Monday 23 November 2015

Healing Prayer






Jesus seën

Belinda


As jy enige geestelike hulp, gebed of berading verlang skryf aan Belinda Paar (belindapaar@gmail.com)

Jesus Christus is die Geneesheer.


Image result for jesus the healer images


Ons lees in Lukas 4:38, 39 hoe Jesus Simon se skoonmoeder genees deur die koors wat sy gehad het, te bestraf. Daarna bring die mense van heinde en verre die siekes na Hom toe vir genesing. Met baie liefde en geduld het Hy hulle "EEN VIR EEN" die hande opgelê en hulle gesond gemaak. Kan ons iewers probeer vasstel wat was werklik Sy wil rondom siekes en hulle genesing? Kom ons lees die woorde van Mattheus 8:1-3 :

"En toe Hy van die berg afkom, het groot menigtes Hom gevolg; en daar het 'n melaatse man gekom en voor Hom neergeval en gesê: Here, AS U WIL , kan U my reinig . Daarop steek Jesus die hand uit en raak hom aan en sê: EK WIL; word gereinig! En dadelik is hy van sy melaatsheid gereinig."

Sjoe! Dit is darem maar baie duidelik uit hierdie paar teksverse wat Jesus se wil rondom genesing is. Verseker wil Hy ons nie siek maak of siek hê nie! En moenie die leuen glo wat sê dat Jesus se wil net op daardie oomblik op daardie spesifieke melaatse man van toepassing was nie. Al die dinge wat in die Bybel geskryf is, is daar geskryf as bevestiging vir ons dat die enkele aangetekende gevalle riglyne is vir ons, dwarsdeur die wêreld, en oor die spektrum van tyd. Die Bybel kon nie alles vervat wat Jesus gedoen het nie, en daarom is net sekere riglyne vir ons neergepen. Kyk hoe duidelik is die Bybel oor hierdie aspek:

"En daar is nog BAIE ANDER DINGE wat Jesus alles gedoen het ; maar as hulle een vir een beskrywe moes word, sou die wêreld self, dink ek, die geskrewe boeke nie bevat nie . Amen." ( Johannes 21:25 )

So, ek glo dat Jesus nog BAIE ANDER KERE vir mense gesê het: "EK WIL, word gereinig!" , maar omdat dit reeds in hierdie een geval neergepen was, is dit in die Bybel vervat as genoegsame bevestiging aan ons hieroor. Nee, die "siek maak"- deel doen die duiwel en sy geeste met baie geesdrif, en dan veroorsaak húlle sommer ook dat ons God daarvoor blameer. Hoe weet ek dit is nie God wat siek maak nie? Ek lees een van die eerste beloftes van God in die Bybel:

"As jy getrou na die stem van die HERE jou God LUISTER en DOEN wat reg is in sy oë, en LUISTER na sy gebooie en al sy insettinge HOU , dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want Ek is die HERE wat jou GESOND MAAK ." (Eksodus 15:26)

Hier staan nie dat God die God is wat ons SIEK maak nie, maar wel dat Hy die een is wat ons GESOND maak! Daar is egter wel 'n paar voorwaardes aan gekoppel, sien ek. As ons GETROU na Sy stem LUISTER en ons DOEN wat Hy sê reg is en ons HOU Sy insettinge, sal geeneen van die wêreld se siektes ons tref nie. Luister ons dus nie getrou na Sy stem nie, en ons doen nie wat reg is nie en ons hou nie Sy insettinge nie, sal daar wel siektes ons tref. Hoekom? Want dan is ONS ONGEHOORSAAM aan Sy Woord. En as ons ongehoorsaam is aan Sy Woord, aan wie is ons gehoorsaam? Aan niemand anders as Satan homself nie! En dan mag hy en sy bose geeste met hulle volle wapenarsenaal van siektes op my neerdaal, want my gehoorsaamheid aan hóm géé hom daardie volle, wettige reg. Onthou, liewe vriend, daar is net TWEE koninkryke op aarde, die koninkryk van LIG (van God) en die koninkryk van DUISTERNIS (van Satan). Is ek géhoorsaam aan die één, is ek óngehoorsaam aan die ander een, met élke besluit wat ek elke dag van my lewe neem. Met elke besluit, bevind ek my óf in die koninkryk van LIG, óf in die koninkryk van DUISTERNIS. Die KEUSE bly dus te alle tye net myne.

Waarom gebeur dit SOMS dat mense nie genees nie, terwyl daar oor en oor vir hulle gebid word?

"En toe dit aand geword het, het hulle baie na Hom gebring, wat van duiwels besete was; en Hy het die geeste met 'n woord uitgedrywe; en almal wat ongesteld was, het Hy gesond gemaak ." (Mattheus 8:16)

"En Hy het twaalf aangestel, sodat hulle saam met Hom kon wees en Hy hulle kon uitstuur om te preek  en mag te hê om siektes te genees en die duiwels uit te dryf ." (Markus 3:14, 15)

"En in dieselfde uur het Hy baie mense genees van siektes en kwale en bose geeste , en aan baie blindes die gesig geskenk. " (Lukas 7:21)

Uit hierdie teksverse is dit vir my duidelik dat Jesus en Sy dissipels vele kere mense genees het, en demone uitgedryf het, óf die bose geeste uitgedryf het, en die siekes genees het. Uit eie ondervinding weet ek ook dat dit SOMS nodig is om éérs 'n bose gees van onvergewensgesindheid, of bitterheid, of rebellie, uit te dryf, vóórdat genesing kan deurkom. (Let mooi op, ek gebruik die woord: "SOMS", aangesien dit nie altyd so op almal van toepassing is nie.) Ek is dalk bitter teenoor my broer, wat tien jaar terug my erfporsie "gesteel" het, of ek kan nou nog nie my suster vergewe omdat sy my ma sleg behandel het nie, of ek is na jare steeds in opstand teen die persoon wat my besigheid vernietig het. Jy sien, daardie bose geeste van bitterheid, onvergifnis en rebellie, gee soms 'n wettige reg aan die gees van krankheid in my liggaam. Hoekom? Want ek is vanweë die onvergewensgesindheid en/of bitterheid en/of rebellie in my lewe, ONGEHOORSAAM aan die Bybel, want Jesus sê by herhaling ons moet vryspreek en vergewe en géén bitterheid of opstand in ons harte toelaat nie. Deur aan Hóm óngehoorsaam te wees is ek dus géhoorsaam aan Satan en het hy en sy geeste volle reg in my liggaam! Dan help dit nie vir my om ongeduldig of kwaad te raak vir God omdat Hý my nie gesond maak nie, die oorsaak lê in sulke gevalle eenhonderd persent voor my eie deur. Ons is immers lankal deur Jesus gewaarsku:

"Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as JULLE die mense HULLE oortredinge NIE vergewe NIE, sal julle VADER JULLE oortredinge ook NIE vergewe NIE ." (Mattheus 6:14, 15)

So sien ons dat Jesus vir die man by die bad van Betésda die volgende sê nadat Hy hom genees het:

"Daarna het Jesus hom in die tempel gekry en vir hom gesê: Kyk, jy het gesond geword; MOENIE meer sondig NIE , sodat daar nie iets ERGERS met jou gebeur nie ." (Johannes 5:14)

Hoekom sê Jesus dit vir daardie man? Want daar kan dalk erger dinge met hom gebeur as hy aanhou sondig, deur byvoorbeeld onvergifnis, bitterheid, rebellie, of enige ander sonde in sy lewe aan te hou toe te laat, en Satan en sy bose geeste deur sy aanhoudende sonde volle reg kry op sy liggaam. Soos ek reeds gesê het, word ek dalk net al hoe sieker en sieker omdat ek weier om my suster te vergewe wat my dertig jaar terug seergemaak het, of omdat ek weier om my broer te vergwe wat tien jaar terug my erfporsie "gesteel" het. Óf my pa wat my as klein kindjie weggegooi het en my nooit weer probeer kontak het nie. Ek is nou nog in opstand (rebellie) teen hom of haar en is nou nog bitter daaroor, en daardie opstand en bitterheid gee FISIES vatplek aan die gees van krankheid in my liggaam. "O, maar Tiaan, ek hét lankal al my broer vrygespreek en vergewe. Ek laat hom net nie toe om in my huis te kom nie!"   Ek is jammer, my vriend, maar dan het jy hom nog glád nie vergewe nie.

Daardie argument van jou is amper dieselfde as wat Jesus sou sê: "Tiaan, ek vergewe jou vir jou sondes wat my aan die kruis laat verbrysel het, ja, ek vergewe jou vir die spykers in my hande, maar Tiaan, ek kom nooit weer in jou huis nie." Is dít die tipe argument wat Jesus sou gebruik, of is dit die tipe vergifnis wat Hy sou uitdeel? Nee! Dit is nie! Sy vergifnis is ONVOORWAARDELIK! En daarom moet ek seker maak dat ek nie allerhande "self"-regverdigende argumente opmaak ten opsigte van die mense wat ék moet vergewe of vryspreek nie. Ek moet seker maak dat my vergifnis van my broer / suster / pa / ma / kollega diep en opreg vanuit my HART kom, en dat dit nie bloot net lippetaal is nie. Anders is dit eenvoudig nie vergifnis nie.

Hoe weet ek krankheid is soms 'n bose gees wat eers uitgedryf moet word voordat genesing kan plaasvind? Want Jesus praat self daarvan in die Bybel.

"En Hy was besig om op die sabbat in een van die sinagoges te leer. En daar was 'n vrou wat 'n gees van krankheid agttien jaar lank gehad het , en sy was inmekaargetrek en glad nie in staat om regop te kom nie. En toe Jesus haar sien, roep Hy haar en sê: Vrou, jy is van jou krankheid verlos. En Hy het haar die hande opgelê, en onmiddellik het sy regop gestaan en God verheerlik. Maar hierdie vrou wat 'n dogter van Abraham is, wat die Satan-dink daaraan! -agttien jaar lank gebind het , moes sy nie van hierdie band op die sabbatdag verlos word nie?" (Lukas 13:10-16)

Hieruit is dit baie duidelik dat Christene - "verbondskinders" van Abraham - óók deur Satan gebind kan word met bose geeste van krankheid, selfs al woon hulle gereeld kerkdienste by. Hoeveel keer is daar nie dalk in daardie agtien jaar vir daardie vrou gebid in daardie sinagoge nie? As ek dalk tans so siek is en nie kan genees nie, ongeag dat daar reeds vele kere vir my gebid is, én my dokters kry geen mediese oorsaak vir my siekte nie, is dit dus baie belangrik dat ek myself sal ondersoek om vas te stel of ek nie dalk nog wrokke koester teen persone in my verlede, wat veroorsaak dat ekself daardeur aan die gees van krankheid 'n wettige reg in my lewe gegee het nie. Dan moet ek daardie onvergifnis, bitterheid of rebellie bely, dit laat staan, behoorlik en uit my hart uit vryspreek en daardie geeste wegjaag, insluitend die gees van krankheid! Ek dink hieruit is dit duidelik dat Satan die een is wat ons wil siekmaak. En omdat ons so baie kere ongehoorsaam is aan God se Woord, en ongehoorsaam is aan die woorde van Eksodus 15:26 wat ek hierbo aangehaal het, en nie doen wat reg is in Sy oë nie, en nie Sy insettinge hou nie, word ons soms wel so siek deurdat Satan deur ons ongehoorsaamheid aan God se Woord 'n oop visier op ons het.

Maar kom ons kyk verder wat is die beloftes van God in Sy Woord rondom genesing.

"Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde HET daar vir ons genesing gekom ." (Jesaja 53:5)

Fantasties! Kyk net hoe duidelik staan daar dat deur Jesus se wonde daar rééds vir ons genesing gekom HET. Ek het dus géén twyfel in my gemoed dat Jesus se wonderlike hart is dat ons wel sál genees nie. So lees ons byvoorbeeld ook in Psalm 103:2-5 :

"Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie! Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat AL jou krankhede genees , wat jou lewe verlos van die verderf, wat jou kroon met goedertierenheid en barmhartighede, wat jou siel versadig met die goeie, sodat jou jeug weer nuut word soos dié van 'n arend."

Daar is tog geen twyfel in enigiemand se gemoed dat die woordjie: "AL" in hierdie teksverse enigiets anders kan beteken as presies wat daar staan nie. Oor en oor lees ons in die Bybel dat Jesus die siekes genees het. In Hoofstuk 7 het ek reeds verwys daarna dat Hy presies daardie opdrag ook aan óns, as Sy dissipels, gegee het. As ek en jy die pad saam met Jesus wil stap, het ons dus geen ander opsie as om ook te begin bid vir die siekes rondom ons nie, en om hulle te help om los te kom van Satan en sy bose geeste wat hulle wil siek maak nie. Dit help nie ons probeer die argument gebruik dat Goddelike genesing net vir Jesus en Sy apostels se tyd was, en dat dit nie in vandag se tye gebeur nie. Ongelukkig is dit so baie kere van ons wêreld se geestelike leiers wat so sê en sodoende twyfel in mense se gemoedere saai. Net soos wat die geestelike leiers van Jesus se tyd heeltyd twyfel in hulle mense se gemoedere probeer saai het. Maar het jy geweet Hy was so wonderlik om selfs van daardie twyfelende geestelike leiers te genees? Regtig? Ja, regtig, as ons na die volgende teksvers kyk:

"En op een van dié dae was Hy besig om te leer; en Fariseërs en wetgeleerdes wat gekom het uit elke dorp van Galiléa en Judéa en uit Jerusalem, het daar gesit, en daar was krag van die Here om HULLE te genees ." (Lukas 5:17)

Kyk mooi, daar was krag van die Here om selfs die twyfelende geestelike leiers te genees! Net so weet ek is daar vandag baie twyfelende geestelike leiers wat eers nie geglo het in Goddelike genesing in vandag se tyd nie, maar wat ook deur God aangeraak en genees is en daarna wonderlike getuies geword het vir Sy genesende krag - vandag nog! Van hulle ken ek persoonlik. Hoekom sal Jesus vandag anders optree as gister, veral as ek wéér kyk na die woorde van Hebreërs 13:8?

"Jesus Christus is GISTER en VANDAG dieselfde en TOT IN EWIGHEID."

Baie duidelik dus, as dit gister Jesus se wil was dat ons sal genees en self siekes moet gesondmaak, is dit beslis vandag nog Sy wil, en sal dit tot in alle ewigheid Sy wil wees. Jesus kán nie verander nie, Hy wíl nie verander nie, en Hy sál ook nie verander nie. Hy is ewig en Hy is getrou aan Sy eie Woord.

"Want Ek, die HERE, het NIE verander NIE ." (Maleagi 3:6)

Jy sien, as God ons nie werklik WOU gesond maak nie, beteken dit dat elke dokter, verpleegster, apteker, apteek en hospitaal vandag in rebellie is teen God. Dan beteken dit dat Jesus Homself in opstand was teen God deur al daardie mense te genees. Vriend, God het nog nooit verander nie, en Sy wil om ons te genees, het dus ook nie verander nie."

(Uittreksel uit die boek: "Kom stap die pad saam met Jesus" - tiaan gildenhuys)

tiaan gildenhuys (tg@oicb.co.za)

As jy enige geestelike hulp, gebed of berading verlang skryf aan Belinda Paar (belindapaar@gmail.com)



Sunday 15 November 2015

Hoe leef ek 'n Geesvervulde lewe?


Image result for person praying


Rom 12:21 Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.

In Christus het ek die volheid van die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Ons geesdismensie maak ons in staat om te leef soos God wil hê ons moet leef, want wanneer ons met die Heilige Gees gevul is, het ons kragbron (ons geesdismensie) "ontwaak". Nou het ons die Heilige Gees om ons te help om te leef soos ons veronderstel is om te leef. Die Heilige Gees sal ons lei in waarheid nou hoef ons nie meer in vlees te wandel nie maar wandel ons in gees, want die Gees van God woon nou binne ons.

Rom 8:2 Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.

Jak 3:17&18  Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins (18) En die vrug van die geregtigheid word gesaai in vrede vir die wat vrede maak.

Wanneer ons Jesus aangeneem het as ons Verlosser, en ons wedergegebore is uit water en gees dan kan ons nie meer deel wees van die wêreld en die dinge wat in die wêreld aangaan nie, dan moet ons streef na heiligmaking en gehoorsaam wees aan die stem van die Heilige Gees. Ons moet verander want die Woord waarsku ons daarteen.

Jak 4:45&  (verkort) "Wie dan 'n vriend van die wêreld wil wees, word n vyand van God" (5) Of neem julle dat die Skrif tevergeeds se: "Met jaloersheid begeer die Gees wat in ons woon?"

Om Geesvervuld te wees moet ons na heiligmaking streef, ons moet probeer om by die riglyne van God te hou, en wanneer ons verkeerd doen, bly in die Lig (Jesus) vra vergifnis sommer dadelik sodat die vyand nie 'n houvas op jou lewe kan kry nie.

Jak 4:7 &8 Onderwerp julle dan aan God, weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug (8) Nader tot God, en Hy sal tot julle nader.

Draai weg van sonde sodat God se volmaakte wil in jou lewe kan plaasvind. Ons almal ken die versie (Rom 8:31) wat sê "ek is tot alles instaat deur Jesus wat my krag gee. Ons kan ophou skinder, vuilpraat, drink,oordeel, dubbelsinnig wees ensovoorts, want ons het ons Kragbronne wat ons help, God se genade, Jesus se krag en die Heilige Gees se werke en vrugte binne ons wanneer ons wedergebore  en gered is.

Gebed:

Dankie Vader, dat U Gees my algeheel vul en beheer en my met liefde wysheid gee oor hoe om in elke situasie op te tree en bo elke situasie uit te styg (1 Joh 2:20-27)
In Jesus Naam
Amen

As jy enige geestelike hulp, gebed of berading verlang skryf aan Belinda Paar (belindapaar@gmail.com)


Hoe soek ek God se wil?


Image result for person praying

 Om God se wil in jou lewe te kry, moet ons Sy Skrif lees, leer en onderhou, maar meer as dit moet ons kennis hê van wat Sy Woord sê.

Fil 1:6 dat die gemeenskap van jou geloof kragtig mag word, deur die KENNIS van alles wat goed in julle is, tot eer van Christus Jesus.


Maak jou ore oop om God se stem te hoor, en moenie jou ore uitleen vir satan nie.

Joh 10:5 Hulle sal die vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van die vreemdes nie ken nie. Hoekom moet ons nie na satan se leuens luister nie?
Joh 10:10  Die dief (satan) kom net om te slag en te verwoes. Ek (Jesus) het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.

1Kor 1:18  Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat velore gaan, MAAR vir ons wat gered word, is dit die KRAG van God.

1 Kor 1:30&31 Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het WYSHEID UIT GOD en geregtigheid en heiligmaking en verlossing (31) daarom, soos geskrywe is: "Die wat roem, moet in die Here roem"

Baie mense sê hulle weet nie wat hulle doel op aarde is nie. Jou doel op die aarde is om die Evangelie te verkondig, om te leef tot eer en verheerliking van God, om Sy Naam te prys en lofliedere aan Hom te besing, om gemeenskap met die heiliges te he en nie deelvormig te wees aan die wêreld nie. Ons is nie op die aarde gesit vir ons eie bestaan nie, maar vir God se doel. God het 'n plan met jou lewe daarom is dit belangrik om te weet wat is God se wil is vir jou lewe.

Efes 5:17 Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is!

Gebed:

Vader, ek glo dat U wil hê dat ek U WIL moet KEN ten alle tye en om daarin te wandel (Hand 22:14) Seen my asb met wysheid oor my doel op aarde.
In Jesus Naam
Amen

As jy enige geestelike hulp, gebed of berading verlang skryf aan Belinda Paar (belindapaar@gmail.com)


Monday 9 November 2015

Wees nie bevrees nie!


Image result for wederkoms van jesus christus


Hier wil ek met jou gesels oor iets waarmee ons almal sukkel naamlik VREES.

Vrees is iets wat ons mee groot word. Dit is van kleins af met ons, of ons met iets gedreig is of nie. Ons is gebore met ‘n inherente vrees. Dit word in ons groot word proses sterker en party van ons sukkel nog steeds daarmee. As ons nie ons vrese konfronteer nie sal ons nooit daaroor oorwinning kry nie en dus ook nie daaroor kan regeer nie.

Kom ons kyk so ‘n bietjie na die gelykenis van die talente soos Jesus dit vertel in Matthëus 25 vers 14 – 30. Ons ken almal die verhaal.

Die heer het op reis gegaan en aan drie van sy diensknegte verskillende talente gegee om op te pas. Die een het vyf gekry, die ander twee en die ander een talent. Die heer het géén spesifieke opdrag aan hulle gegee oor wat om met die talente te doen nie.

Die eerste twee diensknegte het met die talente gaan werk. Niemand het vir hulle gesê wat om daarmee te doen nie en hulle het self uitgespring en daarmee gewoeker. Hulle pogings is beloon deur die verdubbeling van dit waarmee hulle toevertrou is. In wat hulle ookal daarmee gedoen het, het hulle die risiko geloop om die talente te verloor.

Die laaste dienskneg het egter sy gegewe talent in die grond gaan begrawe en by die terugkoms van sy heer dit net so aan hom terug besorg. Hy het aan sy heer gesê dat hy dit gedoen het omdat hy bang was geweet het dat sy heer ‘n harde man is wat maai waar hy nie gesaai het  en bymekaar maak waar hy nie uitgestrooi het nie. En omdat hy nie sy gegewe talent wou waag, én die kans loop om dit te verloor nie, het hy dit in die grond gaan begrawe.

Hoor die harde woorde wat sy heer aan hom sê: “You wicked and lazy and idle servant! Did you indeed know that I reap where I have not sowed and gather where I have not winnowed? Then you should have invested my money with the bankers, and at my coming I would have received what was my own with interest. ……. And throw the good–for–nothing servant into the outer darkness; there will be weeping and grinding of teeth.”(Amplified Bible)

Hierdie man se vrees het van hom ‘n “good-for-nothing” dienskneg in die oë van sy heer gemaak en hy het ‘n verskriklike prys daarvoor betaal. Wat is die prys wat ons vrese ons  laat betaal?

Waar het die vrees van hierdie dienskneg vandaan gekom? Van presies dieselfde plek as waar die vrees van Adam en Eva gekom het nadat hulle gesondig het – die duiwel!

Ek glo dat die Here vrees haat met alles wat in Hom is, as ek dit so kan stel. Want deur van,  onderandere, vrees gebruik te maak het satan die kroon van God se skepping, ons, van Hom gesteel.

God weet egter dat Sy volle krag nog steeds in die mens is en wil hê dat ons ons vrese moet oorwin. Hy sê in Sy woord: “Ek het julle nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie…..”. (2 Timotheus 1:7)

Weet jy hoeveel keer staan daar in die Bybel, “moet nie vrees nie”? …….

Drie honderd ses en sestig keer! Een keer vir elke dag van die jaar, skrikkel jaar ingesluit. Ons PA wil hê dat ons bo ons vrees moet leef en nie daaronder gebuk moet gaan nie.

Wat kies ons egter om te doen?

Staan ons terug by geleenthede om God se werk te verrig of om van Hom te getuig voor mense? Sal ons na vreemdes gaan en vir hulle bid? Help ons die armes wat by die robotte bedel of nog erger, die straat kinders? Dit is tog baie makliker om die “thousand yard stare” te kry en verby alles en almal te kyk. Ons vrees tog sô wat die mense van ons sal dink as ons by daardie tipe mense betrokke raak. -----  Wat gaan God van jou dink as jy so optree. Ek vra maar net?

My liewe vriend, ek praat net so hard met myself in hierdie artikel. Ek is die laaste een wat ‘n vinger na iemand anders kan wys. So ek wil niemand veroordeel nie maar ons moet ophou Christen speel.

Soos oom Jannie van Zyl op ‘n bandjie sê, ons almal staan geregverdig voor God. Ons het presies dieselfde stand van geregtigheid. Nie almal van ons aanvaar dat ons geregverdig is nie want baie net nog nie Jesus aanvaar nie. Met slegs ons stand van geregtigheid beteken ons niks vir die man op straat nie.  Al is ons wandel in geregtigheid ook hoe vroom en heilig, is ons steeds ‘n nul op ‘n kontrak vir die mense om ons.

Jesus sê dat ons moet vrug dra. Vrugte is iets wat mense kan eet. Ons vrugte van geregtigheid kan iets beteken vir die mense op straat. Daardie drukkie vir die boemelaar of kos vir ‘n honger kind in die plek van ‘n afjak of slegsê. Ons moet begin om die “vrugte” van God, in ons, uit te gee. Hoeveel van ons sê dat ons ‘n mooi lewe lei en ‘n liefde vir almal het. Kyk ‘n bietjie na wat se vrugte jy dra. Onthou Jesus het gesê dat ‘n boom aan sy vrugte geken word. ‘n Slegte boom kan nie goeie vrugte dra nie of ‘n goeie boom slegte vrugte nie. Kom ons kyk na ons self deur die oë van ander en beoordeel ons self op grond van die “vrugte” wat ons dra.

As ons te bang is om ons “vrugte” aan ander uit te gee, het ons geword soos die dienskneg wat die talent begrawe het. God gáán vir ons sê wat die kneg se heer aan hóm gesê het.

Ons moet ons God gegewe talente gebruik en daarmee woeker deur God se karakter, wat in ons, is aan ander te gee. Die ander twee diensknegte wat met hulle talente gewoeker het, het dit verdubbel en het ‘n baie groter beloning van hul heer ontvang.

Weet jy, die diensknegte se heer het geweet wat die risiko is wat hy loop, dat sy diensknegte sy geld kan verloor. Nogtans het hy hulle ten volle vertrou met sy besittings.

Liewe leser, so vertrou God jou ook ten volle met die talente wat Hy aan jou gegee het. Moet Hom nie teleurstel deur jou talente te gaan begrawe omdat jy bang is om dit te gebruik nie. Die talente wat Hy aan jou gee sal ook nie opraak nie. Onthou hoe meer jy daarmee woeker hoe meer gee Hy vir jou.

Hebrëers 10 vers 35 sê: “Werp dan julle vrymoedigheid, wat ‘n gróót beloning het, nie weg nie”. Hoe kan ons die beloning ontvang as ons nie vrymoedigheid het nie? Hoe kan ons vermoedigheid hê as ons vrees in ons het ?

As jy met jou lewensverhaal die ruimte van GOD binnegaan, staan daar op die deur van die ruimte geskrywe: ‘VREES VERBODE”.

Mag die Here jou die oorwinning oor jou vrese gee want Jesus het alreeds daarmee gesterf én in oorwinning opgestaan.

 cobus van heerden (cvh@oicb.co.za)
Geplaas met toestemming

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...