Saturday 18 June 2016

Gelukkige Vadersdag


Image result for vadersdag


Baie geluk aan elke aardse Vader, of jy nou ‘n stiefpa, ‘n biologiese pa, of ‘n geestelike pa is, mag God jou sëen uit die skatkamers van Sy Troonkamers.

PSALMS 103:13  Soos 'n vader hom ontferm oor die kinders, so ontferm die HERE Hom oor die wat Hom vrees.

Daar is stiefpa’s wat regtig kinders uit vorige huwelike of buite-egtelike kinders grootmaak asof hulle uit hulself gebore is en ek wil net vir jou sê as jy so pa is dat God jou raaksien en sëen!
PSALMS 68:6  'n Vader van die wese en 'n regter van die weduwees is God in sy heilige woning.
PSALMS 68:7  God laat die eensames woon in 'n huisgesin, Hy lei die gevangenes uit in voorspoed; maar die wederstrewiges woon in 'n dor land.

EK wil graag van die geleentheid gebruik maak om uit te wys hoe belangrik ‘n pa is vir kinders en watter groot rol hulle speel in kinders se lewens, nie net in die ontwikkelingstadium nie maar reg deur ‘n kind se lewe.

VIR DIE DOGTER
In dogters se lewens is die pa die eerste mans persoon wat hulle ooit liefhet. Hulle moet by pa leer dat hulle pragtig genoeg is om bemin te kan word.

As die pa nie daar was, of nie deel was van die dogter se lewe nie, kan hulle nie leer hoe mans dink nie, hulle kan nie leer hoe mans vrouens moet behandel nie, hulle sien nie die verhouding tussen man en vrou nie want hulle pa en ma se verhouding is nie daar nie.
 ‘n Pa help om die dogter se positiewe seksidentiteit te ontdek, hy leer haar hoe sy oor haar vroulikheid moet voel, en hoe sy haarself sien in ‘n verhouding met die teenoorgestelde geslag.

Alhoewel die ma die dogter vroulik aantrek en se hoe om op te tree is dit die pa wat die dogter motiveer om vroulik te wees. Wanneer die dogtertjie met haar pienk frilletjie rokkie by pa aankom en hy fluit, en sy sien die uitdrukking van trotsheid op sy gesig, motiveer dit haar om mooi aan te trek, om vroulik op te tee en te wees, en dit gee identiteit aan haar seksualiteit – sy is ‘n vrou!!

As pa lief is vir sy dogter, sal sy makliker aanvaar dat haar man eendag lief is vir haar. As haar pa haar liggaamlike warmte en liefkosing/toegeneendheid gee, is die kans baie minder dat sy “liefkosing”/toegeneendheid by ‘n ander man gaan soek in ‘n goedkoop verhouding, losbandige seks of prostitusie.

EFESIËRS 5:28  So behoort die mans hulle eie vroue lief te hê soos hul eie liggame. Wie sy eie vrou liefhet, het homself lief;
EFESIËRS 5:29  want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit, net soos die Here die gemeente.

‘n Pa se teenwoordigheid in ‘n kind se lewe is veral op sekere ouderdomme van die kind se lewe belangrik. Kinders tussen die ouderdom van 3 en 6 “raak verlief” op die teenoorgestelde seks….dogter op pa en seun op ma en jy sal soms hoor dat hierdie kinders se “eendag as ek groot is gaan my vrou net soos ma wees, of my man net soos pa wees.
Hierdie optrede is nie net normaal nie, maar ook baie belangrik in die kind se ontwikkeling.

SPREUKE 23:24  Die vader van 'n regverdige juig baie; en as iemand 'n wyse verwek het, dan is hy bly oor hom.(en haar)
PSALMS 127:3  Kyk, seuns(en dogters) is 'n erfdeel van die HERE; die vrug van die moederskoot is 'n beloning.

VIR DIE SEUN
‘n Seun leer by sy pa hoe om “sterk” te wees, en slaggate te oorbrug,
Hoe om “op te staan” en aan te gaan, 

JOSHUA 1:9  Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die HERE jou God is met jou, oral waar jy heengaan.

Hoe om sy vrou te handteer, deur te wys dat hy ma liefhet en respekteer,
EFESIËRS 5:25  Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het
EFESIËRS 5:26  om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord,
EFESIËRS 5:27  sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees.

Hoe om liefde teenoor kinders te bewys,
Hoe om finasies in die gesin te hanteer want pa is die voorsiener,
Hoe om “man” te wees wanneer  hulle deur puberteitsjare gaan.
Dit is die pa se plig om seuns hulle morele waarde in die lewe te leer en om hulle in te lig oor seks en hulle te leer dat dit verkeerd is om buite-huwelikse seks te he. Weereens wanneer die seun nie die dinge by die pa kan leer nie, weet hulle nie hoe om eendag in hulle eie huwelike op te tree nie, maar nog erger is waar gaan leer hulle dit dan? By skoolmaats. In pornografiese tydskrifte en DVD’s en pornografie dra ‘n vloek van verdeeldheid in die huwelik, van perversiteit en orgies (“swinger-clubs en meer as twee-lede seksuele aktiwiteite “three-somes”)

SPREUKE 13:24 Sien ons dat ‘n pa sy seun liefhet as hy hom dissiplineer.
EFESIËRS 6:4  En vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.

‘n Seun het sy pa se goedkeuring nodig, sy pa moet trots wees op hom sodat hy eie-trots kan ontwikkel. Al is ‘n pa dood verlang ‘n kind nogsteeds na sy pa se goedkeuring in dinge wat in sy lewe gebeur en keuses wat hy moet maak.

Pa ontwikkel die seun se selfbeeld en selfvertroue in persoonlike en sosiale lewe, asook goeie maniere.

Hy ontwikkel sy seun se loopbaan-aspirasies. As pa ‘n “tydbom” is in ‘n seun se lewe wat enige oomblik kan ontplof in ‘n woede bui, ontwikkel die seun gevoelens van verwerping, aggressie en rebellie, en sal hy eendag sukkel om onder enige “gesags-figuur” te kan presteer. Hy kan nie die nodige verwantskap tussen baas en homself ontwikkel as hy dit nie by sy pa geleer het nie.

Dit is onsettend belangrik vir ‘n seun om tyd met sy pa te spandeer, hulle moet eendag kan vertel van “die beste dag in my lewe met my pa was toe ons…..saam gedoen het” dit ontwikkel trots in die seun se lewe, dit beteken ek was aanvaarbaar vir my pa so ek is aanvaarbaar vir ander. ‘n Afwesige pa in ‘n seun se lewe lei tot aggressie in ‘n seun se lewe.
PSALMS 127:3  Kyk, seuns is 'n erfdeel van die HERE; die vrug van die moederskoot is 'n beloning.

Pa  moet die “goddelike-vader-figuur” wees in kinders se lewens sodat hulle kan leer om met God die Vader n verhouding te kan he. Kinders moet by pa leer dat God die Beskermer in die hemel is net soos pa die beskermer in die gesin is.

Pa moet vir sy kinders die gebedsleerder wees sodat hulle ‘n liefde vir die Hemelse Vader kan ontwikkel.
PSALMS 27: Want my vader en my moeder het my verlaat, maar die Here sal my aanneem.

Laastens, pa’s wat vir seuns leer dat hulle nie mag huil nie, leer hulle kinders teen God se Woord! God het nie ‘n fout gemaak in die skepping van die mens nie, hy het mans trane gegee vir ‘n rede! Dit is om van die emosionele spanning en bagasie wat binne jou is ontslae te raak. As ons seuns leer hulle mag nie huil nie, sê ons God het nie geweet wat Hy doen toe Hy vir jou traankliere gegee het nie!
Die korste Bybelversie in die Bybel is:
 JOHANNES 11:35 “Jesus het gehuil“

Depressiwiteit, woede en bitterheid het van die “pes”-siektes van ons tyd geword nie. Aggressiwiteit en selfmoord, neem toe want ons mag nie meer huil of rou nie.
Laat ons nooit vergeet dat Jesus Christus nie skaam was om te huil nie.

Ten slotte wil ek graag die vaders vra wat nie deel is van hulle kinders se lewens nie, om dit reg te stel, want God gee jou die opdrag in Sy Woord om jou kind te gaan soek en lief te hê.

MALEAGI 4:6  En hy sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders, sodat Ek nie hoef te kom en die land met die banvloek tref nie


As enige een gebed of geestelike raad benodig kontak my gerus belindapaar@gmail.com

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...