Monday 24 June 2013

Vaderliefde- Diagnotiese vraelys



Vra jouself hierdie vrae en dink oor hoe dit jou vandag beinvloed omdat jou pa nie deel was van jou lewe nie.




  1. Het jy /of doen jy die volgende:
    • As vrou: Stel jouself 2de, of gee jou eie identiteit op om die aanvaarding van ‘n man te kry? (In verhouding/ huwelik/ baas /pastoor of mede manlike kollega) 
    • As man: Stel jouself 2de, of gee jou eie identiteit op om die aanvaarding van ‘n man te kry? Vriende/kollegas/baas/pastoor of mede manlike kerklede
  1. Is dit moeilik om ‘n man te vertrou?
  1. Is jy ongemaklik in ‘n man se teenwoordigheid, vermy jy oog kontak?
  1. Beleef jy konstante gevoelens van “nikswerd-wees”/minderwaardigheid en jy weet nie waar dit vandaan kom nie?.
  1. Voel jy die behoefte om ‘n sterk-vader-figuur in jou lewe te he? (Selfs rol-model)
  1. Sien jy jouself soos jy dink jou pa jou gesien het (nie-belangrik, dom, oorboordig ens) Beskryf/oordink………………………………………………………………….
  1. Is dit vir jou moeilik / onmoontlik om jou pa totaal te vergewe omdat hy:
    • nooit daar was nie,
    • dat hy jou afgeskeep het of mishandel het, emosioneel of fisies
    • dat hy altyd dronk / bedwelmed  was
    • dat hy jou ma sleg behandel of geslaan het
    • dat hy jou onregverdig behandel/geslaan of afgejak het
    • dat hy jou boetie of sussie meer lief gehad het of meer aandag aan hulle gegee het
  1. Maak jou huidige verhouding (of tekort aan) ‘n verhouding met jou pa jou vandag nog seer?
  1. Sukkel jy om op God te vertrou?
  1. Is dit moeilik vir jou om God te identifiseer as God die Vader?

As jy "ja" op enige van hierdie vrae beantwoord het, het jy Jesus nodig om jou te help om te vergewe en vry te spreek.Maak dit 'n saak van gebed sodat Jesus jou kan help.

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com

‘n Afwesige pa in ‘n seun se lewe


  • ‘n Seun leer by sy pa hoe om “sterk” te wees, en slaggate te oorbrug,
  • hoe om “op te staan” en aan te gaan,
  • hoe om sy vrou te handteer, deur te wys dat hy ma liefhet en respekteer,
  • hoe om liefde teenoor kinders te bewys.
  • Hoe om finasies in die gesin te hanteer want pa is die voorsiener,
  • Hoe om “man” te wees wanneer  hulle deur puberteitsjare gaan.

  • Dit is die pa se plig om seuns hulle morele waarde in die lewe te leer en om hulle in te lig oor seks en hulle te leer dat dit verkeerd is om buite-huwelikse seks te he. Weereens wanneer die seun nie die dinge by die pa kan leer nie, weet hulle nie hoe om eendag in hulle eie huwelike op te tree nie, maar nog erger is waar gaan leer hulle dit dan? By skoolmaats. In pornografiese tydskrifte en DVD’s en pornografie dra ‘n vloek van verdeeldheid in die huwelik, van perversiteit en orgies (“swinger-clubs en meer as twee-lede seksuele aktiwiteite “three-somes”)

  • Dit is bewys dat meer as die helfte gay mans se pa afwesig was in hulle kinderjare en veral seuns tot en met die ouderdom van 6, en die ander gedeelte was seksueel gemolisteer as kind.

  • ‘n Seun het sy pa se goedkeuring nodig, sy pa moet trots wees op hom sodat hy eie-trots kan ontwikkel. Al is ‘n pa dood verlang ‘n kind nogsteeds na sy pa se goedkeuring in dinge wat in sy lewe gebeur en keuses wat hy moet maak.

  • Pa ontwikkel die seun se selfbeeld en selfvertroue in persoonlike en sosiale lewe, asook goeie maniere.

  • Hy ontwikkel sy seun se loopbaan-aspirasies. As pa ‘n “tydbom” is in ‘n seun se lewe wat enige oomblik kan ontplof in ‘n woede bui, ontwikkel die seun gevoelens van verwerping, aggressie en rebellie, en sal hy eendag sukkel om onder enige “gesags-figuur” te kan presteer. Hy kan nie die nodige verwantskap tussen baas en homself ontwikkel as hy dit nie by sy pa geleer het nie.

  • Spr 13:24 Sien ons dat ‘n pa sy seun liefhet as hy hom dissiplineer.

  • Dit is onsettend belangrik vir ‘n seun om tyd met sy pa te spandeer, hulle moet eendag kan vertel van “die beste dag in my lewe met my pa was toe ons…..saam gedoen het” dit ontwikkel trots in die seun se lewe, dit beteken ek was aanvaarbaar vir my pa so ek is aanvaarbaar vir ander. ‘n Afwesige pa in ‘n seun se lewe lei tot aggressie in ‘n seun se lewe.

  • Pa  moet die “goddelike-vader-figuur” wees in kinders se lewens sodat hulle kan leer om met God die Vader n verhouding te kan he. Kinders moet by pa leer dat God die Beskermer in die hemel is net soos pa die beskermer in die gesin is.

  • Pa moet vir sy kinders die gebedsleerder wees sodat hulle ‘n liefde vir die Hemelse Vader kan ontwikkel.
  • Laastens, pa’s wat vir seuns leer dat hulle nie mag huil nie, leer hulle kinders teen God se Woord! Die korste Bybelversie in die Bybel is Joh 11:35 Jesus het gehuil“ God het nie ‘n fout gemaak in die skepping van die mens nie, hy het mans trane gegee vir ‘n rede! Dit is om van die emosionele spanning en bagasie wat binne jou is ontslae te raak. As ons seuns leer hulle mag nie huil nie, se ons God het nie geweet wat Hy doen toe Hy vir jou traankliere gegee het nie!

  • Depressie, woede en bitterheid het van die "pes-siektes" van ons tyd geword. Aggressie en selfmoord neem toe omdat on nie meer tyd mag neem om te huil en rou nie.
  • Amper elke tweede persoon is op anti-depressante. Slaaploosheid, angsaanvalle en gesinne wat opbreek, vrees en selfverwaarlosing word deel van mense se lewens wat nie van hulle emosies ontslae kan kan raak deur te rou of huil nie. Rou/huil is 'n groot deel van die "heel word/genees proses".

  • Jesus ons Grootste Geneesheer het gehuil, so vir mans en seuns om te huil moet nie 'n skande wees nie.
  • Dit is bewys dat seuns wat groot word met die woorde “Cowboys don’t cry” teen die ouderdom van 40 hartaanvalle kry, want hulle het nooit geleer hoe om van spanning ontslae te raak deur trane wat God hulle mee geskape het nie.
Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com


‘n Afwesige Pa in dogter se lewe


In dogters se lewens is die pa die eerste mans persoon wat hulle ooit liefhet. Hulle moet by pa leer dat hulle pragtig genoeg is om bemin te kan word.

As die pa nie daar was, of nie deel was van die dogter se lewe nie, kan hulle nie leer hoe mans dink nie, hulle kan nie leer hoe mans vrouens moet behandel nie, hulle sien nie die verhouding tussen man en vrou nie want hulle pa en ma se verhouding is nie daar nie.

‘n Pa help om die dogter se positiewe seksidentiteit te ontdek, hy leer haar hoe sy oor haar vroulikheid moet voel, en hoe sy haarself sien in ‘n verhouding met die teenoorgestelde geslag.

Alhoewel die ma die dogter vroulik aantrek en se hoe om op te tree is dit die pa wat die dogter motiveer om vroulik te wees. Wanneer die dogter met haar pienk frilletjie rokkie by pa aankom en hy fluit, en sy sien die uitdrukking van trotsheid op sy gesig, motiveer dit haar om mooi aan te trek, om vroulik op te tee en te wees, en dit gee identiteit aan haar seksualiteit – sy is ‘n vrou!!

As pa lief is vir sy dogter, sal sy makliker aanvaar dat haar man eendag lief is vir haar. As haar pa haar liggaamlike warmte en liefkosing/toegeneendheid gee, is die kans baie minder dat sy “liefkosing”/toegeneendheid by ‘n ander man gaan soek in ‘n goedkoop verhouding, losbandige seks of prostitusie.

‘n Pa se teenwoordigheid in ‘n kind se lewe is veral op sekere ouderdomme van die kind se lewe belangrik. Kinders tussen die ouderdom van 3 en 6 “raak verlief” op die teenoorgestelde seks….dogter op pa en seun op ma en jy sal soms hoor dat hierdie kinders se “eendag as ek groot is gaan my vrou net soos ma wees, of my man net soos pa wees.
Hierdie optrede is nie net normaal nie, maar ook baie belangrik in die kind se ontwikkeling.

 Wat gebeur met die dogter se seksuele ontwikkeling as haar pa nie in haar lewe is nie?

  • ‘n Groot gedeelte van vrouens wat losbandig is, wat in lesbeenverhoudings is en wat prostutiete word se pa was nie deel van hulle lewens op die ouderdom tussen 3 en 6 nie.

  • Hierdie dogters het later probleme in hulle eie huwelike omdat hulle nie die liefde, drukkies en soentjies van hulle eie pa as man kon beleef nie….hulle het nie geleer hoe om ‘n man lief te he nie!

  • Laastens sien hulle nie die Hemelse Vader raak nie, want as hulle nie hulle eie aardse vader kan sien nie, hoe verstaan hulle dat daar ‘n Hemelse Vader is wat hulle nie kan sien nie.

(‘n Afwesige Pa in ‘n seun se lewe vervolg)

Vaderliefde - Die afwesige pa in 'n kind se lewe


In die negentigs was die syfer vir pa’s wat afwesig is in kinders se lewens 60%, vandag is hierdie syfers seker baie hoer.

Die afwesigheid van pa’s in kinders se lewens het nie net ‘n inpak op die kinders se lewe nie maar ook op die gemeenskap ingeheel, en is besig om teen ‘n baie sterk tempo te styg.

Die uitwerking wat dit op die gemeenskap het is dat kinders nie meer verantwoordelikheid leer by vaders nie, nie grootgemaak word met gesag van ‘n ouer nie, nie leer wat reg en verkeerd is nie, nie die liefde van ‘n vader ken nie, en dit in die buite wereld gaan soek , hierdie kinders, is kinders wat rondloop met gevoelens soos depressie, verwerping, selfhaat, selfverwyt, rebellie, opstandingheid, ens.

Hierdie kinders is ook die kinders wat betrokke raak by drank en dwelm misbruik. ‘n Probleem wat die hele gemeenskap raak. Hierdie kinders word so afhanklik  van die
goed waaraan hulle verslaaf is dat hulle later begin inbreek en steel om geld te kry om hulle verslawing te kan bevredig.

Hierdie middels, sit hulle op so “high” wat veroorsaak dat hulle irrasioneel begin dink en optree, hulle doen goed wat hulle normaalweg nie sal doen nie, soos:

  • om seks te he met vreemdes, of met groep-seks betrokke te raak,
  • inbrake doen,
  • geweldadig word,
  • in gevegte betrokke raak, en
  • naalde deel om die dwelms in te kry wat kan lei tot siektes soos vigs ens.

Redes hoekom pa’s nie deel is van kinders se lewens nie:

  • Egskeidings is in vandag se tyd seker die grootste oorsaak van kinders wat sonder hulle pa’s groot word.
  • Die besoek ure een maal per maand begin ‘n gaping skep tussen vader-en kind. Vervreemding begin plaas vind, en in sommige gevalle waar die vaders net heeltemal wegraak en die kinders hulle nooit weer sien of weet waar hulle is nie.

  • Dood is ook ‘n groot rede van vaderlose kinders, en die kinders hou net ‘n vae herinnering van pa oor, met ‘n grafsteen om hulle te herinner dat hulle eens ‘n pa gehad het.

  • Die werkende pa, waar die pa in die huis is, maar nie deel is van die kinders se lewens nie. Pa’s in vandag se tyd moet soms oortyd werk om ekstra geld in die huis te bring, en baie pa’s werk op plekke waar hulle net een maal per week huis toe kom of soms erger net elke 3 maande vir 2 weke. Hierdie kinders kry nie toegang tot die pa se aandag nie, en al wat hulle kan doen is om aan die deur te klop en te wag dat die werk eendag opsy geskuif word sodat hulle kan aandag kry.

  • Hierdie kinders het ‘n vader, maar nooit ‘n “pappa” nie. 

  • Drank kan ‘n groot rol in die pa se lewe speel en die kinders het wel ‘n vader in die huis maar, waar die vader liefde, vertroosting, opleiding, en ‘n voorbeeld moet wees, word hy ‘n figuur wat die kinders vermy en vrees, en is dit ‘n vader waarop kinders nooit kan staatmaak nie.

(‘n Afwesige pa in ‘n dogter se lewe vervolg)

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com

Saturday 15 June 2013

Watter houvas het jou verlede op jou toekoms? deur Zandra Ungerer


Dit is groot woorde. Dit is vir my so hartseer as ek hoor van mense wat in hulle verlede vasgevang is. En ek wil nou nie op 'n onsensitiewe manier hieroor praat nie, want hierdie is 'n baie netelige onderwerp wat nie sommer ligtelik hanteer moet word nie.

Ongelukkig bly en leef ons in 'n samelewing wat soveel skade doen, wat mense se toekoms verwoes deur optrede wat sy oorsprong het in alkohol, slegte verhoudinge, egskeiding, gesinsgeweld, emosionele geweld, ag, daar kan soveel meer wees.

In hierdie proses word kinders groot wat dikwels nooit ooit weer hierdie juk van hulle verlede afgooi nie, want die letsels wat die verlede laat maak dat mense nooit tot hulle volle potensiaal ontwikkel nie.
Dit lei tot 'n swak selfbeeld, 'n minderwaardigheidskompleks en dan die hartseerste deel is dat die geskiedenis homself dan begin herhaal. Want wat met my gebeur het, laat ek dan met my kinders gebeur. Want jy sien, wat agter my lê, laat ek dan toe om te dikteer wat voor my gebeur.

Die meeste mense kry nie sommer dit reg om uit hulleself hierdie bande te verbreek nie. Maar Goddank, met die hulp van die Here, is dit moontlik. Ek wil sover gaan om te sê, ek het nog nooit ooit iemand ontmoet wat die juk van die verlede kon afgooi sonder die Here nie, maar al baie mense gesien wat deur die werk van Jesus in hulle lewe dit kon regkry.

Hoekom word ons so vasgehou daardeur, en hoe hanteer ek dit?

Ek het 'n beeld gehoor op 'n tyd wat vir my verskriklik baie beteken het. Die persoon het gepraat van 'n motor se voorruit. 'n Groot stuk glas maak dat ek 'n baie goeie uitsig het van wat voor my gebeur. Dis nodig om voor jou te kan sien, want dit is wat ek nodig het om veilig vooruit te beweeg. Maar voor my is ook 'n spieëltjie, en 'n truspieëltjie om te sien wat agter my is.

Hierdie truspieëltjie is baie belangrik, maar die voorruit is baie meer belangriker. Want dis al waaraan ek iets kan doen. Daarom moet die voorruit groot wees en die truspieëltjie klein. Die groot voorruit is nodig om betyds 'n handeling te kan neem, maar die truspieëltjie is klein, want dit is net ter inligting van wat agter my is. Dit bepaal nie waarheen ek gaan nie, dit wys net waar ek was! En so is dit ook in ons lewens.

Die voorruit is groot in ons lewens, want dit gee 'n visie op die toekoms. Maar steeds beperk, want die Here gee vir ons net genoeg visie om ver genoeg te sien om 'n rigting te kry en te hou. Om te fokus. Die truspieëltjie in ons lewens hoef nie groot te wees nie, want dit lê agter ons.

Fil 3 : 13 en14 Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. 14 Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus. Met Christus kan ek my losmaak van wat agter is.

Jy sien, die satan het net op een manier 'n houvas op ons, en dis ons verlede. Want as ek en jy vrygemaak is deur Jesus Christus, is die mag van die verlede gebreek. Dan is 'n baie klein spieëltjie nodig. 

Wat gebeur as die truspieëltjie in ons lewens te groot is?

  • Die verlede hou ons vas in slawerny. Slawerny beteken dat ons nie self beheer het oor ons toekoms, of ons denke, of ons optrede nie. 

  • Wat agter lê, rem ons. Toe ek baie klein was in die laerskool, het ek so paar keer probeer resies hardloop in atletiek. Maar omdat ek gewoonlik amper laaste was, het ek heeltyd oor my skouer gekyk of die outjie agter my nie dalk gaan verbykom nie. En dit het gemaak dat ek soveel spoed verloor het, dat ek nie kon probeer om die outjies voor my verby te gaan nie.

  • Die verlede maak dat ons net ou koeie raaksien en dit kom dan in ons dag tot dag lewe na die oppervlak toe, ook in ons gedrag. 

  • Dit maak dat ons alle hoop vir die toekoms verloor. Dat die lewe nie meer die moeite werd raak nie. So asof ons dan sê dat niks in die toekoms beter kan wees as die verlede nie. So asof daar nie 'n Jesus staan en wink nie.

Watse houvas het jou verlede op jou toekoms?

Moet ons enigsins 'n truspieëltjie hê? Verseker, solank hy klein is. Deur terug te kyk, kan ons sien hoe ons gegroei het, as ons dit agterlaat. Jy sien, as jy die verlede agter jou laat, beweeg jy weg van die probleme af. Dan sal jy in die truspieëltjie sien hoe dit geleidelik in die niet verdwyn. Maar as jy dit saamsleep soos 'n sleepwa, dan bly dit by jou. Ons noem dit bagasie. Dan kyk jy heeltyd agter jou omdat jy hierdie ding vrees. Want hy kom en kom. 
'n Ander rede vir terugkyk, is om te leer uit die foute van die verlede. Om te kan sien wat ek nie in my eie huis moet doen nie. Sodat ek nie die sleepwa, wat nou nog swaarder gelaai is, aangee na my kinders nie.

Om in oorwinning en dankbaarheid te kan leef. Ek het al vertel van my suster wat regtig kan sê "been there, done that", wat vir dekades gestoei het en deur alles denkbaar gegaan het. Sy het eendag gesê, "Ek sal weer deur elke enkele ding gaan, van voor af, as ek net weet ek sal vir Jesus ontmoet." Sy het totale oorwinning gekry.

Nou hoe lyk die voorruit? Hoekom is hy nodig?

Wel, die Here is soos my en jou voorruit. Hy gee vir ons visie vir die toekoms. Hy gee genoeg visie dat ons in vertroue, voluit, vooruit kan beweeg. Die voorruit neem nie die spieëltjie in ag nie. Die voorruit het nie die spieël nodig nie. Jy sien, die voorruit is deursigtig, hy wys toekoms, maar die spieëltjie kan net reflekteer wat was, wat reeds gebeur het.

Die voorruit is van dik sterk glas gemaak, om ons te beskerm, die spieëltjie van dun glas wat maklik breek Want die spieëltjie is nie veronderstel om 'n gevaar in te hou nie. Deur deur die voorruit te kyk, kan ek sê, "Met die oog gerig op Jesus, kan ek vorentoe gaan". Jesus staan voor ons en wink en sê: "Kom, almal wat vermoeid en belas is". Jy sien Hom nie in die spieël en wuif nie. So asof Hy sou sê: "Gaan, en o ja, good luck".

Ps 119 : 105 U Woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.

My vriend, al die antwoorde vir probleme van die toekoms, is in die Woord van God. 'n Toekoms saam met die Here, gee hoop. Verander jou toekoms deur gebed. Gaan pleit by die Here vir oorwinning oor die verlede, gaan gryp Hom vas. Hy is 100% getrou. Gaan maak klaar met wat agter is. Haak daardie waentjie wat net swaarder en swaarder word, los, moenie daardie bagasie saam met jou neem nie. Kry 'n vriend, 'n vertroueling om jou te help. Iemand wat saam met jou kan bid en jou bemoedig. En as die satan jou herinner aan jou verlede, herinner hom aan sy toekoms.

Kom ons leef in oorwinning!

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...