Wednesday 3 August 2011

Die Huwelik – Deel 10 - Wat se God van egskeidings?

Anillos de Matrimonio, Aros de MatrimonioImage via Wikipedia


So sal hulle dan tot een liggaam verenig word. Hulle is dus nie meer twee nie, maar een liggaam. Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens uitmekaar skeur nie.

Ek gaan nie al die verse uit die Woord aanhaal nie, gaan kyk dit maar self op Mrk 10:1-12,  Luk 16:18 en Heb 13:4.

Ek wil graag net Mal 2:14-16 noem, lees die hele gedeelte self, maar ek wil noem dat God se wanneer Hy nie meer jou offer wat jy vir Hom bring aanvaar nie, is dit omdat jy jou belofte om getroud te bly verbreek het. Lees dit asseblief self in die Skrif.

Die huwelik is ‘n instelling van God:

Die man is ‘n logiese-wese en die vrou is ‘n emosionele-wese. Net so het God die man geskape om die “aksie” en die vrou die “reaksie” in die huwelik te wees. Die man is die Koning van die huis, die regeerder, die aksie, die vrou is die volger, die reaksie.

Om ‘n suksesvolle koningkryk te he, moet jy regeer! Hoe regeer ‘n man sy koningkryk? Met liefde!! Kyk na koningkryke wat regeer was deur geweld, vrees, krag! Kyk na Adolf Hitler. Mense het hom gevolg uit vrees! Kyk na Jesus, Hy regeer met liefde. Jesus se koningkryk bestaan vandag nog! Waar is Adolf Hitler se koningkryk? Regeer jou huis as koning met liefde. Laat Jesus vir jou ‘n voorbeeld wees.

Vrouens kan Christenskap makliker volg omdat hulle emosioneel daarna kyk en emosioneel daaroor raak, mans kyk logies daarna en dis hoekom hulle sukkel met Christenskap. Een ding wat ek vir jou as man kan se. Jesus lieg nie. Sy Woord is waar. Die Bybel is waar, moenie dit logies probeer uitle nie, ken Jesus- dis die logiese ding om te doen.

Wanneer Jesus die voorbeeld is wat ons volg in ons lewens sal ons huwelik gevul wees met Jesus-wysheid, Jesus-geduld, Jesus- vrede en meer as als Jesus-liefde.

My Gebed vir julle!

Mag God met julle wees in alle aspekte van julle lewe, mag ons God van Liefde julle red, en Sy Gees julle lei in waarheid en vrede, en julle alle probleme oorbrug in die Kosbare Naam van onse Jesus Christus wat klaar die prys betaal het op Golgota sodat julle vandag gelukkig kan wees in julle huwelik.

Amen!

Indien u geestelike berading of gebed benodig kontak my by belindapaar@gmail.comEnhanced by Zemanta

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...