Friday 8 July 2011

Wat se die Bybel van Hel? Bestaan hel regtig? Deel 1

Dante's heavens and hells symbolised the astra...Image via Wikipedia

WAT SE DIE BYBEL VAN HEL

Open 14:7
VREES GOD, EN GEE HOM HEERLIKHEID,
WANT DIE UUR VAN SY OORDEEL HET GEKOM,
EN AANBID HOM WAT HEMEL EN AARDE EN DIE SEE EN DIE WATERFONTEINE GEMAAK HET.


Daar is twee afsprake in die lewe wat ons almal MOET nakom. Die DOOD en die OORDEEL. Net soos ons nie die dood kan vryspring nie, net so gaan ons ook nie die oordeel vryspring nie.

Wie gaan ons oordeel vir ons lewe op aarde?

Joh 5:21&22 Want soos die Vader die dode opwek en lewend maak, so maak ook die Seun lewend wie Hy wil. (22)Want die Vader oordeel ook niemand nie, maar het die oordeel aan die Seun gegee.

Ons gaan dus oordeelsdag voor Jesus staan en rekenskap gee vir ons dade en keuses.

Woorde wat gebruik word in die Bybel wat hel beteken:

Ewige straf, oordeel, veroordeling, put, put van hel, put van die afgrond, onuitblustelike vuur, hel, buitenste duisternis, vuuroond, groot oond, koningkryk van satan, vuurpoel, afgrond wat brand met vuur en swawel.

Jesus se:

Matt 25:46 En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe.

Joh 5:24 Voorwaar, voorwaar Ek se vir julle, wie My woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.

Joh 5:28& 29  Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ‘n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor (29) en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling.

Uit hierdie teksverse kan ons dus sien dat hel beslis bestaan in die Woord....kyk ook deel 2.


Jesus seën

Belinda


As jy enige geestelike hulp, gebed of berading verlang skryf aan Belinda Paar (belindapaar@gmail.com)

Enhanced by Zemanta

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...