Monday 4 July 2011

Hoe sal satan kinders aanval?

Meeste van die inligting is verkry deur Tiaan Gildenhuys se DVD Maak skoon jou huis.

2 Kor 11:15
En dit is niks besonders wanneer sy diennaars hulle ook voordoen as diennaars van geregtigheid nie, maar hulle einde sal wees volgens hulle werke.

Hou die bogenoemde teksvers in gedagte wanneer jy die volgenge lees.

Op ‘n baie jong ouderdom wanneer kinders “Imaginary Friends” het. Hierdie is demone wat hulleself as “vriende” voordoen, om te verken en om die kind se gedagtes aan te val en skeuring in die familie te bring. Kyk na die volgende vers, Satan verander hom in ‘n engel van die lig. M.a.w. hy maak homself onskuldig, aanvaarbaar!

2 Kor 11:14
Want die Satan self VERANDER hom in ‘n engel van die lig,

Deur speelgoed, soos Pokemon, Dragon ball Z, Spiderman, Superman, Fantastic Four, Hulk, Lion King, Brother Bear, Shrek ens. Alle speelgoed, karakters, of speeletjies waar bo-natuurlike magte of kragte betrokke is, is van Satan.

Deur TV programme (cartoons) soos Power Puff Girls, Smurfs, Casper the friendly Ghost en ook “horror” flieks.

Ons laat ons kinders, na animasie programme kyk sonder om te besef wat hulle kyk. Kyk na wat die name van sekere van die animasie karakters beteken:

Pokemon          -           Pocket Monster
Pan                  -           god of the nature elements
Yu Gi-oh          -           Dragon
Smurf               -           Little Demon
Trol                  -           Demon
Spiderman        -           The web – entrapment in the web of Satan
Batman teken   -           Bat simboliseer Fear and witchcraft in satanisme
Leoprechaun    -           Supernatural being

In Lion King, praat die aap, Raffiki met voor-vader-geeste, Simba praat met sy dooie pa. In brother bear verander die seun na ‘n beer en die ouma praat met die geeste. In Hulk word hy ‘n groen monster wat verwoesting saai. Spiderman en Batman wat afkomstig is van The web of Satan, en batman se teken van Fear and Witchcraft, word op ons kinders se beddens gesit en hulle moet daarop slaap. Die vloek op dit is presies wat die sataniste wil he! Dat jou kind in vrees moet leef en in die “web” van Satan vasgevang moet word. Dieselfde met Hulk- hy saai verwoesting en dit is wat dit in die kind uitbring. In Shrek is daar ‘n “fairy god-mother” wat towerspelle doen.

Veetjies word aanbid in die Noordelike halfrond, hulle glo aan veetjies, soos ons aan God! Hulle glo die veetjies kan, jou siek maak, jou kinders steel, jou dood maak, en towerspel doen.

Pac-Man het ‘n aards-vyand, Spooky wat ontsnap het van “enternal captivity and has commanded the Ghosts to hide and spread choas, and Pac-Man must stop his evil plans.

Open 9:20 &21
Hulle het aangehou met die aanbidding van bose geeste en van die afgode wat hulleself gemaak het van goud, silver, koper, hout en klip.

M.a.w. tot die veetjies wat jyself geverf het op die mure van jou kind se kamer, en op die beddegoed en meubels!!

In Sneeuwytjie is die stiefma ‘n heks wat van vorm verander en towerspel doen. Casper the Friendly Ghost – mens kry nie ‘n friendly ghost nie! Net die Heilige Gees is jou goedgesing- want dit is die Gees van God.

Trolle word aanbid in Ierland, Kabouters word aanbid en daar word geglo dat die kabouter jou kan help met probleme, die kabouter is die “vriendelike” afbeelding van die tokkelossie, en ons sit hulle in ons tuine en bring hulle in ons huise.

Deut 7:25
Die gesnede beelde van hulle gode, moet JULLE MET VUUR VERBRAND

Deut 32:16&17
Hulle het aan die duiwels (demons) ge-offer, wat nie God is-gode wat aan hulle bekend was, nuwes wat kort gelede opgekom het!

Deur Play Station Games soos Dragons and Dungeons, Vampire Nite- “the streets will flow with blood”, Black and White- waar jy God speel, Final Fantasy – waar daar monsters, drake en “magic spells” in is, Ninja Assault- waar hulle veg teen “demonic soldiers” ens, alle demoniese speeletjies, alles met drake, monsters, slag-spreuke, towerspel en bo-natuurlike kragte. Alles met geweld soos in oorlog speletjies en geweld geveg speletjies soos Kick Boxing en Tekken waar hulle “fight to death” ens.

Tekken beteken – “the devil within”!

Open 12:9 en 20:2
Die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan

Die Bybel se
Spr 4:23 Nuwe Vertaling
Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan,want dit bepaal jou hele lewe!
Die Ou vertaling bewoord die teks BEWAAR jou hart meer as wat bewaak moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe!

Hierdie geweld, gevloek en vrese wat in hierdie speletjies is en ook in ons annimasie flieks van vandag, is wat in jou kind se hart ingaan, so dit is, wat met tyd gaan uitkom. Beskerm jou kind se poorte, oog, oor en mond!

Alle afgode karakters soos veetjies, trolle, engeltjies ens. Die Woord van God se alle engele is mans, kragtige helde, dienende geeste, vuurvlamme wat jou sal beskerm en dra, nie babatjies  of vrouens wat halfkaal is nie. Die okkulte groepe maak die engeltjie altyd vrouens, hoekom? Hulle is hekse in die satan se koningkryk! Satan verander sy demone, sodat hulle vir ons pragtig en oulik is, sodat ons hulle in ons huise WIL he.

Die enigste iemand of iets in die lewe wat ons MOET vrees is God! Satan probeer die Vrees vir God steel en doen dit deur “horror” flieks en “horror” speeletjies. God bevel ons dat ons nie mag vrees nie, om ‘n “horror” te kyk is dus ‘n sonde.

2Tim 1:7 Want God het ons NIE ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing.

Jos1:9 Het Ek jou nie bevel nie, Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie, want die Here, jou God is met jou, oral waar jy heengaan.
Open 14:7
En hy het met ‘n groot stem gese:“Vrees GOD en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom, en aanbid Hom wat hemel en aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.

Kyk na die volgende karaktertrekke wat uitkom by kinders wat met animasie speelgoed speel en op die beddegoed slaap.

Pokemon- was by skole verban omdat kinders begin baklei het, mekaar geslaan het, die goed gesteel het, en gelieg het daaroor. Klink dit soos iets wat van God afkom?

Bat man – kinders skreeu, raas, spring oor alles, jou banke, beddens, hardloop rond soos “mal” kinders, hulle luister nie.

Spiderman – kinders kry nagmerries, sien monsters, maak bed nat, kry slaap probleme is vreesbevange.

Hulk – val kinders se gedagtes aan – aggressie, skool probleme, opstandigheid, eet probleme, raak rebels, begin goed stukkend gooi as hulle kwaad word of slaan deure toe, stamp goed om.

Veetjies – word vreesbevange, maak bed nat, begin te veel van hulleself dink, jy kan hulle niks vertel nie – (“too clever for your size”) het slaap probleme, praat terug, raak opstandig. Wil ewe skielik net die nuutste mode-giere na-aap in kleredrag, se vir jou goed soos “ek wens jy wil weggaan / doodgaan, en ek gaan nog wegloop”

Kinders se gees is nog oop, veral tot op die ouderdom van 7. Glo jou kinders as hulle wakker word, en vir jou se, hulle sien ‘n monster in hulle kamers, want kinders kan hulle sien! En jaag die demoon uit in die Naam van Jesus!

Onthou dat hierdie items nie 'n vloek self dra nie, maar dat die geestes wêreld hulsef assosieer met dit wat van satan is, en dit is wat hulle 'n wettige plek in jou lewe gee.

Indien u geestelike berading of gebed benodig kontak my by belindapaar@gmail.com

7 comments:

  1. Goeie dag

    Ek sit al n paar jaar met n probleem en niemand steur hulle veel daaraan nie. Daar is iets wat my in my drome aanval en baie male voel dit of ek nie weer lewend daaruit gaan kom nie. n Eenvoudige droom waar ek n foto van my en my vrou neem verander in iets afgrysliks. Ek word dan op die foto bewus van n derde persoon en dis geen vriendelikheid daarna nie. Wanneer ek probeer wegkom word ek vashou en ligte word afgesit. Ruite kanie breek nie so daar is geen ontsnapping nie. Die drome is nooit dieselfde nie en verskil altyd maar ek bly altyd alleen agter en dan dis daar net bollie. Ek raak al banger want dit raak al erger. Wat is dit en kan dit bonatuurlik van aard wees en hoekom net as ek slaap. Ek kan wel n teenwoordigheid voel wanneer ek wel daaruit wakker skrik en glo my dis twee ure plus se BANG. Die ding is nie bang vir die Here nie!!!!! Het al bybel gelees, gebid en hom probeer wegjaag na n aanval maar niks werk nie. Wat moet ek doen?????? Enige iemand met voorstelle kan my email op gertswane@gmail.com. Asb mense. Iemand moet kan help.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Satan val ons beslis aan in ons drome, eerstens moet jy die droom / drome kanselleer dat dit nie manifesteer in jou lewe nie, jy doen dit deur net hardop te se "Ek kanselleer die droom in die Naam van Jesus, en ek pleit die Bloed van Jesus oor myself en my drome" Ek sal vir jou 'n email stuur na jou email adres toe met meer inligting. Ons lees in Job dat God met ons praat in visises en drome om ons te waarsku of om vir ons inligting of idees te gee, so my antw is beslis kan ons aangeval word in drome en moet ons drome ernstig opneem....ek email jou na jou adres wat jy gegee het.

      Jesus groete
      Belinda

      Delete
  2. ek wil ook graag navraag doen, is bekommerd oor my vriendin se seuntjie.. nou 2jaar oud.. hy wil glad nie alleen in sy kamer ingaan nie, hy se daar is 'n monster met rooi oe, groot tande en 'n stert.. my vriendin het al als prober, eers gedink hyt iewers iets gesien en toe hou hy nie daarmee op nie, selfs paar keer gewys met sy vingertjie waar die "monster" staan. toe sy hom eendag by haar ma gaan haal het, het hy vir haar in die kar gese kyk mamma die monster is nou by daardie mense se huis.. die seuntjie het ook 'n verbeeldingsmaatjie met die naam mia.. ek wil maar net jou opinie hoor asb.. kan dit ernstig wees en wat staan my vriendin te doen?

    ReplyDelete
  3. Laat sy vir die seuntjie se om vir die "monster" te se om in Jesus Naam weg te gaan, sy kan ook olie vat oor dit bid en vra dat Jesus die olie seen en dit in sy kamer smeer en se ek seen die kamer in die Naam van die Vader, Seun en Heilige Gees. Sy moet ook vir "mia" in Jesus Naam wegjaag en bid dat alle vloeke en invloede gebreek word in Jesus Naam wat "mia" vir hom gese, geleer or oor hom uitgespreek het. Pleit die Bloed van Jesus oor hom en sommer oor hulle almal en die huis. Sy kan ook Efes 6 hardop in haar huis en veral in sy kamer lees....Die wapenrusting van God. As dit aanhou laat sy my kontak op my email adres.Dan moet ons dalk kyk na wat hulle in hul huis het wat die goed kan "in nooi".

    Vader, In Jesus Naam bid ek oor hierdie seuntjie en huis en breek die mag van satan, elke vloek en elke gedagte wat agtergelaat word, ek pleit die Bloed van Jesus oor die gesin en spreek Ps 91 oor hulle uit.In Jesus Naam Amen.

    ReplyDelete
  4. Hi ek is Ronel Ek wil net se jy het my dinge laat verstaan wat ek ni bewus van gewees het nie ek moet se badman was nogal n popflim wat ek rerag van gelike het ,maar ek ht nie geweet dat hy n demon is nie. dankie vir die adfies.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Ronel. Stuur vir my n email op belindapaar@gmail.com dan stuur ek vir jou nog goed oor hoe okkulties batman, spiderman ens is. Mense het geen idee wat hul in hul huise toelaat nie.
      Jesus seen
      Groete

      Delete
  5. Hi ek is Ronel Ek wil net se jy het my dinge laat verstaan wat ek ni bewus van gewees het nie ek moet se badman was nogal n popflim wat ek rerag van gelike het ,maar ek ht nie geweet dat hy n demon is nie. dankie vir die adfies.

    ReplyDelete

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...