Sunday 31 March 2013

Selfmoord – Deel 3 Wat is die oplossing?



Ons het nou gesien dat die Woord ons leer dat ons nie moord, self-moord of genade dood mag pleeg nie, want almal is moord in God se oe en almal se straf is hel.
Luk 12:4&5 Moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak en daarna niks meer kan doen nie, maar Ek sal julle wys wie julle moet vrees, vrees Hom wat, nadat Hy doodgemaak het, by magte is om in die hel te werp, ja, Ek se vir julle vrees Hom.
Maar ons leer ook in die Woord dat daar nie ‘n probleem in die lewe is wat God nie vir jou sal/kan oplos nie, of jou deur dit sal dra nie.
1Kor 10:13 Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie, maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie, maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan handeer.
Fil 4:13 En ek is tot alles in staat, deur Christus wat my krag gee.
Ek kom terug na Job, as daar een mens in die Bybel is wat sekerlik tot op die uiterste beproef was om selfmoord te pleeg was dit hy, maar hy het nie, hy het bly vertrou op God en aan die einde het God vir hom dubbel terug gegee wat hy verloor het, en sy lewe oorvloedig geseen, is dit nie ‘n goeie voorbeeld vir ons wat deur versugtinge gaan nie? Jak 5:10&11 …en julle het die einddoel van die Here met hom (Job) gesien, dat die Here vol medelye en ontferming is
Ek het in deel 1 dinge genoem wat mense tot selfmoord kan lei. Kyk wat se die Woord oor die dinge.
Finansiele probleme / besittings – Mat 16:26 Want wat baar dit ‘n mens as hy die hele wereld win, maar aan sy siel skade ly?
Homoseksueliteit , alkolisme, okkulte, egbrekers, geldgierigheid – 1Kor 6:9 &10 Of weet julle nie dat die onregverdiges die Koningkryk van God nie sal bereerwe nie? Moenie dwaal nie! Geen hoerreerders of afgodediennaars of egbrekers of wellustiges of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die Koningkryk van God beerwe nie!
Aborsie – Luk 1:42 Geseend is jy onder die vroue, en geseend is die vrug van jou skoot! As die Woord se jy is geseend omdat jy swanger is, beteken dit jy mag van die baba ontslae raak?
Huweliks probleme – Lees Efes 5:22-33 oor hoe die huwelik moet wees en gebruik dit as riglyn vir jou huwelik en God sal jou huwelik verder seen.
Dit is nie altyd maklik om deur seer, siektes, armoede, finasiele druk ens te gaan nie, maar Jesus se dat alles ten goede sal uitwerk vir hom wat God lief het. Rom 8:28 As jy die hele Rom 8 lees sal jy sien dat nie alles in die lewe goed is nie, maar dat die resultate aan die einde goed sal wees, ons verstaan nie altyd hoekom die dinge met ons gebeur nie, maar wanneer ons daardeur is en terug kyk sien ons dat dit in die eerste plek nie so sleg was nie, tweedens dat ons deur dit gekom het en derdens dat ons beter af is sonder dit, of as gevolg van dit.
Rom 8:28 En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk.
Lees die boek van Jakobus, dit is 4 bladsye lank maar dit bespreek al die probleme van die lewe waardeur ons kan gaan, dit versterk ons geloof, dit vertel jou om na God te gaan en te vra vir hulp, om te glo, sonder twyfel dat God sal help en voorsien, dat ons vie siekes moet bid, dat sonde vergewe sal word, maak nie saak wat ons gedoen het nie.
As jy al ooit selfmoord oorweeg het of probeer pleeg het, staan jy onrein voor God, gaan soek hulp by die kerk of berader of selfs gelowige vriend wat jy weet deur die Heilige Gees werk, maar moenie dit net los nie, dit kom van satan en jy moet hierdie vloek/sonde breek.

Gebed:
God, my Heilige Vader, ek vra U vergifnis omdat ek my lewe wat U my geskenk het so gering geag het dat ek my eie lewe wou neem, vergewe my asseblief in Jesus Naam vir hierdie sondige gedagtes en was my skoon met die Bloed van U Seun, ek breek nou die mag van satan in my lewe in Jesus se kragtige Naam en neem Jesus aan as my Verlosser in enige probleme wat ek in my lewe het, Ek staan op U Woord wat se, ek is tot alles in staat deur Jesus wat my krag gee. Dankie Jesus, Amen

Jesus Groete
Belinda

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com

Selfmoord – Deel 2 Wat se die Bybel?


Daar was mens in die Bybel wat selfmoord gepleeg het, en baie mense haal die geval van Simson op as regverdiging van selfmoord.
Simsom het nie selfmoord gepleeg nie, maar het in oorlog die Filistyne doodgemaak, in die proses moes hyself ook doodgaan om ander te red. Dit was ‘n oorlog geval, nie selfmoord nie, maar Judas wat vir Jesus verraai het, het skuldig gevoel en selfmoord gepleeg,(Mat 27:3-5) Saul het teen God gerebeleer en was gevangene geneem, uit vrees dat hy gemartel gaan word het hy sy dienskneg gevra om hom dood te maak, toe hy weier het Saul in sy eie swaard geval en gesterf.(1Sam 31:3-5). As ons kyk na die bogenoemde 2 gevalle sien ons dat albei skuldig gevoel het, of bang was, of teen God opgetree het en toe selfmoord gepleeg het.
Hoekom is dit sonde om selfmoord te pleeg?
Lewe is ‘n geskenk van God, Hand 17:25 omdat Hy self aan almal lewe en asem en alles gee.  Gen 2:7  En die Here God het die mens geformeer  uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het Hy dan die mens ‘n lewende siel gemaak.
Hy het jou geboorte beplan nog voor jou ouers dit beplan het, jy is gemaak VIR God se doel. Jy is geskape in Sy Beeld. Jesus se jy moet jou naaste lief he soos jouself.(Rom 13:8-10) Om jou geskenk van God (lewe) te haat, en om jouself te haat is teen God se Woord. God verbied ons om mense se lewens te neem, dit is moord, dus om jou eie lewe te neem is ook moord. Gen 20:13 Jy mag nie doodslaan nie.
Ons lees in Gen 9:1-3 dat God ons mag gee oor alles in die lewe, ons mag diere dood maak om te eet, en ons mag plante eet, dan waarsku Hy in vers 5&6 “Maar wat julle eie bloed betref, dit sal Ek eis, van al die diere sal Ek dit eis, ook van die mens, van die een teenoor die ander, sal Ek die siel van die mens eis .Hy wat die bloed van ‘n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word, want God het die mens na Sy beeld gemaak”
So wanneer ‘n mens homself doodmaak, maak hy nie ‘n plant of ‘n dier dood nie, maar maak hy ‘n persoon dood wat in die Beeld van God geskape is, vir wie God asem in sy neus geblaas het, vir wie God ‘n siel gegee het, en dit is moord!
Rom 12:1 Ek vermaan julle dan broeders, by die ontferming van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevalle offer – dit is julle redelike Godsdiens.Jou liggaam behoort aan God, nie aan jouself nie. Dit is ‘n offer vir God so jy mag nie jou eie lewe neem nie.
Lewe is van God, dood is van die vyand, satan!
Ps 64:1 Hoor my stem, O God, in my klagte, bewaar my lewe vir die skrik van die vyand.
Heb 2:14 …sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het – dit is die duiwel.
In Gen 4:10&11 lees ons die gesprek tussen Kain en God nadat hy Abel doodgemaak het. God se “Die stem van die bloed van jou broer roep na My van die aarde af, daarom sal jy vervloek wees…”
As jy moord pleeg is jy vervloek!
Spreuke 6:16&17  Hierdie ses dinge haat die Here en die sewende is vir sy siel ‘n gruwel. (17) trotse oe, ‘n leuenagtige tong en hande wat onskuldige bloed vergiet..
Om selfmoord te pleeg is ‘n klap in God se gesig, want dit se jy vertrou Hom nie genoeg om jou probleme op te los nie, en dat die lewe wat Hy jou gegee het nie in jou oe waardig is om geleef te word nie.

Job is 'n baie goeie voorbeeld van selfmoord. Nadat alles met hom verkeerd geloop het stel sy vrou voor dat hy selfmoord pleeg (Job 2:9) maar nooit het Job dit gedoen nie, hy het wel die dag van sy geboorte vervloek, maar nooit het hy teen God gedraai nie, hy se in Job 2:10 Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte aanneem nie. By die alles het Job nie gesondig met sy lippe nie.

Kan jy dan hemel toe gaan as jy vervloek is deur God?
Kom ons kyk wat se die Woord.
Eks 23:7 Hou jou ver van valse sake af. En moenie die onskuldige en die wat reg het ombring nie, want Ek sal die skuldige nie regverdig verklaar nie.
Open 22:15 en Open 21:8 moordenaars se deel is in die poel wat brand met vuur en swawel.

Deel 3 vervolg.
Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com

Selfmoord (veral onder tieners) – hoekom is die syfers so hoog? Deel 1




 
Eerstens van alles is hierdie ‘n riglyn en onder geen omstandighede beskuldig ek enige ouer wat ‘n kind verloor het deur selfmoord nie. My doel met dit is om ouers “gevaar-tekens” te wys maar meer, om mense te leer dat dit nie die goedkeuring van God wegdra om jou eie lewe te neem nie. My gebed is dat iemand wat dit oorweeg om selfmoord te pleeg of al oorweeg het om dit te doen, te help om dit nie te doen nie, mag die Heilige Gees my lei in wat ek skryf. Amen
 
Hierdie is ‘n onderwerp wat ons amper daagliks van lees in die koerante, bekende mense wat selfmoord gepleeg het, maar meer skokkend hoeveel tieners dit deesdae doen of oorweeg.
 
Statistieke het bewys dat 1 uit elke 20 tieners dit of al probeer het, of dit al oorweeg het. Wat veroorsaak dat hierdie statistieke so hoog is?

 

Finansies en materialistiese dinge: - Mense spandeer geld wat hulle nie kan bekostig nie aan huise, karre en vakansies net om te kan wys ons het dit of was daar, mense se waardes het verander, en ons dink dat ons gemeet word aan wat ons besit. En wanneer dit finansieel nie goed gaan nie, en mense huise en karre begin verloor is die skaamte en vernedering te veel om te handteer.

 

Skoonheid of aantreklikheid:- Ons wereld sit ‘n maatband vir ons deur sterre en modelle oor hoe ons moet lyk, hoe ons moet aantrek, hoeveel ons moet weeg, en as ons nie hieraan voldoen nie begin ons depressief raak. Emosioneel begin self-haat, self-verwerping, self-bejammering intree en kort voor lank depressie.

 

Populeriteit: As ons nie voel ons is poluler onder vriende nie, nie deel van die “Click” nie, maak dit ons depressief en begin ons dink ons is sosiaal onaanvaarbaar, dan tree minderwaardigheid, self-bitterheid, selfhaat, eetafwykings soos anoreksie, bulimie en oor-eet in.

 

Peer pressure”: Sel fone is seker een van die grootste “waardes” waaraan kinders hulleself meet, dan natuurlik die motorfietse en karre wat kinders mee skool toe ry. Wat het geword van “jy moet werk vir wat jy wil he”? Nog meer, waardeer wat jy het, al is dit ‘n 1985 City Golf wat jy moet afbetaal!

 

Egskeidings / Tweestryd in die huis: Egskeidings se syfers is skokkend. Maar meer skokkend is dat ouers nie meer omgee hoe hulle kinders dit handteer nie, of dat kinders hoor hoe hulle baklei en mekaar sleg se nie. As jy jou man/vrou sleg se, se jy jou eie kind sleg, want 50% van jou man of vrou is jou kind! Hy/Sy is deel van jul albei het jul albei se karaktertrekke. Hoeveel keer het jy al vir jou kind gese “jy is net soos jou pa/ma” as hulle iets verkeerd doen? Net soos aanranding, het jy al gedink hoe voel jou kind om in ‘n huis te bly waar ouers mekaar fisies aanrand? Ouers wat skei se kinders sukkel met gevoel van verwerping, en wanneer die gevoel van “een van my ouers het my verwerp” intree, raak die sirkel net grooter en later voel hulle almal verwerp hulle.

 

Gebroke verhoudings: - Omdat daar so maklik geskei word, en mense mekaar verneek in verhoudings en huwelike, leer ons kinders dat verhoudings ook geen waarde het nie. Kinders verloor die mooiste van verhoudings en huwelike deur wat hulle by hulle eie ouers leer. AS hulle verhoudings nie uitwerk nie is dit te veel om te handteer dat hulle verwerp is en weereens tree jaloesie, vernedering, self-verwyt, self-haat en later depressie in.

 

Seksuele druk: Vandag is dit amper abnormal dat ‘n kind op skool nog nie seks gehad het nie, die druk van vriende hieroor is geweldig en kinders word geterg omdat hulle kuis en rein is. Dan die skaamte wanneer hulle uitgevang word deur ouers of self swanger raak of aids en seksuele siektes op doen.

Die vernedering, stres en skaamte hieroor is vir hulle te erg en hulle voel die enigste uitweg is selfmoord. My passie is om met tieners te werk, en dit is skokkend om te hoor hoeveel seuns se pa vertel hulle om soveel seks as moontlik te he, want as jy eers getroud is kry jy dit nie meer nie!! Wat leer jy jou kind?

 

Dwelms en drankmisbruik: Tieners begin met hierdie dinge om sosiaal aanvaar te word. Hoekom voel ‘n kind so? Omdat hulle nie by die huis aanvaar voel nie, nie genoeg aandag kry nie ens. Dwelms, drank en rook is alles verslawings wat jou “goed-voel hormoon” (serotonien) vrystel, en kort voor lank is jou kind verslaaf aan iets om goed te voel.

 

Verkeerde vriende: Daar is nie so iets soos verkeerde vriende nie, kinders met dieselfde emosionele probleme is kinders wat vriende is. Soos Past Louis de Kock se “Birds of the same feathers, flock together”

Ken jou kinders se vriende en praat met jou kind. Kommunikasie is so belangrik en maak seker jy luister aandagtig, nie met ‘n halwe oor nie, wat jy mag dink is sommer onbelangrik, kan lewensbelangrik wees vir jou kind.

 

Homoseksueliteit: Ek gaan Dr Cameron se beweering hier plaas, en nie verder uitwy oor dit nou nie, wil graag ‘n blog doen oor die onderwerp op ‘n latere stadium, ek wil net nou noem dat mens nie so gebore is nie en dat dit heeltemal teenstrydig met God se Woord is, en ook net noem dat studie bewys het dat uit 4000 vrouens wat selfmoord gepleeg het meer as die helfte van hulle lesbeen was, maar ek sal later meer oor dit se. Redes soos aangegee deur Sielkundige ,Dr Cameron.

Ø      a dominant, possessive, or rejecting mother
Ø      an absent, distant, or rejecting father
Ø      a parent with homosexual proclivities, particularly one who molests a child of the same sex
Ø      a sibling with homosexual tendencies, particularly one who molests a brother or sister
Ø      the lack of a religious home environment
Ø      divorce, which often leads to sexual problems for both the children and the adults
Ø      parents who model unconventional sex roles
Ø      condoning homosexuality as a legitimate lifestyle– welcoming homosexuals (e.g., co-workers, friends) into the family circle
Geweld / Verkragtings: Kinders wat deur hierdie tipe van drama gaan en die probleem word nie opgelos of professionele hulp vir die kind aangebied nie.

Geliefdes wat aan die dood afgestaan word: Weereens moet ons met ons kinders praat oor hierdie tipe van dinge, uitvind of hulle emosioneel kan handteer wat gebeur het, hulp soek by professionele mense as onsself nie kan help nie en seker te maak dat jou kind die aandag en ondersteuning kry wat hulle nodig het.
Die okkulte: Hoeveel van ons besef dat ons kinders by hierdie tipe van ding betrokke is, en ek bedoel nie net by ‘n okkultiese groep betrokke is nie, maar na musiek luister waar die lirieke se dit is reg om jou eie lewe te neem, rekenaar speletjies waar dit aangemoedig word, flieks waar dit gedoen word deur die held van die fliek ens.
Moenie toelaat dat satan jou kind se denkwyse beinvloed deur gemors flieks, musiek en speletjies nie, Let op wat na wat in jou kind se lewe aangaan en waarna hulle luister, soos die liedjie wat nou seker die bekendste is na die Oscar storie…Bullet for my valentine…luister na die lirieke van die goed waarna jou kind luister.
Christenskap: Maak jou kinders groot in ‘n huis waar hulle Jesus ken! God het jou genoeg vertrou as ouer om vir jou kind/ers te gee om hulle God vresend groot te maak. Kinders wat God ken sal nie selfmoord pleeg nie want hulle sal weet waar om hulp te gaan soek as die aarde nie hulp kan aanbied nie, hulle sal weet op wie hulle kan staatmaak en meer hulle sal weet dat selfmoord sonde is en dat hulle nie die ewige lewe sal beerwe as hulle selfmoord pleeg nie.
Disrepek vir lewe: Aborsies is seker een van die grootste tekens van disrepek vir lewe. Net God kan lewe skenk en maak nie saak hoe mens daarna kyk nie, ons mag nie ‘n lewe neem nie, dit is moord! Genade dood is ‘n ander rede en vorm van disrepsek teenoor lewe. God se solank daar asem is, bid vir lewe! Genade dood is ook moord!
Dreigemente van selfmoord: Moenie dit ligterlik opneem as jou kind dreig om selfmoord te pleeg nie, meeste van hulle bedoel wat hulle se, en as jy nie reg reageer oor dit nie, kan dit jou kind se lewe kos, die regte manier is nie om jou kind te dreig, te verskree en aan te rand nie!
‘n Kind wat dit noem is ‘n kind wat liefde, aanvaarding en ondersteuning soek. Maak seker jou kind weet dat as hy/sy dit ooit doen jou lewe ook sal ophou want jy kan nie sonder jou kind in jou lewe klaar kom nie. Verseker hom/haar van jou liefde al sien hulle dit nie altyd raak nie, en as jy nie verder weet hoe om dit te handteer nie, praat met iemand wat kan help.

Deel 2 Vervolg.

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com

Wednesday 6 March 2013

Kan Christene aangeval word deur satan?

Gustave Doré, Depiction of Satan, the antagoni...
Gustave Doré, Depiction of Satan, the antagonist of John Milton's Paradise Lost c. 1866 (Photo credit: Wikipedia)



Deesdae hoor ek baie mense se dat hulle nie vervloek kan word of deur satan aangeval kan word as hulle Jesus aangeneem het nie, die Bybel vers wat hulle gebruik om dit te staaf is Rom 8:1 en 2.
Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees, want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.

Ek stem 100% saam met wat die versie se, maar dit is NET as jy 100% sonde vry lewe, en wie van ons kan se dat ons dit doen? Ons almal word in die versoeking gely, ons almal word kwaad, ons almal se “ietsie” van iemand, ons almal swig van tyd tot tyd voor een of ander sonde! Ja ons het vergifnis in Jesus, en Hy sal ons sonde so ver soos die ooste van die weste verwyder, maar op daai oomblik toe jy die sonde gepleeg het, het jy jouself oop gemaak vir die aanslag deur satan.

Satan los niemand uit nie, en ek glo hoe harder jy probeer om sondevry te leef hoe meer wil hy jou aanval. Hy kan dalk veroorsaak dat iemand iets sleg sê van jou en voor jy jou kan keer is jy kwaad daaroor en sê jy iets sleg terug van die persoon. Sonde is nie altyd iets groot soos steel of egbreek nie, skinder, kwaad word, vloek, lieg, ongeduldigiheid ens is alles sonde en niemand van ons kan sê dat ons dit NOOIT doen nie.

Maar om my punt te staaf gaan ek gou so paar voorbeelde in die Woord noem waar satan gelowige mense aangeval het, tot vir Jesus wat werklik sondevry was.

Mat 4:9 Die duiwel se aan Jesus “Dit alles sal ek jou gee, al wat jy moet doen is om neer te kniel en my aanbid”
Het satan nie dalk al vir jou ambisie in jou lewe gegee om jou van God af weg te ruk nie? ‘n Werk wat jou so besig hou dat jy nie Sondag by die kerk kan uitkom nie, of wat jou so moeg maak dat jy nie in die aand meer kan bid nie, maar net neerval op die bed en aan die slaap raak.

Gen 4:7
Die Here se: Wag daar nie vergoeding vir jou, as jy goed doen nie, en as jy nie goed doen nie? Die sonde (satan) le en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou, jy moet oor hom heers.

Luk 22:3
Jesus se :Simon, Simon, Kyk die Satan het ‘n vurige begeerte om julle soos koring te sif.
Afr Naslaan Bybel se En die Satan het in Judas gevaar, wat Iskariot genoem word en wat uit die getal van die twaalf  (disipels) was.

Ons almal ken die storie van Job. (Job 1:8) Job was ‘n man vroom en opreg, Godvresend en wat afwyk van die kwaad, en tog het God toegelaat dat satan hom ook aanval as toets van sy geloof.

My punt is nie dat God jou gaan oorlewer aan die duiwel nie, maar dat ons nie toe oe deur die lewe moet gaan nie, want sonde staan tussen ons en God, en dit is net die kans waarvoor satan wag.

Ek stem saam dat God die gelowiges beskerm, maar dan moet ons heilig staan voor Hom, en as ons doen dan kan ons Rom 8.1 ons eie maak.

Ek weet van ‘n spesifieke persoon wat weier om te glo dat satan hom aanval. Hy is ‘n baie mooi Christen en doen baie werk vir die Here met Jeug, maar hy het ‘n seksuele verhouding met sy meisie. Buitehuwelikse seks is ‘n sonde…as jy Rom 8:1 jou eie wil maak staan rein voor God anders gaan satan jou kaf.

Jak 2:10 Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword.

Ons val nie meer onder die wet nie, maar die genade van Jesus, en wanneer ons Jesus in ons hart het, sal ons nie meer WIL sondig nie, sal ons na heiligmaking strewe omdat ons Jesus wil behaag.

Verstaan my hart mooi in hierdie inskrywing, ek oordeel nie, ek leer, God se My volk gaan ten gronde weens gebrek aan kennis, en omdat jy die kennis verwerp sal ek jou ook verwerp!. (Hos 4:6)

Laat ons al die kennis win wat ons kan, sodat ons die welgevalle wil van God in ons lewens kan sien, en met danksegging kniel vir Jesus wat ons oor en oor vergewe vir ons oortredinge.

Wanneer ons waardes deurentyd uitgedaag word, binne sowel as buite die Kerk, raak baie mense verward, onseker en weet nie wat om te glo nie. In Hos 4:6 staan geskryf: “My volk word verwoes omdat hulle My nie ken nie.” Die grootste kennis is om God te ken. Spr 1:7 sê: “Kennis begin met eerbied vir die Here, net dwase verag wysheid en dissipline.”

Dit maak nie saak hoe dikwels ons kerk toe gaan of die Here aanbid nie, sonder kennis het ons geen waarborg op sukses nie. Sukses in die lewe hang van veel meer af as om net gered te wees. Dit neem veel meer as om bloot net lief te hê. Deur te glo en lief te hê, is belangrik, maar dit hou geen waarborg in vir lewens sukses nie.


Ons het kennis nodig van die Bybelse beginsels, God se grense wat Hyself vasgestel het. Bybelse beginsels sal nooit verander nie. Hulle is universeel toepaslik – in elke kultuur en ten alle tye. Moeilikheid kom wanneer ons dié beginsels ignoreer of skend.  Dít is aan reëls, regulasies en voorwaardes onderworpe wat God neergelê het en wat Hy in Sy Woord openbaar.

Jesus seën
Belinda

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com


Enhanced by Zemanta

Is dit reg om te dobbel en lotto te speel?



Ek hoor so baie dat Chistene bietjie gaan dobbel het, “net R500.00 saamgevat”. Maar is dit reg om dit te doen in God se oe? Kom ons kyk eerste na wat die woord dobbel/”gambling” beteken.

Dobbel is om jou geluk te toets, om deel te neem aan iets waar jy op geluk staat maak, om iets te wen, of iets te besit, of om iets van iemand anders te ontneem, om iets te kry wat nie van dieselfde waarde is as wat jy bereid is om voor te betaal.

Die Woord verwys na 3maniere hoe jy iets wettiglik kan bekom.
1)      Om daarvoor te werk (as vergoeding van jou diens).
2)      Om iets te koop of te ruil.
3)      Om iets as geskenk te kry waar iemand bereid is om dit vir jou verniet te gee.

Kom ons kyk wat se die Woord oor dobbel.

Jes 65:11 & 12 Maar julle wat die Here verlaat, wat My heilige berg vergeet, wat ‘n tafel dek vir die geluksgod (Gad) en die mengsel inskik vir die godin van noodlot (Meni), Ek sal julle bestem vir die swaard, en julle almal sal buig om geslag te word, omdat Ek geroep maar julle nie geantwoord het nie, Ek gespreek en julle nie geluister het nie, maar gedoen het wat verkeerd is in My oe en verkies het wat My nie te behaag nie.

Ons lees oor en oor in die Woord dat ons dankbaar moet wees vir wat ons het, dat alles wat ons het ‘n gawe of seen van God is wat ons ontvang het. So dan ook jou werk en inkomste. Is dit dan nie verkeerd om die genade (inkomste) wat God jou gegee het in ‘n dobbelmasjien te gaan sit nie? Of dit nou Lotto is of by die casino, dobbel is dobbel en die verse hierbo se duidelik dat jy na die gelukgod gaan.

Verder lees ons in die bogenoemde verse dat God jou sal bestem vir die swaard, en julle almal sal buig om geslag te word.

Statistieke het bewys dat almal wat die lotto gewen het binne ‘n jaar al hulle geld verloor het en armer is as wat hulle was en meer as die helfte van hulle het gesterf. Kom ons gaan terug na die Woord… dat God jou sal bestem vir die swaard, en julle almal sal buig om geslag te word.

Die feit dat daar casinos is en lotto speletjies in ons land goedgekeur word beteken nie dat dit reg is nie, as jy wil weet of jy iets kan en mag doen, kyk wat se God se Woord, want dit is die enigste riglyn wat jy moet volg om seker te maak jy staan rein voor God.

Jesus Groete
Belinda

Indien jy geestelike berading of gebed benodig kontak my, belindapaar@gmail.com

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...