Friday 15 July 2011

Die Huwelik - Deel 1- Verbondsteken.

A scene from the play Maly Theatre «Weddings, ...Image via Wikipedia









DIE HUWELIK IS ‘N VEBONDSTEKEN!
Mrk 10:7
Om hierdie rede sal ‘n man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef,
en hulle twee sal een vlees word,
Sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees!
Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.

DIE HUWELIKSBELOFTE
WAT VOOR GOD
EN GETUIES
EN
AANMEKAAR BELOOF IS

Aan die Bruidegom:
Beloof en bevestig u in die teenwoordigheid van God, en roep u almal hier teenwoordig om daarvan ‘n getuie te wees dat u …….. aan u sy, neem as wettige vrou om saam met haar te deel in die heiligheid van die huweliklewe in tye van voorspoed, sowel as teespoed, van gesondheid sowel as krankheid, ja onder alle omstandighede, haar te beskerm, te versorg, te troos, te dien, te bemin, om u van alle andere te onthou en om geen losmaking te soek nie, totdat die dood u skei?

Wat was u antwoord?

Aan die Bruid:
Beloof en bevestig u in die teenwoordigheid van God, en roep u almal hier teenwoordig om daarvan te getuie te wees dat u …. ..aan u sy, neem as wettige man om saam het hom te deel in die heiligheid van die huweliklewe in tye van voorspoed, sowel as teespoed, van gesonheid sowel as krankheid, ja onder alle omstandighede, hom te beskerm, te versorg, te troos, te dien, te bemin, om u van alle andere te onthou en om geen losmaking te soek nie, totdat die dood u skei?

Wat was u antwoord?

Die Bruidegom en Bruid bevestig nou hulle huweliksbelofte aan mekaar deur die skenking van ‘n ring, as teken en pand van huwelikstrou.

Die seen van die Here word dan oor hulle uitgespreek in die teenwoordigheid van God
Dit wat nog nie was nie, word nou oor die verbondspaar uitgespreek:
Geluk, Liefde, Vrede en Trou.

God het nou jou huwelik geseen. Geseend sal julle wees! Julle moet net julle belofte onthou wat julle hierbo voor God gemaak het.

God seen julle huwelik nog verder!

Hy seen julle met kinders. Hoeveel vertroue het God nie in julle huwelik nie, dat Hy kinders laat baar tussen julle. God sit Sy seen op julle huwelik en Hy weet Sy seen is goud werd, daarom kan Hy met ‘n geruste hart vir julle kinders geen!

Hy maak hierdie kinders uniek uit julle albei. Hy skep ‘n MENS uit julle huwelik. Hy gee vir julle ‘n huwelikgeskenk! Hy se: Ek vertrou julle belofte aan mekaar, ek vertrou julle as mense, Ek weet dat Ek die regte besluit geneem het om julle te vertrou, daarom seen ek julle met ‘n kind of kinders, dit is My geskenk vir julle huwelik!

Gen 1:28 En God het hulle geseen, en God het vir hulle gese: “Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde!”(31) Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en DIT WAS GOED!

Julle huwelik wat geseen is deur GOD!
Is in Sy oe – GOED!

Onthou!! NET God kan ‘n mens maak! Nie ek of jy of Satan nie, NET GOD! En julle kinders is dan iets wat deur God gemaak is, en aan julle gegee is, omdat JULLE HUWELIK SY GOEDKEURING weggedra het en Hy, Sy STEMPEL EN SEEN op dit AFGEDRUK het deur kinders!!

Wonder jy dalk nog of julle bymekaar moet bly?
Wonder jy nog of dit God se Wil is dat julle moet werk aan julle huwelik?

Kom ons kyk gou wat is God se Wil?

In die Onse Vader leer ons “Laat U Wil geskied” Dit beteken dat U Wil oor my lewe kom! Wat wil God vir jou lewe he?  - Dat jou lewe in alle aspekte oorvloedig moet wees, in jou finansies, jou huwelik, jou kinders jou emosies en jou werk!

Luk 6:38 ‘n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal in jou skoot gegee word!

In Rom 12:12 lees ons En word nie aan hierdie wereld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, SODAT julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte Wil van God is.

AS jy NOU OORTUIG IS DAARVAN DAT GOD JOU HUWELIK WIL RED, WERK DAN DAARAAN EN GOD SAL JOU WEER EN WEER SEEN
AL WAT GOD VRA IS:
“JULLE MOET MEKAAR LIEF HE -EK SAL DIE RES REGMAAK”



Indien u geestelike berading of gebed benodig kontak my by belindapaar@gmail.com
Enhanced by Zemanta

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...