Friday 29 November 2013

Hoe weet ek wat is God se Volmaakte wil vir my lewe?


 


Eerstens kry ons God se Volmaakte Wil vir ons lewens in die Bybel. God mag miskien nie direk met jou praat elke dag van jou lewe nie, maar Hy praat met ons elke dag deur sy Woord. Sy Woord gee ons al die riglyne waarby ons moet hou om Sy Volmaakte Wil en plan vir ons lewens te sien en te ontvang.
In die Woord kry ons ook voorbeelde van gelowige mense en hoe hulle gelewe, gedoen en gehandel het as voorbeelde vir ons eie lewens.

Ons vind ook uit wat God se Wil is vir ons lewens deur gebed. Ons moet bid en vra dat God ons lei in Sy perfekte en volmaakte wil vir ons lewens. Maar dan moet ons ook bereid wees om die pad te loop wat God vir ons wys om te loop. Dit help nie jy vra maar jy doen nie.  Nie elke gebed gaan jou die perfekte pad wys nie, maar jy gaan ook nie die perfekte pad kry sonder gebed nie.

Jak 1:5&6 En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word (6) Maar hy moet in die geloof bid, sonder twyfel, want hy wat twyfel, is soos n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.

Ons vind Sy wil in gehoorsaamheid en bereidwilligheid.
 As jy vir ‘n vriend raad gee en hy luister nie gaan jy ophou om vir hom raad te gee, dieselfde met God. As jy vra moet jy gehoorsaam wees aan Sy Stem anders gaan Hy ook ophou om raad te gee.  Rom 12:1 se Paulus: Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferming van God. Dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer, dit is julle redelike offer.

Verder se die Woord dat ons nie albei kante van die draad kan leef nie, ons kan nie deel  wees van die wereld en van God nie. Rom 12:2 En word nie aan hiedie wereld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil  van God is.
As Sy kinders nie gehoorsaam is aan die Woord nie, sal God ons nie Sy Wil wys nie. DUS, Ons kan Sy Wil nie ontvang as ons nie gehoorsaam IS aan Sy Wil nie.

Verder vind ons Sy Volmaakte Wil vir ons lewens deur die gawes wat Hy vir ons gee. Ons almal het ‘n geestelike gawe ontvang om God mee te dien en ons moet dit tot die beste van ons vermoe gebruik om die beste daarvan te maak wat ons kan om die beste resultate daardeur te verkry. Ons kan nie in God se wil wees as ons ons  geestelike gawes ignoreer nie, ook kan ons nie in Sy Volmaakte Wil wees as ons gawes gebruik wat ons nie gekry het nie. So maak seker wat jou gawe is en gebruik waarmee jy toegerus is.

Ons ontvang ook Sy Wil deur met geestelike mense te gesels, om deel te wees van ‘n kerk.
Spr 11:14 As daar nie goeie oorleg is nie, val ‘n volk, maar in die veelheid van raadgewers is redding.
Gesels met meer as een person en kry die antwoord en gaan dan terug na die Woord wat Waarheid is en sien wat jou antwoord daar is, of maak dit ‘n saak van gebed. Onthou Paulus se hou aan bid totdat jou vreugde groot is, so as jy nie in een gebed jou antwoord kry nie, hou aan bid, soms toets God ons om te sien of ons sal volhard.

Laastens kry ons die Wil van God in ons omstandighede. As God jou geskape het as Suid-Afrikaner, uit Afrikaanse familie, is dit nie Sy plan dat jy in Rusland moet gaan woon en die Chinese se gewoontes moet nastreef nie.
 God het jou in die land gesit waar Hy jou wou he. Sy Woord se “in die land wat Ek jou gegee het”, Dan het God jou in Suid Afrika gesit sodat jy kan leef tussen ander Suid-Afrikaners om Sy Naam te eer  en Sy Woord te verkondig tussen ander Suid Afrikaners. Hiermee se ek nie dat sending werk verkeerd is nie, maar die sendingwerk in Suid Afrika is nog nie klaar gedoen nie, hoekom dit gaan doen in ‘n ander land as jou eie land jou nog nodig het vir God se werk?


Jesus Groete
Belinda

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com

Hoekom kan mense God nie sien nie?


Baie mense vra die vraag, die antwoord is eenvoudig. Om God te sien moet mens na Jesus kyk.

Joh 1: 14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon, en ons het Sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Enigegeborene wat van die Vader kom – vol van genade en waarheid.

Ons almal weet  dat God, Jesus en Heilge Gees ‘n eenheid is, Jesus het vlees geword en op die aarde geleef, Hy was gesien deur mense, ons kan dus glo dat God bestaan en al sien ons Hom nie, sien ons Sy werke, genade en seeninge op die aarde.

Joh 14:9-12 Jesus se vir hom. Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Fillipus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe se jy: Toon ons die Vader?
Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie, maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke.
Glo my dat Ek in die Vader  is, en die Vader in My, of anders, glo My terwille van die werke self.

Baie mense se hulle kan God of Sy werke nie sien nie
.
God is gees! Joh 4:24 God is gees, en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.  Maar dan moet ek by se dat baie mense God nie kan “sien” nie, of Sy werke nie kan sien nie, omdat hulle Hom nie wil sien nie. Sonde hou ons weg van God af, net soos die inbreker nie die polisieman gaan soek nie, so soek hierdie mense ook nie die aangesig van God nie.

Jesus se Open 3:20-22 Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop, As iemand My stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom ‘n maaltyd hou, en hy met My.
Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos My Vader op Sy troon gaan sit het.
Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes se.

Wat ‘n mooi uitnodiging en belofte maak Jesus nie hier vir ons nie. Ons kan dus sonder twyfel sien dat God ons roep en met ons gemeenskap wil he, ons wil ken, help versorg ens. Maar ons moet die deur oopmaak sodat ons Hom kan sien in ons lewens.

Jesus Vrede
Belinda

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...