Sunday 12 May 2013

Moedersdag: Die waarde van ‘n vrou & moeder.



Is dit regvedig dat ons een dag ‘n jaar ‘n “Moedersdag” moet hou om te besef hoe goed en wonderlik ons moeders is?

En wat van die vrouens wat nie kinders kan he a.g.v ‘n ongeluk, of mediese rede? Is hulle uitgesluit in die Woord van God as vrouens? Moet ons nie dan ook ‘n dag he wat ons noem “Dag vir vrouens wat nie moeders is nie”?

Ons lees  in Spr 18:22  as ’n man ‘n vrou gevind het, dan het hy ware geluk gevind en geniet hy die goedheid van God.
In hierdie versie se dit nie die man moet kinders he by die vrou om geluk en goedheid van God te vind nie, maar net dat as hy ‘n vrou vind! Alle vrouens is belangrik vir God, nie net moeders nie.

1 Sam 16:7 se: “Ek kyk nie na dieselfde dinge as die mens nie. Die mens kyk na die uiterlike, maar die Here na die innerlike”
As ‘n vrou kinderloos is kyk God na haar innerlike ook nie net na die vrou wat wel kinders het nie!
Gaan sit bietjie en dink wat beteken jou vrou en ma vir jou, hoeveel keer jy hulle gebruik en misbruik, en hoe hulle toelaat om gebruik en misbruik te word. Hulle se agter elke suksesvolle man staan daar ‘n goeie vrou. Is dit waar?

Kyk wat se die Woord: ‘n Knap vrou is baie werd, baie meer as edelstene!
Haar man steun op haar en pluk die vrugte van haar werk, Haar man is welbekend by die stadspoort waar hy saam met die stadsleiers beraadslag

Ons lees ook in die Bybel dat vrouens oor eienskappe beskik wat mans nie het nie. Die mooiste van die vroulike waarde in die Bybel is die feit dat baie eienskappe van God aan die vroulike kant toegedig word,dit is ’n kenteken dat daar wel hoë waarde aan die vrou of moeder gegee word.

God gebruik baie spreektaal om sy liefde en sorg vir die mens uit te beeld deur dit te vergelyk met ‘n vrou of moeder.

(Ps 131:2). “Ek het rus en kalmte gevind. Soos ’n kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind het, so het ek tevredenheid gevind.

Gen 3:16). “Ek sal jou baie swaar laat kry met jou swangerskappe: Met pyn sal jy kinders in die wêreld bring. Na jou man sal jy hunker, en hy sal oor jou heers”

Maar kyk na Jes 49:15 Kan ‘n vrou haar suigeling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet, nogstans sal Ek jou nie vergeet nie!

Jer 6:26 se God ons moet berou soos oor jou enigste kind “ Omgord jou met roukleed en wentel jou in die as, bedryf rou soos oor ‘n enigste kind, ‘n bitter rouklag”
Jesaja 47;14 sê God: “Ek het lank stilgebly, Ek het geswyg, My bedwing. Nou skree Ek soos ’n vrou wat ’n kind in die wêreld bring. Ek hyg. Ek snak na asem”.

In Gen 3:20 En die mens het sy vrou Eva genoem, omdat sy moeder geword het van alles wat lewe.

Die vrou se liggaam is die vrug waarin die baba groei en oorleef tot geboorte, na geboorte versorg sy die kind, leer hom loop, praat, sit ens, troos hom wanneer hy seer kry, hits hom aan om weer op te staan as hy geval het, en wanneer die hartjie seer is, hou sy hom vas teen haar bors en vertroos hom, wanneer hy siek is maak sy hom gesond deur hom te versorg, as hy honger en dors is voer sy hom.

Hierdie is eienskappe wat van God af kom, net soos die moeder al hierdie dinge met die kind doen so doen God ook met ons, wanneer ons val, lig Hy op ons op, wanneer ons seer kry, troos Hy ons, wanneer ons gebroke is, druk Hy ons vas teen sy Hart en Hy verlaat ons nooit nie.

In Hos 11:3 lees ons dat God vir Efraim leer loop het, ek het hulle op my arms gedra, Jes 55:1 As jy dors is, of honger is kom na My, Ex 15:26 “Ek is die God wat jou gesond maak” Jer 1:9 God sal jou leer om te praat, hierdie is maar net ‘n paar van die verse wat vir ons wys dat God vir ons omgee net soos ‘n moeder vir haar kind(ers) omgee.

Waar pas moeders en vrouens in God se plan in?

Terug na Gen 2:18 Ook het die Here God gese: ”Dit is nie goed dat die mens alleen is nie, Ek sal vir hom ‘n hulp maak wat by hom pas” in Gen 1:27 &28 En God het die mens geskape na Sy Beeld, na die beeld van God het Hy hom geskape, man en vrou het Hy hulle geskape. En God het hulle geseen en gese: “Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde.

As jy mooi na die boonste 3 verse kyk sal jy sien dat die vrou ‘n GESKENK van God is aan die man. God se die man moet sy vrou lief he soos homself, en die vrou moet haar man respekteer.

God het die man aangestel as hoof van die vrou maar dit maak die vrou nie minder belangrik in God se oe nie, Nadat Jesus aan die kruis gesterf het en uit die graf opgestaan het was dit vrouens wat eerste getuig het dat die graf leeg is.
Paulus se 1 Pet 3:1-2 Net so moet julle vroue, aan jul eie mans onderdanig wees, sodat as sommige aan die Woord ongehoorsaam is, hulle ook deur die wandel van die vroue sonder woorde gewin kan word as hulle jul reine, Godvresense wandel aanskou het.

Verder praat hy van hoe ‘n vrou moet aantrek en haar moet versier maar dan sy hy in vers 4&5 maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ‘n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God want so het vroeer ook die heilige vroue wat op God gehoop het, hulle self versier, en hulle was aan hul eie mans onderdanig.
.
God het ons as vrouens geskape met sagtheid, liefde, omgee en sorg, dit is hoekom vrouens vandag die kerke help met liefdadigheid, help met kos vir armes, die kerk banke vol sit en die meeste gemeenstelike werk doen, en deesdae die meeste op kerkrade sit as mans. In die meeste huise is vrouens vandag die geestelike leier in hulle huise. Let op hoeveel vrouens met hulle kinders sit vandag in die kerk, sonder hulle mans. Hoekom gebeur dit? Omdat vrouens deesdae meer bereidwillig is om God te dien as man, hulle is die gewilligste om instrumente te word van God se werk, om kinders te leer om te bid, en vir hulle van Liewe Jesus te vertel.

Volgende keer voor jy oor jou ma of vrou kla, dink wat sy werklik vir jou doen en beteken, al is sy hoe moeg na ‘n harde dag se werk is sy die een wat verseker dat die gesin aand-ete kry, dat die kinders bad, huiswerk doen en in die bed kom. En as die man uitgaan vir kuier saam die “boys” is sy die een wat seker maak ‘n warm bord kos staan vir jou en wag wanneer jy huis toe kom.

Volgende keer wanneer jy tussen mans of skoolvriende sit en hulle bespreek ‘n vrou van kop tot tone, wees die man wat op staan vir die vrou wat jou versorg en met liefde grootmaak, en se vir die ouens dit is onrespekvol teenoor jou ma wat jy se, al praat hulle van ‘n ander dogter, sy gaan ook eendag iemand se ma wees, en sy is op die oomblik ‘n ander ma se dogter! En volgende keer as jy as man of seun ‘n meisie of vrou so wil bespreek, dink by jouself wat dink God op daardie oomblik van jou?

Ek wil vir al die vrouens (ma of nie ma nie) vandag se dankie dat julle daar is vir julle mans en kinders, dankie dat julle bereidwillige, liefdevolle vrouens is wat nie net julle eie gesinne versorg nie, maar ook bereid is om vir God te werk. Mag julle almal ‘n gelukkige “vroue” dag he. En mag God elke vrou seen met meer liefde en met meer krag en bereidwilligheid om sterker te staan in sy Woord sodat Hy elkeen meer kan seen en stywer kanvashou!

God se rykste seen.

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com



Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...