Wednesday 6 July 2011

Wat se God se Woord van satan / demone?

Book of Genesis, Hainanese Bible.Image via Wikipedia
Hos 4:6  God se:
My volk gaan ten gronde weens gebrek in kennis, omdat jy die kennis verwerp,dan sal Ek JULLE OOK VERWERP!

Gen 4:7 God se:
Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie, die sonde (satan) le en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou, maar jy moet daaroor heers!

Paulus se “Gee aan die duiwel en sy magte geen plek nie”.


In Daniel 8 vanaf vers 24-26 lees ons
Maar aan die einde van hulle heerskappy, as die goddelose die maat volbring het, sal ‘n koning optree, hard van aangesig en wat listige streke verstaan, en sy krag sal sterk word, en hy sal buitengewoon baie kwaad aanrig en dit voorspoedig uitvoer, en hy sal magtiges vernietig en ook die volk van die heiliges.
En op grond van sy slimheid sal hy met geluk bedrog pleeg, en hy sal groot dinge onderneem in sy hart en baie mense onverwags vernietig, ja, optree teen die Vors van vorste (God) En vers (26) dit is waarheid!

Jak 4:7
Onderwerp julle dan aan God.Staan die duiwel tee en hy sal van julle af  wegvlug. Nader tot God en Hy sal  tot julle nader!

Hoe kry demone en satan toegang in my lewe?

Satan en sy demone kan nie na willekeur in mens se lewe kom nie. Satan kan slegs inkom as jy hom plek gee.

1)                  Oorerwing / bloedlyn vloeke, (behalwe as jy wedergebore is, dan is jy deel van Jesus Bloedlyn en kanselleer dit oorewing)
2)                  Betrokkenheid by die okkultiese speletjies, glasie, pendulum, ens
3)                  Onwaardige gebruik van die nagmaal se verbondselemente,
4)                  Vloeke oor jouself uitspreek, selfhaat ens,
5)                  Seksuele misdrywe.
6)                  Afgode in jou huis inbring.
7)         Demoon kan jou net beset wanneer jy hom toegang gee of wanneer jy ongered is.

Hoe en hoekom raak mens betrokke by okkulte?

1)                  ‘n Soeke na die onbekende toekoms, fortuin vertelling, sterre voorspelling, waarseery ens.
2)                  Die verlange na geneesing – toordokters,
3)                  Die begeerte na beskerming en veiligheid,
4)                  Die verlange na opwinding,
5)                  Die verlange na mag
6)                  Die bekoring van geheimsinnige dinge.
7)                  Afrika kuns – dra ‘n vloek van die voorvaders.
8)                  Artikels en ornamente wat teenstrydig is met God se Wil en Woord.
9)                  Speel van Lotto en dobbel


Wat moet ek doen om Satan te weerstaan?

Hou by die riglyne van God sodat satan nie ‘n ingang in jou lewe kan he nie. God se in Mal 3:7  kom nader na My, sodat ek nader aan jou kan kom! Die Woord van God is vol beloftes en beskerming en liefde. Dit is daar vir jou, al wat jy moet doen is om God te dien, en gehoorsaam te wees aan Sy Woord, sodat Hy vir jou kan gee “meer as wat jy nodig het”

Bekeer, vra vergifnis van sonde en word wedergebore (doop)! Maak seker van jou saligheid en draai weg van sonde.

God wil nie he ons moet sukkel of halwe lewens lei nie. Hy is ‘n God van Liefde en Vrede. Hy wil he jy moet vrede in jou lewe he. Hy wil he dit moet goed gaan met jou in ALLE aspekte van jou lewe, huwelik, met jou gesondheid, met jou kinders, met jou werk, en met jou finansies. Kyk na die volgende Bybel verse:

Ex 25:8
Maar hierdie saak het Ek julle beveel. Naamlik:- Luister na My stem, dan sal ek vir julle ‘n God wees, en julle sal vir My ‘n volk wees, en wandel net in die weg wat ek julle beveel, dat dit met julle kan goed gaan,

Ex 15:26
En as julle getrou na die stem van die Here, jou God, luister en doen wat reg is in Sy oe, en luister na Sy gebooie, en al die instettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siekte op jou le wat Ek op Egipteland gele het nie, want Ek is die Here wat jou gesond maak.

Deut 4:10
Jy moet Sy insettinge en Sy gebooie hou wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou en jou kinders na jou mag goed gaan, en dat jy die dae mag verleng in die land wat die Here jou God vir jou vir altyd sal gee.

Deut 6:18
En jy moet doen wat reg en goed is in die oe van die Here, dat dit met jou goed kan gaan, en jy kan inkom en in besit neem die goeie land wat die Here aan jou vaders met ‘n eed beloof het.

Kyk na die onderstreepte gedeeltes: sodat dit kan goed gaan met jou, sodat jy gesond kan lewe, sodat dit kan goed gaan met jou EN jou kinders, sodat jy ‘n lang lewe kan he, sodat dit met jou goed kan gaan en jy land kan besit, m.a.w. ryk kan wees.

Efs 6: 10-18
(10) Soek julle krag in die Here en in Sy groot mag.

(11) Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly, ondanks die listige aanslae van die duiwel.

(14) toegerus met die waarheid as gordel om jou heupe, vryspraak deur God as borsharnas, bereidwilligheid om die vrede van die evangelie te verkondig aan jou voete. Daarby moet jy altyd geloof as skild in die hand he, want daarmee sal jy die brandpyle van die Bose kan afweer. Dit Verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die Woord van God.

Josua 1:8
Hierdie wetboek (Bybel) mag nie uit jou mond wyk nie, maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan, want dan sal jy in jou wee voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel.

Jesus seën

Belinda


As jy enige geestelike hulp, gebed of berading verlang skryf aan Belinda Paar (belindapaar@gmail.com)
Enhanced by Zemanta

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...