Friday 8 July 2011

Bestaan hel regtig? Deel 2

Dante's heavens and hells symbolised the astra...Image via Wikipedia
Bestaan hel regtig?

Daar is mense wat glo dat hel nie bestaan nie. As ons so dink of se maak ons God en Jesus leuenaars. Die Bybel verwys genoeg na hel om ons te laat sien dat daar wel ‘n hel is. Jesus het aan die kruis gesterf sodat ons hel kan vryspring. Hoekom sou God Sy Enigste Seun (in wie Hy welbehae het) vir ons gee sodat ons gered kan word van hel, as hel nie bestaan het nie? 
Die Bybel is vol waarskuwings om hel te vermy.

Matt 13:42 en sal hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.

Matt 8:12 Maar die kinders van die koningkryk  (satan se koningkryk) sal uitgedryf word in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.

Matt 3:12 (Jesus sal) die kaf (sondaars) met onuitblustelike vuur verbrand.

Open 9:2 En hy het die put van die afgrond oopgemaak, en daar het rook opgekom uit die put soos rook van ‘n groot oond, en die son en die lug is deur die rook van die put verduister.

Open 19:20 En die dier (satan) is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy hulle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand.

Open 20:10 En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is, en hulle sal gepynig word tot in alle ewigheid.

Mark 9:43&44 En as jou hand jou laat stuikel, kap dit af. Dit is beter om vermink in die lewe te gaan as om twee hande te he en in die hel te gaan in die onuitblustelike vuur, (44) waar hulle wurms nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.

God se in die Ou Testament : -

Jes 66: 24  En hulle sal uitgaan en die lyke sien van mense wat teen My opgestaan het, want hulle wurms sal nie sterwe en hulle vuur sal nie uitgeblus word nie, en hulle sal afgryslik wees vir alle vlees.

Open 14:9-11 As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op die voorhoof of op sy hand ontvang, (10) sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn (kwaad wees), en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam (Jesus) (11) en die rook van hulle, en hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid het dag en nag geen rus nie – hulle wat die dier en sy beeld aanbid het en elkeen wat die merk van sy naam ontvang.


Luk 16:19-31  Die gelykenis van die ryk man en Lasarus (Bedelaar).

Lararus was vol sere en het voor die hek van die ryk man se huis gele en gedroom om net die krummels wat van sy tafel afval te eet. Toe albei doodgaan, het die bedelaar hemel toe gegaan en die ryk man hel toe. In die hel sien die ryk man vir Abraham en Lasarus aankom. Hy vra vir Abraham :-

(24) En hy roep en se “Vader Abraham, wees my barmhartig en stuur Lasarus, dat hy die punt van sy vinger in water kan steek en my tong verkoel, want ek ly smarte in hierdie vlam.
(25) maar Abraham antwoord “Kind onthou dat jy jou goeie dinge in jou lewe ontvang het, en so ook Larasus die slegte. En nou word hy getroos en jy ly smarte.
(26) En by die alles is daar tussen ons en julle ‘n groot kloof gevestig, sodat die wat daarvandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie, en die wat daar is, nie na ons kan oorkom nie”
(27) en hy se “Ek bid u dan vader, om hom na my vader huis te stuur,
(28) want ek het 5 broers – om hulle dringend te waarsku, sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging kom nie.
(29) Toe se Abraham vir hom “ Hulle het Moses en die profete, laat hulle na die luister”, (30) maar hy antwoord “Nee, Vader Abraham, maar as iemand uit die dode na hulle gaan, sal hulle dan bekeer”,
 (31) Maar hy se vir hom “ As hulle na Moses en die profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan.”

Ons kan baie leer uit die gelykenis van die ryk man en Lasarus, ons sien dat mense mekaar erken, ons sien dat dit smartelik en pynigend is en dat jy dors is vir ‘n druppel water. Ons sien dat jy die mense wat nog lewe wil waarsku om nie ook daar te eindig nie.

Die beskrywende woorde van die ander Bybel verse hierbo se:  jy gaan gepynig word, wurms gaan jou vlees eet en dit sal afgryslik wees vir alle vlees, dit sal aanhou tot in ewigheid, dag en nag sal jy geen rus he nie, jy gaan lewend wees!

Met ander woorde, jy is by jou volle positiewe, jy kan voel, onthou, en het berou en wil ander mense waarsku om nie soontoe te kom nie. As dit nie ondraaglik was nie, sou jy nie ander mense wou waarsku nie.

As ons kyk na die boek 2 Petrus, sien ons dat daar menig male verwys na hel. Petrus praat van “die donkerheid van die duisternis wat vir ewig bewaar word” , die “dag van die oordeel” en van “die verdelg van die goddelose mense”. Hy praat ook van die “kinders van die vervloeking” Hoekom sal daar “kinders van die vervloeking wees” as daar nie ‘n hel is nie? Waar is satan se koningkryk as daar nie ‘n hel is nie? En wie het hierdie kinders vervloek? God het! God gaan nie kinders wat Hy vervoek het in die hemel laat bly nie, dus moet daar ‘n hel wees.

Rom 10 : 30, 31 en 39 Want ons ken Hom wat gese het “My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here, en weer: Die Here sal oordeel! (31) Vreeslik is dit om te val in die hande van die Lewende God.
(38 en 39) Maar die regverdige sal uit die geloof lewe, en as Hy Hom onttrek, het my siel geen welbehae in Hom nie, maar by ons is daar geen onttrekking tot verderf nie, maar geloof tot behoud van die lewe.

Die verse in Romeine wys ons dat God wraak sal neem op ons as ons kinders van satan is, en dit waarsku ons om nie in die hande van die lewende God te val nie, want HY SAL ons oordeel, en HY SAL Hom van ons siel onttrek en geen welhehae he in ons siel nie, m.a.w. God sal nie omgee wat van jou word nie, Hy sal Sy rug op jou draai en jy SAL vervloek wees deur God.

Ons sien in 2 Kor 5:11 Omdat ons die vrees van die Here ken, probeer ons om mense te oortuig. Die Apostel Paulus waarsku hier, “omdat ons die vrees van die Here ken, probeer ons om mense te oortuig” Hoekom sou hulle mense wou oortuig, as God net ‘n God van liefde was en nooit kwaad geword het nie. Maar ook, hoekom mense oortuig om reg te lewe as daar nie ‘n moontlikheid van hel is nie?

1 Pet 1:10 & 11. Aangaande hierdie saligheid het die profete wat geprofeteer het oor die genade wat vir julle bestem is, ondersoek en nagevors, en hulle het nagespeur op watter of hoedanige tyd die Gees van Christus wat in hulle was, gewys het, toe Hy vooruit getuig het van die lyde wat oor Christus sou kom en die heerlikheid daarna.

Kom ons kyk wat se die 2 verse vir ons. Eerstens, die profere het nagevors, ondersoek en nagespeur, tweedens, was die Heilige Gees van God met hulle terwyl hulle ondersoek het, derdens het hulle ondersoek om te sien of daar werklik ‘n “heerlikheid” (hemel) sou kom na Jesus.

Lees nou vers 12! Aan hulle is GEOPENBAAR, nie net vir hulle self nie, maar ook sodat hulle die evangelie kon verkondig aan ons, dat dit waar is. En dit is aan hulle geopenbaar deur DIE HEILIGE GEES WAT VAN DIE HEMEL GESTUUR IS – dinge waarin die engele BEGERIG is om in te sien.

M.a.w. dit is geopenbaar wat beteken hulle het dit gesien, so dit is waar, sodat hulle ons kan leer daarvan, en die Heilige Gees wat van die Hemel is het dit vir hulle gewys, so dit is deur ‘n betroubare bron aan hulle gewys, so dit IS waar!

Verder lees ons in Open 20: 13 – 15 En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was, en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. (14) En die dood en die doderyk is in die poel van die vuur gewerp. Dit is die 2de dood. (15) en as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van die vuur gewerp.

Uit die boonste Bybel gedeelte word dit weereens bevestig dat as jy God nie geken het nie, (jou naam nie in die boek van die lewe staan nie) gaan jy in die poel van die vuur gewerp word – hel toe! (Die 2de dood beteken:- Eerste dood op aarde, 2de dood -hel).

Hel is ‘n werklikheid, dit is ‘n vuuroond wat met swawel brand tot in alle ewigheid, dit is pynlik, vol smart en jy is by jou volle positiewe terwyl jy daar is, jy kan voel, is spyt, het berou en wil ander mense waarsku om nie ook soontoe toe gaan nie. As jy daar endig is dit te laat om te verander en kan jy dit nie vryspring nie.

Jesus se nie almal wat vir My se Here, Here sal in die Koningkryk van My Vader ingaan nie, m.a.w ons moet seker maak dat ons reg lewe op aarde en verseker weet dat ons nie hel toe gaan nie.

Matt 7:21&22 “Nie elkeen wat vir my se Here, Here! Sal ingaan in die konigkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van My Vader wat in die hemel is. Baie sal daardie dag vir my se Here Here, het ons nie in U naam duiwels uitgedrywe en in U naam baie kragte gedoen nie? Ek dan sal Ek aan hulle se “Ek het jou nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat in die ongeregtigheid werk.

Ons kan dink dat ons die regte lewe ly en dat ons Jesus volg, en nogsteeds hel toe gaan, dus moet ons seker maak dat ons weet dat ons reg lewe en dat ons by die riglyne van God hou. Sekerlik het die mense van wie Jesus hierbo praat gedink hulle lewe reg, want hulle het groot dinge in Sy Naam gedoen en tog se Jesus “Ek ken julle nie” Vers 24 se Jesus Elkeen wat na hierdie woorde van my luitster en dit DOEN, hom sal ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op ‘n rots bou.

M.a.w ons moet seker wees dat ons die Bybel ken en onderhou.  God se : My volk gaan ten gronde asgevolg van ‘n gebrek aan kennis, en omdat hulle die kennis verwerp, SAL Ek hulle ook verwerp.

Jesus het klaar die prys vir ons betaal op Golgota, sodat niemand vandag in die hel hoef te eindig nie. Die kruisiging en die opstanding is ‘n genade wat God aan ons as mens en sondaar bewys het, sodat ons gered kan word (van hel). Joh 3:16 Want God het Sy Seun in die wereld gestuur nie om die wereld te veroordeel nie, maar dat die wereld gered kan word.

Om gered te word en hel vry te spring moet ons in Jesus se kruisiging en opstanding glo, ons moet wedergebore word (groot doop) en ons moet volgens die Bybel leef. As ons God en Jesus nie ken nie, is ons pad oop hel toe. Iemand wat nie wedergebore word nie, sal nie in die Hemel kom nie. Jesus se Niemand sal die Koningkryk van My Vader sien, tensy hy weer gebore word uit water nie. Die doop simboliseer die kruisiging. Net soos Jesus dood gegaan het op die kruis en weer opgestaan het, so word ons as sondaar “dood” gemaak deur die indompeling in die water, en staan ons lewend op, uit die water, as ‘n nuwe mens. Net die doop is die afwassing van sonde, en slegs NA die doop word jou sonde vergewe, nie voor die doop nie. Die doop is ‘n baie ernstige saak en moenie ligterlik opgeneem word nie. 

Jesus seën

Belinda



As jy enige geestelike hulp, gebed of berading verlang skryf aan Belinda Paar (belindapaar@gmail.com)
Enhanced by Zemanta

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...