Thursday 15 November 2012

Hoekom is vas belangrik?


Baie mense het die verkeerde induk van hoekom ons was. Baie mense dink ook dat terwyl hulle was, kan hulle sommer ook gewig verloor, en dan is daar baie mense wat rondloop met ‘n suur gesig sodat mense kan sien hulle kry swaar want hulle vas.

Vas is ‘n baie belangrike saak tussen jou en God en moet nie ligterlik opgeneem word nie. Om te vas is nie om God se arm te draai nie, maar om God se aangesig soek. Dit is ‘n eerbiedige saak tussen jou en God en gaan gepaard met gebed.

Hand 13:2&3 En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas….

Hand 14:23 ….na gebed en vas, opgedra aan die Here in wie hulle geglo het.

Ons sien dus dat gebed en vas saam gaan, en na gebed en vas, het hulle die saak aan die Here opgedra.


Hoekom moet ons vas?

2Sam 12:16 Dawid het die aangesig van God gesoek en gevas….

Jes 58:6  :dat julle losmaak die bande van goddeloosheid, dat julle afhaal die stroppe van die juk en vry laat weggaan die verdruktes en elke juk stukkend breek”.

Vers 8 As julle vas : Dan sal jou lig deurbreek soos die dageraad en jou genesing skielik uitspruit, en jou geregtigheid van die Here jou agterhoede wees, (9) dan sal jy roep, en die Here sal antwoord, jy sal skreeu om hulp en Hy sal se “ Hier is Ek!
.
Om iemand te bevry van demoniese magte. Jesus se Mat 17:15-21 vers 21 “Maar hierdie geslag gaan nie uit nie, behalwe deur gebed en vas nie”

Mat 9:15 Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van julle weggeneem sal word, en dan sal hulle vas.

2 Sam 16:22 Toe die kind nog in die lewe was het ek gevas en geween, want ek het gedink, wie weet, die Here kan my genadig wees, sodat die kind in die lewe kan bly.

Ons vas dus vir die volgende dinge/redes:

  • Iemand wat duiwelbesete is
  • Wanneer ons treur
  • Wanneer ons die Here dien en hande ople
  • Wanneer ons die Heilige Gees vra vir antwoorde
  • Wanneer ons onregverdig gevange gehou word deur satan
  • Wanneer ons verdruk word
  • Wanneer ons ‘n probleem opgelos wil he.
  • Wanneer ons vir siek/sterwende mense bid (soos Sameul)

Hoe moet ons vas?

Mat 6:17&18 Maar jy, as jy vas, salf jou hoof en was jou gesig, sodat mense nie sien jy vas nie, maar God jou Vader dit sien en Hy sal jou in die openbaar vergelde!

Sag 8:19 vas moet ‘n vreugde en blydskap wees

Mat 6:16 En wanneer julle vas, moenie lang gesigte trek soos die geveinsdes nie, want hulle mismaak hulle gesigte sodat dit deur die mens gesien kan word dat hulle vas. Voorwaar Ek se vir julle hulle het hulle loon weg.

Hoe lank moet ons was?

Daar is verskillende maniere van vas.

Jy kan ‘n droe vas doen waar jy niks oor jou lippe laat gaan nie, nie kos of water nie soos Ester vir 3dae lank.

Jy kan vas sonder om te eet, maar jy mag iets drink (nie sop nie, dit is kos) Jy kan dit doen vir solank jy voel jy moet dit doen.

Jy kan vir 40dae vas soos Jesus gedoen het.

As jy op kroniese medikasie is kan jy van 6h00 tot 18h00 bedags vas sodat jy kan eet om medikasie te neem.

Alhoewel die Woord vir ons baie verskillende maniere van vas gee, voel ek dat omdat vas ‘n persoonlike aangeleentheid is tussen jou en God, jy self kan besluit hoe jy gaan vas, party mense gee iets op vir God oor ‘n lang tydperk, soos byvoorbeeld om nie brood te eet vir 21 dae nie, ek persoonlik verkies dat wanneer mens vas, jy glad nie moet eet nie, maar wel vloeistowwe kan inneem soos water en tee.

Sunday 4 November 2012

Wat is ‘n engel en wat is hulle doel?


‘n Engel is ‘n lewende gees met ‘n persoonlikheid, hulle is intelligent, het emosies en ‘n eie wil. Hulle het nie fisiese liggame nie maar hulle kan manifesteer in ‘n vorm van ‘n liggaam. (Dan 10:16,18)  
Hulle het baie mag maar is nie almagtig nie. Hulle is baie maar nie eindeloos baie nie, en hulle hoof doel is om vir God te werk.

Heb 1:14 Is hulle (engele) nie almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ten wille van die wat die saligheid sal beerwe nie?

Engele is aangestel in die hemel net hoer as die mens. Heb 2:7 U het hom (mens) weinig minder as die engele gemaak, met heerlikheid en eer het U hom bekroon en hom oor die werke van U hande aangestel.

Alle engele het name maar net 3 word in die Bybel genoem, Lusifer wat beteken “draer van lig” Migael wat beteken “wat soos God is” en Gabriel “man van God”.
Verder word hulle genoem, seuns van God (Job38:7) hemelinge (Ps29:1) ‘n bode (van God), (Dan 4:13), vernaamste vors (Dan10:13) heiliges (Matt 25:31) more ster (Job 38:7) lewende wesens (Open 4:7&8) uitverkore engele (1Tim5:21), en kragdadige helde.

Engele is almal mans, kragtige vorste, nie vrouens en kinders nie. Hulle is baie intelligent, maar hulle weet nie alles nie, Jesus se (Matt 24:36) nie eens die engele weet als nie, net My Vader weet alles en Petrus se (1 Pet 1:12) die engele leer by die Heilige Gees.

Wat is die doel van engele in ons lewens?

1. Hulle word opdrag gegee deur God om ons te bewaar en te help.

Ps 91:11&12 want Hy sal Sy engele aangaande jou beveel om jou te bewaar op al jou wee. Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip sal stamp nie.

2. Ons sien in die Bybel dat engele jou na jou dood na die hemel vat. Luk 16:22  En toe die bedelaar (Lasarus) sterf, is hy deur die engele weggedra na die boesem van Abraham. Ons sien in hierdie verhaal dat die rykman na die hel gegaan het, vir Abraham en die bedelaar gesien het, maar ons lees nie dat engele hom hel toe gevat het nie. Vers 23 En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. En toe hy in die doderyk sy oe ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem.

3. Ons lees die storie van Petrus in Handelinge 12 waar die engel hom gehelp het om uit die tronk te ontsnap. Deur hierdie verhaal sien ons dus ook dat die engel in mens-vorm aan hom verskyn het, vers 11 Toe kom Petrus tot homself en se: “Nou weet ek waarlik dat die Here sy engel gestuur het en my gered het uit die hand van Herodes en uit al die verwagtinge van die Joodse volk”.

4. Ons sien dat hulle vir ons boodskappe van God bring. Luk 1:26&27 En in die 6de maand in die engel Gabriel deur God gestuur na ‘n stad Galelia met die naam van Nasaret, ‘n maagd wat verloof was aan ‘n man met die naam van Josef, uit die huis van Dawid, en die naam van die maagd was Maria (28) en die engel het by haar binnegekom en gese “Wees gegroet, genadigde! Die Here is met jou, geseend is jy onder die vroue”.

Kan ons vir engele bid en mag ons hulle aanbid?

Nee, in 1Tim 2:5 lees ons daar is net een middellaar tussen ons en God en dit is Jesus! In Openbaring 22:8&9 Sien ons dat Johannes ‘n engel gesien het en neergeval het en die engel het hom opdrag gegee om dit nie te doen nie vers 9 Toe se hy vir my:”Moenie! Want ek is ‘n mededienskneg van jou en van jou broeders, die profete en van hule wat die woorde van hierdie boek bewaar. Aanbid God!”

Ons mag bid en vir God vra om Sy engele opdrag te gee om vir ons iets te doen, maar ons mag nie direk vir engele bid, soos sekere gelowe doen nie.

Het ons almal bewaar-engele? (Guardian angels)?

Die Woord se dat alle kinders engele het. Matt 18:10 Jesus se: “Pasop dat julle nie een van hierdie kleintjies verag nie, want Ek se vir julle dat hulle engele in die hemele altyd die aangesig sien van My Vader wat in die hemele is”.

Maar verder se die Bybel nie dat elkeen ‘n engel het nie, maar wel dat gelowiges en mense wat gered is engele het. Ps 34:8 Die engel van die Here trek ‘n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit.

Kyk na die bogenoemde verhale en sien dat by elke verhaal word genoem dat die persoon ‘n geredde persoon was, of geseende van God, of gelowige.

Lasarus die bedelaar was ‘n gelowige, Maria was ‘n geseende en Johannes was die doper. Maar ons sien ook dat nie almal in diens was van die Here nie, Lasarus was ‘n bedelaar, Maria was ‘n vrou wat geglo het, maar sy het nie evangelie verkondig of werk vir die Here gedoen nie, sy en Lasarus was net gelowiges, Petrus en Johannes was wel in diens van die Here.
Alhoewel mense glo dat ons almal ‘n engel het wat ons bewaar, kon ek nie in die Woord ‘n vers vind wat voorstel dat elke persoon ‘n bewaar-engel het nie. As iemand van so vers weet, sal ek dit waardeur as jy dit aan my kan uitwys. Ek het wel verse gekry wat voorstel dat net gelowiges en gereddes engele het.

Heb 1:14 Is hulle nie almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beerwe nie?

Ps 34:8 Die engel van die Here trek ‘n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit.

Open 22: 9 Moenie! Want ek is ‘n mededienskneg van jou en van jou broeders, die profete en van hule wat die woorde van hierdie boek bewaar. Aanbid God!

Kan ons vandag nog engele sien en het engele vlerke?.

As ons kyk wat se die Woord het net die dienende engele in die hemel vlerke. Die engele wat aan mense in die Woord verskyn het, het soos mense gelyk en het dus nie vlerke gehad nie.

Kan ons vandag engele sien. Die Woord se Heb 13:2 Vergeet die gasvryheid nie, want daardeur het sommige, sonder om dit te weet, engele as gaste geherberg. Dus kon of kan ons vandag engele sien sonder dat ons daarvan bewus is.

Jesus Groete
Belinda

Indien jy geestelike berading of gebed benodig kontak my belindapaar@gmail.com

Enhanced by Zemanta

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...