Sunday 15 May 2016

Mag ons vloeke terugstuur waar dit vandaan kom?


Image result for returning a curse


Ek hoor tot my grootste skok dat ‘n Pastoor ‘n vloek wat oor iemand uitgespreek is, terug stuur in Jesus Naam na waar hy vandaag kom! Persoonlik glo ek dat hierdie pastoor homself oopgemaak het vir die gees van heksery, want om onreinhede na iemand anders te stuur deur 'n vloek is heksery!

Is dit wat die Woord ons leer?

Matt 7:44 Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê, sëen die wat julle vervloek, doen goed aan die wat julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg!

Luk 6:28 Sëen die wat vir julle vervloek, en bid vir die wat julle beledig.

Ek glo dat wanneer jy ‘n vloek na iemand toe stuur, sal satan die vloek op daai persoon gaan sit, en wanneer die vloek klaar gebeur het met die persoon wat vervloek is, neem satan die vloek terug na die een wat dit in die eerste plek gestuur (uitgespreek het). Onthou satan is net jou “maatjie” tot op ‘n punt….sy doel is net om te verwoes, as jy jouself gaan oopmaak  deur ‘n vloek oor iemand uit te spreek sal satan vinning hol om dit vir jou te gaan doen, en dan terug kom en jou ook kom vewoes.

Jesus het ons outiriteit gegee oor al die mag van die duisternis, so wanneer jy vermoed, voel, weet dat daar ‘n vloek oor jou uitgespreek is, kanselleer dit in Jesus Naam. Jesus sal die vloek breek. Die Woord sê wat ons op die aarde bind sal in die geeste realm gebind wees, en wat ons op die aarde ontbind sal in die geestes realm ontbind wees. Jyt die geloof van ‘n mosterd saad nodig om te glo dat Jesus daai vloek gebreek het oor jou lewe.

Die teenoorgestelde is ook waar as jy met die geloof van ‘n mosterd saad gaan glo dat daai vloek jou getref het, gaan dit beslis manifesteer in jou lewe!

Wat moet jy doen as iemand jou vervloek het?

Jy breek dit, jy bind dit, jy kanselleer dit in Jesus Naam!! En jy vergewe die persoon!

Luk 6:37 (verkort) Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.

1 Thes 5:15 Sorg dat niemand ‘n ander kwaad vir kwaad vergeld nie, maar haar altyd wat goed is, tennoor mekaar sowel as teenoor almal.

Rom 13:19 Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn, want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toem Ek sal vergeld, spreek die Here.

Deut 32:35 My kom die wraak toe en diwe vergelding, op die tyd as hulle voet sal wankel, want die dag van die ondergang is naby, en wat oor hulle beskik is om gou.

Gebed:

Vader, In Jesus se Heilige Naam vra ek U dat alle vloeke wat oor my uitgespreek is gekanselleer word in die Bloed van Jesus en ek vra dat U daardie vloek sal omdraai in ‘n seen, Vader, vergewe my ook as ek vloeke oor ander mense uitgespreek het, en draai ook daai vloeke om in ‘n seen in hulle lewens.
In Jesus Naam 
Amen

Indien iemand enige geestelike raad of gebed benodig, kontak my gerus by belindapaar@gmail.com

Friday 13 May 2016

Sukkel jy met verwarring?


Image result for confusion

Baie mense vandag sit vasgevang in verwarring en verstaan nie wie hulle is in Jesus nie.

Wanneer jy 'n wedergebore kind van God is, en jy streef na heiligmaking behoort jy nie met verwarring te sukkel  nie. God is 'n God van orde, nie van verwarring nie.

1Kor 14:33 want God is nie 'n God van wanorder nie, maar van vrede....

So waar kom jou verwarring vandaan? Satan!

Jy is uniek geskape deur God in God se Beeld. Satan verwar jou sodat jy nie in oorwinning kan staan nie, Hy is die vader van leuens, (Joh 8:44) die koning van die vlieë! Hy wil jou in verwarring bring sodat jy in rebellie kan kom met God.

So hoe moet jy weet of jy 'n kind van God is of dan nie?

As jy wedergebore is en jou bekering opreg was en jy volg die riglyne van God sal die Heilige Gees jou daarvan oortuig dat jy 'n kind van God is. Die Heilige Gees sal alle twyfel uit die weg ruim vir jou.

Maar jy het ook 'n opdrag om te verseker dat jy 'n kind van God is! Jy moet wegdraai van sonde, en as dit iets is waarmee jy regtig sukkel vat dit na die Here toe en bely dit as sonde en vra Hom om jou te help. God nooi ons uit in die Woord en vra jou "nader tot My sodat Ek tot jou kan nader!"

Ps58:9 -11 Ek wil hoor wat God die Here spreek. Ja, Hy spreek vrede vir Sy volk en Sy gunsgenote, maar laat hulle nie tot dwaasheid terugval nie! (10) Gewis, sy heil is naby die wat Hom vrees (respekteer), sodat heerlikheid in ons land kom woon. (11) Goedentierendheid en trou ontmoet mekaar, geregtigheid en vrede kus mekaar

Moenie twyfel oor God se liefde vir jou nie, Hy het Sy Seun vir jou gegee sodat Hy 'n verhouding met jou kan hê. Wanneer satan vir jou wil kom vertel jy weet nie wie jy is nie, of jy weet nie of jy opreg bekeer is nie, neem jou outoriteit op wat Jesus jou gegee het en stuur hom terug na die verderf waar hy hoort.

Ps 8:6&7  U laat hom (mens) heers oor al die werke van U hande, U het alles aan hom onderwerp....
tot satan!

Onthou God het jou aangestel net laer as die engele, satan is nie jou baas nie, jy het outoriteit oor hom, jy het die mag en gesag om hom op sy plek te sit in die Naam van Jesus.

Wees meer as 'n oorwinnaar deur Jesus wat jou krag gee,  (Fil 4:13) staan op jou identiteit as Kind van die Here, maar leef ook jou identiteit uit in Jesus. Ons kan onsself nie kinders van die Here noem en aangaan met die dinge van die wêreld nie. Ons is Jesus se verteenwoordigers, laat ons dit met trots doen.

Wees net die beste wat jy kan wees! God het jou lief met 'n ewige liefde!

As iemand gebed of geestelike raad benodig, kontak my op belindapaar@gmail.com

Sunday 8 May 2016

Gelukkige Moerdersdag aan alle moeders!


Image result for Christelike moedersdag wense

(Ps 131:2). “Ek het rus en kalmte gevind. Soos ’n kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind het, so het ek tevredenheid gevind.


Gesëende Moerdersdag


God het elke moeder gesëen met die krag en wysheid om haar gesin aan die gang te kan hou. God sëen jou deur vir jou 'n kind of kinders te gee, al wat Hy in ruil vra is dat ons, ons kinders Godsvresend moet groot maak.

Mag jy as moeder vandag weereens besef wat 'n voorreg dit is om jouself "moeder" te kan noem. Dit is 'n wonderwerk geskep uit God se hand wat gevorm word in jou baarmoeder, wat welkom is op die aarde, geroep deur God.

Gen 3:16). “Ek sal jou baie swaar laat kry met jou swangerskappe: Met pyn sal jy kinders in die wêreld bring. Na jou man sal jy hunker, en hy sal oor jou heers”

Baie swaar sal jy kry met swangerskappe...maar God se genade tree nogsteeds in, dit is nie 'n pyn wat 'n vrou vir altyd kan onthou nie, die oomblik wanneer daardie baba in jou arms is, is die seer vergete, en begin jou lewe verander van seer, na blydskap en vreugde. Mag elke kind altyd 'n sëen wees vir 'n moeder, al is jy 'n stiefmoeder...kinders is nogsteeds deur God geskape, en onthou Jesus was ook 'n stiefkind vir Josef, laat ons altyd die gesindheid oor 'n kind hê dat dit nie saak maak wie se kind dit is nie, dit is nogsteeds 'n Skepping van God!

Maar kyk na Jes 49:15 Kan ‘n vrou haar suigeling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet, nogstans sal Ek jou nie vergeet nie!

Mag God elke moeder seen, stiefmoeder of nie! Ons is almal geroep vir die aarde en die 2de grootste gebod is, om mekaar lief te hê.

Onthou daar is baie moeders: Dag moeders, Huishoudster moeders, pleeg moeders, ongehude moeders, geestelike moeders, stief moeders, aangenome moeders...almal vrouens wat liefde vir kinders het, en kinders goeie fondasies in die lewe kan gee. Laat ons alle moeders waardeer.

Jesus seen

Sunday 1 May 2016

Vals heilige gees


Image result for heilige gees


Is daar so iets soos 'n vals Heilige Gees? Baie mense is van mening dat daar nie so iets kan wees nie, daar is net een Heilige Gees en dit is die Gees van God!

Kom ons kyk wat sê God se Woord aangaan die onderwerp.

1 Tim 4:1 Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang.

1Joh 4:1-3 Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het die wêreld uitgegaan,
(2) Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees geword het, is uit God,
(3) elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie en dit is die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en is nou al in die wêreld.

Mat 24: 4&5 En Jesus antwoord en sê vir hulle: "Pas op dat niemand julle mislei nie. (5) Want baie sal onder My Naam kom en sê: Ek is die Christus! En hulle sal baie mense verlei"

2 Kor 11:13&14 Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in aposterls van Christus, (14) En geen wonder nie! Want die satan self verander hom in 'n engel van die lig.

Hoe moet ons dan weet wanneer is die 'n valse gees of die Gees van God?

Hand 17:11 (verkort) hulle het die Woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte onersoek of hierdie dinge so was.

Efes1:13 in wie julle ook, nadat julle die Woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, versëel is met die Heilige Gees van die belofte.

Efes 1:17 dat die God van Onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in Kennis van Hom mag gee,

Ons moet elke gees toets aan die Woord van God, wanneer God se Gees werk, ontvang jy die vrug van die Heilige Gees, (Gal 5:22)

Hoe kry ons die vals heilige gees?

Deur Oosterse gelowe na te volg:

Karate, Judo, ens
Akupuntuur,
Hot stone theraphy, aromatheraphy
Budiste
Hindunisme,
Oosterse goed in ons huis aan te hou,
Waarsêers toe te gaan

Die vals heilige gees is die Kundalini gees - vals manifestasie van die Heilige Gees.
Sy oorsprong: Oosterse gees
Ander name : Slang gees (mediese simbool swaard met slang om), staf van Harmes, vrymesselary, All seeing eye of Lusifer

Wanneer jy die gees het begin jy demone sien, en dit is teen God se Woord, God wil nie hê ons moet demone sien nie.

Vals manifestasies van die Heilige Gees:

Giggel / lag in die gees, rol in die gees, ruk in die gees, kruip in die gees....nêrens is Skrif om te staaf dat dit Bybels is nie, wat wel in die Skrif staan is "val in die Gees"

Ten slotte wil ek ook net noem dat die terme "dronk in die Gees" is ook onbybels!  Jy is gevul met die Gees.

Indien jy enige geestelike berading of gebed benodig skryf aan belindapaar@gmail.com.

Jesus seen



Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...