Friday 17 February 2012

Hoekom het sekere mense ‘n drank probleem?

English: Resurrection of ChristImage via Wikipedia




‘n Drank probleem het niks met die mens self te doen nie, en die stigma wat om alkoholisme is, is niks anders as onregverdig nie.

Mense wat na drank gryp doen dit as ‘n “verlossing” van iets wat veel dieper le as ne “nog ‘n dop”. Hierdie mens het ‘n emosionele probleem wat hulle voel is vergete, of onderbeheer, of vir solank hulle gedrink is, nie seer nie.

Ek kan nie met sekerheid se dat dit 100% by elke persoon die geval is nie maar ek sal so ver gaan om te se dit is met 99% van alle alkoholiste die geval. 

Verwerping is ‘n baie groot sondebok van verslawing aan drank en dwelms.

Alkoholiste gryp na drank as ‘n “toevlugsoord” om beter te voel, dit is ook ‘n middel wat gebruik kan word om “aanvaar” te word tussen vriende wat ook drank misbruik. Mens kan wel se dat hy/sy saam met die “suiplappe” uithang maar die waarheid is, voels van enerste vere, vlieg saam, hierdie is almal mense met emosionele probleme, en daarom kom hulle goed oor die weg.

Drank en dronk word is teenstrydig met God se Woord en daarom het satan ‘n baie sterk houvas op iemand wat drank misbruik. Dit is maklik vir iemand wat nie verslaaf is, om vir die verslaafde te se wees net sterk en los dit, maar die mag wat agter die verslawing sit, is baie keer sterker as die wil van die mens self.

Probleme wat gepaard gaan met drank is, bakleiery, geweldadigheid, steel, lieg, bedrieg, ens en dit is nie altyd maklik vir die geliefdes in die persoon se lewe om met so persoon saam te leef nie.

Agter elke negatiewe emosie is daar ‘n demoon m.a.w. demoon van baklei, demoon van geweld, demoon van steel, lieg, bedrieg ens en hierdie is die probleem wat verwyder moet word.

My raad is as jy iemand ken met die probleem, probeer om die persoon by ‘n pastoor of Christelike berader te kry. Die persoon moet gehelp word deur die krag van Jesus. Ek weet dit is nie altyd maklik nie omdat hulle gewoonlik nie dink hulle het ‘n drank probleem nie, en as hulle weet, is hulle te skaam om te gaan vir hulp, veral by iemand geestelik.

Probeer die persoon oortuig dat die Pastoor met sulke mense werk en alles gewoond is, dat hulle verstaan dit is ‘n mag buite jou beheer, en nie omdat jy ‘n slegte /swak mens is nie.

Ongelukkig kan geen bevryding op iemand gedoen word as hulle dit nie WIL doen nie, in so geval stel ek voor dat die familie vir die persoon bid, satan verjaag, vloeke afsny wat oor die persoon uitgespreek was soos “hy/sys al nooit ophou drink nie”, en God vertrou om die persoon te help, bid vir verlossing deur Jesus, bid vir ‘n Goddelike deurbraak in sy/haar lewe, bid vir hulle veiligheid en pleit die Bloed oor hulle alle tye, vra Jesus om hulle wilskrag te gee om weg te draai, om nee te se, en onthou altyd om dankie te se al sien jy nie die verskil nie, geloof is om ons hoop op iets te sit wat ons nog nie gesien het nie, en laastens moet NOOIT moed opgee nie, hierdie persoon het jou gebede nodig omdat hulle nie self kan bid nie.


Enhanced by Zemanta

Hoekom moet ons ons ouers eer?

[PARENTS MAGAZINE, GIRL WITH CAT][PARENTS MAGAZINE,















Omdat dit ‘n belofte dra!

In die 10 gebooie is die enigste gebod wat ‘n belofte by het die een van eer jou vader en jou moeder….sodat jou dae verleng mag word in die land wat Ek jou gee…..

Efes 6:2&3 God se eer jou ouers sodat jy ‘n lank kan lewe en dit met jou goed kan gaan.

Omdat God jou beveel om dit te doen!

Mat 15:4 Want God het bevel gegee en gese: “Eer jou vader en jou moeder, en hy wat sy vader en moeder vloek, moet sekerlik sterwe”

Omdat God jou waarsku wat sal gebeur as jy dit nie doen nie!

Spr 30:17 ‘n Oog wat met die vader spot en die gehoorsaamheid vir die moeder verag – die kraaie van die dal sal dit uitpik, en die kuikens van die arens sal dit opeet.

Deut 20:9 Want elkeen wat sy vader of moeder vloek, moet sekerlik gedood word. Hy het sy vader of sy moeder gevloek. Sy bloedskuld is op hom!

Deut 27:16 Vervloek is hy wat sy vader en sy moeder verag, en die hele volk moet se: Amen.

Enhanced by Zemanta

Thursday 16 February 2012

Hoekom verdra God satan, en verslaan Hy hom nie nou nie?

English: Satan as AntichristImage via Wikipedia






Baie mense vra die vraag: “ As God so Almagtig is, hoekom verslaan Hy nie vir satan as Hy sien hoe satan met Sy kinders mors nie?”

Eerstens, Jak 4:7 “Onderwerp julle dan aan God, weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug”

As God satan net verslaan, kan God ons liefde vir Hom nie toets nie, wanneer ons versoek word deur satan om te sondig en ons draai weg van die versoeking, bewys ons aan God dat ons Hom liefhet en dien. 

Dieselfde met wanneer oor deur moeilike tye gaan, wanneer satan ons aanval, dit is die tyd wat ons geloof in God getoets word, dit is wanneer God terug staan en kyk hoe ons optree en die situasie handteer! Vertrou ons dan meer op Hom? Beslis! En deur dit kan God ons vertroue in Hom sien!

As satan nie daar was nie, het ons nie vir Jesus nodig gehad om ons sonde te vergewe nie, het ons nie nodig gehad om Christelik te groei nie, en was ons nie bekroon, nie bloed-gekoopte kinders, Gees ingeworpe, of ergename van God nie!

As God vir satan nou verslaan, hou Hy nie by Sy Woord nie, en is die Bybel vals. God sal satan eers verslaan wanneer die einde van die wereld aangebreek het soos wat dit geskryf is in Sy Woord. God het ‘n getroue tydsberekening met hoe, waar en wanneer alles moet gebeur, en as dit voor die tyd gebeur kom Sy Woord nie in vervulling nie en is die Evangelie vals.

God se getrouheid aan tyd word bevestig in Gal 4:4 “Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God Sy Seun uitgestuur…..”, net so gaan God wag vir die volheid van tyd om satan te vernietig!.



Enhanced by Zemanta

Tuesday 7 February 2012

Hoekom laat God toe dat slegte dinge met goeie mense gebeur?

Jesus calls Levi. From book: The Life of Jesus...Image via Wikipedia



Soms laat God toe dat versugting oor ons pad kom soos siektes, inbrake, ongelukke ens  sodat ons sterker kan groei in ‘n rigting wat God ons wil gebruik.

Ander kere, laat God dit toe om te gebeur omdat Hy wil he ons moet ‘n beter geestelike lewe lei en nader aan Hom beweeg en Hom leer ken.

God kan ook versugtinge toelaat om ons te leer om te bid en om op Hom te vertrou.

Ander kere laat God dit toe sodat Hy later verheerlik kan word wanneer die oplossing vir die probleem kom.

God kan ook toelaat dat dinge met ons gebeur sodat hy iemand anders se siel kan red. Byvoorbeeld, ‘n ouer word siek, en die kinders begin God se aangesig soek deur vir die ouer te bid.

Ander kere is die  versugting ons eie skuld, iets wat ons oor onsself gebring het en God laat toe dat ons deur dit gaan, sodat ons rein kan word binne ons, soos byvoorbeeld ‘n egskeiding. Dit was nie God se plan nie, maar ons eie optrede wat gelei het tot egskeiding en die seer daarna word dalk jare se pyn omdat God wil he ons moet rein staan voor Hom, en totdat ons nie geleer het wat God wou he ons moes leer nie, word ons nie beter nie.

Soms gebruik God seerkry en swaarkry om ons lewens skoon te maak van onreinhede, omdat God wil he ons moet meer heilig lewe.

En soms gebruik God hierdie swaarkry sodat ons Sy perfekte wil kan ontvang in ons lewens.

Ten slotte, God weet hoe om ons desperaat te maak, hoe om ons op ons knie te bring en daar te hou, hoe om ons afhanklik te maak van Hom, hoe om ons siele so dors te maak, dat ons uit skree “God, ek is hier! Waar is U?” En wanneer Hy weet jy is desperaat genoeg sal Hy intree en jou help. God se “Ek sal jou nooit verlaat nie” En Hy is nie ‘n leuenaar nie, Hy is elke tree saam met jou, leer om Hom te sien in jou lewe, al gaan dit hoe sleg.

Laat Job vir ons almal ‘n goeie leermeester wees!

Enhanced by Zemanta

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...