Friday 26 April 2013

Aanneming van baba







Hierdie is 'n spesiale versoek:

As enige iemand daaraan dink om haar baba te laat aanneem kan jy my asb per epos kontak. belindapaar@gmail.com of belinda@dccom.co.za.

Ek het 'n getroude paartjie wat belangstel om 'n boetie of sussie aan te neem vir hulle seuntjie (wat ook aangeneem is). Hulle stel belang in 'n "open adoption" wat beteken dat die geboorte mamma kan kontak he met die kind.

Jesus seen
Enhanced by Zemanta

Friday 12 April 2013

Wangedrag onder tieners



Ouers se so baie keer dat hulle aan al die kinders se behoeftes voldoen, maar nogsteeds ruk die kinders hand uit.

Wat sien mens as “behoeftes”? Eerstens word behoeftes beskryf as materiele dinge, vernaamlik goed soos voedsel, woning en kleding, dan kom ander materiele dinge by soos “bederf” goedjies, fone, karre, motorfietse ens.

Maar daar is iets baie grooter agter die woord.  Behoefte is alles wat die mens nodig het vir die bestaan van sy lewe!

Wat het mens dan nodig om te bestaan?  Liefde is die eerste antwoord wat jy kry of sal gee. Maar hoe onverdeel mens liefde?

Liefde is ‘n behoefte aan belangstelling, aandag, toegeneentheid, respek, onderig e.d.m.
Maar die woord gaan verder, kinders het al hierdie bogenoemde nodig om te bestaan en om te ontwikkel maar hulle moet ook emosioneel, sielkundig en godsdienstig ontwikkel.

Wangedrag by kinders kom voor omdat hulle verwaarloos is, en met dit bedoel ek nie vuil klere dra, swak gevoed word of liggaamlik vuil is of in slordige huise woon nie, maar dat hulle emosioneel verwaarloos word.

God se ons moet leef tot eer van Hom, daarom het Hy ons geskape met ‘n onsterfbare siel sodat ons ‘n ewigheidsbestemming kan ontvang. Om te leef tot eer van God moet ons sielkundig ontwikkel. Sielkundige ontwikkeling is om te leer om lief te he, om aandag te gee, om goed te deel, om omtegee, om God te ken, om skoolonderrig te he, om ‘n familieband te ken, om vrede te bewaar ens.

Hoe en waar leer kinders dit? Eerstens by die huis, dan by die skool, in die gemeenskap en ook by die kerk.

Verwaarlosing van ‘n kind kan beskryf word as ‘n “te kort” d.w.s. dat die kind dinge wat hy nodig het moet ontbeer. Dit is duidelik dat in kinders wat wangedrag toon dat daar ‘n duidelike gemis aan gemeenskapsontwikkeling of gemeenskapsgevoel aanwesig is. Wanneer ‘n kind nie gemeenskapsgevoel ontwikkel het nie, ontstaan ‘n minderwaardigheidsgevoel, ‘n gevoel dat hulle nerens inskakel nie, of nerens hoort nie. Die gevoel bring mee dat die kind na die buitewereld beweeg om aanvaar te word, en dan sodoende met verkeerde vriende deurmekaar raak.

Sodra die kind voel dat hulle “inpas” in die verkeerde groep vriende begin hulle die gevoel van wrokkigheid en selfs vyandigheid teenoor die huisgesin ontwikkel en gee aanleiding tot wangedrag.

Wanneer ‘n kind se ouer-kind-verhouding versteur is en die kind voel dat hy ongewens en in die pad is, kan gevoelens van toegeneentheid (liefde) nie ontwikkel nie.

Ons almal het ‘n behoefte daaraan om aanvaar te word, om in te pas, om deel te wees, om liefde te ervaar, en wanneer ons dit nie ontvang nie begin ons rebels op tree, depressie tree in, minderwaardigheid ontstaan, swak selfbeeld ontwikkel ens, en om ‘n “eie-identiteit” te ontwikkel raak kinders betrokke by dinge waar hulle nie betrokke moet raak nie.

Hierdie tipe van verwaarlosing gebeur in die kind se ontwikkelingsjare, maar kom meeste van die tyd eers uit wanneer die kinders tieners word, wanneer hulle voel hulle is nou oud en groot genoeg om op hulle eie houdjie voort te gaan.

‘n Studie wat gedoen was op wetsoortredende gedrag onder tieners het getoon dat kinders van alle soorte agtergronde later die wetoortree, so dit is nie net kinders wat in minderbevoorregte woonbuurte woon wat later hand uitruk nie. Die studie het bewys dat dit kinders is wat emosioneel verwaarloos was, van enige buurt, ras, en agtergrond.

God het jou as ouer genoeg vertrou om vir jou ‘n kind te gee, maak jou kinders Godsvresend groot, met God se liefde en aandag, luister as jou kind met jou praat, wees deel van hulle lewens, maak tyd vir hulle sodat hulle siele kan ontwikkel soos God dit beplan het.

Jesus groete
Belinda

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...