Monday 4 July 2011

As ek hulle uitlos en glo hulle bestaan nie,sal hulle my uitlos?

Beslis nie! Joh 10:10 Die dief kom om te steel, roof en vernietig. Satan saai verwoesting onder mense omdat hy wil he hulle met God haat. Satan is die Prins van donker, hy wil almal se lewe donker maak en ons weglok van “Die Lig van die Lewe”- God!

Satan wil soos God wees, daarom het hy ‘n kerk, en‘n satanistiese bybel. Satan gaan die Antichris laat kom, wat vir hom ‘n “Jesus-plaasvervanger” is en wat ook wonderwerke gaan doen net soos Jesus om mense te mislei. Sien Daniel 8.

Kinders, veral tieners redeneer, as ek nie glo daar is ‘n vloek van Satan op my PC of Playstation speletjie, kan dit my niks doen nie! Verkeerd!

Satan is magtiger as wat jy dink. Nie Almagtig soos God nie, maar magtig, slinks en agteraf. Hy val jou aan deur jou gedagtes. Die speletjies wat jy speel gaan oor mag, hoe meer mag jy kan kry hoe meer wen jy in die speletjie. In die werklike lewe word jy so, want dit is wat jy in jou hart gesit het met die speletjie, en wat satan in jou gedagte ingeplant het.

Kyk na die volgende karaktertrekke wat uitkom by kinders wat hierdie tipe speletjies speel.

Rebellie - die kind praat ewe skielik met jou asof hy jou baas is, praat met gesag, se jou hoe dinge moet wees, of gaan wees, of nie gaan wees nie. Wie het eerste gerebelleer? Satan! Hy was rebels teenoor God, daarom is hy uit die hemel gegooi. Rebellie kom 100% van satan af!
Opstandig- luister nie vir jou nie, doen niks vir jou nie.
Kinders word lui  en slordig- wil niks by die huis doen nie,  wil nie bad nie, wil nie kamer skoon maak nie.
Wil nie leer nie, wil nie skool toe gaan nie, begin skool bank. Punte in skool verswak.
Slaap probleme, kan nie slaap nie of slaap die heel dag.
Eet probleme – oor eet, maar meestal, geen eetlus.
Geestelike lewe - wil nie van God, Bybel of kerk hoor nie.
Raak betrokke met “verkeerde” vriende! Hoekom? Want al die vriende speel dieselfde speeletjies, en almal kry dieselfde “karakter” so hulle “click-lekker”

Miga 7:5
Moenie ‘n maat vertrou nie, moenie op ‘n vriend staat maak nie, pasop wat se jy vir die vrou wat langs jou le.
1 Joh 2:15
Moenie die wereld liefhe, of die dinge in die wereld nie. As iemand die wereld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie

Kyk bietjie hoeveel keer moet jy vir hulle se om die “game” as te sit, of om iets te kom doen. Hulle raak “verslaaf” aan die speeletjie, dis al wat hulle wil doen! –“Satan’s web”!

Om te dink dat die goed, en ook satanistiese musiek, geen uitwerking op jou het nie is plein weg “stupid”, en om die goed te probeer weg redeneer is net so dom.
Kyk wat se die Woord van God daaroor!

Jes 5:20 Ellende wag vir die wat, sleg, goed noem, en goed sleg, wat van duisternis lig maak en van lig duisternis!


Indien u geestelike berading of gebed benodig kontak my by belindapaar@gmail.com

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...