Sunday 14 July 2013

Hoogmoed en trots



1 Pet 5:6 Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd!

Definisie in die woordeboek se: trots, trotsheid hovaardigheid, fierheid, hoogmoed kom tot ‘n val, sy ma se oogappel, onsself verhewe bo ander, jou roem op jouself, trots wees op jouself, ander minder ag as jy, neerkyk op ander, skinder van ander, ander kritiseer, ander afbreek, uit die hoogte, stywe nek rondloop, arrogant wees,weelderig,ydelheid,leegheid,holheid, verganklikheid, spoggerig, groot praat, roem, verwaandheid.

Sielkundige Definisie van hoogmoed: - ‘n bewuste minderwaardigheid!

Bybelse definisie:

  • Spr 21:24 ‘n Vermetele, ‘n trotsaard word ‘n spotter genoem, een wat in oormaat vermetelheid handel.
  • Spr21:23 Hy wat sy mond en tong bewaar, bewaar sy siel van benoudheid.
  • 1Pet 5:5 Net so moet julle jongeres aan die oueres onderdanig wees, en wees almal met ootmoed beklee in onderdanigheid aan mekaar want God weerstaan die hoogmoediges maar aan die nederiges gee Hy genade.  
As jy jouself gaan verhoog – gaan God jou verneder! 
  
Meet jouself aan jou vriende:- Dink hulle, hulle is beter as ander? Skinder hulle vrouens onder mekaar? Wil hulle nie met armes en oues meng nie? Jou vriende is soos jy! Birds of the same feather flock together! Het jy hoogmoedige vriende? Dan is jy ook hoogmoedig!

Spr 6:19 – Hierdie dinge haat die Here, en die sewende is vir Sy siel ‘n gruwel:- trotse oe, ‘n leuenagtige tong en hande wat onskudige bloed vergiet, ‘n hart wat onheilsplanne beraam, voete wat haastig is om na die kwaad toe te loop, een wat as valse getuie leuens uitstrooi en tussen broers tweedrag saai

Bybelse voorbeelde:

Adam en Eva rebeleer teen God deur hoogmoedig te wil wees deur die vrugte te eet van die Boom van Goed en Kwaad omdat die slang vir hulle se as julle die vrugte eet word julle NET soos God! Hoogmoed! Wil beter wees as ander en 6000 jaar later sit mense nog met dieselfde probleem!

Job doen alles wat God wil he, maar Job sit op die ashoop. In die laaste 4 hoofsktukke lees ons dat Job besef dat hy hoogmoedig is en hy vra God vir vergifnis, en God maak hom die rykste man in die weste.
Spr 16:18 -Trotsheid kom voor die verbreking, en hoogmoed kom tot die val..

Jy moet ontsla raak van die dinge in die lewe wat God weerhou om jou erfdeel wat Hy jou belowe het vir jou te gee! God wil nie jou kinders, jou finansies en jou gesondheid wegvat nie. Ons lees in Sy Woord, Hy wil vir jou voorsien, oorvloediglik soos ‘n Koningskind! Maar Sy wet se jy moet by Sy riglyne hou! Hoogmoed beteken ek onderwerp my nie aan die gesag van die Here nie!!

Alles wat ons het, wat ons word, wat ons besit, kom van God af, jou werk, jou salaris tjek, jou kinders, jou huwelik, jou hoe pos by die werk….jy het niks gekry sonder die genade van God nie! En wanneer ons dink ons het self so “oulik” geword, verneder God jou en verloor jy alles!

Spr 29:1 ‘n Man wat bestraf is en sy nek verhard., sal onvoorsiens verbreek word, sonder dat daar genesing is!

Hoeveel mense sit in die kerk met finansiele, huwelik, kinder probleme? Hoekom? Omdat hoofmoed deel is van hulle lewens, omdat hulle skinder binne die kerk, neer kyk op ander, binne die kerk, met jaloesie sit omdat die pastoor altyd iemand anders vra om te af te sluit of iets te doen en nie vir hulle nie!

Hoekom val kerke uitmekaar? Omdat mense skinder in die kerk, omdat daar hoogmoed binne die kerk is, omdat daar “Clicks” is binne die kerk.’n “Click” in die kerk is verkeerd in God se oe, want dit veroorsaak afguns, minderwaardigheid, onder die gemeentelede en dan begin mense opstandig raak, hulle begin skinder, begin ander afbreek en sleg se, hulle begin spot oor ander in die kerk!!

Spr 3:34 As dit spotters betref spot Hy, maar aan die ootmoediges gee Hy genade
  
As die duiwel jou nie op geestelike vlak kan aanval nie, maak hy jou hoogmoedig! Hy laat jou dink jy is beter as ander, en God verneder jou! Satan was die eerste een wat hoogmoedig geword het, hy wou soos God wees en God verneder hom en gooi hom uit die hemel.

Toets jouself: 
  • Kyk jy neer op mense? Skinder jy van mense en breek hulle af?
  • Vertrou jy op jou eie krag? Draai die wereld om jou ? Hou jy daarvan om mense reg te help?
  • Kan mense jou iets leer? Is jy eiewys, arrogant, perfeksionisties, jaloers?
  • Voel jy nogsteeds skuldig nadat jy sonde bely het ?
  • Volg jy God se riglyne? Sit jy nog met sondes wat jy nie gebreek kan kry nie?
  • Luister jy as jou man/vrou jou reg help ? Verhewe jy jouself deur te spog oor jouself?
  • Glo jy totaal in God se beloftes of sukkel jy met dit?
  • Probeer jy almal se aandag trek in ‘n gesprek? Neem jy altyd die hele gesprek oor?
  • Blaas jy jou eie beuel?Is jy ondankbaar? Is jy lief vir geld?
  • Wat dink en voel jy wanneer ander prysing ontvang?
  • Is jy ongeskik met mense? Irreteer mense jou? Is jy liefdeloos?
  • Is jy geskei?, Sieklik? Geskei? Sukkel jy met finansies?
  • Sit jy met emosionele ongelukkigheide in jou lewe wat jy nie kan deurbraak vind nie?
Hoe Raak ek van Hoogmoed ontslae:
  • Vas vir verlossing!
  • Gebruiks die nagmaal – jou verbond tussen jou en God
  • Beroep jou op die Bloed wat jou vryspreek.- Vra vergifnis! 
  • Verneder jouself voor God sodat Hy jou kan verhoog!
Hoe verneder ek myself voor God? Met opregte berou en smeeking oor wat ek verkeerd gedoen het! As jy jouself voor God gaan verneder en vergifnis vra vir dit wat jy gedoen het, gaan Hy jou met Liefde vergewe en dit kanselleer en gaan Hy jou verhoog!

Elke keer as jy Nagmaal gebruik bevestig jy jou verbond met God! Paulus se "onwaardige wyse van nagmaal gebruik bring ‘n vloek oor jou, so maak seker dat jy jou broer en suster vergewe het voor jy nagmaal gebruik". Hoe word jy vervloek? Deur jou finansies, jou kinders wat rebels optree, jou huwelik wat nie uitwerk nie, siektes ens.

Nagmaal beteken – Plek van Versoening, Plek van ontmoeting, Plek van bevestiging!

Van die bogenoemde is aangehaal uit Past L de Kock se werk.

Jesus Liefde
Belinda

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com
  

Oorkom finansiele te kort.




Almal sukkel om finansiele deurbrake te kry. Ons sukkel om die kop te wees en nie die stert nie.
Die antwoord op dit is om by sekere riglyne van God se Woord te bly om sekere dinge in ons lewe toe te pas sodat ons suksesvol kan wees in ons finansies.

Jy kry die Priester – aangestel deur die Here, aangeneem deur die kerkraad, om die werk van die Here te doen, as die Here vir hom se gaan rig ‘n nuwe kerk op, dan is dit sy taak om gehoorsaam te wees en te gaan doen wat die Here gese het. Maar dit is nie sy taak om die finansies vir die werk te probeer bymekaar kry nie, Hy is die Priester wat die opdrag kry.

Dan kry jy die Konings, ons almal is aangestel as konings, en die konings se werk is om die geld in die hande te kry om die opdrag uit te voer wat die Priester by die Here gekry het om te doen.

Die Here gee vir jou riglyne om die kop en nie die stert te wees nie.

God se: Bring jou hele 10de na die skathuis sodat daar genoeg kos in die huis van die Here kan wees. Beproef My daarin om te sien of Ek nie die hemel se venters vir jou sal oopmaak sodat dit daarop kan reen nie.

Hoekom moet mens net leef om aan die lewe te bly. Die Here se tog vir ons dat Hy vir ons ‘n mandjie gee wat ingeprop en ingedruk en oorlopens toe vol is. Hoekom moet ons net genoeg he?

Ons ken nie die Woord nie, want die Woord se jy is altyd gekoppel aan die saad wat jy saai deur gemiddel van geloof! Geloof beteken om jou hoop op dit te sit wat jy nog nie kan sien nie. So ROEP dit wat die Here vir jou belowe het, en die Here SAL vir jou gee!

Geloof! Roep dit wat nie is nie, asof dit alreeds daar is!
  
Hoekom moet ons tiendes aan die kerk betaal?

  1. Gee finansies sodat jou pastoor-paar genoeg het om van te leef, want as hulle nie genoeg het nie, moet hy vir hom ander werk gaan soek om sy familie aan die lewe te hou, en dan breek die kerk op. 
  1. Sodat die huis van die Here in ‘n goeie kondisie kan wees. Nuwe Testament se, ‘n gebou met ‘n goeie fondasie en stene. 
  1. Sodat siele bereik kan word. Die Evangelie word deur die kerk verkondig. 
Woord se gee aan die duiwel geen plek nie! As jy nie 10des betaal nie gee jy ‘n opening in jou finansies aan hom!

Betaal jou rekeninge. As jy nie jou rekeninge betaal nie hou jy nie by die wet van die ooreenkoms wat jy gemaak het om dit te betaal nie, en kry satan weer ‘n houvas op jou finansies. Christene is eerlike mense, en dit is eerlik om jou skuld te betaal.

Betaal die Ontvanger van Inkomste want die Woord se vir jou om jou belasting te betaal!

Jou finansies wil deur die Here gebruik word om die Evangelie te verkondig, maar wanneer ons openinge in ons finansies het, weerhou die duiwel ons daarvan om ons seeninge te ontvang, hy steel jou finansies sodat jy nie met jou geld kan doen wat jy moet doen nie, en die eerste ding wat mense nalaat om te betaal is die 10de aan die kerk! En satan wen! Want hy wil roof, steel en verwoes.

God se "Ek gee hondervuldig terug". As jy R1.00 uitgee en jy kry R2.00 terug het jy 100% terug gekry, maar God se HONDERVULDIG, as as jy R1.00 gaan God vir jou R100.00 terug gee.

Isak het gesaai op droee grond! En die hele dorp verlaat hom omdat hy op die dorre aarde saai, maar Isak is getrou aan die Woord van die Here wat se saai, en Isak oes en word die rykste man van daai dedeelte. Hondervoudige oes!

Bid oor die 10des van die kerk, want wat jy saai sal jy maai, so bid dat die finansies van die kerk suksesvol sal wees want dit is waarin jy gesaai het, sodat jou saad terug gemaai kan word na jou.

Onthou jy gee nooit jou tiendes vir die pastoor of vir die kerk nie, maar vir die Here, en die Here gee dit hondervuldig vir jou terug. Wat die pastoor met die geld maak is tussen hom en die Here, jy was gehoorsaam in die Woord van God en het jou tiendes betaal, jy het gesaai waar God se jy moet saai, en dit is weer tussen jou en God, so God sal jou seen, maar nie saak wat die pastoor met die geld maak nie.

2Kor 9:6&7 Maar dink daaraan: “Wie spaarsaamlik saai, sal spaarsaamlik maai, en wie volop saai sal volop maai”
(7) Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie et droefheid of uit dwang nie, want God het ‘n blymoedige gewer lief!
(10) Mag Hy wat saad verskaf aan die saaier, ook brood verskaf om te eet en julle saad vermeerder en die vrug van julle geregtigheid laat toeneem.

Maleagi 3:8 -11 Julle beroof God van Sy 10des en offergawes!

God se: Toets My of Ek nie die vensters van die hemele vir julle sal oopmaak en vir julle reen sal uitgiet, MEER as wat julle kan gebruik nie.

(11) Ek sal  die springkane keer dat hulle nie die oes op julle lande vernietig nie, en dat julle wingerde nie sonder vrugte is nie, se die Here, die Almagtige.

Slotsom :

God gaan vir jou terug gee meer as wat jy nodig het!
Hy gaan die “sprinkane” weg hou van jou finansies!
Hy gaan jou beloon vir jou harde werk – jy sal nie sonder vrugte werk nie!

Om Finasiele drukking vry te spring – hou by die riglyne wat in die Woord vir jou gegee is sodat jy die VOLMAAKTE en WELGEVALLE wil van die Here in jou lewe kan sien, sodat jy die mandjie wat ingedruk, ingeprop en oorlopens toe vol is kan ontvang, sodat jy kan ontvang van Hom wat voorsien….meer as wat jy kan gebruik!

Geestelike wet: Wat jy saai sal jy maai is nie net van toepassing op finansies nie maar ook in elke opsig van jou lewe, as jy liefde saai, sal jy liefde maai, as jy ongeluk saai, sal jy ongeluk maai, en as jy vloeke uitspreek, gaan daai selfde vloek jou tref!

Jesus liefde
Belinda

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com


Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...