Wednesday 27 July 2011

Die Huwelik – Deel 9 -Pornografie:

depiction of nudityImage by dunikowski via Flickr


Moet asseblief nie dink dat pornografie julle huwelik aan die “lewe” hou nie. Dit is teenstydig met die woord van God! Pornografie vernieig huwelike en bind jou met satan. Satan sit ‘n vloek op jou huwelik en die vloek is verdeeldheid in die huwelik en piversiteit. Die demone wat saam met pornografie kom is, demoon van wellus, en demoon van hoerery, en jy bring hulle in jou huwelik deur pornografie in jou huis te bring.

As jy pornografie kyk, pleeg jy egbreek Mat 5:27,28 en dan sĂȘ Jesus as jou oog jou laat sondig haal dit uit want dit is beter om blind in die hemel te wees as om met jou hele liggaam in die hel te eindig (Matt 5:29)

Pornogrfie is van satan ! Dink so daaraan sal jy pornografie kerk toe vat en daar gaan kyk ? Nee jy sal nie want jy weet dit is verkeerd.

'n Man se brein is fotografies geskape....hy reageer op wat hy sien! En as julle na pornografie kyk gaan hy kort voor lank dit wat hy in die pornografie gesien het, van jou verwag, of erger wannneer hy met jou gemeenskap gaan he, gaan hy aan die vrou in die pornografiese materiaal dink!

In Daniel 8 vanaf vers 24-26 lees ons hoe slinks satan is :
Maar aan die einde van hulle heerskappy, as die goddelose die maat volbring het, sal ‘n koning optree, hard van aangesig en wat listige streke verstaan, en sy krag sal sterk word, en hy sal buitengewoon baie kwaad aanrig en dit voorspoedig uitvoer, en hy sal magtiges vernietig en ook die volk van die heiliges.
En op grond van sy slimheid sal hy met geluk bedrog pleeg, en hy sal groot dinge onderneem in sy hart en baie mense onverwags vernietig, ja, optree teen die Vors van vorste (God) En vers (26) dit is waarheid!

Verwyder dit, deur dit te breek en weg te gooi, en die vloek daarvan aftehaal. Bid en vra vergifnis vir jou swak kennis om so iets oor jou eie huwelik te gebring het, en verjaag satan in die Naam van Jesus en breek sy mag oor julle. God se in Sy Woord dat onreinhede verbrand moet word, maar blykbaar as mens DVD’s brand gee dit ‘n chemikalie af wat jou kan laat slaap, so ek glo dat as mens bid oor dit, sal God verstaan dat mens dit nie kan verbrand nie en sal aanvaar as mens dit net breek en weggooi.

Spr 4:23 Nuwe Vertaling
Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan ,want dit bepaal jou hele lewe!
Die Ou vertaling bewoord die teks:  BEWAAR jou hart meer as wat bewaak moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe!

1 Joh 2:15
Moenie die wereld liefhe, of die dinge in die wereld nie. As iemand die wereld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie

Vra vir God om jou sonde te vergewe, jou mislikheid teenoor jou maat, jou geirreteerdheid, jou swak en slegte gedagtes en vra om weer jou huwelik te seen met vrede, liefde, lankmoedigheid, verdraagsaamheid ens. Kyk na 1Kor 13 wat se die Woord van liefde en bid dit oor jou huwelik.
Spreuke se:-
Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken hom in al jou wee, dan sal Hy jou paaie gelykmaak. En,
Wees nie wys in jou eie oe nie, vrees die Here, en wyk af van die kwaad, dit sal genesing wees vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente.

Spr 6: 31 Die dief (satan) moet sewevoudig vergoeding gee vir wat hy gesteel het.

Bid vir God, en vra dat die dief sewevoudig moet teruggee wat hy gesteel het, julle gaan sewe keer gelukkiger wees in jou huwelik want God het jou huwelik geseen!

Moenie dat seks videos en TV programme, tydskrifte ens ‘n einde aan jou huwelik bring nie. Glo my dit gaan, want dit is geskep deur satan! En satan vernietig enige iets want God Heilig gemaak het!

Waar het jy van seks geleer? Op die bogenoemde publikasies? Wil jy he jou kinders moet ook daar leer? Hou seks heilig. Leer jou kinders dat dit ‘n heilige instelling is van God sodat hulle nie vasgevang word in die kloue van satan nie.

Jak 4:7
Onderwerp julle dan aan  God.Staan die duiwel tee en hy sal van julle af  wegvlug. Nader tot God en Hy sal  tot julle nader!

Jesus Groete

Indien u geestelike berading of gebed benodig kontak my by belindapaar@gmail.comEnhanced by Zemanta

Friday 22 July 2011

Die Huwelik – Deel 8 – Wat is die behoeftes van die man.

BMW S1000RR on the trackImage via Wikipedia


Net soos die vrou behoeftes het in die huwelik so het die man ook, ons vrouens is so geneig om te dink die man is sonder behoeftes en as hy een het, is dit net om seksueel bevredig te word, kom ons kyk wat het opnames deur mans getoon as belangrike behoeftes vir hulle in die huwelik.



Behoefte om aanvaar te word:
‘n Man wil nie aanvaar word nie, hy het ‘n behoefte daaraan om aanvaar te word, ‘n man wil wees wie hy is, nie wie die vrou wil he hy moet wees nie. As ‘n vrou vir ‘n man begin voorskryf wie hy moet wees verloor hy sy identiteit en manlikheid. Louis Malherbe het dit so mooi gestel hy se “om ‘n man te aanvaar beteken nie verander nie, aanvaarding bring verandering!” Moenie jou man probeer verander nie, hy sal verander as jy hom aanvaar soos hy is.

Waardering:
‘n Man wil waardeer word! Waardeer wat hy vir jou doen, wys hom dat dit wat hy vir jou as vrou doen, dra jou goedkeuring weg, en se gereeld vir hom dankie vir al sy harde werk, vir die kos op die tafel, vir die voorsiening van hy verskaf vir die gesin.’n Man wat waardeer word, doen baie meer as ‘n man wat voel hy word nie waardeer nie, en dit bou sy selfbeeld in die buite wereld as man. Mans is kompeterend met ander mans, en ‘n vrou en kinders wat hom waardeer is ‘n baie mooier en grooter status-trots as ‘n BMW in die motorhuis!

Respek: 
Respek vir jou man is uiters belangrik. Nerens in die Bybel se God dat die vrou die man moet lief he nie, Hy se net vrou, respekteer jou man. As God dit as opdrag vir die vrou gegee het, moet dit baie belangrik wees vir die man! ‘n Man het ‘n grooter behoefte aan respek as liefde. Wanneer jy jou man respekteer, kom die Heilige Liefde van God in julle huwelik. Deel van respek vir jou man is, om nie agter sy rug van hom te skinder nie, respekteer jou man genoeg om julle privaat lewe, privaat te hou!

Aanmoediging:
Net soos wat ons as vrou aangemoedig wil word met woorde soos “ek is trots op jou” so wil jou man dit ook hoor, wanneer ‘n vrou ‘n man aanmoedig gee dit hom nuwe krag om aan te gaan en meer suksesvol te wees. Wanneer jy jou man afbreek....breek jy sy drome af! En 'n man sonder drome is 'n dooie siel. Wil jy met so man getroud wees? 'n Man wat opgehou het om te droom oor 'n gelukkige en suksesvolle lewe?

Kommunikasie en vriendskap:
Wees jou man se beste vriendin. Mans praat nie maklik oor hulle gevoelens nie, en as jy nie die persoon is met wie hy kan praat nie, met wie moet hy dan gesels om van sy laste, bekommernisse, en probleme?. Wees sy vriendin, luister en gee raad sonder om afbrekend te wees, dit is onsettend belangrik dat mans ook uitpraat.

Aantreklikheid en trots:
Mans wil ook hoor hulle lyk goed, net soos vrouens, ons almal het ‘n selfbeeld waaraan ons werk. Se vir jou man as hy goed lyk, hy sal dit baie waardeer! Dieselfde gaan vir die vrou, gee jou man rede om trots te wees op jou, een van sy sukses-statusse is “kyk hoe lyk die vrou aan my arm”, maak seker jy gee hom daai trots in sy lewe.

Godsdiens: 
‘n Man se bediening begin by die huis! As jy wil he jou man moet God dien, laat hom toe om jou te bedien by die huis met Godsdiens! Ondersteun hom met liefde, nie met oorheersing nie, en moet nooit vir jou man se “God gaan jou straf oor iets nie”, vra hom eder wat sal God daarvan se as Hy nou hier gestaan het? Gee hom iets om aan te dink eder as hom skuldig te laat voel.

Seks:
Vrouens reageer op gevoel, aanraking en liefde, mans reageer op wat hulle sien! So maak seker jy lyk aantreklik in die slaapkamer, gooi maar die oor-groot slaapklere weg en kry iets wat aantreklik is vir jou man, jy sal verbaas wees hoe ‘n man reageer op wat hy sien eder as wat hy voel.Lyk begeerlik vir jou man, reageer op hom, en hou jou sekslewe opwindend. Seks in die huwelik is ‘n instelling van God, dit is nie ‘n sonde nie, God se in sy Woord geniet gemeenskap.

Spr 5:18-20  (Nuwe vertaling) Laat jou eie fonteine vir jou ‘n seen wees, Geniet jou eie vrou, Laat haar borste vir jou vreugde gee, Laat haar liefkosing jou die hele tyd oorweldig, My seun waarom sal jy liefde by ‘n ander vrou gaan soek?

Indien u geestelike berading of gebed benodig kontak my by belindapaar@gmail.com
Enhanced by Zemanta

Thursday 21 July 2011

Die Huwelik – Deel 7 -Wat is die behoeftes van ‘n vrou?

The celeste-al cabinetImage via Wikipedia


Sekuriteit:

Geld! Dit kan ‘n vrou vreeslik laat reageer as ‘n man aan hulle geld raak, Nie die sekuriteit van pensioen nie, maar die sekuriteit van elke dag se geld.

Hoekom reageer ‘n vrou so erg daarop wanneer ‘n man ‘n nuwe kar koop? Omdat hy skuld maak en aan haar elke dag se sekuriteit raak!  Bespreek geld met jou vrou, moenie spandeer sonder haar toestemming nie, dieselfde geld vir die vrou, jou man werk nie sodat jy kan leef vir “shopping” nie. God voorsien finansieel vir julle deur julle salraris tjeks. Bespreek finansies, dit is uiters belangrik!

Liefde:
‘n Vrou soek nie liefde nie, sy het ‘n BEHOEFTE aan liefde. Se vir haar jyt haar lief en bedoel dit elke keer as jy die se. Liefde is nie jou adres of haar Mercedes of diamante nie, sy wil dit hoor, sy wil dit weet, en sy wil dit glo. Dit is nie‘n roetine ding nie, se dit as jy dit bedoel!

Emosies:
‘n Vrou is geskape as ‘n emosionele wese. Sy moet uitdrukking gee aan haar emosies, so laat haar toe om dit te doen. Luister as sy kla, troos haar as sy huil en se jy verstaan. Moenie vir haar se sy moet “groot word” of “oor dit kom” nie, laat haar toe om emosioneel te wees sodat sy weer gebalanseerd kan word. Wanneer sy nie van haar emosies ontslae raak nie, word sy ‘n landmyn, wat net wag dat jy daarop moet trap sodat sy kan “afgaan”

In Spreuke 21& 22 lees ons dat die man ook moet huil. So vergeet van die slagspreek wat se “cowboys don’t cry”. Mans moet ook van hulle emosies ontslae raak anders gaan hulle op 40 dood aan ‘n hartaanval en stres. Vrou moenie dink jou man is ‘n sussie omdat hy huil nie, ondersteun hom om van sy emosies ontslae te raak, want dan is hy rustiger en voel vol vrede en sal jy die vrugte pluk daarvan, en moet NOOIT jou man terg omdat hy gehuil het nie, dit sal sy ego breek en jy sal hom nooit weer emosioneel kry nie. ‘n Emosionele man wys dat hy sagtheid in hom het, en ons vrouens soek ‘n man wat ‘n sagte kant het, want ons het nodig dat hulle sag moet wees teenoor ons.

Kommunikasie en romanse:
Kommunikeer met jou vrou. Maak tyd om te luister na wat sy wil se. Kommunikasie is baie belangrik. Ook vir die man. Luister na mekaar se gesprekke. Mense wat uitgepraat is, is vreedsaam en ontspanne, en jy sal verbaas wees hoe dit jou in die “mood” kan sit as jy lekker uitgepraat is.

Geestelike behoeftes:
‘n Vrou respekteer en volg ‘n man wat God ken! Vra jou vrou self of ek reg is. ‘n Godvresende man het ‘n sterkte in hom wat vrouens aantrek. ‘n Vrou weet dat as haar man God volg, volg haar huwelik ‘n veilige pad. Sy weet dat as iets verkeerd gaan in julle lewe, sal haar man as Priester, Profeet en Koning van die huis, met God kan praat en die probleem uitsorteer. Dit is ‘n onveilbare plan om te volg. Die amp van Priester, Profeer en Koning is reeds aan die man gegee deur God, jy hoef nie aansoek te doen vir dit nie, jy het dit reeds verniet gekry by God, jy moet dit net opneem en volg.

Aantreklikheid en seks:
‘n Vrou wil he haar man moet dink sys is pragtig vir hom en ‘n man wil trots voel op sy vrou. Se vir jou vrou as jy dink sy lyk mooi, maar se dit net as jy dit bedoel. Sy sal gou agter kom as jy lieg. En vrou, gee jou man rede om trots te wees op jou. Versorg jouself net vir hom.

‘n Vrou het ‘n behoefte aan seks. Nie altyd omdat haar hormone so se nie, maar omdat sy wil voel dat haar man haar as vrou nodig het. Maak seks interesant. Bly weg van roetine. Dit raak afgesaag. Doen dit op verskillende tye, verskillende maniere en as moontlik, los die kinders by ouma en gaan weg vir ‘n “dirty weekend” en geniet mekaar. God wil he julle moet seks geniet. Dit is ‘n instelling van God. God is die SKEPPER van seks. Kyk Gen 1, Gen 2, Spr 5:18 – 20. Satan is die skepper van pornografie!!! Hou dit uit jou huis en huwelik!!!

Vrou, onthou jou liggaam is die tempel van God. Jou vroue dele is vir God heilig, want deur dit word voorplantig gedoen deur God. God skep nasies uit ‘n vrou se vroue dele. Net so is die res van jou liggaam heilig in God se oe. Moenie aantrek sodat jy ander mans verlei nie, hou deurskynende, lae hals en “skimpie-klein” klere vir jou slaapkamer en vir jou man se oe alleenlik! Tit 2:5  Vroue moet ingetoe  wees, kuis, huislik, goed, aan hulle eie mans onderdanig, sodat die Woord van God nie belaster raak nie. Verder se die Woord as jy net aan die daad in jou gedagte gedink het, is die sonde klaar gepleeg! Moenie aantrek sodat jy ander mans verlei nie, want dan is jy ‘n ontugte vrou in die oe van God, en wil jy die oorsaak wees van ‘n ander man se sonde? Dink jy dit is wat God van jou verwag? 
Mat 5:28 Maar ek se vir julle elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het.

Enhanced by Zemanta

Saturday 16 July 2011

Die Huwelik – Deel 6 - Drank is ‘n probeem in ons huis:

MIGDAL, ISRAEL - SEPTEMBER 13:  A large elabor...Image by Getty Images via @daylife

Wine
Die grootste verslawing in die wereld is nie drugs, soos LSD, Majijuana ens nie, maar alkohol!

Drank het meer skade in die lewe aangebring as enige ander verslawing in die wereld. Dit veroorsaak liggaamlike, sielkundige en verstandelike skade en verwoes mense se lewens.

Wanneer mense van verslawing praat, praat hulle gewoonlik van drank, rook en dwelms. Daar is baie meer waaraan mens verslaaf kan wees soos, seks, pornografie, dobbel, slegte eetgewoontes ens. Op hierdie stadium wil ek net konsentreer op drank omdat dit baie huwelike verwoes.

Kan iemand met die probleem genees? Ja beslis! Ons praat  nie van Jesus wat iemand genees het van drank probleem nie, maar van Jesus wat iemand vrygemaak het van drank probleem of verslawing.

Hoekom gebruik ons die woord vrygemaak? Omdat dit ‘n houvas op iemand is wat die persoon oorheers, en dit is ‘n demoniese mag wat agter die persoon sit en die persoon afhanklik maak van drank of ander verslawing. Hulle afhanklikheid word genees deur Woord gebede, gemeenskap met Christene wat die persoon ondersteun in sy/haar afhanklikheid asook hospitale en institute wat help met die “uitdroog” proses, maar Jesus kan direk genees sonder enige hospitalisasie en Jesus se genesing is gewoonlik die vinnigste en meer doeltreffende genesing.  Die persoon kan terug val op ou afhanklikheid nadat Jesus genees het maar dit is of uit eie keuse of demoniese magte wat weer beheer oorvat.

Baie mense probeer drank goed praat deur te se dat Jesus in Kana,Galilea water in wyn verander het, dat Hy by die Laaste Maal saam met die dissipels wyn gedrink het en dat Hy ‘n wyn drinker was toe hy saam met die drinkers gedrink en geeet het. (Mat 11:19) 
Eerstens van alles was Jesus sondevry en die Bybel vertel ons dat drank en dronk word sonde is, so Jesus het nooit drank wat alkohol bevat het nie gedrink nie!

As ons na die engesle vertaling van die Woord kyk in King James Bybel, sal jy sien dat die Woord praat van “the fruit of the vine”…met ander woorde van druiwesap, en nie alkohol nie! By die troue het Jesus die water in druiwesap verander om ‘n wonderwerk te toon, en die wonderwerk het die mense almal met blydskap vervul, nie die gebruik van drank nie. (Joh 2:10-11) Hierdie eerste een van Sy tekens het Jesus te Kana in Galilea gedoen, en HY het sy heerlikheid geopenbaar, en Sy dissipels het in Hom geglo.

God en Jesus weerspreek hulself NOOIT in die Bybel nie, en as Hulle waarsku teen drank hoekom sal Hy dan drank self gebruik het.

Spr 20:1 Die wyn is ‘n spotter, en sterk drank ‘n lawaaimaker, en elkeen wat daardeur bedwelmd raak, is nie wys nie.

Spr 23:29 – 36
By wie is getwis, by wie is geklaag, by wie is wonde sonder oorsaak, by wie is dofheid van die oe? By die wat laat opbly by die wyn, by die wat ingaan om gemengde drank te proe …op die end byt dit soos ‘n slang en spuug gif uit soos ‘n basilisk.

Behalwe vir die feit dat die Woord vir ons se dat dit verkeerd is om te drink is daar ‘n vloek op drank, Mense wat drink sal arm word.
Spr 23:20 &21 Wees nie onder die wynsuipers nie, want ‘n drinker en ‘n vraat sal arm word.

Hoekom mag ons dan nie drink nie?

1.                   Bybel se moenie liggaam met drank vul nie maar eder met die Heilige Gees. 
              So dit verhinder die Heilige Gees om in die liggaam te wees (Ef 5:18)
2.                   Deut 32:33 Waarsku God ons teen drank as iets wat gevaarlik is.
3.                   Spr 23:31-32 vergelyk Bybel drank met die gif van die kobra.
4.                   Rom 13:13 word ons gewaarsku as Christene om weg te bly van drank.
5.                   1 Kor 6:19 Beskadiging van die liggaam, drank beskadig die liggaam en is dus sonde.
6.                   1 Pet 2:21 Se ons moet Jesus se voorbeeld volg as Christene, Jesus het nie drank gedrink nie, 
              dus moet ons ook nie. Bybel se vir ons Hy het nooit sonde gepleeg nie (2kor 5:21, 1 Pet 2:22 en 
              Heb 4:15)
7.                   Drank lei ons na ander sonde, ons verloor selfbeheersing en self dissipline en laat jou goed doen
             wat jy normaalweg nie sal doen as jy nugter is nie.

Verslawing aan drank kom van emosionele probleme af en moet afsonderlik behandel word.  Drank is teenstrydig met God se Woord en is dus van die vyand. Ek wil nie hieroor uitwy op die stadium nie, as dit die probleem in die huwelik is, stel ek voor dat jy ‘n afspraak maak met julle Pastoor, Dominee of Christelike berader vir dit.

Indien u geestelike berading of gebed benodig kontak my by belindapaar@gmail.com
Enhanced by Zemanta

Die Huwelik – Deel 5 - Ons kan mekaar net nie meer verdra nie!

RosesImage via Wikipedia



Goed en wel, so julle is eintlik net bietjie “dik” vir mekaar! Bespreek dit met mekaar, hoekom voel jy so? Wat maak jou so geirreteerd met die ander persoon?

Noudat julle dit vir mekaar gesĂȘ het, dink aan faktore wat julle huwelik beinvloed het! Is dit finansiele druk, werksomstandighede, skuldgevoelens, skoonouers, vriende, familie? Wie sit jou regtig in so geirreteede bui? En hoekom haal jy dit op jou maat uit?

Is dit juis omdat jou maat jou so goed ken en sal MOET verstaan? Is dit juis omdat jy nie vir die regte persoon kan sĂȘ hoe jy voel nie, dat jy na die een persoon toe hardloop vir wie jy dit KAN sĂȘ, op wie jy dit kan uithaal? Want dit is die een persoon wat jou beter ken, wat eder sal verstaan, by wie jy veilig voel, met wie jy gemoedsrus het om dit te kan doen, wat jy weet jou sal vergewe as dit moet, jou anderhelfe, die persoon met wie jy een is in vlees, die persoon wat God aan jou toevertrou het, jou lewensmaat!

Kry jou wortel-probleem. Die maat in jou lewe is nou jou uitlaatpyp – jou “exhaust-pipe!”! Jy voel “exhausted” oor iets, en weet nie wat om daaromtrend te doen nie, en pleks daarvan dat jy se “ek het liefde nodig, help my, gee my raad, staan my by!”,stoot jy weg, breek jy af, maak jy seer WANT JY KRY SEER.

Kry julle kommunikasie reg. Al kan jou maat jou nie help nie, hy/sy kan jou ondersteun, jou troos, jou bystaan! Dit is tog die belofte wat jou maat voor God en getuies gemaak het.!

Omdat jy geirreteerd is oor “iets”, irreteer jou maat jou, want dit is ‘n “veilige”-persoon op wie jy dit kan uithaal, (“jou safe zone”) en omdat jou maat ook “dik” raak daarvoor om jou “sondebok” te wees, begin hy/sy terug baklei, want net soos jy seerkry en seermaak so begin jou maat dieselfde doen en voel, en kort voor lank, moet jy die goed lees wat jy nou lees!!

Werk aan jou huwelik! Mat 7:6 Moenie wat heilig is aan die honde gee nie, en gooi jou perels nie voor die varke nie, sodat hulle dit nie miskien met hulle pote vertrap en omgooi en julle verskeur nie.

God het die huwelik ingestel as die eerste en mees basiese element van die menslike samelewing. Indien die gesin die basis is, vir ‘n gesonde samelewing; dan is die huwelik die basis vir gesonde gesinsverhoudings. Dit is die fondasie, omdat dit die verhouding is waarop God die samelewing gebou het.

Ons leef bymekaar verby!

Maak tyd vir mekaar. ‘n Huwelik is soos ‘n tuin, as jy dit nie aandag gee nie, en nie nou en dan dit bietjie skoon maak nie, word dit vol onkruid en die mooi blomme en plante vergaan en vrek van die dors, en as jy weer jou oe oopmaak, het daar net dooie plante en onkruid, wat wellig groei, oorgebly.

Raak ontslae van onkruid in jou huwelik, hoe gouer hoe beter, en moenie dink dat as jy dit een keer gedoen het, dit nou goed sal gaan vir altyd nie, want dit kom terug vinniger as wat jy gedink het. Jy moet gereeld “skoon maak” om suksesvol te wees. En na ‘n paar jaar sal jy vind dat jou harde hande werk vrugte gepluk het, want waar jy een keer ‘n week moes bossie uittrek, kom hulle nou net so nou en dan op en kan jy net gou deurstap en hulle uittrek.

Jou huwelik is dieselfde. Julle sal groei tot die mooiste tuin, met die pragtigste kleurvolle blomme, en nou en dan sal ‘n probleem opduik en julle kan dit sommer gou gou uithaal.

Stel belang in wat in jou maat se lewe aangaan, vra hoe was sy/haar dag, en luister as jou maat jou vertel, ‘n persoon wat uitgepraat is, is ‘n ontspanne persoon, en ‘n persoon wat ontspanne is, is ‘n vriendelike, spontane mens wat lus is om te lag, te terg en te spot. Is dit nie die persoon vir wie jy in die eerste plek lief geword het nie? Kry jou maat terug waar hy/sy was toe julle ontspanne, gelukkige, verliefde paartjie was deur te luister want luister beteken “ek gee om oor wat in jou lewe aangaan”.

‘n Gespanne persoon is vol angstigheid, geirreteerdheid, kort van draad, eiewysheid! Die laaste ding wat ‘n gespanne persoon aan dink is seks! So kry jou maar om te ontspan sodat julle ‘n goeie seksuele verhouding kan he.

Indien u geestelike berading of gebed benodig kontak my by belindapaar@gmail.comEnhanced by Zemanta

Die Huwelik – Deel 4 - Wat van die kinders?

Zadkiel was said to be the Angel who prevented...Image via Wikipedia
Mense is geneig om te se “ My ouers het geskei, ek het oor dit gekom, hulle sal ook” Werklik? Het jy oor dit gekom? Die letsels van ‘n skeisaak is baie dieper as wat jy besef. Die helfte van jou karaktertrekke soos, opstandigheid, harkoppigheid, humeurigheid, woede, afkraak, trotsheid, die feit dat jy nie kan vergewe nie, slaap probeleme het, perfeksionisties wil wees, dinge erger maak as wat dit is, ens, is a.g.v die feit dat jou eie ouers geskei het. Het jy daaroor gekom? Wil jy he jou kinders moet deur dieselfde verwerpingsproses gaan wat jy deur gegaan het? Het jy dalk vergeet hoe het jy gevoel toe hulle geskei het? Gaan sit en dink bietjie daaroor, nie oor hoe jy deur dit gekom het nie, maar hoe jy gevoel het daaroor! Tensy jy berading gekry het daaroor, dra jy vandag nog die letsels van hulle skeisaak, so dink voor jy doen!

Die eerste ding wat kinders dink as hulle ouers skei, is dat dit hulle skuld is! Hulle voel as hulle net soeter was sou ma ek pa bymekaar gebly het, wil jy dat jou kinders hierdie gevoelens binne hulle ronddra oor iets wat hulle nie sĂȘ in gehad het nie?

Dit is bewys dat kinders wat uit geskeide ouerhuise kom nie goed doen op skool nie, opstandig raak, rebels optree en meeste van hulle maak nie skool klaar nie. Die rede is omdat hulle te vroeg in hulle lewens tot volwassenheid geforseer word, en saam met rebellie word hulle opstandig teenoor ouers, onderwysers, en voel en glo dat hulle groot genoeg is om self verder te besluit wat hulle met hulle lewens wil doen.

Satan wat alles wil verwoes sit nou agter jou kind se toekoms, en hoe het hy ingang gekry? Was dit jou kind /kinders se keuse dat hy toegelaat was? Of het julle egskeiding die deur oopgemaak op jou onskuldige kind / kinders se lewens en toekoms?

Die kinders kom altyd eerste of die kinders is net die vrou se verantwoordelikheid, die man help nooit nie!

Ma, jou kinders is jou plig! Jy is die sagte, liefdevolle en sorgsame karakter wat in hulle moet ontwikkel!

Pa hulle is jou plig ook! Jy gee vir hulle die sterk wees, moed hou, aanhou, uithou karakter wat in hulle moet ontwikkel.  
Saam is dit julle plig om hierdie kinders te lei na God, om hulle Godsvresend groot te maak. Wat beteken Godvreesend?  Om God te eerbied en ontsag te hĂȘ vir Hom, nie om bang te wees vir Hom nie, want Hy is die Vader van Liefde, maar ook om hulle te leer dat God jou tug as jy afwandel, juis omdat Hy jou so liefhet en jou wil beskerm en red.

God het die kinders vir julle gegee! Nie vir haar nie! Maak nie saak wie wou kinders hĂȘ en wie wou nie, God het besluit julle gaan hĂȘ, en hoeveel julle gaan he. Sodat JULLE hulle kan groot maak in God se wee. 

Gen 18:19 Want Ek het hom (Abraham) gekies, dat hy aan sy kinders en sy huis na hom bevel sou gee dat hulle die weg van die Here moet hou om geregverdigheid en reg te doen, sodat die Here oor Abraham kan bring wat Hy oor hom gespreek het.

Pa, ek weet jy werk en hou die pot aan die kook! Miskien werk Ma ook! Maar die kinders het ‘n pa nodig. En God het jou aangestel as Koning,Priester en Profeet van jou huis! Efes 6:4 En Vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.

Jy moet tyd met die kinders he! By wie moet hulle leer, as jy nie daar is nie? Hoe moet hulle eendag tyd aan hulle eie kinders spandeer as jy dit nie vir hulle leer nie? Gee vir hulle ‘n goeie fondament vir hulle gelukkige huwelike! Wys hulle hoe moet dit gedoen word! Moenie dat hulle eendag in ongelukkige huwelike sit, omdat hulle verkeerd geleer is deur julle nie. Dit is julle plig!

1 Sam 3:13 God straf vir Eli oor die sonde wat sy seuns gepleeg het. En Ek sal hom te kenne gee dat Ek sy huis gaan oordeel tot in ewigheid oor die ongeregtigheid wat hy geweet het, want toe sy seuns skande oor hulleself gebring het, het hy hulle nie streng bestraf nie.

Deel 5 vervolg

Indien u geestelike berading of gebed benodig kontak my by belindapaar@gmail.com

Enhanced by Zemanta

Friday 15 July 2011

Die Huwelik - Deel 3 - Wat van 'n 3de persoon in die huwelik?

La vierge aux raisinsImage via Wikipedia


Wat as daar 'n 3de persoon in die huwelik is?

Die eerste stap van mislukking in ‘n mens se lewe is ‘n ander persoon se bed.
Die persoon voel onbevoeg by die huis, daarom gaan soek hy aanvaarding in ‘n ander persoon se bed, want die persoon ken jou nie en kan jou nie as onbevoegd verklaar nie! 'n "Affair" begin nie deur seks nie....dit begin deur emosie! Jy is nie gelukkig by die huis nie en gaan soek vals liefde in iemand anders se bed!!

As dit die rede is hoekom julle skei, kan ek vir die een, wat die 3de persoon in die huwelik inbring, net dit se: Dink jy, as die persoon jou so lief het, en eendag met jou wil trou en wil he dat die huwelik tussen julle ‘n sukses moet wees, ‘n instelling van God moet wees, dat daardie persoon, ‘n persoon is wat by die riglyne van God hou? As dit ‘n waardige mens is, sal hy/sy jou huwelik respekteer, en uit dit bly. Maak nie saak hoe seer dit is nie, jy is NIE die persoon wat God vir hierdie persoon gekies het NIE! Jou man of jou vrou is jou persoon wat God vir jou gegee het! En wat jy doen, word nie deur God goedgekeur nie!

Die Woord van God se: “Wat God bymekaar gesit het, mag geen mens skei nieDink jy God het die 3de persoon in jou lewe gesit? Miskien het Hy, maar nie vir die rede wat jy dink nie. Beslis nie omdat dit ‘n beter maat vir jou is nie, want jy het reeds die beste een gekry, die een met wie jy getroud is!

Ja, die persoon verstaan jou deesdae beter as jou eie maat, en laat jou goed voel oor jouself, en sien jou vir wie jy is, en aanvaar jou soos jy is! Maar wag, in die begin van jou huwelik het jy ook so gevoel oor jou maat en kyk waar is julle nou, en julle is in ‘n huwelik wat God goedgekeur het en geseen het! Dink bietjie waar gaan julle eindig sonder Sy goedkeuring? Dit gaan beslis nie so lank hou as wat jou huwelik alreeds gehou het nie, want eerstens is dit teenstrydig met God se Woord, en tweedens, is jy en die 3de persoon nie opreg met mekaar oor wie julle is nie, want julle is “agteraf” en verlief op die stadium julle sit die beste-voetjie-voor, julle beindruk mekaar nog!. Julle ware kleure het nog nie uitgekom nie, dink hoe gaan die persoon jou handteer wanneer jy met hom/haar maak wat jy nou met jou huweliksmaat maak. Dink jy daar sal ooit enige vertroue tussen julle wees? As jou huwelik nou geen waarde vir die persoon inhou nie, dink jy jou huwelik met die persoon sal van waarde wees? En wat van jou? As jy ‘n buite-egtelike verhouding nou kan he, dink jy die persoon sal ooit glo dat jy trou is aan hom/haar?

Nie ‘n baie goeie fondasie om die verhouding op te begin nie, is dit?

Spr 3:3-8
Laat liefde en trou jou nie verlaat nie, bind dit om jou hals, skryf dit op die tafel van jou hart, dan sal jy genade vind en’n goeie insig in die oe van God en die mens.

Die gras lyk altyd groener aan die anderkant, die rede ...... omdat daar meer (kuns) mis daar is.

Die Woord van God se:

Vir die vrou: Spr 2:10-19 (vekort)

Want wysheid sal in jou hart kom, en kennis sal vir jou siel lieflik wees: vers 16 om jou te red van die vreemde vrou, van die ontugtige wat met haar woorde vlei, wat die vriend van haar jeug verlaat, en die verbond van haar God vergeet, want haar huis sal weg sink na die dood en haar paaie na die skimme.

Vir die Man : Spr 5:18-22  

Mag jou fontiene geseend wees, en verheug jou oor die vrou van jou jeug – die lieflike wildsbokkie en aanvallige steenbokkie, laat haar boesem jou altyd vermaak, mag jy in haar liefde gedurigdeur bedwelmd wees!
Maar waarom sou jy, my seun, by ‘n vreemde bedelmd raak en die boesem van ‘n ontugte omhels?
Want al die wee van ‘n mens is voor die oe van Die Here, en Hy weeg al sy gange, sy eie ongeregtigheid vang hom, die goddelose, en in die vangstrikke van sy sonde word hy vasgehou.

Vir julle albei:

Spr3:33 Die vloek van die Here is in die huis van die goddelose, maar Hy seen die huis van die regverdige.

Spr 4:23 Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.

Lees ook 1 Kor 7 – oor gemeenskap.

Indien u geestelike berading of gebed benodig kontak my by belindapaar@gmail.com

Enhanced by Zemanta

Die Huwelik -Deel 2 - Kan dit gered word?

Jesus is considered by scholars such as Weber ...Image via Wikipedia




Ons huwelik is so ver daarmee heen, ek weet nie of dit gered kan word nie!

Dit kan!!! Dit kan!!! Dit kan!!!

Niks is by God onmoontlik nie. Hy is die Almagtige! Alomteenwoordige!  God van alle gode, Here van alle here, Ewige God, Lewende God! Vader van Liefde! Heerser van heersers!
Hy KAN alles regmaak, alles heel maak,opbou wat afgebreek is, genees wat siek is, heelmaak wat stukkend is, genees wat seer is, lewe terugblaas, liefde terug gee. God KAN jou huwelik red! Hy WIL jou huwelik red. Hy het jou lief! Baie baie lief!

Hoe het ons gekom waar ons gekom het?

Baie keer as mens iemand vra waarom hulle geskei het, wat gebeur het, dan gee hulle jou so halfgebakte antwoord en nie ‘n werkilike rede vir ‘n skeisaak nie. Die rede is omdat mens na die tyd nie kan dink hoekom het jy regtig geskei nie, jy kan nie onthou of dit regtig so erg was soos jy gedink het terwyl jy getroud was nie. Let bietjie op daarna hoeveel mense sĂȘ dat hulle nie kan onthou hoekom hulle geskei het nie, en hoeveel sĂȘ hulle moes nooit geskei het nie, hulle moes eder gewerk het aan hulle huwelik.

Ja, jy kry sommige gevalle waar daar ‘n buite-egterlike verhouding was en jy kon dit nie vergewe nie, en wanneer jy van die persoon met wie jy getroud was praat, praat jy met haat en woede van die persoon en sĂȘ hom of haar sleg. Die rede is jy kry nogsteeds seer daaroor. Jy voel nogsteeds verwerp daaroor en sal iets sĂȘ soos “ ek hoop hulle is nou gelukkig” Eintlik bedoel jy net die teenoorgestelde, dat hulle nie gelukkig moet wees nie. En omdat die ander persoon die huwelikverbond gebreek het, sal hy/sy nie gelukkig wees nie. Nie net omdat dit hulle toegewens word nie, maar ook omdat die volgende huwelik nie in God se oĂ« goedgekeur word nie.

Om te skei is nie egbreuk nie. Die sonde le daarin om weer te trou. Wanneer jy weer trou, pleeg jy egbreuk. Jesus het vir sy disippels gesĂȘ, as die vrou ‘n skeibrief soek, gee dit vir haar! Maar ons lees ook in Mat 5:32 dat die eg eers verbreuk word wanneer een van die partye weer trou. Wat moet jy dan doen? Saambly? Nee dit is ook ‘n sonde! Daar is gevalle wat ‘n skeisaak onvermydelik is, en God sal jou vergewe vir dit. Die Bybel sĂȘ dat jy mag skei as die twee persone nie saamstem in geloof nie. (ook vir hoerery – Mat 5:32) Dit sĂȘ nie as jy nie ‘n Christen is en jou verbondsmaat is een dat jy hom of haar mag skei nie, jy moet eder ook ‘n Christen word. Maar sou julle skei vir die rede, mag die Christen in die huwelik weer trou en God sal sy/haar huwelik seen, want die persoon het nie verkeerd gehandel nie. Maar hou ook ingedagte dat die persoon wat nie ‘n christen is nie, nie geskei moet word daaroor nie. Jy moet vir die persoon bid en aanhou bid om by God uit tekom. Die persoon sal gered word deur jou geloof, en jy sal geseen word deur God omdat jy nie opgegee het nie.

Om terug te keer na hoe het ons hier gekom? Die antwoord is baie maklik! Julle huwelik het druk gekry, miskien ‘n klomp klein goedjies wat opgehoop het, miskien iets grooter soos ‘n 3de persoon. Wat ookal die geval, daar het druk gekom van iewers. Julle het vergeet om na God te gaan vir hulp, en satan het oorgevat.

Wat se die Bybel van satan:- Hy kom om te roof, steel en te slag. (Joh10:10) Kyk na jou mislukte huwelik! Is jy beroof van jou liefde, het hy jou vrede en jou geluk gesteel? Is hy besig om julle te slag? En wat doen jy daaromtrend? Jy sit terug en se “geniet jouself satan, want ek het vergeet dat my huwelik geseend is in God se teenwoordigheid, vat maar wat jy wil, maak maar seer soos jy lekker kry” en weet jy wat, aan die einde wanneer julle geskei is, is dit net satan wat lekker kry, want nie jy of jou gebondsgenoot kry lekker na die skeisaak nie. En satan wen, want Hy het ‘n heilige instelling van God verwoes en julle in seer,kwaad en haat agtergelaat!


God het die huwelik ontwerp om suksesvol te wees en net Sy raad kan dit suksesvol maak. Niemand is beter om iets te laat werk as die ontwerper nie. God het huwelike verordineer en nét Hy kan dit laat werk. Indien ons in ons huwelik suksesvol wil wees, moet ons God se beginsels, soos in die Bybel uiteengesit, ken, verstaan en volg.

Indien u geestelike berading of gebed benodig kontak my by belindapaar@gmail.comEnhanced by Zemanta

Die Huwelik - Deel 1- Verbondsteken.

A scene from the play Maly Theatre «Weddings, ...Image via Wikipedia









DIE HUWELIK IS ‘N VEBONDSTEKEN!
Mrk 10:7
Om hierdie rede sal ‘n man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef,
en hulle twee sal een vlees word,
Sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees!
Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.

DIE HUWELIKSBELOFTE
WAT VOOR GOD
EN GETUIES
EN
AANMEKAAR BELOOF IS

Aan die Bruidegom:
Beloof en bevestig u in die teenwoordigheid van God, en roep u almal hier teenwoordig om daarvan ‘n getuie te wees dat u …….. aan u sy, neem as wettige vrou om saam met haar te deel in die heiligheid van die huweliklewe in tye van voorspoed, sowel as teespoed, van gesondheid sowel as krankheid, ja onder alle omstandighede, haar te beskerm, te versorg, te troos, te dien, te bemin, om u van alle andere te onthou en om geen losmaking te soek nie, totdat die dood u skei?

Wat was u antwoord?

Aan die Bruid:
Beloof en bevestig u in die teenwoordigheid van God, en roep u almal hier teenwoordig om daarvan te getuie te wees dat u …. ..aan u sy, neem as wettige man om saam het hom te deel in die heiligheid van die huweliklewe in tye van voorspoed, sowel as teespoed, van gesonheid sowel as krankheid, ja onder alle omstandighede, hom te beskerm, te versorg, te troos, te dien, te bemin, om u van alle andere te onthou en om geen losmaking te soek nie, totdat die dood u skei?

Wat was u antwoord?

Die Bruidegom en Bruid bevestig nou hulle huweliksbelofte aan mekaar deur die skenking van ‘n ring, as teken en pand van huwelikstrou.

Die seen van die Here word dan oor hulle uitgespreek in die teenwoordigheid van God
Dit wat nog nie was nie, word nou oor die verbondspaar uitgespreek:
Geluk, Liefde, Vrede en Trou.

God het nou jou huwelik geseen. Geseend sal julle wees! Julle moet net julle belofte onthou wat julle hierbo voor God gemaak het.

God seen julle huwelik nog verder!

Hy seen julle met kinders. Hoeveel vertroue het God nie in julle huwelik nie, dat Hy kinders laat baar tussen julle. God sit Sy seen op julle huwelik en Hy weet Sy seen is goud werd, daarom kan Hy met ‘n geruste hart vir julle kinders geen!

Hy maak hierdie kinders uniek uit julle albei. Hy skep ‘n MENS uit julle huwelik. Hy gee vir julle ‘n huwelikgeskenk! Hy se: Ek vertrou julle belofte aan mekaar, ek vertrou julle as mense, Ek weet dat Ek die regte besluit geneem het om julle te vertrou, daarom seen ek julle met ‘n kind of kinders, dit is My geskenk vir julle huwelik!

Gen 1:28 En God het hulle geseen, en God het vir hulle gese: “Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde!”(31) Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en DIT WAS GOED!

Julle huwelik wat geseen is deur GOD!
Is in Sy oe – GOED!

Onthou!! NET God kan ‘n mens maak! Nie ek of jy of Satan nie, NET GOD! En julle kinders is dan iets wat deur God gemaak is, en aan julle gegee is, omdat JULLE HUWELIK SY GOEDKEURING weggedra het en Hy, Sy STEMPEL EN SEEN op dit AFGEDRUK het deur kinders!!

Wonder jy dalk nog of julle bymekaar moet bly?
Wonder jy nog of dit God se Wil is dat julle moet werk aan julle huwelik?

Kom ons kyk gou wat is God se Wil?

In die Onse Vader leer ons “Laat U Wil geskied” Dit beteken dat U Wil oor my lewe kom! Wat wil God vir jou lewe he?  - Dat jou lewe in alle aspekte oorvloedig moet wees, in jou finansies, jou huwelik, jou kinders jou emosies en jou werk!

Luk 6:38 ‘n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal in jou skoot gegee word!

In Rom 12:12 lees ons En word nie aan hierdie wereld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, SODAT julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte Wil van God is.

AS jy NOU OORTUIG IS DAARVAN DAT GOD JOU HUWELIK WIL RED, WERK DAN DAARAAN EN GOD SAL JOU WEER EN WEER SEEN
AL WAT GOD VRA IS:
“JULLE MOET MEKAAR LIEF HE -EK SAL DIE RES REGMAAK”



Indien u geestelike berading of gebed benodig kontak my by belindapaar@gmail.com
Enhanced by Zemanta

Wednesday 13 July 2011

Hoe sien God jou?




My liefste kind,

Toe Ek op jou besluit het, was daar soveel vrede, kalmte en liefde in My hart.
Ek het geweet hoe jy gaan lyk, hoe jou stem gaan klink en hoe jou glimlag ander mense se harte gaan verander, selfs toe jy nog net ‘n gedagte was.
Ek het jou begin vorm in jou ma se skoot, jou vingerafdrukke lyntjie vir lyntjie getrek en geweet hierdie patroontjie op vingertjies sal ek nooit weer herhaal nie.
Jy is nie ‘n fout nie, want Ek maak nie foute nie.
Ek maak net mense na My beeld.
Toe die tyd reg was het ek jou volmaakte lyfie in jou moede se arms neergele,
Ek het in jou ogies gekyk, gestaan en geweet Ek het ‘n besonderse mensie gemaak.
Nog nooit het Ek daarna my oe van jou afgehaal nie.
Ek het jou sien opgroei.
In die dag bewonder Ek jou, en in die aande sit Ek langs jou bed en kyk hoe jy aan die slaap raak.
Soms het daar trane oor jou wange gerol oor gebroke verhoudings, verkeerde besluite en soms sommer net omdat jy soos ‘n mislukking gevoel het.
Daar was dae wat jy seergekry het, dae wat mense jou nie verstaan het nie, dae wat jy moedeloos was, dae wat pyn jou wou vernietig het!
Ek het saam met jou gehuil, My hande gehou en jou kosbare trane opgevang.
Ek ken seer, Ek ken pyn,
Daar was self ‘n tyd wat mense My nie verstaan het nie, My verneder het, My verwerp het en aan die kruis vasgespyker het, daarom weet Ek hoe jy voel.
Daar was dae wat jy deurmekaar gevoel het en gewonder het wat, waar en hoekom.
Ek wil net vandag vir jou se, nie een van die foute wat jy gemaak het, het My onkant gevang nie.
Ek was nie verbaas nie. Ek weet alles, Ek verstaan alles, Ek sien alles, ek kyk nie na jou met oe wat oordeel nie.
Ek kyk na jou met oe van liefde en Ek luister na jou met My hart, omdat ek ‘n God is wat uit liefde bestaan.
Soms het mense al ‘n verkeerde prentjie van my vir jou geskilder.
Ek wil jou nie straf nie. Ek is nie ver van jou af nie. Ek ken jou beter as enige iemand anders. Ek weet wie jy werklik is.
Ek het jou gemaak en Ek maak nie foute nie!


Tuesday 12 July 2011

“Big Bang Theory” of het God, die Drie-eenheid die aarde geskape?

big bangImage by { pranav } via Flickr



Het die aarde onstaan uit evolusie of het God die aarde geskape?

God, die Drie-Eenheid het die aarde gemaak, en was beplan lank voor die aarde bestaan het, mense wat aan evolusie glo, glo dat die aarde in een groot “bang” ontstaan het, uit saamgepakte materie wat ontplof het.


God…..
 het eerste begin met die skepping van die aarde want ons lees in  Gen 1 dat God die hemel en aarde geskape het, en Ps 19:1 Die hemele vertel die eer van God en die uitspansel verkondig die werk van Sy Hande.

Jesus….
 was ook betrokke want in Joh 1&2 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God …praat van die vleeswording van Jesus ….(vers 2) Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan nie.

Verder in 1Pet 1:20 lees ons dat Jesus bestaan het voor die aarde gemaak was. Wat wel vooruit geken is voor die grondlegging van die wereld, maar in hierdie laaste tyd geopenbaar is om julle ontwil.

 In Jesus se gebed (Joh 17:24) aan God vra Hy dat die mense Sy heerlikheid moet aanskou wat God hom gegee het, omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die wereld.

Die Heilige Gees…..
was betrokke as ons kyk na Gen1:2 En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wereldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.

Dus kan ons duidelik sien dat die Drie-eenheid die hemel en die aarde geskape het.

Ons sien dus ook dat die “Big Bang theory” nie waar kan wees nie want in Efs 1:4 lees ons dat God die aarde beplan het voor Hy dit gemaak het….soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wereld, om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees.

Die doel agter evolusie is om te bewys dat die Bybel nie waar is nie….so as die wereld ontstaan het uit evolusie, uit watter materie het die mens en dier dan ontstaan? Tot vandag kan wetenskaplikes nog nie bewys het dat mens en dier uit niks ontstaan en begin evoleer het tot waar ons vandag is nie, en as ons dan van aap-mens gekom het tot waar ons vandag is, hoe het DNA dan ontstaan, uit watter materie is dit dan gemaak en geen twee mense op die aarde het ‘n identiese DNA nie, so hoe het DNA dan evolueer?

Weereens kon net ons Almatige Skepper ons en die wereld gemaak het!

Jesus seën

Belinda


As jy enige geestelike hulp, gebed of berading verlang skryf aan Belinda Paar (belindapaar@gmail.com)




Enhanced by Zemanta

Hoe weet ek wanneer God my antwoord?

Wedding 2Image by junibears via Flickr


Wanneer ons bid en God iets vra, is die eerste gedagte wat ons kry van God, die 2de gedagte van twyfel is of van onsself of van satan.

Wanneer God met ons praat word ons gevul met vrede, saligheid, tevredenheid, blydskap ens. God antwoord ons met die vrug van die Gees. Satan kan nie die vrede van God na maak nie, so wanneer jy innerlike vrede kry oor iets in gebed kom dit van God af.

Gevoelens van bangheid, rusteloosheid, frustrasie, senuweeagtigheid ens is van satan.

Ps 85:9-11  Ek wil hoor wat die Here spreek. Ja, Hy spreek vrede vir Sy volk ….(vers10) heerlikheid, (vers 11) goedentierenheid en trou ontmoet mekaar, geregtigheid en vrede kus mekaar.

Jak 3:17 Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins.

1Kor 14:33 Want God is nie ‘n God van wanorde nie, maar van vrede, soos in die gemeente van die Heiliges.
Die engelse Bybel beskryf dit so mooi….God is not the author of confusion, but of peace!

Nog punte en verse om te weet antwoord kom van God af!

Job 28:28 Jy voel respek of bangheid van God.

Spr 4:7  Die antwoord versterk jou geloof in jou kennis van die Bybel.

Kol 1:11&12  en met alle krag bekragtig word, volgens Sy heerlikheid tot alle lydsaamheid en lankmoedigheid met blydskap (vers12) Jy ondervind dankbaarheid teenoor ons Vader.

God praat vinnig so ons moet leer om te luister wanneer Hy onder gebed vir ons iets se, leer om te erken wanneer dit Hy is en moenie toegee aan satan wat in luister na gebede nie.

As jy nog twyfel of God jou geantwoord het vra Hom om dit in Skrif vir jou te bevestig, bid dat die Heilige Gees jou sal lei in die Woord sodat jy bevesting kan kry.

Verder sal God mense gebruik om dit te bevestig, ewe skielik uit die bloute preek jou pastoor of dominee oor dit wat jy gebid het, of vriend en selfs vreemdeling kan skielik “uit die bloute” oor die selfde ding met jou gesels…..ons aanbid ‘n wonderlike God, ons moet net leer om te hoor wanneer Hy met ons praat.

Jesus Groete

Belinda


As jy enige geestelike hulp, gebed of berading verlang skryf aan Belinda Paar (belindapaar@gmail.com)

Enhanced by Zemanta

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...