Tuesday 12 July 2011

“Big Bang Theory” of het God, die Drie-eenheid die aarde geskape?

big bangImage by { pranav } via Flickr



Het die aarde onstaan uit evolusie of het God die aarde geskape?

God, die Drie-Eenheid het die aarde gemaak, en was beplan lank voor die aarde bestaan het, mense wat aan evolusie glo, glo dat die aarde in een groot “bang” ontstaan het, uit saamgepakte materie wat ontplof het.


God…..
 het eerste begin met die skepping van die aarde want ons lees in  Gen 1 dat God die hemel en aarde geskape het, en Ps 19:1 Die hemele vertel die eer van God en die uitspansel verkondig die werk van Sy Hande.

Jesus….
 was ook betrokke want in Joh 1&2 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God …praat van die vleeswording van Jesus ….(vers 2) Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan nie.

Verder in 1Pet 1:20 lees ons dat Jesus bestaan het voor die aarde gemaak was. Wat wel vooruit geken is voor die grondlegging van die wereld, maar in hierdie laaste tyd geopenbaar is om julle ontwil.

 In Jesus se gebed (Joh 17:24) aan God vra Hy dat die mense Sy heerlikheid moet aanskou wat God hom gegee het, omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die wereld.

Die Heilige Gees…..
was betrokke as ons kyk na Gen1:2 En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wereldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.

Dus kan ons duidelik sien dat die Drie-eenheid die hemel en die aarde geskape het.

Ons sien dus ook dat die “Big Bang theory” nie waar kan wees nie want in Efs 1:4 lees ons dat God die aarde beplan het voor Hy dit gemaak het….soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wereld, om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees.

Die doel agter evolusie is om te bewys dat die Bybel nie waar is nie….so as die wereld ontstaan het uit evolusie, uit watter materie het die mens en dier dan ontstaan? Tot vandag kan wetenskaplikes nog nie bewys het dat mens en dier uit niks ontstaan en begin evoleer het tot waar ons vandag is nie, en as ons dan van aap-mens gekom het tot waar ons vandag is, hoe het DNA dan ontstaan, uit watter materie is dit dan gemaak en geen twee mense op die aarde het ‘n identiese DNA nie, so hoe het DNA dan evolueer?

Weereens kon net ons Almatige Skepper ons en die wereld gemaak het!

Jesus seën

Belinda


As jy enige geestelike hulp, gebed of berading verlang skryf aan Belinda Paar (belindapaar@gmail.com)




Enhanced by Zemanta

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...