Monday 4 July 2011

Wat is satan se plan en hoekom?

Satan wil soos God wees. Alles wat God het en doen, wil satan ook he en doen. Hy is 'n "copy-cat" van God! God se vyand, joune ook! Hy is God nie goedgesind nie, ook nie vir jou nie!

Hoe copy hy vir God?

God het 'n kerk                                    Hy het satanistiese kerk
God het Bybel                                     Hy het ook 'n Bybel
God het Jesus                                      Hy het die anti-christ
God doen wonderwerke                     Anti-christ gaan ook wonderwerke doen
God het koningkryk - Hemel               Hy het koningkryk - Hel
God het onderdane - engele                Hy het onderdane - demone

Die lysie kan aangaan vir nog baie langer....alles wat God het, het hy....hy probeer om soos God te wees, die enigste ding wat hy nie kan doen nie is om God se liefde na te maak....God se liefde is vrede, geluk, blydskap, gemoedsrus, daarom is hy die teenoorgestelde....Joh 8:44 Die vader van leuens.....hy gee jou vals vrede, vals geluk, vals liefde...en sy doel? Om te steel, te verwoes, te slag, net soos wat God volgelinge het, wil hy ook volgelinge he, en hy sal jou in versoeking lei om jou te kry om hom te volg. Hy is jou nie goedgesind nie.

Gen 4:7 Die Here se "Wag daar nie vergoeding vir jou, as jy goed doen nie, en as jy nie goed doen nie? Die sonde (satan) le en loer voor jou deur, en sy begeerde is na jou, jy moet oor hom heers!"

God se jy moet Hom lief he met jou hele hart, jou hele verstand, jou hele siel en met al jou krag, jy moet God so lief he dat jy dit as teken op jou sal dra. Deut 6:8 Ook moet jy dit as a teken bind op jou hand, en dit moet as 'n voorhoofsband tussen jou oe wees!

Onthou wat se die Woord van satan se teken (666)? om te kan koop gaan jy die teken moet dra op jou hand of voorkop anders gaan jy nie kan koop nie. Ek gaan die tekens van die tyd later behandel en meer uitbrei oor die teken van satan.

Jesus groete
Belinda


As jy enige geestelike hulp, gebed of berading verlang skryf aan Belinda Paar (belindapaar@gmail.com)

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...