Sunday 20 November 2011

God is altyd daar!

Yellow Roses at Lewis & Clark College in Portl...Image via Wikipedia










Jy se: Dit is onmoontlik!
God se: Alles is moontlik!
 Luk 18:27

Jy se: Ek is moeg!
God se: Ek sal jou rus gee!
 Mat 11:28-30

Jy se: Niemand gee om nie!
God se: Ek’t jou lief!
Joh 3:16

Jy se: Ek kan nie verstaan nie!
God se: Ek sal vir jou die pad wys !
Spr 3:5-6

Jy se: Ek kan dit nie doen nie!
God se: Jy kan alles doen!
Fil 4:13

Jy se: Hoekom nou juis dit?
God se: Alles werk ten goede mee
vir die wat hom liefhet
Rom8:28




Enhanced by Zemanta

God se belofte as ons goed doen.

The Reconciliation of Jacob and Esau, as in Ge...Image via Wikipedia











GOED DOEN                        BELOFTE / VERBOND VAN GOD       

Eer jou ouers                                        Sodat jou dae verleng kan word, - jy ‘n lang, gesonde lewe kan lei.

Heilig die Sabat                                    Jes 58:13&14 “Ek sal jou laat ry op die hoogte van die aarde, en jou laat geniet die erfdeel van jou vader Jacob. (Ryk wees)

As jy met opregtheid vas                       Jes 58:6 Sal die wat onregverdig gevange gehou word, bevry word, jou juk sal afgehaal word, verdruktes sal vry gemaak word en elke juk wat druk op jou sit, sal gebreek word.

As jy vir honger mense kos gee,
armes klere gee en huisloses
vesting gee                                            Jes 58:8-12 Dan sal die lig vir jou deurbreek, God sal jou red, en voor jou uitgaan, en die Mag van God sal agter jou aankom. (9) As jy God roep sal Hy jou antwoord, (11) die Here sal jou altyd deur lei, selfs in dorre steke sal Hy jou behoeftes voorsien, jou sterk maak, jou ‘n fontuin maak wat nooit sal opdroog nie, jou fondamente herstel en jou mure weer opbou.

As jy jou bekeer van sonde                   Jes 59:21 “dit is My verbond se die Here, dat My Gees nie van jou, of jou kinders, of jou kleinkinders sal verdwyn nie”

10des Betaal                                        Maleagi 3:8-11 God se toets my hierin – Ek sal die
                                                            Vensters van die hemel oopmaak en vir julle reen uitgiet, meer as wat julle kan gebruik. Ek sal die springkane keer dat hulle nie die oes op die lande vernietig nie, en dat julle wingerde nie sonder vrugte is nie, se die Here die Almagtige.

Enhanced by Zemanta

Sommige straf, sonde en vergoeding.

Jesus on the wall of the senior HomeImage by freestone via Flickr









BELOFTES VAN GOD

Sonde                                  Wat se die Woord?

As jy jou ouers nie eer nie                Deut 27:16 God vervloek jou
                                                       Lev 20.9 God straf jou met die dood.

As jy afgode in jou huis hou             Ps 96:5 Jou smart sal vermenigvuldig wees.
                                                       Jes 30:211-23 Dit sal nie goed gaan met jou nie.
                                                       Jos 7:11-13 God sal nie in jou midde wees nie.

As jy “sleg”goed maak en “goed”    Jes 5:20 Ellende wag op jou.
sleg maak.

As jy kennis (oor God) verwerp      Jos 4:6 Sal jy ten gronde gaan, en sal God jou ook verwerp.

As jy nie vergewe nie                      Mat 6:15 Sal God jou sonde ook nie vergewe nie.

As jy Oosterse goed in jou huis
aanhou (Chinees, Indies)                Jes 2:5&6 Sal God jou verwerp.                                  

Egiptiese goed                               Rom 1:22 &23 Sal jy dwaas word.
                                                     God het 40 jaar lank mense uit Egipte
                                                      gelei, hoekom wil jy terug gaan?           

Sterre voorspelling/waarseery        Jes 47:13-14 Sal jy moeg (vermoeid) wees.
                                                     Sal dit sleg gaan met jou.

As jy leuens vertel / lieg                 Jes 57:11 & 12 God sal nie met jou praat nie
                                                    God sal jou leuens bekend maak sodat jy nie voordeel 
                                                    kan trek daaruit nie.
                            Satan is die vader van leuens, as jy lieg, staan hy agter jou. 

As jy goddeloos is                        Jes 57:20&21 Sal jy nie tot rus kom nie, en nie
                                                    vrede he nie.

Hebsug (“Greed”) Geldgierig        Jes 57:17 God sal jou slaan en jou verlaat

Wellus/Minnaars he/ Naaktheid    Jes 57:8-13 “As jy My roep sal ek jou nie hoor nie”.

Skeinheiligheid                              Jes 57:13 “Ek sal jou nie red nie”

As jy “doof” is vir die Here           Jes 59:2 Sal God van jou skei, Hom nie aan jou
                                                    steur nie, ook nie na jou luister nie.

As jy oneerlik is, lieg, onreg
dink, verwoesting saai                   Jes 59:8-11 Sal jy nie vrede ken nie, (10) sal
                                                    jy soos dooies wees, jy sal lig soek maar dit
                                                    nie kry nie, (11) sal jy soos ‘n brombeer rondloop.

As jy teen Heilige Gees sondig      Mat 12:31&32 Dit sal jou NOOIT vergewe word nie, 
                                                    nie in die tyd of in die tyd hierna nie. 
                                                    Enigste sonde in die Bybel wat NOOIT vergewe word nie.

Dobbel / Lotto                              Jes 65:11&12 “ek sal julle bestem vir die swaard, 
                                                    en julle sal almal buig om geslag te word- dood gaan.

As jy sonde na-volg, want almal
doen dit.                                       Jak 4:4 Word nie vriende van die wereld nie want dan word 
                                                    God jou vyand.

Wierook brand                             Jes 66:3-4 Wie wierook brand – God sal vir jou ongeluk bring.


As jy nie vergewe nie                    Mat 6:14&15 As jy nie vergewe nie, sal Ek jou ook nie vergewe nie.




Enhanced by Zemanta

Saturday 3 September 2011

Satanistiese vloeke op sekere items in ons huis - DEEL 5

TaiJiImage via Wikipedia

Waar engelse woorde gebruik is is dit presies aangehaal uit
The Rules and Curses of  the Satanic Occult

“Brand-Name” Klere

Die ontwerpster van Billabong is die Hoof-leier van New Age Religion. Hulle glo aan die elemente van die aarde. As jy hulle klere op die Internet bestel, se die bestel vorm aan die einde “ We will wash, iron, pack and bless your clothing for you” Hoe seen hulle die klere vir jou? Hulle sit ‘n vloek op dit.

Die “brand-names” verteenwoordig die volgende elemente:

Billabong          -           Water
Red                  -           Fire
Lizzard             -           Earth
Quick Silver      -           Lig

Al hierdie klere het vloeke op.

Yin-Yang Teken:

Afkomstig van Chinese geloof ( Oosterse geloof – teenstrydig met die Woord van God) Yin is vrou – dark and negative Yang is man – light and positive. Dit verteenwoordig ook God en Satan in Satanistiese okkult – In ever good there is bad (God) and in every bad there is good (satan). God het nie sleg in hom en satan het nie goed in hom – leuen!

Scarab / Dung beetle:- Symbol of Beelzebub – Lord of the flies (Satan!)

Egitiese afkoms – Vloek is onvrugbaarheid. Okulte dra dit om te wys dat hulle mag het en dra dit as ‘n teken van beskerming deur satan.

Egiptiese ornamente en piramides:

Vloek is om gevange gehou te word. Jy voel bedruk, vasgekeer. Maak jou opstandig teen die lewe. Dit het die Israeliete 40 jaar gevat om uit Egiptiese gevange te kom, jy sit dit in jou huis om weer gevange gehou te word.

ONTHOU:
Die die item self kan nie 'n vloek dra nie, die geestes wêreld sien die goed in jou huis of op jou liggaam en hulle assosieer dit met satan en dit is wat hulle 'n wettige plek in jou lewe gee. Hulle sien dat jy items van satan in jou midde het, en dit verwelkom hulle.

GEBED:

Vader, laat U Gees ons lei in waarheid, dat ons nie onkundig deur die lewe gaan en teen U sondig en die vyand 'n wettige plek in ons lewens gee nie. 
In Jesus Naam 
Amen.

Indien u geestelike berading of gebed benodig, kontak my belindapaar@gmail.com


Enhanced by Zemanta

Satanistiese vloeke op sekere items in ons huis - DEEL 4

PHUKET, THAILAND - OCTOBER 10:  A devotee of t...Image by Getty Images via @daylife


Waar engelse woorde gebruik is is dit presies aangehaal uit
The Rules and Curses of  the Satanic Occult





Slagspreke op klere en karre:

Fairy
Devils Girl
Bad Boy / Bad Girl
No angel
Monster on board
Bad boy in transit ens

Jy spreek vloeke uit oor jou eie kind, dan wonder jy hoekom is hulle monsters en “bad boys and girls” wanneer hulle groot word.

Spreuke 18:21 Die tong wat vloeke uitspreek.

Engeltjies

Engeltjies is nie half kaal babatjies of vrouens nie. Die Bybel se vir ons hulle is mans, kragtige vorste.  Vloek wat daarop is kom van heksery. Babas word vervloek met siektes en vrouens en dogtertjies met seksuele misdrywe.

Dra van net swart of swart en wit klere

“Wearing black or white and black only -Just as the Satanists of ancient days! You will become part of them!”

Half geskeerde hare:

“Part of the head shave off - Just as the Satanists of ancients days! You will become part of them!”

Body Piercing

“Multiple body piercing -Just as the Satanists of ancient days! You will become part of them!”

Afrika-kuns

This is idols and altar where the demons can feed in your home. Dit is dus nie net ‘n afgod nie, maar ook ‘n altar!


ONTHOU:
Die die item self kan nie 'n vloek dra nie, die geestes wêreld sien die goed in jou huis of op jou liggaam en hulle assosieer dit met satan en dit is wat hulle 'n wettige plek in jou lewe gee. Hulle sien dat jy items van satan in jou midde het, en dit verwelkom hulle.

GEBED:

Vader, laat U Gees ons lei in waarheid, dat ons nie onkundig deur die lewe gaan en teen U sondig en die vyand 'n wettige plek in ons lewens gee nie. 
In Jesus Naam 
Amen.

Indien u geestelike berading of gebed benodig, kontak my belindapaar@gmail.com
Nog Satanistiese vloeke op sekere items in ons huis -  vervolg in DEEL 5

Enhanced by Zemanta

Satanistiese vloeke op sekere items in ons huis - DEEL 3

Gustave Doré, Depiction of Satan, the antagoni...Image via Wikipedia

Waar engelse woorde gebruik is is dit presies aangehaal uit
The Rules and Curses of  the Satanic Occult

Charm armband

Charms word gedra deur hekse. Elke charm het ‘n vloek op. In heksery word die charms gebruik om “spells” op mense te sit. Dit is m.a.w. ‘n “tool” wat hulle byderhand dra. Wat ookal die verskillende vloeke op die charm is die vloek wat jy op jouself sit.

Tatoos / prente/ tekening van die oog

“The wisdom of Lucifer will be with you. The all-seeing-eye of  Satan.” Die pyramid met die oog op soos gekry op die Amerikaanse $1 is ‘n satanistiese teken waarby satanistiese groepe rituele doen vir satan.

666

“Satan’s sign – You carry the sign of Satan – he will control your life”.

Geraamte of kopbeen.

“The reptile demon will be with you. The illness that he gives you is bone deceases”

Slange

Snakes – drawings and tattoos also obsession with reptiles as pets

You will be under the curse of Satan’ poison

Messe & Byle

The curse is death

Pornografie

Bind en vernietig die huwelik. Bind beteken satan bind jou, jy voel vasgevang. Dit veroorsaak verdeeldheid in die huwelik, perfersie. Demoon van wellus en hoerery kom in die huwelik. Egskeiding.

The Hulk

“The green monster that destroy” Kind word ‘n monster wat verwoesting saai. Jou kind slaap op ‘n kussingsloop wat verwoesting veroorsaak. Satan en demone val kind se gedagtes aan – agressie, skool probleme, opstandigheid en rebellie.

Spiderman

The entraptment of the web – The web of Satan.

Batman

Batman teken word gebruik in Satanistiese Kerke vir heksery.

Dragon Ball Z

Draak – Die draak is Satan Open 12.9 en 20.2 Die groot draak is neergewerp, die ou slang wat  genoem word duiwel en satan.

Die volgende karakters word gekry in Dragon Ball Z:

Bibidi, Babidi en Bo – Dit is ‘n slagspreek van satan wat vloeke uitspreek.
Pan – God of nature elements – vloek is aggressie.
Yo Gi oh – Draak – afbeelding van Satan.
Time Wizzard – Toor, Goellerary
Monster met 3 oe – 3de oog om in die okkulte te kan sien.

Nog Satanistiese vloeke op sekere items in ons huis -  vervolg in DEEL 4

ONTHOU:
Die die item self kan nie 'n vloek dra nie, die geestes wêreld sien die goed in jou huis of op jou liggaam en hulle assosieer dit met satan en dit is wat hulle 'n wettige plek in jou lewe gee. Hulle sien dat jy items van satan in jou midde het, en dit verwelkom hulle.

GEBED:

Vader, laat U Gees ons lei in waarheid, dat ons nie onkundig deur die lewe gaan en teen U sondig en die vyand 'n wettige plek in ons lewens gee nie. 
In Jesus Naam 
Amen.

Indien u geestelike berading of gebed benodig, kontak my belindapaar@gmail.com
Enhanced by Zemanta

Satanistiese vloeke op sekere items in ons huis - DEEL 2

The Temptation of St. Anthony by Martin Schöng...Image via Wikipedia

Waar engelse woorde gebruik is is dit presies aangehaal uit
The Rules and Curses of  the Satanic Occult
  
Tong- en lipringe

Vloek van orale seks – jy wil dit beleef, doen of droom daarvan. “Oral sex dipicited. Will have the reptile demon which will cause rebellion”. Tandvleis trek weg van jou tande af en tande word vrot, kan tot in ernstiger gevalle dood veroorsaak.

Naeltjie-ringe:

Die vloek is op die vrou se vrouedele. Baarmoeder, eierstokke ens asook seksuele misdrywe soos orgies en verhoudings.
Dit veroorsaak ook miskrame en onvrugbaarheid.

Neus- en toonringe:

Afkomstig van die Oosterse geloof. Bybel se ons mag nie oorsterse gelowe navolg nie, dus is dit teenstrydig met God se woord. Indier mans dra toon ringe om te wys dat hulle die hoof van die familie is. As ‘n vrou dit dra is die vloek dat sy nie onderdanig is aan haar man nie – teenstrydig met die Woord van God.

Tatoos van dood

Maak jou deel van die “satanic group of ancient days”

Swart oe – soos gekry onder emo-kids

“Look of Vampirism” – maak jou wraakaftig, “bloed-dorstig”

Kettings getatoeer of gedra op klere, enkel kettings ( nie gewone nek kettings of armbande nie)

“Bondage of a demon or demons”. Enkel kettings se vloek is dat die vrou haar nie aan die gesag van ‘n man onderwerp nie (teenstrydig met die Bybel). Die vloek wat sy op haar dra is dat sy nooit suksesvolle verhoudings / huwelike sal he nie.

Jesus op die kruis hangertjies

Die mannetjie op die kruis dra ook ‘n vloek, want Jesus is nie meer op die kruis nie, Hy het opgestaan. Die mannetjie op jou kruisie is ‘n demon met ‘n vloek. Dra net lee kruisies. Die vloek is op jou liggaamsbene.

Kruise waar die punte rond is:

Hierdie word die ankh genoem en die vloek is op jou bene. Siekte soos gewrigsprobleme, been struktuur wat verkalk. Asook “the spitit of lust” is op die kruisie gesit.

Boeke:

Pornografie - bring verdeeldheid in jou huwelik.
Boeke oor satanisme en okkulte - tensy dit leerstof is, moenie die goed in jou huis aanhou nie, jy gee satan 'n wettige ingang in jou huis.
Boeke oor sekere demone - weereens 'n wettige ingang in jou huis.
Christelike boeke oor satanisme en okkulte - maar seker dat die Heilige Gees jou sê of jy dit daar mag aanhou, 

Nog Satanistiese vloeke op sekere items in ons huis -  Vervolg in DEEL 3

ONTHOU:
Die die item self kan nie 'n vloek dra nie, die geestes wêreld sien die goed in jou huis of op jou liggaam en hulle assosieer dit met satan en dit is wat hulle 'n wettige plek in jou lewe gee. Hulle sien dat jy items van satan in jou midde het, en dit verwelkom hulle.

GEBED:

Vader, laat U Gees ons lei in waarheid, dat ons nie onkundig deur die lewe gaan en teen U sondig en die vyand 'n wettige plek in ons lewens gee nie. 
In Jesus Naam 
Amen.

Indien u geestelike berading of gebed benodig, kontak my belindapaar@gmail.com
Enhanced by Zemanta

Satanistiese vloeke op sekere items in ons huis - DEEL 1

Ary Scheffer: The Temptation of Christ, 1854Image via Wikipedia



SATANISTIESE VLOEKE OP SEKERE DINGE IN DIE LEWE
WAT ONS AS ONSKULDIG BESKOU

Efes 4:27
Gee aan die duiwel geen plek nie

Waar engelse woorde gebruik is is dit presies aangehaal uit
The Rules and Curses of  the Satanic Occult

ONTHOU JY HOEF NIE IN DIT TE GLO OM DIE VLOEK TE DRA NIE
DIE VLOEK IS OP DIT GESIT OM JOU LEWE ONGEMAKLIK EN
ONGELUKKIG TE MAAK

Onthou daar is vir elke negatiewe emosie en optrede‘n demoon. Demoon van aggressie, selfhaat, opstandigheid, rebellie, depressie, haat, verwoesting, nagmerries, vrees, skreeu, nie luister nie, sleg doen op skool ens. Hierdie demone wag net om ingelaat of toegelaat te word in jou of jou kind se lewe sodat hy kan oorvat en kan beheer. Jesus se “die dief (satan) kom om te roof, te steel en te slag, Ek het gekom sodat jy‘n oorvloedige lewe kan he”

Jak 1:21&22

Daarom doen AFSTAND van ALLE vuilhede en oorvloed van boosheid
En ontvang met sagmoedigheid die ingeplante WOORD
Wat instaat is om julle siele te red.
En word DADERS van die Woord
En nie net HOORDERS wat hulself BEDRIEG nie.

Ex 20: 2&3
GOD SE
Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die
Slawehuis, uitgelei het.
JY MAG GEEN ANDER GODE VOOR MY AANGESIG HE NIE
  
Let op HE nie, so jy mag dit nie in jou midde HE nie. Dit se nie daarin glo nie, die Bybel se jy mag dit nie HE nie, of jy daarin glo of nie!!

Jos 24:21-24
Verwyder dan nou die vreemde gode wat onder julle is,
En neig julle hart tot die Here, die God van Israel!

Is die Bybel net geskryf vir mense van die Bybel se tyd of tel dit vandag nog vir ons?

Ps 102:28
Maar U bly dieselfde, en U jare het geen einde nie.

Mal 3:16
Want Ek, die Here het nie verander nie.

Heb 13:8
Jesus Christus is gister en vandag dieselfde tot in
EWIGHEID

Volgende blog gee die items wat vervloek is deur satan en satanistiese aanbidders.

ONTHOU:
Die die item self kan nie 'n vloek dra nie, die geestes wêreld sien die goed in jou huis of op jou liggaam en hulle assosieer dit met satan en dit is wat hulle 'n wettige plek in jou lewe gee. Hulle sien dat jy items van satan in jou midde het, en dit verwelkom hulle.

GEBED:

Vader, laat U Gees ons lei in waarheid, dat ons nie onkundig deur die lewe gaan en teen U sondig en die vyand 'n wettige plek in ons lewens gee nie. 
In Jesus Naam 
Amen.

Indien u geestelike berading of gebed benodig, kontak my belindapaar@gmail.com
Enhanced by Zemanta

Monday 29 August 2011

Gebed vir Finansies

Jesus is considered by scholars such as Weber ...Image via Wikipedia










7 REELS:

  1. Betaal jou 10des aan die kerk sodat God die vensters van die hemel kan oopmaak en dit kan reen op jou oes.
  2. Wees vrygewig in jou offers vir die kerk – jou offer trek die wet van gee en ontvang oor jou lewe.
  3. God wil he ons moet sy kerk bou so as jy weet van ‘n bou plan vir ‘n kerk – help hulle.
  4. Bid en seen kerke waar God werk – As jy na die werke van God kyk, sal Hyself na jou kyk.
  5. Breek die vloeke en verbonde van armoede.
  6. Saai en jy sal maai – as jy geld saai sal jy geld maai.
  7. Bid rykdom in jou lewe:

    • Ek staan op uit die stof van armoede deur die krag in die bloed van Jesus.
    • Laat elke geestelike magnetiese krag wat rykdom aantrek en vashou geinstalleer word in my finansies in die naam van Jesus.
    • Ek bevry en onthef al my finansies, van enige invloed, kontrole en houvas in die huis van die goddelose in die Naam van Jesus.
    • O Here laat elke satanistiese gees wat seeninge van my steel verlam word in die Naam van Jesus.
ONTHOU:

Loof God voor jy begin bid en bedank Hom nadat jy die punte gebid het in Jesus Naam. Verklaar God se Woord elke dag oor jou lewe! ”Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe!” God voorsien ‘n” mandjie wat ingeduk ingestop en oorlopens toe vol is” in my lewe!

Indien u geestelike berading of gebed benodig kontak my by belindapaar@gmail.com
Enhanced by Zemanta

Friday 12 August 2011

Deur die wonde van Jesus is jy genees!

c. 1632Image via Wikipedia

GOD SE BELOFTES VIR JOU GENEESING
JES 55:11
MY WOORD SAL NIE LEEG NA MY TOE TERUG KOM NIE, MAAR
DOEN WAT MY BEHAAG EN VOORSPOEDIG WEES IN ALLES WAARTOE
EK DIT STUUR!

Dit was vir my ‘n voorreg om saam met jou te kan bid vir jou geneesing, sodat ons nou saam op God kan vertrou dat jou geneesing plaasgevind het. Jak 1:9 se die gebed van ‘n regverdige het baie krag, en Jesus se waar twee of meer mense in My Naam vergader, daar sal Ek teenwoordig wees. Paulus se, gee aan die duiwel geen ingang nie. Moenie twyfel nie, in tye van swakheid, versterk jouself met jou swaard (God se Woord) en lees en onthou die volgende beloftes in die Bybel! Kontak my gerus as jy hulp nodig het, en stuur asseblief getuienis oor jou vordering en geneesing.

Ex 15:26
Ek is die Here wat jou gesond maak!

1 Pet 2:24
Deur die wonde van Jesus is ek genees!

Mat 8:17
Jesus het jou krankhede op Hom geneem en jou gesond gemaak!

Gal 3:13-14
Jesus het jou losgekoop van die vloek van siekte!

Ps 91:1-10
Geen onheil kan my tref nie en geen plaag mag naby my liggaam kom nie!

Ps 34:8
Ek is veilig en beskut, want die Engele van die Here trek ‘n laer om my!

1 Pet 2:24
Hy wat self ons sondes in sy liggaam op die houtkruis gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe, deur wie se wonde julle genees is.

Ps 107:20
Hy het Sy Woord (Jesus) uitgestuur, dat Hy hulle kon gesond maak en hulle uit hul kuile red.

Ps 103:3
Wat al jou ongeregtighede vergewe, wat al jou krankhede genees!

DANKIE GOD, ALLE EER KOM U TOE
Belinda
Christelike Berader
078-833-8915
Enhanced by Zemanta

Wednesday 3 August 2011

Gebed om jou wense, gebede versoeke en verlange vinnig na jou toe te trek





Deut 28:1-13


As God vir ons se dat Sy Woord ons swaard is, dan weet ons dat as ons Woord bid, ons gebed gevul is met krag, daarom is hierdie gebed opgestel om terug te vat wat die vyand van ons gesteel het…Lees eers bogenoemde gedeelte in die Woord en bid dan die gebed wat hieronder volg…doen dit so lank as wat jy dink dit is nodig, of totdat jy voel jou lewe het begin verander….onthou die Eer kom God toe, so bedank Hom vir Sy liefde en genade

God sê in Ps 2:8 Eis van My! En Ek gee aan jou!

O Here, laat U salwing van uitstekendheid vry oor my lewe in die Naam van Jesus.
Dit is geskryf: Die Here sal my die kop maak en nie die sterk nie, ek sal bo alles wees en nie onder nie, in die Naam van Jesus.
Jou gees van die stert, verloor jou vashou in my lewe in die naam van Jesus.
Ek weier om te sink in die see van lewe in Jesus se Naam.
Ek verlam elke agent van skande en verwyte in die Naam van Jesus.
Enige stem wat my roep na die stert posisie word stom in die bloed van Jesus.
Elke mag wat sit op my stoel van grootheid en edelheid word verwyder deur die vuur in Jesus se Naam.
Soos ek my voete op die grond stamp so sal my landstreek vergroot in die Naam van Jesus.
Ek verlam elke satanisties kompetiese om… (noem posisie/ wens byv. ryk te wees, gelowig te wees, goeie verkoopsman te wees ens) met die vuur in die Naam van Jesus.
Laat my seisoen van glorie aanbreek in die Naam van Jesus.
Elke Goliat en Faro wat teen my God opstaan, word gebind en word in die vuur gegooi in Jesus se Naam.
Elke satanistiese verwagting teen my toekoms word teleurgestel in die Naam van Jesus.
Laat die Here se wespe-nes vrygelaat word oor my voltydse vyande in die Naam van Jesus.
Ek vat terug alles wat die vyand van my gesteel het in die droom in Jesus se Naam.
Elke satanistiese ketting wat my hande bind vir voorspoed, brand tot as in die Naam van Jesus.
Elke satanistiese ketting wat om my nek is en my terug trek, brand tot as in die Naam van Jesus.
Elke satanistiese ketting wat om my heupe gebind is en my af trek, brand tot as in die Naam van Jesus.
Elke satanistiese ketting wat my voete verhinder om voorentoe te beweeg, breek en brand tot as in die Naam van Jesus.
Ek spring uit elke sirkel van mislukking, neerslag en vernietiging deur die krag van die bloed van Jesus.
Elke saad van mislukking in my lewe veras is die vuur van God, in Jesus se Naam.
Elke boom van nie-presteer wat geplant is in my familie bloedlyn word ontwortel deur die vuur in Jesus se Naam.
Satanistiese anker om my hande en voete word verbrand in Jesus se Naam
Ek beweeg van waar ek is, na waar God my wil he, deur die krag van die bloed in Jesus se naam.
Ek breek en maak myself los van elke vloek van mislukking in Jesus se Naam.
Elke satanistiese ontgroening in die droom, wees gekanselleer en ontgehef in die Naam van Jesus.
Ek verwerp elke uitnodiging van mislukking en agteruitgang in die Naam van Jesus.
Ek sal sing oor die goedheid en genade van die Here vir ewig in Jesus se Naam.


Here, dankie dat U hierdie gebed verhoor het.
In Jesus Naam
Amen.

Indien u geestelike berading of gebed benodig kontak my by belindapaar@gmail.comEnhanced by Zemanta

Die Huwelik – Deel 10 - Wat se God van egskeidings?

Anillos de Matrimonio, Aros de MatrimonioImage via Wikipedia


So sal hulle dan tot een liggaam verenig word. Hulle is dus nie meer twee nie, maar een liggaam. Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens uitmekaar skeur nie.

Ek gaan nie al die verse uit die Woord aanhaal nie, gaan kyk dit maar self op Mrk 10:1-12,  Luk 16:18 en Heb 13:4.

Ek wil graag net Mal 2:14-16 noem, lees die hele gedeelte self, maar ek wil noem dat God se wanneer Hy nie meer jou offer wat jy vir Hom bring aanvaar nie, is dit omdat jy jou belofte om getroud te bly verbreek het. Lees dit asseblief self in die Skrif.

Die huwelik is ‘n instelling van God:

Die man is ‘n logiese-wese en die vrou is ‘n emosionele-wese. Net so het God die man geskape om die “aksie” en die vrou die “reaksie” in die huwelik te wees. Die man is die Koning van die huis, die regeerder, die aksie, die vrou is die volger, die reaksie.

Om ‘n suksesvolle koningkryk te he, moet jy regeer! Hoe regeer ‘n man sy koningkryk? Met liefde!! Kyk na koningkryke wat regeer was deur geweld, vrees, krag! Kyk na Adolf Hitler. Mense het hom gevolg uit vrees! Kyk na Jesus, Hy regeer met liefde. Jesus se koningkryk bestaan vandag nog! Waar is Adolf Hitler se koningkryk? Regeer jou huis as koning met liefde. Laat Jesus vir jou ‘n voorbeeld wees.

Vrouens kan Christenskap makliker volg omdat hulle emosioneel daarna kyk en emosioneel daaroor raak, mans kyk logies daarna en dis hoekom hulle sukkel met Christenskap. Een ding wat ek vir jou as man kan se. Jesus lieg nie. Sy Woord is waar. Die Bybel is waar, moenie dit logies probeer uitle nie, ken Jesus- dis die logiese ding om te doen.

Wanneer Jesus die voorbeeld is wat ons volg in ons lewens sal ons huwelik gevul wees met Jesus-wysheid, Jesus-geduld, Jesus- vrede en meer as als Jesus-liefde.

My Gebed vir julle!

Mag God met julle wees in alle aspekte van julle lewe, mag ons God van Liefde julle red, en Sy Gees julle lei in waarheid en vrede, en julle alle probleme oorbrug in die Kosbare Naam van onse Jesus Christus wat klaar die prys betaal het op Golgota sodat julle vandag gelukkig kan wees in julle huwelik.

Amen!

Indien u geestelike berading of gebed benodig kontak my by belindapaar@gmail.comEnhanced by Zemanta

Wednesday 27 July 2011

Die Huwelik – Deel 9 -Pornografie:

depiction of nudityImage by dunikowski via Flickr


Moet asseblief nie dink dat pornografie julle huwelik aan die “lewe” hou nie. Dit is teenstydig met die woord van God! Pornografie vernieig huwelike en bind jou met satan. Satan sit ‘n vloek op jou huwelik en die vloek is verdeeldheid in die huwelik en piversiteit. Die demone wat saam met pornografie kom is, demoon van wellus, en demoon van hoerery, en jy bring hulle in jou huwelik deur pornografie in jou huis te bring.

As jy pornografie kyk, pleeg jy egbreek Mat 5:27,28 en dan sê Jesus as jou oog jou laat sondig haal dit uit want dit is beter om blind in die hemel te wees as om met jou hele liggaam in die hel te eindig (Matt 5:29)

Pornogrfie is van satan ! Dink so daaraan sal jy pornografie kerk toe vat en daar gaan kyk ? Nee jy sal nie want jy weet dit is verkeerd.

'n Man se brein is fotografies geskape....hy reageer op wat hy sien! En as julle na pornografie kyk gaan hy kort voor lank dit wat hy in die pornografie gesien het, van jou verwag, of erger wannneer hy met jou gemeenskap gaan he, gaan hy aan die vrou in die pornografiese materiaal dink!

In Daniel 8 vanaf vers 24-26 lees ons hoe slinks satan is :
Maar aan die einde van hulle heerskappy, as die goddelose die maat volbring het, sal ‘n koning optree, hard van aangesig en wat listige streke verstaan, en sy krag sal sterk word, en hy sal buitengewoon baie kwaad aanrig en dit voorspoedig uitvoer, en hy sal magtiges vernietig en ook die volk van die heiliges.
En op grond van sy slimheid sal hy met geluk bedrog pleeg, en hy sal groot dinge onderneem in sy hart en baie mense onverwags vernietig, ja, optree teen die Vors van vorste (God) En vers (26) dit is waarheid!

Verwyder dit, deur dit te breek en weg te gooi, en die vloek daarvan aftehaal. Bid en vra vergifnis vir jou swak kennis om so iets oor jou eie huwelik te gebring het, en verjaag satan in die Naam van Jesus en breek sy mag oor julle. God se in Sy Woord dat onreinhede verbrand moet word, maar blykbaar as mens DVD’s brand gee dit ‘n chemikalie af wat jou kan laat slaap, so ek glo dat as mens bid oor dit, sal God verstaan dat mens dit nie kan verbrand nie en sal aanvaar as mens dit net breek en weggooi.

Spr 4:23 Nuwe Vertaling
Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan ,want dit bepaal jou hele lewe!
Die Ou vertaling bewoord die teks:  BEWAAR jou hart meer as wat bewaak moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe!

1 Joh 2:15
Moenie die wereld liefhe, of die dinge in die wereld nie. As iemand die wereld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie

Vra vir God om jou sonde te vergewe, jou mislikheid teenoor jou maat, jou geirreteerdheid, jou swak en slegte gedagtes en vra om weer jou huwelik te seen met vrede, liefde, lankmoedigheid, verdraagsaamheid ens. Kyk na 1Kor 13 wat se die Woord van liefde en bid dit oor jou huwelik.
Spreuke se:-
Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken hom in al jou wee, dan sal Hy jou paaie gelykmaak. En,
Wees nie wys in jou eie oe nie, vrees die Here, en wyk af van die kwaad, dit sal genesing wees vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente.

Spr 6: 31 Die dief (satan) moet sewevoudig vergoeding gee vir wat hy gesteel het.

Bid vir God, en vra dat die dief sewevoudig moet teruggee wat hy gesteel het, julle gaan sewe keer gelukkiger wees in jou huwelik want God het jou huwelik geseen!

Moenie dat seks videos en TV programme, tydskrifte ens ‘n einde aan jou huwelik bring nie. Glo my dit gaan, want dit is geskep deur satan! En satan vernietig enige iets want God Heilig gemaak het!

Waar het jy van seks geleer? Op die bogenoemde publikasies? Wil jy he jou kinders moet ook daar leer? Hou seks heilig. Leer jou kinders dat dit ‘n heilige instelling is van God sodat hulle nie vasgevang word in die kloue van satan nie.

Jak 4:7
Onderwerp julle dan aan  God.Staan die duiwel tee en hy sal van julle af  wegvlug. Nader tot God en Hy sal  tot julle nader!

Jesus Groete

Indien u geestelike berading of gebed benodig kontak my by belindapaar@gmail.comEnhanced by Zemanta

Friday 22 July 2011

Die Huwelik – Deel 8 – Wat is die behoeftes van die man.

BMW S1000RR on the trackImage via Wikipedia


Net soos die vrou behoeftes het in die huwelik so het die man ook, ons vrouens is so geneig om te dink die man is sonder behoeftes en as hy een het, is dit net om seksueel bevredig te word, kom ons kyk wat het opnames deur mans getoon as belangrike behoeftes vir hulle in die huwelik.



Behoefte om aanvaar te word:
‘n Man wil nie aanvaar word nie, hy het ‘n behoefte daaraan om aanvaar te word, ‘n man wil wees wie hy is, nie wie die vrou wil he hy moet wees nie. As ‘n vrou vir ‘n man begin voorskryf wie hy moet wees verloor hy sy identiteit en manlikheid. Louis Malherbe het dit so mooi gestel hy se “om ‘n man te aanvaar beteken nie verander nie, aanvaarding bring verandering!” Moenie jou man probeer verander nie, hy sal verander as jy hom aanvaar soos hy is.

Waardering:
‘n Man wil waardeer word! Waardeer wat hy vir jou doen, wys hom dat dit wat hy vir jou as vrou doen, dra jou goedkeuring weg, en se gereeld vir hom dankie vir al sy harde werk, vir die kos op die tafel, vir die voorsiening van hy verskaf vir die gesin.’n Man wat waardeer word, doen baie meer as ‘n man wat voel hy word nie waardeer nie, en dit bou sy selfbeeld in die buite wereld as man. Mans is kompeterend met ander mans, en ‘n vrou en kinders wat hom waardeer is ‘n baie mooier en grooter status-trots as ‘n BMW in die motorhuis!

Respek: 
Respek vir jou man is uiters belangrik. Nerens in die Bybel se God dat die vrou die man moet lief he nie, Hy se net vrou, respekteer jou man. As God dit as opdrag vir die vrou gegee het, moet dit baie belangrik wees vir die man! ‘n Man het ‘n grooter behoefte aan respek as liefde. Wanneer jy jou man respekteer, kom die Heilige Liefde van God in julle huwelik. Deel van respek vir jou man is, om nie agter sy rug van hom te skinder nie, respekteer jou man genoeg om julle privaat lewe, privaat te hou!

Aanmoediging:
Net soos wat ons as vrou aangemoedig wil word met woorde soos “ek is trots op jou” so wil jou man dit ook hoor, wanneer ‘n vrou ‘n man aanmoedig gee dit hom nuwe krag om aan te gaan en meer suksesvol te wees. Wanneer jy jou man afbreek....breek jy sy drome af! En 'n man sonder drome is 'n dooie siel. Wil jy met so man getroud wees? 'n Man wat opgehou het om te droom oor 'n gelukkige en suksesvolle lewe?

Kommunikasie en vriendskap:
Wees jou man se beste vriendin. Mans praat nie maklik oor hulle gevoelens nie, en as jy nie die persoon is met wie hy kan praat nie, met wie moet hy dan gesels om van sy laste, bekommernisse, en probleme?. Wees sy vriendin, luister en gee raad sonder om afbrekend te wees, dit is onsettend belangrik dat mans ook uitpraat.

Aantreklikheid en trots:
Mans wil ook hoor hulle lyk goed, net soos vrouens, ons almal het ‘n selfbeeld waaraan ons werk. Se vir jou man as hy goed lyk, hy sal dit baie waardeer! Dieselfde gaan vir die vrou, gee jou man rede om trots te wees op jou, een van sy sukses-statusse is “kyk hoe lyk die vrou aan my arm”, maak seker jy gee hom daai trots in sy lewe.

Godsdiens: 
‘n Man se bediening begin by die huis! As jy wil he jou man moet God dien, laat hom toe om jou te bedien by die huis met Godsdiens! Ondersteun hom met liefde, nie met oorheersing nie, en moet nooit vir jou man se “God gaan jou straf oor iets nie”, vra hom eder wat sal God daarvan se as Hy nou hier gestaan het? Gee hom iets om aan te dink eder as hom skuldig te laat voel.

Seks:
Vrouens reageer op gevoel, aanraking en liefde, mans reageer op wat hulle sien! So maak seker jy lyk aantreklik in die slaapkamer, gooi maar die oor-groot slaapklere weg en kry iets wat aantreklik is vir jou man, jy sal verbaas wees hoe ‘n man reageer op wat hy sien eder as wat hy voel.Lyk begeerlik vir jou man, reageer op hom, en hou jou sekslewe opwindend. Seks in die huwelik is ‘n instelling van God, dit is nie ‘n sonde nie, God se in sy Woord geniet gemeenskap.

Spr 5:18-20  (Nuwe vertaling) Laat jou eie fonteine vir jou ‘n seen wees, Geniet jou eie vrou, Laat haar borste vir jou vreugde gee, Laat haar liefkosing jou die hele tyd oorweldig, My seun waarom sal jy liefde by ‘n ander vrou gaan soek?

Indien u geestelike berading of gebed benodig kontak my by belindapaar@gmail.com
Enhanced by Zemanta

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...