Thursday 25 June 2015

Gebed vir Liefde


Image result for love heart

Geskryf deur Monty Eloff

Vader, in die Naam van Jesus, dank ek U, dat U liefde in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is (Rom 5.5)

Ek bewaar U Woord in my hart en daarom sal U liefde waarlik volmaak word in my lewe (1Joh 2:5) Ek het geen vrees nie, want U volmaakte liefde dryf die vrees buite. (1Joh 4:18)

Vader, ek is U kind en wil myself oorgee om in die Goddelike liefde te lewe en te wandel.

Help my om daagliks daarin te groei, ek is lankmoedig en vriendelik, ek is nie jaloers of afgunstig nie en praat ook nie groot nie. Ek is nooit opgeblase nie en sal nie onwelvoeglik handel nie. Ek soek nie my eie belange nie en word nie verbitted nie en reken die kwaad nie toe nie.

Ek is nie bly oor ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. Ek neem alles wat na my kant toe kom en verwerk dit liefdevol. Ek is altyd gereed om net die beste te glo van andere en daarooreenkomsig op te tree (1 Kor 13:4-6)

Vader, ek wil hulle wat my vervolg en my lewe soek, seën. Help my dat ek nooit mense sal vervloek nie (Rom 12:14) Ek wil mense wat vyande van my is liefhê, ek wil goed doen aan die wat my haat en bid vir die wat my beledig (Mat 5:44) want dit is die gesindheid van Jesus.

Laat U liefde meer oorvloedig word in my, sodat ek vir niemand 'n aanstoot mag wees nie, tot die dag van Christus (Fil1:9-10).

Dankie Vader, dat ek saadjies van liefde plant, orals waar ek beweeg. U bereid die harte voor om hierdie liefde te ontvang en ek weet dat hierdie saad 'n oes sal bring van liefde (1 Kor 3:6)

Vader soos U liefde deur my vloei, word mense geseën deur my lewe en bediening en verleen U guns en barmhartigheid aan my by hulle met wie ek deel (Dan 1:9)

Ek is gewortel en gegrond in die liefde (Ef 3:17) en ek weet U is aan my kant en niks sal my skei van die liefde van God nie (Rom 8:31 en 39).

Dankie Vader, In Jesus Naam
Amen

Jesus Liefde

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com


Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...