

MATTHEUS 6:7  En as julle bid, gebruik nie 'n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word.
MATTHEUS 6:8  Moet dan nie soos hulle word nie, want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra.

MAAK JOU H ARTSBEGEERTE AAN GOD BEKEND IN GEBED!

FILIPENSE 4:6  Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.
FILIPENSE 4:7  En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.

ONS BID TOT GOD, IN DIE NAAM VAN JESUS, ONDER KRAG VAN HEILIGE GEES!.

JOHANNES 16:23  En in daardie dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee.
JOHANNES 16:24  Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.

HANDELINGE 4:12  En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.

FILIPENSE 2:9  Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom 'n naam gegee wat bo elke naam is,
FILIPENSE 2:10  sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is,
FILIPENSE 2:11  en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.

POSTUUR?

Op jou kniee, op jou gesig op die vloer, staan , sit, buig hoofde, oë op na die hemel. Maak nie saak wat jou postuur is  nie, God kyk na jou hart, nie na jou postuur of luister nie na jou woorde wat jy gebruik nie, maar na wat jou gesindheid is, hoe jou geloof is en of jou hart rein is.

GOD IS KONING!! Moenie God na jou vlak bring deur Hom aan te spreek as “Pappa” nie, God is Vader want Hy is Heilig!  Die Woord sê Abba Vader…NIE Abba Pappa nie!!

HOE LANK? 

 Handelinge se aanhoudend, Paulus se sonder ophou, en in Effesiers – Bid altyd en met danksegging.  In die oggend, die aand, middag, 3 maal per dag, heeldag, heelnag, dag en nag, of net ‘n kort kragtige gebed.

HEBREËRS 5:7  Hy wat in die dae van sy vlees gebede en smekinge met sterk geroep en trane aan Hóm geoffer het wat Hom uit die dood kon red, en ook verhoor is uit die angs

WEES STIL EN HOOR GOD SE STEM

Hoe weet ek dit is God wat praat? God praat deur sy Skrif, (iets in Skrif onthou) God praat deur die vrug van die Gees (jy sal blydskap, vrede, vreugde ens. ervaar). God sal jou nie verwar nie….Eng Bybel se dit so mooi “I am not the author of confusion”. God sal jou nie bang maak nie, God se antwoord sal nie teenstrydig met Sy Woord wees nie, en God sal dit bevestig wat Hy gesê het… deur mense, Skrif, of preek in die kerk.

BID OOK IN JOU GEBEDSTAAL

Sodat die Heilige Gees namens jou kan intree, jou taal stig ook jou geloof , Heilige Gees verfris jou en laat jou geestelike groei.

ROMEINE 8:26  En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.
ROMEINE 8:27  En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.

Indien enige een gebed of geestelike raad benodig kontak my belindapaar@gmail.com



Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...