Saturday 16 July 2011

Die Huwelik – Deel 5 - Ons kan mekaar net nie meer verdra nie!

RosesImage via Wikipedia



Goed en wel, so julle is eintlik net bietjie “dik” vir mekaar! Bespreek dit met mekaar, hoekom voel jy so? Wat maak jou so geirreteerd met die ander persoon?

Noudat julle dit vir mekaar gesê het, dink aan faktore wat julle huwelik beinvloed het! Is dit finansiele druk, werksomstandighede, skuldgevoelens, skoonouers, vriende, familie? Wie sit jou regtig in so geirreteede bui? En hoekom haal jy dit op jou maat uit?

Is dit juis omdat jou maat jou so goed ken en sal MOET verstaan? Is dit juis omdat jy nie vir die regte persoon kan sê hoe jy voel nie, dat jy na die een persoon toe hardloop vir wie jy dit KAN sê, op wie jy dit kan uithaal? Want dit is die een persoon wat jou beter ken, wat eder sal verstaan, by wie jy veilig voel, met wie jy gemoedsrus het om dit te kan doen, wat jy weet jou sal vergewe as dit moet, jou anderhelfe, die persoon met wie jy een is in vlees, die persoon wat God aan jou toevertrou het, jou lewensmaat!

Kry jou wortel-probleem. Die maat in jou lewe is nou jou uitlaatpyp – jou “exhaust-pipe!”! Jy voel “exhausted” oor iets, en weet nie wat om daaromtrend te doen nie, en pleks daarvan dat jy se “ek het liefde nodig, help my, gee my raad, staan my by!”,stoot jy weg, breek jy af, maak jy seer WANT JY KRY SEER.

Kry julle kommunikasie reg. Al kan jou maat jou nie help nie, hy/sy kan jou ondersteun, jou troos, jou bystaan! Dit is tog die belofte wat jou maat voor God en getuies gemaak het.!

Omdat jy geirreteerd is oor “iets”, irreteer jou maat jou, want dit is ‘n “veilige”-persoon op wie jy dit kan uithaal, (“jou safe zone”) en omdat jou maat ook “dik” raak daarvoor om jou “sondebok” te wees, begin hy/sy terug baklei, want net soos jy seerkry en seermaak so begin jou maat dieselfde doen en voel, en kort voor lank, moet jy die goed lees wat jy nou lees!!

Werk aan jou huwelik! Mat 7:6 Moenie wat heilig is aan die honde gee nie, en gooi jou perels nie voor die varke nie, sodat hulle dit nie miskien met hulle pote vertrap en omgooi en julle verskeur nie.

God het die huwelik ingestel as die eerste en mees basiese element van die menslike samelewing. Indien die gesin die basis is, vir ‘n gesonde samelewing; dan is die huwelik die basis vir gesonde gesinsverhoudings. Dit is die fondasie, omdat dit die verhouding is waarop God die samelewing gebou het.

Ons leef bymekaar verby!

Maak tyd vir mekaar. ‘n Huwelik is soos ‘n tuin, as jy dit nie aandag gee nie, en nie nou en dan dit bietjie skoon maak nie, word dit vol onkruid en die mooi blomme en plante vergaan en vrek van die dors, en as jy weer jou oe oopmaak, het daar net dooie plante en onkruid, wat wellig groei, oorgebly.

Raak ontslae van onkruid in jou huwelik, hoe gouer hoe beter, en moenie dink dat as jy dit een keer gedoen het, dit nou goed sal gaan vir altyd nie, want dit kom terug vinniger as wat jy gedink het. Jy moet gereeld “skoon maak” om suksesvol te wees. En na ‘n paar jaar sal jy vind dat jou harde hande werk vrugte gepluk het, want waar jy een keer ‘n week moes bossie uittrek, kom hulle nou net so nou en dan op en kan jy net gou deurstap en hulle uittrek.

Jou huwelik is dieselfde. Julle sal groei tot die mooiste tuin, met die pragtigste kleurvolle blomme, en nou en dan sal ‘n probleem opduik en julle kan dit sommer gou gou uithaal.

Stel belang in wat in jou maat se lewe aangaan, vra hoe was sy/haar dag, en luister as jou maat jou vertel, ‘n persoon wat uitgepraat is, is ‘n ontspanne persoon, en ‘n persoon wat ontspanne is, is ‘n vriendelike, spontane mens wat lus is om te lag, te terg en te spot. Is dit nie die persoon vir wie jy in die eerste plek lief geword het nie? Kry jou maat terug waar hy/sy was toe julle ontspanne, gelukkige, verliefde paartjie was deur te luister want luister beteken “ek gee om oor wat in jou lewe aangaan”.

‘n Gespanne persoon is vol angstigheid, geirreteerdheid, kort van draad, eiewysheid! Die laaste ding wat ‘n gespanne persoon aan dink is seks! So kry jou maar om te ontspan sodat julle ‘n goeie seksuele verhouding kan he.

Indien u geestelike berading of gebed benodig kontak my by belindapaar@gmail.comEnhanced by Zemanta

1 comment:

  1. Belinda

    Baie dankie vir die mooi en goeie raad, almal moet dit gereeld so bietjie kom lees en weer nuwe krag kry vir hulle huwelike.

    Baie baie dankie.
    God seen jou
    Sue-Allen

    ReplyDelete

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...