Wednesday 27 May 2015

Hoe moet ons geloof wees?


Image result for jesus christ 



2 Kor. 13:5 sê:

"Ondersoek julleself en stel julleself op die proef of julle in die geloof lewe." Paulus sê Kyk of jou verhouding met die HERE  nog reg is!
Bely ons dus nie Jesus Christus voor die mense nie, dan bely Hy ons nie voor die Vader nie, met die geval dat ons onsself beroof  van seëninge.
Geloof is ‘n gawe wat jy by die Wedergeboorte ontvang het. Deur die Woord in jou hart te bêre en as lamp vir jou voet te gebruik, bou jy jou geloof uit.

Efes 6:16  “Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.”  

Wat moet ek glo?  Moet ek net glo dat God bestaan?

Ek moet glo dat Jesus Christus vir my aarde toe gekom het, vir my sonde aan die kruis  gesterf het en dat God die Vader Hom uit die dood opgewek het. Dat Hy opgevaar het na die Hemel en vandag sit aan die regterhand van God as my Middellaar en Verlosser.  En dat Jesus die Heilige Gees gestuur het as Trooster vir ons nadat Hy na die Vader gegaan het.

Ons moet dus glo in die Drie-eenheid, God die Vader, God die Seun, Jesus Christus en God die Heilige Gees.

1 Joh 5:7“Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord (Jesus Christus is die Woord) en die Heilige Gees, en hierdie drie is een.”  Hierdie is die enigste waaragtige en lewende God.

Is dit al wat van my verwag word? Dat ek net moet glo? Nee jy moet dit ook bely met jou mond!  Sodat satan dit kan hoor en kan weet dat jy ‘n Kind van God is, sodat hy jou nie kan kom oortuig dat jy nie ‘n geredde persoon is nie. Onthou satan sal alles probeer om ons te laat wankel in geloof, hy is die vader van leuens en wil jou potjie en seker maak dat jy nie die ewige lewe be-erwe nie.

Rom 10:9 & 10 sê  “As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.”

Jesus sê self: As julle My voor die mense bely, dan sal Ek julle voor die Vader bely.
Jy het geen professionele opleiding nodig om jou getuienis uit te dra nie, en jy mag nie weier om dit uit te dra nie.

Jak 2:19 & 20 “Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder”  (20) Maar wil jy weet o nietige mens, dat die geloof sonder werke dood is?
Met die bogenoemde vers sien ons, dat ons nie net moet glo nie, maar ook moet leef soos Christene, soos duur gekoopte, skoon gewaste, Heilige Gees ingeworpe kinders van God. Reeds met die verbond met Abraham het Jesus verklaar dat Hy bereid is om die prys te betaal, al was Hy onskuldig.

Rom 14:23  “…en alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde.” 

God het met Abraham ‘n verbond  aangegaan, wat my en jou beïnvloed.
In Gal 3:7-9: “Julle verstaan dan dat die wat uit die geloof is, hulle is kinders van Abraham. En die Skrif wat vooruit gesien het dat God die heidene uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan Abraham die evangelie verkondig met die woorde: In jou sal al die volke geseën word. Sodat die wat uit die geloof is, geseën word saam met die gelowige Abraham.”  

Wat is geloof ?

Rom 10:17: “Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die Woord van God.”  So deur te luister, en te doen wat die Woord van God sê…… kom geloof.
!!! Heb 11: 1 sê: “Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.” 

As ons sê dat ons gelowiges is, of Christene is moet ons met ‘n vaste vertroue glo in dit wat ons nog nie kan sien, beleef, ervaar nie. Ons kan nie na God gaan met ons probleme en dan wankel in geloof dat God dit vir ons gaan oplos, of voorsien, of help nie!
Ons kan ook nie ons probleme vir God gee, en dan self ‘n oplossing soek nie, want dan glo ons nie met ‘n vaste vertroue dat Hy dit vir ons gaan doen nie, dan staan ons nie in geloof met ‘n vaste vertroue in God en Sy Woord nie!

: Heb 11:6 “En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek.” 

Ons moet God behaag deur geloof, ek moet Hom vertrou en ook glo dat Hy ‘n beloner is, want as ons nie doen nie staan ons skuldig voor God.

1Tim 6:17 “Beveel die rykes in die teenwoordige wêreld om nie hoogmoedig te wees nie en ook nie hulle hoop te stel op die onsekerheid van die rykdom nie, maar op die lewende God wat ons alles ryklik verleen om te geniet.” 
in Mat 17:20, Jesus sê: “…voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ‘n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.” 

Wie gaan die berg (probleem) skuif, nie jyself nie!! Nee God gaan die berg skuif, jy moet net die geloof van ‘n mosterd saad hê dat God dit wel vir jou sal doen!

Jer 39:18  “Want Ek sal jou sekerlik laat vryraak, en jy sal deur die swaard nie val nie; maar jou siel sal vir jou ‘n buit wees, omdat jy op My vertrou het, spreek die HERE.” 

Dan sê Jesus Christus aan ons, soos wat Hy aan die dissipels gesê het: “Waarom is julle so bang? Het julle dan geen geloof nie?.”

Trek die volle wapenrusting van God aan sodat jy staande kan bly teen die aanslae van die bose. (Efes 6)

Jesus Groete

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com

Monday 11 May 2015

Hoe weet ek dat my sondes regtig vergewe is?


Image result for person repenting 
Ons kry baie keer mense wat voel hulle het ‘n sonde gepleeg wat God hulle nie voor sal vergewe nie. Is dit so? Is daar iets in ons lewens wat ons nog nie vergifnis voorgekry het nie?

God sê oor en oor is Sy Woord dat Hy ons vergewe, maar behalwe dat Hy dit net sê sluit Hy ‘n Nuwe verbond met ons deur Jesus.
Heb 8:6-10 (verkort) Jesus word ons Hoë Priester en die Nuwe Verbond wat  God met ons sluit is dat in die Naam van Jesus sê God (12) “ oor hulle ongeregtighede sal Ek genadig wees en aan hulle sondes nooit weer dink nie.

Lees ook  Heb 9:22 Dat God ‘n verbond van vergifnis met ons sluit deur die Bloed van Jesus.

Heb 9:14 Hoeveel te meer sal die Bloed van Jesus ons gewete bevry van die las van dade wat tot die dood lei, sodat ons die lewende God kan dien.
Jesus sê in Matt 9:6 “Maar dat julle kan weet dat die Seun van die mens mag het om op aarde sondes te vergewe.

PS 103:4-11  wat jou lewe verlos van die verderf, wat jou kroon met goedertierenheid en barmhartighede,  wat jou siel versadig met die goeie, sodat jou jeug weer nuut word soos dié van ‘n arend. Die HERE doen geregtigheid en reg aan almal wat verdruk word.  Hy het aan Moses sy weë bekend gemaak, aan die kinders van Israel sy dade.  Barmhartig en genadig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid.  Hy sal nie vir altyd twis en nie vir ewig die orn behou nie. Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees.

 God het die mens lief met ‘n ewige liefde , ons is in Gees na Sy Beeld geskape, ons het ‘n gees-dimensie wat volgens God se beeld gemaak is, dit is ons godheid binne ons, ons kragbron waarmee God ons toegerus het om tot alles in staat te kan wees deur Jesus wat ons krag gee. Hy het ons Sy Gees gegee, om ons te leer en te herhinner aan sondes wat onbelyd is.

2 Sam 23:22  Die Gees van die HERE spreek in my, en Sy woord is op my tong.

As ons vergifnis vra vir ons sondes, sal God dit vergewe!
1 JOH 5:1-5  Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God gebore; en elkeen wat die Vader liefhet, het ook die een lief wat uit Hom gebore is.  Hieraan weet ons dat ons die kinders van God liefhet: wanneer ons God liefhet en sy gebooie bewaar.  Want dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar; en sy gebooie is nie swaar nie. Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.  Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?

As jy Jesus aangeneem het as jou Verlosser, en as jy hou by die riglyne van God se Woord sal jou sondes vergewe en vergewe wees wanneer jy dit met berou bely het.

1 JOH 4:19  Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.

Hoe het sonde ‘n invloed in my lewe?
Dit kan jou laat doodgaan….nie net fisies nie maar ook geestelik. Gen 2 :17 en Eseg 33 :11
Dit blok jou gebede – Ps 66 :18
Dit is ‘n getuienis teen jou – Jer 14 :7
Laat jou skuldig voel -Ps 69 :6
Sonde laat jou wegkwyn -Lev 26 :36
Dit bring ‘n oordeel oor jou -2 Tes 2 :12
Dit gee satan mag oor jou lewe -1Joh 3 :8
Dit verhard jou hart – Heb 3 :13
Dit maak jou ‘n slaaf- Rom 6 :16
Sonde kan ‘n nasie in gevangenis sit- Amos 1 :3
Sonde gee satan ‘n wettige plek in jou lewe, en hy val jou aan, beinvloed jou lewe negatief,
maar jy het ‘n keuse!

Hoe raak ek van sonde ontslae in my lewe?
Erken (bely dit as sonde) –Jak 5:15 Bely julle sonde aan mekaar en bid daaroor.
Vergewe en vergeet – Mat 6:14&15 Vergewe ander sodat jy God se vergifnis kan ontvang
Vra God om jou te help (Ps 139:23&24) Ondersoek my hart en ken my denke!
Maak vrede met God  (2Kor 5:17) As iemand in Jesus is, is hy ‘n nuwe mens
Word bevry – Matt 12:43-45 Onrein gees wat uit gaan.
Ontvang God se genade -Joh 14:16,18 En Ek sal vir julle ‘n Trooster gee – Ontvang die Heilige Gees.

As jy jou sondes bely:
Sal God dit van jou verwyder –Hand 3 :19
Hy sal jou vergewe – Ex 34:7
Dit sal vergete wees Heb 8.12
Jou oortredinge sal bedek word -Ps 32 :1
Jy sal gered wees van jou sonde – Mat 1:21
Jy sal skoongewas wees – Efes 5:8
Jy word dood in sonde en leef in regverdigheid – 1 Pet 2:24

Jy word van vlees en gees geskei – Kol 2:13

Onthou wanneer God jou vergewe het, vergewe jouself ook. Die Heilige Gees sal jou herinner as jy sondes het wat onbeleid is, Satan is die een wat jou aankla as dit nog nie bely is nie...maak jou saak reg met God sodat jy oorvloedig kan lewe.

Vrede van God vir elkeen.

Jesus Liefde

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com

Saturday 9 May 2015

Gees van Losbandigheid - sielsbande (soulties)


Image result for flirting 


Waarom die hoë egskeidingsyfer onder veral Blankes in Suid-Afrika? Vanwaar die gees van liberalisme asook die gees van gesinskonflik en huwelikstweedrag tesame met die  boelie van ander kinders en onderwysers in die skole?

Die hoofrede is buite huwelikse geslagsverkeer en verkragting van die eg, losse sedes.
’n Vrou se gees word deur dié van ’n man beset. Buite huwelikse geslagsverkeer beteken ’n vrou word deur die gees van verskeie mans beset.

Daardie geeste heers oor haar, tesame met die gees van die man aan wie sy uiteindelik haar trou beloof en bekendmaak. So ’n huwelik sal kwalik standhou.

Vir die vroue om vry te kom van die geeste van ander mans en hulle oorheersing, moet daardie mans die Wedergeboorte deelagtig word sodat Christus se gees almal genees.

Mans moet hulle gees in die naam van Jesus Christus terugroep vanuit die vroue met wie hulle verkeer het.

Met die gawe van genesing kan boosgeworde geeste in die Naam (gesag) van Jesus Christus uit die gees van ontroue en ongetroude vroue wat owerspel gepleeg het, gedryf word.

Die bose se saad groei wanneer die band van getrouheid tussen pare verbreek word deur die man wat die maagdelikheid wat hy geneem het of deur die jongvrou wat dit gegee het, geminag word.

Sonder die beheer oor bose geeste wat Hy aan Sy dissipels met Sy Gees gee is herstel en genesing onmoontlik.

Die man as veroweraar van die liefde van ’n vrou, sal met meer as een vrou ’n risiko loop om sy gees deur ’n onvervulde vrou se ontrou te laat besoedel. Sy gesonde jaloesie word afguns op haar of haar nuwe veroweraar.

Vroue word bevry van die geestelike oorheersing van die mans met wie hulle gemeenskap gehad het, deur sonde-aflegging en ’n selibate lewe daarna, of deur toe te laat dat daardie geeste uit hulle gedryf word.

Die gemeenskaplike gees of volksetos moet bewaar word soos God in Maleagi 2:15 aan die mans sê:  Neem julle dan in ag ter wille van julle gees – en wees nie ontrou aan die vrou van jou jeug nie. Sien ook strófe 16.

Tydens die Anglo Boere-oorlog is duisende Boervroue deur Britse soldate asook deur inboorlinge verkrag.  Ander vroue het weens die afwesigheid van hulle mans goedsmoeds die eg gebreek. Dit was ook die geval in die twee Wêreldoorloë.

So het hierdie mense se gees vaardig geraak in die gees van die vroue en is die volksetos van hulle nageslag versteur.
Maar in ons tyd is geslagsverkeer buite die eg die norm.

Jesus Groete

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com

Tuesday 5 May 2015

Waaroor gaan Pinkstertyd?


Image result for Spiritual images



Hierdie  Pinkster kan die grootste wonder wees wat jy as Gelowige al ooit beleef het. Die uitstorting van die Heilige Gees het destyds die eerste keer
plaasgevind en hoevele kere daarna. Pinkster gaan oor die Heilige Gees in jou lewe.. en gawes wat die Heilige Gees ons mee toebedeel. Gaan hierdie
Pinkstertyd binne vol verwagting want die HERE wil en sal jou ryklik seën. Bring all musiekinstrumente en blaas die ramshorings. Dis Feestyd!
Ons moet die Goddelike natuur deelagtig word
‘n Ware Aanbidder, Vol van die Heilige Gees en Eendragtig

Dit word vereis dat die ware aanbidders God in gees en in waarheid moet aanbid, want...
            “Daar kom 'n uur, en dit is NOU, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid (hoekom?); want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.
            “God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.” Joh 4:23-24
            Daar is dus bidders asook ware bidders. Van die ware aanbidders word verwag om die Vader in gees en in waarheid te aanbid.

            Let nou op die volgende: “Jesus het VOL van die Heilige Gees teruggekeer van die Jordaan af...” Luk 4:1
            En: “Maar Stéfanus was VOL van die Heilige Gees en het die oë na die Hemel gehou en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat staan aan die regterhand van God.”
Hand 7:55
            Toe Barnabas in Antiochië aankom, was hy VOL van die Heilige Gees. Hand. 11:24.
            Daar is dus ook kere dat ons nie vol is van die Heilige Gees nie.

            Ons kyk ook na: “Hulle almal het EENDRAGTIG volhard in gebed en smeking...” Hand 1:14
            En: “En toe die dag van die Pinksterfees aangebreek het, was hulle almal EENDRAGTIG bymekaar.” Hand 2:1
            Asook: “En dag vir dag het hulle EENDRAGTIG volhard...” Hand 2:46
            Verder: “En toe hulle dit hoor, het hulle EENDRAGTIG die stem tot God verhef...”Hand 4:24
            “En deur die hande van die apostels het daar baie tekens en wonders onder die volk plaasgevind; en hulle was almal EENDRAGTIG saam...” Hand 5:12
            “En die skare het EENDRAGTIG ag gegee...” Hand 8:6
            “En mag die God van lydsaamheid en bemoediging aan julle gee om eensgesind onder mekaar te wees ooreenkomstig die wil van Christus Jesus (hoekom?), sodat julle die God en Vader van onse Here Jesus Christus eendragtiglik uit een mond kan verheerlik.” Rom 15:6
            Dit is dus duidelik dat ons eendragtig in alles moet wees, maar ons is soms nie eendragtig is nie, en soms is ons selfs in tweedrag.
            Dink bietjie... dragtig... eendragtig. ‘n Skaapooi word dragtig, ‘n swangerskap, behalwe, in hierdie Goddelike geestelike swangerskap, dra ons almal die swangerskap soos een... eendragtig!

            Die gemeente, hoe groot of hoe klein ook al moet noodwendig aan sekere vereistes voldoen: Hulle moet 1. Ware aanbidders wees, 2. Vol van die Heilige Gees en 3. Eendragtig.
            Wanneer hierdie drie aksies bymekaar is, dan is Herlewing voor die deur.
            “Daar kom 'n uur, en dit is nou...”

            Altesame 25% van die Bybel bestaan uit profesieë, terwyl sowat 90% van alle profesieë op die Eindtyd dui. Reg deur die Bybel gaan profesieë in vervulling. Vandag nog gaan hulle in vervulling en talle sal nog in vervulling gaan tot selfs nadat die Wederkoms van Christus plaasgevind het.
            Nou begeer die HERE ware aanbidders, vol van die Heilige Gees en Eendragtig bymekaar.

            Wanneer ware aanbidders bid, dan het die geskiedenis bewys is gebed ‘n nasie-skuddende, geskiedenis-makende, wêreld-verskuiwende saak.
            Vol van die Heilige Gees en Eendragtigheid het ‘n wonderwerkende spontaniteit en oorgawe tot gevolg soos in Efes 5:19-21
            “Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike (in Hemelse tale) liedere; en sing en psalmsing in julle hart tot eer van die Here, terwyl julle God die Vader altyd vir alles dank in die Naam van onse Here Jesus Christus, en aan mekaar onderdanig is in die vrees van God.”

            Die geesvervulde vroue sal  wees soos beskryf in Efes 5:22-24
Die geesvervulde mans sal wees soos vervat in Efes 5:25-33.
Geesvervulde diensknegte kan op vertrou word. Efes 6:5-8
Die geesvervulde, eendragtige, ware aanbidders sal die volgende karaktertrekke openbaar:

·       Hulle gemeentelike lewe sal geken word aan ‘n revolusionêre aanbidding;

·       Hul huislike lewe sal op Goddelike geestelike ordelike pilare gebou wees;

·       Hul sakelewe sal geken word aan eerlikheid, opregtheid en redelikheid, en

·       Hul openbare lewens sal gekenmerk word aan Goddelike liefde, deernis, ‘n hulpende hand, omgee.


So word bewaarheid: Soos in die Hemel, so ook op die aarde.

Wanneer daar nie ware aanbidders is nie, nie lewens vol van die Heilige Gees nie, en daar nie eendragtigheid is nie, dan kan dit om die volgende redes wees:

·       ‘n Gebrek aan liefde. 1 Kor 13:1-3

·       Onvergewensgesindheid. Mar 11:25-26

·       ‘n Ondankbare gees. 2 Tim 3:2

·       Bitterheid, toorn. Efes 4:31

·       Rebelsheid. 1 Sam 15:1-35

·       Ongeloof. 1 Jak 6-7

·       Plus vele ander klein jakkalsies wat die wingerd verniel.


Soek ons oplossings, soek ons antwoorde, en groei en vooruitgang en wonderwerke en ryke seëninge, goedheid en guns elke dag? Dan het die tyd NOU aangebreek om in Gees en in Waarheid te aanbid soos Ware Aanbidders, vol van die Heilige Gees en Eendragtig.

In die Heerlikheid, die Glorie, van God sal ons die bonatuurlike beleef. Jesus bid: “Ek het hulle (vir my en jou) die heerlikheid (die Glorie) gegee wat U aan my gegee het (waarom?), sodat hulle een kan wees… net soos Ons een is.” Joh 17:22
Wat ‘n verstommende, byna revolusionêre, verklaring!
Die, HERE, God van die Hemel, die grote en gedugte God, gee sy glorie aan sy seun Jesus Christus en Christus gee dit op Sy beurt –  daardie Goddelike Glorie van die Almagtige God –  aan my en jou. Ontvang dit. Beleef dit!
Ons is geskep om in God se Glorie te leef!
“Ek in hulle (in my en jou) en U in my (hoekom?) sodat hulle volkome een kan wees (hoekom?) sodat die wêreld kan weet dat U my gestuur het, en… hulle liefgehad het soos wat U my lief het.” Joh 17:23
God het ons geskep om in Sy teenwoordigheid te wandel (hoekom?) sodat ons Sy hart kan verstaan en sy Goddelike wonderwerkende krag kan beleef, sy Glorie te kan beleef (hoekom?) om ons lewens te transformeer.
“Immers, Sy goddelike krag het ons (hoeveel?) alles, geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, (hoe?) deur die kennis van Hom wat ons geroep het (hoe?) deur Sy heerlikheid (Glorie) en deug,
“waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het (hoekom?) sodat  julle  daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur (wanneer?) wanneer julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.
“En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis, en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die godsvrug, en by die godsvrug die broederliefde, en by die broederliefde die naasteliefde.
“Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus Christus nie; want hy by wie hierdie dinge nie aanwesig is nie, is blind en kortsigtig, en het die reiniging van sy vorige sondes vergeet.
“Daarom, broeders, moet julle jul des te meer beywer om julle roeping en verkiesing vas te maak; want as julle dit doen, sal julle nooit struikel nie.
“Want so sal ryklik aan julle verleen word die ingang in die ewige Koninkryk van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus.” 2 Pet 1:3-11

Ons moet deel word van die Goddelike natuur. Ons en ons lewens is dus baie nou verweef met die Vader, met Jesus, en die Heilige Gees. Dit is so nou verweef dat ons nooit geskei kan word nie.
Ons as Gelowiges verkeer in die mees belangrikste plek in hierdie ganse wêreld. Ons lewens is so dig verweef met Jesus dat selfs die wind nie tussen ons kan deurkom nie. Job 41:7
Eerbiedig hierdie voorreg en wees jaloers daarop en beskerm dit altyddeur. Gaan hierdie Pinkster voluit vir die Volle, Eendragtige Geestelike lewe. – Sjibbolet

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...