Friday 8 July 2011

Die doop - Deel 3 - Wie moet gedoop word?

Christus Pantocrator in the apsis of the cathe...Image via Wikipedia

Wat se die Bybel wie moet gedoop word?

Moet ons as babas gedoop word?

Nee, ons moet groot gedoop word! Waar verskil die mens en kerke van die Bybel. Sekere kerke glo ons moet as babas gedoop word omdat ons sondig in die wereld gebore word en die sonde van die vader dra.

Kyk wat se die Bybel.

Eseg 18:20 Die siel wat sondig sal sterwe. – Let op na die siel wat sondig, dit se nie die siel wat by sy vader geerf het nie,

1Joh 3:4 Hy wat sonde pleeg, breek die wet. – Hy wat sonde PLEEG, nie erf nie!

Jak 1:14-15 Elkeen word versoek wanneer hy deur sy EIE begeerlikheid weggesleep en verlok word. – Sy EIE sonde!

Jak 4:17 Wie dan weet om goed te doen en dit nie doen nie, vir hom is dit sonde – Hy wat WEET, nie erf nie!

As ons kyk wat se die Bybel van sonde, moet babas nie gedoop word nie, wat hulle val nie onder eer van die bogenoemde tekverse nie.

As ons in sonde gebore was, was Jesus ook in sonde gebore, en moes Hy dan ook as baba gedoop geword het, maar die Bybel vertel ons dat hy SONDEVRY was.

2 Kor 5:21 Christus was sonder sonde, maar God het hom in ons plek as sondaar behandel, sodat ons deur ons eenheid met Hom deur God vrygespreek kon word.

Heb 4:15 …in alle opsigte versoek is, maar sonder sonde is, naamlik Jesus, die Seun van God,
Heb 7:26, Want so ‘n hoepriester was vir ons gepas, wat heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskeie van die sondaar is, en wat hoer as die hemel geword het!

 1 Pet 2:22  Hy (Jesus)  wat geen sonde gedoen het nie, en in wie se mond geen bedrog gepleeg is nie.

Verder se Jesus in Matt 18:3 “Voorwaar ek se vir julle as julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle nooit die koningkryk van die hemele ingaan nie. En Matt 19:14 se Jesus Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koningkryk van die hemele.

Uit die 2 verse kan ons sien dat kinders hemel toe gaan, (want aan sulkes behoort die koningkryk van die hemele). Die hemel behoort nie aan sondaars nie, so hoekom se Jesus dan so? Omdat kinders nog rein en sondevry is!

Mark 16:16 Hy wat glo en gedoop is sal gered word  en Hand 8-36-37  Phillipus se “as jy glo met jou hele hart en siel mag jy gedoop word” – kan babas met hulle hele hart en siel glo?

In Hand 2:38 se Petus “Bekeer julle, en laat elkeen gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sonde, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. – Kan babas bekeer?

Kyk ook Deel 4 - Hoe moet ons gedoop word?

Enhanced by Zemanta

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...