Die Tabernakel as simbool van die wedergebore mens. Die kind van God bestaan uit drie komponente: liggaam, siel en gees (1 Thes 5:23) wat op sy beurt korrespondeer met die tabernakel se voorhof (liggaam), die Heiligdom (siel: emosies, wil en denke) en Allerheiligste (gees: die woonplek van God).
Showing posts with label berading. Show all posts
Showing posts with label berading. Show all posts
Monday, 18 November 2019
Saturday, 4 November 2017
Hoe kan ek geestelik groei?
In vandag se tyd is ons so besig om te bestaan dat ons vergeet om te lewe!
Dit is ‘n gejaag na geld, om by die werk uit te kom, om
inkopies te gaan doen, kinders te help met huiswerk, en watter ander dinge daar
ookal in een dag moet gebeur, hoe moet mens tussen al die gejaag nog by stilte
tyd en gebed uitkom as jy moeg op jou bed neerval in die aand en dadelik aan
die slaap raak net om die volgende dag weer die vorige dag te herhaal?
Paulus beskryf die bogenoemde probleem so mooi!
ROMEINE 7:15 Want wat ek doen, weet ek nie; want wat ek
wil, dit doen ek nie, maar wat ek haat, dit doen ek.
Die bogenoemde probeem veroorsaak ook vrees in ons lewens,
want ons het vrae soos, waar kom die geld vandaan? Hoe moet ek by als uitkom? Wanneer
gaan ek rus kry? En met die huidige situasie in ons land is alles nog meer
gespanne en sit baie mense met die vrees dat hulle hul werk kan verloor of dat
mens nêrens meer veilig is nie.
As jy mooi gaan kyk na alles en net vir ‘n paar minute oor
jou lewe gaan sit en dink dan besef jy dat satan jou tyd, jou energie, jou
kalmte en vreugde van jou steel en jy is besig om hom toe te laat. Hy weet hoe
om ons so besig te hou dat ons nie meer tyd het vir ons huwelike of kinders
nie, wat nog van om tyd met God te spandeer? In die gejaag na wind, kry hy al
hoe meer hou vas plek op jou want deur jou moegheid raak mens geireteerd, kort
van draad en verloor gou jou humeur, en kort voor lank val alles uitmekaar,
onmin by die werk, huwelike wat afgeskeep word en kinders wat nie meer
Godsvresend groot gemaak word nie, en besig is met dinge van die duiwel op
hulle fone.
JOHANNES 10:10 Die dief kom net om te steel en te slag en te
verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.
Noudat ons die vyand se planne vir ons lewens erken, kan ons
kyk na die oplossing, en die oplossing is in God se Woord. Maar kom ons kyk
eers na die waarskuwing van wanneer ons is vlees lewe, wat sê Paulus vir ons oor
ons gejaagde lewens? Dat ons in vlees leef en nie in gees nie, dat ons God nie
kan behaag wanneer ons in vlees lewe nie, dat ons nie in God is wanneer ons in
vlees lewe nie! Dit is ernstige woorde, nie iets wat enige Christen moet
ligterlik opneem nie, maar nogsteeds het ons nie ‘n oplossing nie!
ROMEINE 8:2 Want die wet van die Gees van die lewe in
Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.
ROMEINE 8:5 Want
die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is,
geestelike dinge.
ROMEINE 8:6 Want
wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede,
ROMEINE 8:7 omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen
God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook
nie.
ROMEINE 8:8 En die wat in die vlees is, kan God nie
behaag nie;
ROMEINE 8:9 julle
is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van
Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie.
Die oplossing is seker een van die bekendste gedeeltes in
die Woord, Ps 23! Lees dit weer en verstaan wat dit vir jou sê!
PSALMS 23:1 'n Psalm van Dawid. Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie.
PSALMS 23:2 Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen.
PSALMS 23:3 Hy verkwik
my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.
PSALMS 23:4 Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié
vertroos my.
PSALMS 23:5 U
berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met
olie; my beker loop oor.
PSALMS 23:6 Net
goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis
van die HERE bly in lengte van dae.
Hierdie is so bekende Psalm en tog kan ons almal dit opsê, maar
nie ons eie maak nie, kan ons nie in geloof staan dat dit ‘n belofte van God is
wat Hy aan ons maak nie, en as jy dit mooi lees sal jy sien dat dit al die
probleme van ons daaglikse lewe vir ons oplos! Al wat God vra is dat ons ‘n
vehouding met Hom moet hê en weg moet draai van sonde en Hom eerste stel, die
res sal wel vir ons bygevoeg word uit Sy Hand!
JAKOBUS 4:7 Onderwerp
julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.
JAKOBUS 4:8 Nader
tot God, en Hy sal tot julle nader.
Kom ons begin bietjie tyd maak vir God, kom ons nader tot
Hom, sodat Hy tot ons kan nader, dat Hy ons lei na waters waar rus is, dat Hy
ons siele vir ons kom verkwik, ons beskerm, vir ons voorsien sodat niks sal
ontbreek nie, dat ons by Hom goedheid en guns kan ontvang, dat ons hoofde vet
gesmeer sal wees met olie, en dat ons bekers sal oorloop!
Dawid sê dat hy 'n intieme verhouding met die Here het, dan sê hy, wanneer ek in 'n intieme verhouding met die Here staan, sal niks in my lewe ontbreek nie, die Here lei my na voorspoed en oorwinning, die Here vul my met Sy heerlikheid en ek sal die oorwinning deur Hom behaal! Hoe kragtig is dit nie?
Wees geseend in Jesus Naam
Belinda
Tuesday, 18 July 2017
Hoop is 'n belofte!
“Want ons is gered in hoop; maar die hoop wat gesien word, is geen hoop nie; want wat iemand sien, waarom hoop hy dit nog? Rom 8:24.
Geloof is ‘n krag en Hoop is ‘n belofte. Waarom? Omdat Hoop altyd gaan oor dit wat nog moet kom; nooit oor dit wat ons reeds ontvang het en besit nie.
Dit is waar dat Geloof in die toekoms inreik en bied geleende krag wat ons in staat stel om vandag te lewe in die krag van more; om hierdie aarde in besit te neem met die hemel in gedagte; om in die teenswoordige te lewe van “nog nie.”
Hier verskil Hoop egter. Dit weet wat belowe is alhoewel dit nog nie gesien word nie en sal dit nooit toe eien totdat dit kom nie. Hoop staan vas sonder om te wankel. Geloof is vir hierdie wêreld en Hoop vir die toekomende.
Daar is geen doel vir Geloof wanneer ons in die hemel is nie, so ons moet dit hier uitleef. “Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.” Heb 11:1.
Hoop is ‘n belofte wat ons oprig vir beter dae, wat ons bo die huidige vlak van duisternis en moeilike tye uitlig en drywend hou midde in storms en moeilikheid. Ons hoop hou ‘n groot beloning in wanneer ons, op daardie dag, oor die lyn van tyd stap, die ewigheid in, en dit sien waarvan ons net gedroom het.
Maar soms vervaag hoop as gevolg van herhaaldelike uitstel. Vervaagde hoop maak jou hart siek en jou gees kan daaronder ly. Ons kan ons greep op ons beloftes verloor; ons hoop kan vervaag asook die passie waarmee ons die beloftes najaag.
Dit is wanneer Liefde ingryp en Hoop weer op sy voete lig want LIEFDE vervaag nooit.
Liefde is ‘n Persoon en ons gesels volgende week oor die Persoon.
“En nou bly geloof, hoop, liefde—hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.” 1 Kor 13:13
“ Abba Vader, dankie vir hoop. Dankie dat ons weet dat U gedagtes oor ons gedagtes van vrede en nie van onheil is nie en dat U aan ons ‘n hoopvolle toekoms gee. Help my asseblief dat my hoop nooit sal vervaag nie. Dit vra ek in die Naam van Jesus Christus. Amen.”
(cobus van heerden - cvh@oicb.co.za)
Geplaas met toestemming van Tiaan Gildenhuys
Wednesday, 24 May 2017
Voel jy onwaardig, ‘n mislukking?
As jy jouself as ‘n mislukking sien en dink dat jy nie
waardig is om aanvaar te word of gerespekteer te word nie, dan luister jy na
satan wat die vader van leuens is en ‘n mense moordenaar!
Hierdie is groot woorde, maar as jy dit van
jouself glo , maak jy Jesus tot ‘n leuenaar! Nie lekker om so daaraan te dink
nie, maar tog loop mense met hierdie gevoelens binne hulself rond en hulle
lewens is verwoes deur ‘n leuen uit satan se mond!
JOHANNES 8:44 Julle het die duiwel as vader, en die
begeertes van julle vader wil julle doen. Hy
was 'n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat
daar in hom GEEN waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit
sy eie, omdat hy 'n leuenaar is en die vader daarvan.
Jesus sê vir ons in
Sy Woord die waarheid sal jou vrymaak, die doel waarom ek oor hierdie onderwerp
vandag wil skryf is omdat soveel mense dink dat hulle nie goed genoeg is vir
die samelewing nie, as jy ‘n kind van die Here is, as jy Jesus aangeneem het as
jou Verlosser en Saligmaker kan jy nie langer vasgevang sit in die leuens van
die vyand nie, dit maak nie saak wat satan vir jou sê, of wat ander mense van
jou sê en dink nie, wat saak maak is wat die Here van jou dink en Hy dink jy is
waardig as Kind van God.
JOHANNES 8:32 En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.
Die waarheid is dat
jy duur gekoop is deur die Bloed van Jesus! Jesus Christus se bloed het
jou waardig gemaak! As jy dit nie kan verstaan of glo nie dan ontken jy, verloën jy, weier, onsê jy die kruising van Jesus
vir jouself! Nogal ‘n skrikwekkende gedagte nè?
Wat is die waarheid wat satan nie wil hê jy moet weet
omtrend jouself nie? Kom ons kyk wat sê die Woord! Hierdie is Jesus se gebed na God die Vader, en
kyk wat sê Hy van ons en die waarheid!
JOHANNES 17:17 Heilig hulle in U waarheid; U woord is die waarheid.
JOHANNES 17:23 Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome
een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My
liefgehad het.
God het jou lief net soos Hy Jesus liefhet, en dit is uit
die mond van Jesus self!
JOHANNES 17:26 En Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en
sal dit bekend maak, sodat die liefde
waarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle.
JOHANNES 15:9 Soos
die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad. Bly in hierdie
liefde van My.
Dan wil ek graag
afsluit met die volgende vers:
JOHANNES 15:16 Julle
het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om
vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader
ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.
Ek wil graag verduidelik wat hierdie vers beteken, want so
baie mense sê en dink hulle is nie gekies nie, net pastore, dominees, beraders
ens is gekies…..nee!
As jy gebore is, is jy gekies vir die aarde! Dan is jy
welkom op die aarde en het jy ‘n doel vir God wat jy hier op die aarde moet
doen, en het God jou waardig geag om dit vir Hom te kan doen.
Mag jy die waarheid nou glo en weet dat jy waardig is in God
se oë.
Geseënd is jy!
Saturday, 4 February 2017
Hoekom skree jy?
'n Stukkie waarheid wat ek raakgelees het......
Die professor was besig om die studente te leer oor Spreuke 15: 1.
Hy vra sy studente, “Hoekom skreeu ons in woede ? Waarom skreeu mense vir mekaar wanneer hulle kwaad is vir mekaar?”
Die studente het vir so wyle oor die vraag gedink en een van hulle waag ’n antwoord, omdat ons nie meer kalm en bedaard is nie en ons skreeu om uiting aan ons frustrasie te gee.
“Maar waarom skreeu as die ander persoon dan reg langs jou staan?” vra die professor.
“Is dit nie moontlik om met hom of haar te spreek in ’n sagte stem nie? Hoekom skreeu jy op ’n persoon wanneer jy kwaad is vir hom of haar?”
Die studente het verskeie verduideliking probeer gee maar nie een daarvan het die professor tevrede gestel nie.
Uiteindelik verduidelik hy aan hulle:
“Wanneer twee mense vir mekaar kwaad is, dan skei hul harte geestelik van hul besitters. Om die verwyderde afstand te oorbrug, moet hulle skreeu om mekaar te hoor. Hoe hewiger die kwaad vir mekaar is, hoe harder sal hulle skreeu om mekaar te hoor oor die groot afstand. Die professor vra toe, “Wat gebeur wanneer twee mense verlief raak? Hulle skreeu nie op mekaar, nie maar praat saggies met mekaar, hoekom?
Omdat hulle harte geestelik baie na aan mekaar is. Die afstand tussen hulle harte is baie klein. Die professor gaan voort,
“Wanneer hulle mekaar nog meer innig lief het, wat gebeur? Hulle praat nie, maar fluister net en hulle beweeg nog nader in mekaar se liefde.
Uiteindelik het hulle nie eens nodig om te fluister nie, hulle kyk net na mekaar en dis al wat nodig is ...
So volgende keer wanneer jy op ’n geliefde skreeu, weet dat jy besig is om afstand te skep tussen jou hart en die ander persoon se hart. Kom ons probeer nader aan mekaar beweeg, verskille te oorkom en in liefde en vrede met mekaar saam te leef.'
Skrywer onbekend
Wednesday, 7 December 2016
In Sy beeld en gelykenis
Wanneer laas het jy regtig baie mooi na jouself in die spieël gekyk en die ware JY raakgesien? En nou praat ek nie van daardie persoon met die masker aan wat so mooi op-“gedress” is vir die wêreld daar buite nie! Ek praat van die persoon agter die masker…die één wie jy is as jy vanaand by die huis kom en agter geslote deure is – die één wie jou familie sien, die één wie Jesus sien as Hy na jou hart kyk!?
As die Woord van God dan sê dat ek en jy na Sy beeld geskape is, is dít wat ek en jy dan sien as ons na onsself kyk? En meer nog, is dit wat ander mense sien wie na my en jou kyk?
Gen 1:26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.
Die King James-weergawe van die Bybel, stel dit so mooi: “in Our image and after Our likeness”, so as ons dan in God se “image” gemaak is, wat is die “image” wat ek en jy uitdra? Jy sien my vriend en vriendin, ek en jy kan onsself op-“dress” en kammofleer vir die wêreld daar buite, maar nie vir God nie! Hy weet presies hoe Hy ons gemaak het en wat ons veronderstel is om te wees en al daai “make- up” beïndruk God glad nie!
Ps 7:9 Laat tog die boosheid van die goddelose mense ‘n einde neem, maar bevestig U die regverdige, ja, U wat harte en niere toets, o regverdige God!
Jer 17:10 Ek, die HERE, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë, volgens die vrug van sy handelinge.
So vier weke gelede het die Here baie ernstig met my gepraat oor die wyse waarop ons as kinders van die Here na onsself kyk. Baie van ons besef nie altyd wat Jesus werklik aan die kruis vir ons kom doen het nie en ook nie wat die krag in die bloed van Jesus is nie. Die feit dat Hy die prys vir ons sondes betaal het en ons deur Sy bloed losgekoop het, beteken dat as Abba Vader na ons kyk, dan sien Hy die bloed van Jesus en nie die gebroke beeld wat ek en jy soms oor onsself het nie. Ons probeer soveel keer om Vader te beïndruk deur ons heiligheid of goeie dade, terwyl die offer van Jesus al klaar perfek en volmaak is. Ja, God haat steeds sonde en wil hê dat ons moet ent kry daarmee en wegdraai daarvan af, maar al ons pogings sal ons nooit in 'n beter stand by Vader bring as wat die bloed van Jesus reeds vir ons behaal het nie.
Só baie van ons het 'n swak beeld van onsself en dink dat ons nooit goed genoeg of waardig as bruid sal wees nie, omdat ons nog stoei met een of ander “issue” of eina in ons lewe. Sodoende verwerp ons in werklikheid wat Jesus aan die kruis vir ons kom doen het en dit maak Vader baie hartseer. Hy het juis geweet dat ek en jy uit onsself nooit die paal sou haal nie en daarom het Hy Sy eie seun gestuur om in ons plek te kom staan. Nou is Jesus ons hemelse Advokaat wie by Vader vir ons intree oor ons swakhede en het ek en jy die vrymoedigheid om met “boldness” tot God se troon te kan nader en die bloed van Jesus te pleit, wat ons juis geregverdig voor God se troon stel!
Dit is tyd dat ek en jy ons kop optel en besef wie ons werklik in Christus Jesus is en wat Sy bloed vir ons aan die kruis gedoen het! Kyk gerus na die lys hieronder wat Jesus my gegee het oor wie Hy is.
Vrede en seën vir elkeen in hierdie week.
(ernest phillipson - ecp@oicb.co.za)
Geplaas met toestemming van Tiaan Gildenhuys
Thursday, 10 November 2016
Wandel deur die Gees
Gal 5:16 “Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie;”
Wanneer ons deur die Gees wandel word ons deur die Gees gelei. In die vroeë stadiums van ons lewe is ons geneig om eiewys en hardkoppig te wees, soos Moses toe hy die Egiptenaar doodgeslaan het. Maar soos ons groei in ‘n Christelike lewenswyse, wag ons vir die leiding van die Heilige Gees, wat ons deur Sy voorstelle beheer, Sy wil op ons afdruk, in ons werk waar ons agterna uitvoering gee in karakter en daad. Ons gaan nie vooruit nie maar volg. Ons word gelei deur die Gees.
Die man of vrou wat deur die Gees wandel het geen begeerte om die versoeking van die vlees te bevredig nie. Die behoefte tot vlees bevrediging mag nog in die siel wees en deur die gedagtes flits maar hy of sy vervul dit nie. Die vlees begeerte kan nie verhoed word nie maar die reaksie daarop kan wel.
Wanneer ons deur die Gees wandel produseer Hy die vrug van ‘n heilige karakter. Die kontras tussen die werke van die vlees – die selfsugtige lewe – en die vrug van die Gees, wat die natuurlike produk van Sy invloed is, word baie duidelik. In werke is daar inspanning, pogings, die geraas van masjienerie, die oorverdowende geraas in fabrieke. Maar vrug word gevorm in die kalm, stil natuurlike proses van die natuur wat aanmekaar die vrug van die aarde produseer. Hoe stil is die proses nie? Daar is geen stemme of tale nie. Dit is byna onmoontlik om te besef wat die impak van ‘n lang somersdag se sonskyn is. Die herfs nader met geluidlose voetstappe. So is dit met die person wat daagliks deur die Gees wandel. Daar is moontlik geen asemrowende ondervindings en omskakelings nie, niks spesiaals om in die dagboek te skryf nie, maar soos die tyd aangaan sien die mense rondom die person die veranderinge raak. Die oes wat ryp word. ‘n Oes van liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Gal 5:22.
GEBED
“Genadige Vader, mag U Heilige Gees my lei op U weë. Mag Hy my hart vervul met die wete van U nabyheid en liefdevolle kameraadskap. Rig my tree op U weg en stap saam met my dat ek sal doen wat U behaag. AMEN.”
(cobus van heerden - cvh@oicb.co.za)
Geplaas met toestemming van Tiaan Gildenhuys
Friday, 14 October 2016
Wat is die Bybelse Beginsel oor finansies?
Bybelse Beginsel – Alles behoort aan die Here, jy bestuur dit net. Jy bestuur God se geld!
1Kor 4:7 Wat behoort aan jou wat jy nie ontvang het nie, God het dit vir jou gegee deur genade. God gee ook jou werk vir jou, en teken jou salaris tjek. God gee oor aan jou jou gesondheid en energie om te kan werk. Alles genade van die Here.
God gee 9/10des van Sy geld aan jou, sodat jy ook ander kan sëen.
Ons is aangestel as rentmeesters oor ons finansies en moet nie bo ons inkomste leef nie. Skuld verwoes lewens, daarom moet ons ons finansies reg handteer en eerste ons 10de vir God terug gee sodat God vir ons kan vermeerder/ons verder sëen.
Joh 10:10 Dief het gekom om te steel, roof en slag, Jesus het gekom sodat ons oorvloedig kan lewe. Satan lieg vir jou om jou sëening te steel.
Mense is onkundig omtrend God se Woord oor die geestelike wet van saai en maak en daarom kry satan ‘n wettige houvas op jou finansies. Wat jy saai sal jy maai is van toepassing in alles in ons lewens, as jy onmin saai, gaan jy onmin maai, as jy finasiëel saai gaan jy finasiëel maai!
Materiele dinge is nie iets wat ons kan saam neem hemel toe nie, so dit moet nie vir ons ‘n afgod wees nie. God weet wat ons nodig het en sal vir ons voorsien as ons by God se riglyne hou.
Om ander te sëen finansiëel sal God jou ook finansiëel sëen. Dit is belangrik om te kyk waarop ons ons finansies spandeer. Mense sukkel finansiëel omdat hulle verslaaf raak aan goed soos drank, kooplus, materiele dinge, om ander mense te wys wat hul adres is en watter model voertuig hulle ry….alles aardse dinge, wêreld goed!
God sê maak eder skatte in die hemel bymekaar waar geen dief dit kan steel en dit nie opgevreet kan word nie…dit is die eerste beginsel wat ons in ons lewens moet toepas.
Om ons 10de vir die werk van God terug te gee is ‘n Bybelse beginsel wat God ingestel het. Ons betaal nie 10des omdat ons terug wil ontvang nie, maar omdat ons God se natuur in ons het!
God sëen ons, ons moet ook Sy Huis sëen, God voorsien aan ons met liefde, ons moet ook aan Hom (kerk) voorsien met liefde, ons gesindheid moet reg wees.
Ek kry baie keer die geval waar mense se “ja maar die pastoor spandeer die geld op dit of dat” My mening hieroor is, wat die pastoor met die geld maak het niks met jou te doen nie, jy betaal jou 10de want dit is ‘n saak tussen jou en God, wat die pastoor met die 10de maak, is ‘n saak tussen hom en God. Elkeen is verantwoordelik vir sy eie doen en late en saligheid.
Ons moet ‘n oophand hë vir God se werk, sodat God ons ook weer kan sëen, maar ons moenie saai met die verwagting om te maai nie, ons moet saai omdat ons God se geaardheid het, God het ‘n vrygewige gewer lief.
Hoekom is dit belangrik om dit vir ander te leer?
Omdat dit ‘n Bybelse beginsel is, omdat God ons wil leer hoe om ‘n sëening vir ander te wees en hoe om God se sëen te ontvang. Dit is ook belangrik dat mense die regte konsep kry van waaroor 10des gaan en hoe dit werk sodat hulle met liefde kan saai in die Koningkryk van God, en sodoende uit hulle finansiële probleme kan kom.
2 Ko5:7 God het 'n vrygewige gewer lief!
Indien iemand gebed of geestelike raak benodig, kontak my belindapaar@gmail.com
Bybelse bewyse waar en hoe die gee van tiendes ontstaan het.
Tiendes betaal is nie deel van die wet nie en het alreeds voor die wet onstaan toe Abraham aan Melgesedek 10 des betaal het, om hom te sëen, nadat Malgisedek aan hom brood en wyn gebring het. Gen 14:18
Heb 7:1 Wie Megisedek was:
Malgisedek was ‘n gesalfde hoëpreister van God, sonder ‘n geslagsregister, en Koning van Salem wat beteken “vrede” Hy was ook koning van geregtigheid, hy was die ewebeeld van Jesus.
– Soos Abraham aan hom die 10de betaal het so betaal ons ook aan die HoëPriester Jesus nou ons 10de. Jesus het onder die orde van Melgisedek gekom.
Mal 10:8-11 Ons beroof God in ons tiendes, God sê toets My hierin en sien of Ek die hemelvensters vir jou sal oop maak en jou oes sal beskerm teen die sprinkane.
Omrede God ons nooi om Hom te toets bewys dat dit vir Hom belangrik is dat ons ons 10de aan Hom moet teruggee.
As ons nie 10de betaal nie (God beroof) is ons vervloek met armoede, nie deur God nie maar deur satan omdat ons ‘n deur vir hom oopmaak deur te steel.
10de moet ‘n leefwyse wees net soos wat geloof ‘n leefwyse is, ons moet ‘n verhouding met God bou deur 10des te betaal, deur God te vertrou om vir ons te voorsien. Jou oes kan nie groei as jy nie saai nie, God is ‘n God van vermeerdering, soos met die 5 brode en 2 vissies gesien kan word. 10des is nie ‘n wet nie maar ‘n hartsaak, dit moet ‘n voorreg wees om aan God lofoffers te bring, en nie iets wat jy betaal omdat jy iets terug wil ontvang nie, jou gesindheid moet reg wees, want God kyk na jou hart nie na jou geld nie.
Om nie jou 10de te betaal nie, beroof jy jouself van jou eie sëeninge deur suinigheid.
Wanneer jy 10de betaal bid oor dit en sëen dit, dit is ‘n offer wat jy aan die Here bring.
Saai in vrugbare grond. Maak God eerste in jou lewe, en God sal vir jou voorsien (Matt 6:25-34)
Rom 10:13 As jy in finansiele probleme sit bely dit as sonde en begin om jou 10de te betaal san sal God vir jou voorsien en jou uit jou probleme help
Aan eie moet ek my10de betaal as jy nie aan 'n kerk behoort nie maar tussen kerke is? Daar waar jy geestelik gevoed word! Hiermee sê ek nie dat jy nie 'n vaste kerk moet hê nie, want ons moet deel wees van 'n kerk, maar soms word ons geestelik gevoed deur 'n Evangelisasie organisasie, en mag ons, ons 10des aan hulle betaal om hulle te help om God se Woord en die Evangelie verder te verkondig, soos ek gesê het saai op vrugbare grond!
6 Areas van gee:
1. Betaal 10des
2. Offergawes is vir armsorg, weduwees, liefdadigheid
3. Predikers
4. Evangelisasie
5. Offergawes (kerk se onthoudskoste)
6. Ander offers wat nie geld behels nie – tyd, werk vir God ens maar jou tyd vervang nie die geld wat jy moet betaal nie, dit is net 'n offer wat jy maak vir God.
Indien iemand gebed of geestelike raad benodig, kontak my belindapaar@gmail.com
Tuesday, 13 September 2016
Kan satan my laat sondig?
Net as jy hom toegang gee en jou ore uitleen aan hom!
God het ons vryewil
gegee om hom te kan weerstaan! Paulus sê “ Weerstaan die duiwel en hy sal van
jou wegvlug”
So baie kinders van die Here is vasgevang in die leuens van satan. Al wat satan nodig het is om ‘n persoon op
jou pad te stuur om vir jou iets te sê soos” jy is nie goed genoeg nie”, en satan het ‘n plek gekry om jou verder seer te maak as jy daai gedagte gaan
koester . Instede van om satan net daar en dan te vertel dat jy waardig is voor
God, laat ons toe dat hierdie woorde plek vat en gee ons demoniese magte plek
om ons gevoelens so te beinvloed dat ons dit later self glo.
EFESIËRS 4:27 en gee
aan die duiwel geen plek nie.
JAKOBUS 4:7 Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle
wegvlug.
Mense wat nie verhouding met die Here het nie, is baie meer
vatbaar vir die leuens van satan en hulle lewens word verwoes omdat hulle eder
glo wat satan sê as wat God sê, omdat hulle nie weet hoe God jou sien nie,
sondaar of nie.
God se liefde is baie grooter as wat gelowiges en
ongelowiges glo. God het die sondaar ook lief, nie net die geredde nie, en al
is jy ‘n geredde is jy nogsteeds nie sondevry nie, want die Woord leer ons ook
dat hy wat sê hy is sondevry bedrieg homself.
PSALMS 25:8 Tet. Die HERE is goed en reg; daarom sal Hy sondaars leer aangaande die
weg.
Beteken dit dat ons maar sondaars kan bly? Beslis nie, ons
moet wegdraai van ons sondige natuur en Jesus aanneem en tot redding kom,
(Wedergebore word), werklike inkeer en streef na heiligmaking. My punt is dat
God jou liefhet of jy al gered is of nog nie.
Hoe weerstaan ons satan? Deur nie na hom te luister nie en
deur kennis te hê van God se Woord sodat
ons kan sien hoe God ons sien en van ons verwag.
Satan sal jou wysmaak dat God daai sonde wat jy gepleeg het teen
jou hou, dat jou verhouding met God skade gelei het omdat jy gedoen het wat jy
gedoen het, maar dit is ‘n leuen van die vader
van leuens!
Die Skrif se:
1 JOH 2:1 My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle,
dat julle nie moet sondig nie; en as
iemand gesondig het, ons het 'n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die
Regverdige.
1 JOH 2:2 En Hy
is 'n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s'n nie, maar ook vir
dié van die hele wêreld.
JES 30:18 En
daarom sal die HERE met ongeduld daarop wag om julle genadig te wees, en
daarom sal Hy Hom verhef om Hom oor
julle te ontferm; want die HERE is 'n God van die gerig. Welgeluksalig
almal wat op Hom wag!
Hier sien ons dat God Sy Seun Jesus vir ons gestuur het om
as Regter vir ons Voorspraak te maak by God, dat Jesus ons Advokaat is, dat Hy
ons wil terugbring in geregtigheid met God, ons wil versoen met God, en nie net
vir die geredde nie, maar ook vir die een wat nog in die wêreld is….die
sondaar, verder sien ons dat God ongeduldig vir ons wag sodat Hy Sy genade oor
ons kan uitstort om ons te kan red, dat Hy Hom ontferm oor ons…dit sê dus vir jou
God smag daarna om ‘n verhouding met jou te hê!
As ons satan se leuens gaan glo, staan ons teen die Woord
want God het ons aangestel net onder die hemelewesens (engele) God het ons mag
gegee om te heers oor Sy hele Skepping
insluitende satan! Jesus het ons opdrag gegee om duiwels uit te dryf, nie net
uit ander mense nie, maar ook uit jou lewe en uit jou huis, jy kan dus vir
satan sê In Jesus Naam los my uit! En hy moet gaan! Hoekom? Want daar is krag
in die Naam van Jesus!
HANDELINGE 16:18 En dit het sy baie dae lank gedoen; maar baie
ontevrede daaroor, het Paulus hom omgedraai en vir die gees gesê: Ek beveel jou in die Naam van Jesus
Christus om uit haar uit te gaan. En hy het op dieselfde oomblik uitgegaan.
HANDELINGE 4:12 En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die
hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.
Self kinders van die Here glo die leuens wat satan hulle
vertel, mense sit vasgevang in minderwaardigheid, selfbejammering, verwarring,
skuldgevoelens, depressie….die lys hou aan vir ewig! Hoekom? Omdat ons nie
besef dat satan die een is wat ons gevange hou in hierdie dinge nie, gaan na
God en gaan maak reg waar jy verkeerd gemaak en en kom terug in versoening met
God, as jy jou sonde belei het God is regverdig en sal jou vergewe en daai
sonde sal weg wees asof dit nog nooit gebeur het nie, as jy langer vasgevang
sit in dit is dit omdat jy nie glo dat God jou waarlik vergewe het nie.
JES 1:18 Kom
nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos
skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal
word soos wol.
Hier sê die HERE, dit is ‘n uitgemaakte saak! Jou sonde sal
vergewe word, al wat jy moet doen is om dit te gaan belei en te glo dat God jou
skoon gewas het van hierdie sonde. Natuurlik praat ek van wedergebore kinders,
as jy nog nie wedergebore is nie, maar dit ‘n saak van dringendheid om tot
bekering te kom en gedoop te word, want niemand sal die koningkryk beërwe tensy
hy dit nie gedoen het nie.
Ten slotte, moenie satan mag gee oor jou lewe nie, maar
seker jou lewe is reg met God, en weerstaan hom sodat jou siel kan genees en jy
‘n lewe in oorvloed kan hê
ROMEINE 8:37 Maar in al hierdie dinge is ons meer as
oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.
ROMEINE 8:38 Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of
engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge
ROMEINE 8:39 of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat
daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.
Indien enige iemand gebed of geestelike raad benodig, kontak
my belindapaar@gmail.com
Monday, 22 August 2016
God se beskerming en voorsiening
Hierdie is woorde wat ons kan bedink, want dit gee aan ons die versekering dat God nie alleen versorging en beskerming bied aan diere, voëls en elke lewende wese, soos ons ook lees in Deuteronómium 25:4; Psalm 104:11-22; Jona 4:11; Matthéüs6:26, nie maar dat Hy baie meer aan en van ons dink en ons, Sy kinders, versorg!
Ons kan, soos Noag en sy kinders, afgesny wees van enige menslike hulp. Dit mag ook vir jou, soos vir Noag, onmoontlik wees om iets aan die omstandighede te verander of jouself daaruit te kry. Jy mag ook die verantwoordelikheid hê om te voorsien in die behoeftes van díe om jou. Jy kan sien hoe jou eie bronne wegkwyn en opdroog MAAR God sien jou in die watervloed wat jou omring, onder die onheilspellende donker wolke. Soos ‘n moeder nie haar kind kan vergeet nie, so sál God jou nie vergeet nie. HY sê in Jesaja 49:15 & 16 “Kan ‘n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet, nogtans sal Ék jou nie vergeet nie! Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer;”
Die ark het op die berg Ararat op die sewentiende dag van die sewende maand gestrand (Genesis 8:4), en die waters het sô vinnig gesak, dat, soos Noag ‘n oes kon afhaal voor die vloed, hy weer betyds saad kon saai om die volgende seisoen se oes te kon afhaal.
Ek pleit by jou om die seisoene en tye in jou lewe aan ons hemelse Vader toe te vertrou. Hy wag dat ons Hom vertrou in alle omstandighede en ook ten spyte van omstandighede. Dan kan ons lewens ingeweef word in ‘n pragtige mosaïk van Sy liefdevolle beskerming en voorsiening.
Bewaak jou gedagtes. Satan manipuleer ons met verkeerde gedagtes en daarom sê God in 2 Korinthiërs 10:5 “.. en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,”. Kolosense 3:2 sê: “Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.” Verder sê Vader ook wát ons moet bedink in Filipense 4:8 “Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is—watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.”
Dit bly egter my keuse!! Mag die Heilige Gees jou lei om die regte keuse te maak en mag Hy jou bekragtig om volgens daardie keuse te leef.
“Vader, ek kom na U in die naam van Jesus Christus. Versterk my asseblief dat ek nie na die donker wolk sal kyk nie maar na U reenboog, nie na wat gesteel of verloor is nie maar maar na wat nog daar is, nie na die stormwaters wat my omring nie maar na die gesig van Jesus wat op die waters loop. Dit vra ek in die naam van U seun, Jesus Christus. Amen”
Geplaas met toestemming van Tiaan Gildenhuys
(cobus van heerden - cvh@oicb.co.za)
As iemand gebed of geestelike raad benodig kontak my belindapaar@gmail.om
Subscribe to:
Posts (Atom)
Hoekom kies Jesus n donkie en nie n perd nie?
Al vier die Evangelies vertel ons van die Jesus Christus se triomfantlike intog in Jerusalem, vyf dae voor Sy sterwe aan die Kruis. Matt 2...
-
Is dit regvedig dat ons een dag ‘n jaar ‘n “Moedersdag” moet hou om te besef hoe goed en wonderlik ons moeders is? En wat van d...
-
"Dr. Droom" banner, Amazing Adventures #1 (June 1961). Art by Jack Kirby & Steve Ditko (Photo credit: Wikipedia ) W...
