Saturday 16 July 2011

Die Huwelik – Deel 4 - Wat van die kinders?

Zadkiel was said to be the Angel who prevented...Image via Wikipedia
Mense is geneig om te se “ My ouers het geskei, ek het oor dit gekom, hulle sal ook” Werklik? Het jy oor dit gekom? Die letsels van ‘n skeisaak is baie dieper as wat jy besef. Die helfte van jou karaktertrekke soos, opstandigheid, harkoppigheid, humeurigheid, woede, afkraak, trotsheid, die feit dat jy nie kan vergewe nie, slaap probeleme het, perfeksionisties wil wees, dinge erger maak as wat dit is, ens, is a.g.v die feit dat jou eie ouers geskei het. Het jy daaroor gekom? Wil jy he jou kinders moet deur dieselfde verwerpingsproses gaan wat jy deur gegaan het? Het jy dalk vergeet hoe het jy gevoel toe hulle geskei het? Gaan sit en dink bietjie daaroor, nie oor hoe jy deur dit gekom het nie, maar hoe jy gevoel het daaroor! Tensy jy berading gekry het daaroor, dra jy vandag nog die letsels van hulle skeisaak, so dink voor jy doen!

Die eerste ding wat kinders dink as hulle ouers skei, is dat dit hulle skuld is! Hulle voel as hulle net soeter was sou ma ek pa bymekaar gebly het, wil jy dat jou kinders hierdie gevoelens binne hulle ronddra oor iets wat hulle nie sê in gehad het nie?

Dit is bewys dat kinders wat uit geskeide ouerhuise kom nie goed doen op skool nie, opstandig raak, rebels optree en meeste van hulle maak nie skool klaar nie. Die rede is omdat hulle te vroeg in hulle lewens tot volwassenheid geforseer word, en saam met rebellie word hulle opstandig teenoor ouers, onderwysers, en voel en glo dat hulle groot genoeg is om self verder te besluit wat hulle met hulle lewens wil doen.

Satan wat alles wil verwoes sit nou agter jou kind se toekoms, en hoe het hy ingang gekry? Was dit jou kind /kinders se keuse dat hy toegelaat was? Of het julle egskeiding die deur oopgemaak op jou onskuldige kind / kinders se lewens en toekoms?

Die kinders kom altyd eerste of die kinders is net die vrou se verantwoordelikheid, die man help nooit nie!

Ma, jou kinders is jou plig! Jy is die sagte, liefdevolle en sorgsame karakter wat in hulle moet ontwikkel!

Pa hulle is jou plig ook! Jy gee vir hulle die sterk wees, moed hou, aanhou, uithou karakter wat in hulle moet ontwikkel.  
Saam is dit julle plig om hierdie kinders te lei na God, om hulle Godsvresend groot te maak. Wat beteken Godvreesend?  Om God te eerbied en ontsag te hê vir Hom, nie om bang te wees vir Hom nie, want Hy is die Vader van Liefde, maar ook om hulle te leer dat God jou tug as jy afwandel, juis omdat Hy jou so liefhet en jou wil beskerm en red.

God het die kinders vir julle gegee! Nie vir haar nie! Maak nie saak wie wou kinders hê en wie wou nie, God het besluit julle gaan hê, en hoeveel julle gaan he. Sodat JULLE hulle kan groot maak in God se wee. 

Gen 18:19 Want Ek het hom (Abraham) gekies, dat hy aan sy kinders en sy huis na hom bevel sou gee dat hulle die weg van die Here moet hou om geregverdigheid en reg te doen, sodat die Here oor Abraham kan bring wat Hy oor hom gespreek het.

Pa, ek weet jy werk en hou die pot aan die kook! Miskien werk Ma ook! Maar die kinders het ‘n pa nodig. En God het jou aangestel as Koning,Priester en Profeet van jou huis! Efes 6:4 En Vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.

Jy moet tyd met die kinders he! By wie moet hulle leer, as jy nie daar is nie? Hoe moet hulle eendag tyd aan hulle eie kinders spandeer as jy dit nie vir hulle leer nie? Gee vir hulle ‘n goeie fondament vir hulle gelukkige huwelike! Wys hulle hoe moet dit gedoen word! Moenie dat hulle eendag in ongelukkige huwelike sit, omdat hulle verkeerd geleer is deur julle nie. Dit is julle plig!

1 Sam 3:13 God straf vir Eli oor die sonde wat sy seuns gepleeg het. En Ek sal hom te kenne gee dat Ek sy huis gaan oordeel tot in ewigheid oor die ongeregtigheid wat hy geweet het, want toe sy seuns skande oor hulleself gebring het, het hy hulle nie streng bestraf nie.

Deel 5 vervolg

Indien u geestelike berading of gebed benodig kontak my by belindapaar@gmail.com

Enhanced by Zemanta

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...